Satan

*******

Ooreenkoms tussen die duiwel en ‘n slang

1. Slange het nie sigbare ore nie

Simbolies beteken dit dat die vyand nie op jou gehoor gaan staatmaak nie, maar op die uiterlike.

Geloof kom deur te hoor:

  • Johannes 10: (3) …Die skape luister na die herder se stem… (16)…Hulle sal na my stem luister…
  • Romeine 10: (17)Die geloof kom dus deur die prediking wat ‘n mens hoor, en die prediking wat ons hoor, is die verkondiging van Christus.)
  • 2 Korintiërs 5: (7)want ons lewe deur geloof, nie deur sien nie.

Die vyand, daarenteen, maak staat op die uiterlike.

Lucifer was geskape as ‘n engel met besondere skoonheid en aansien.

Jesaja 14: (12)Jy wat die helder môrester was, het uit jou hemel geval.

Esegiël 28.17: (17)Jou prag het jou hooghartig laat word, jou stralende glans het jou jou wysheid laat verloor.

2 Korintiërs 11: (14)En geen wonder nie! Satan self doen hom voor as ‘n engel van die lig.

Openbaring 13: (11b)Hy het twee horings gehad soos ‘n lam s’n, maar hy het soos ‘n draak gepraat.

Satan sal jou veral mislei met sigbare dinge: pornografie, ‘n lewe wat opgemors is, rykdom, ens.

Moenie op sigbare dinge reageer nie, maar reageer in geloof wat jy in die Bybel hoor.

2. Slange kamoefleer

Die duiwel kom nooit direk nie, maar gekamoefleer.

Openbaring 13: (11b)Hy het twee horings gehad soos ‘n lam s’n, maar hy het soos ‘n draak gepraat.

3. Slange gebruik gebreekte heinings

Prediker 10: (8)Wie ‘n sloot grawe, val self daarin, wie ‘n muur afbreek, word deur ‘n slang gepik.

Sorg altyd dat jy sterk heinings het. Stel vir jouself grense:

  • om sekere dinge nooit te doen nie
  • om sekere plekke of persone te vermy

4. Slange is in die lang gras

Om te verhoed dat ‘n slang jou pik, bly op die pad. In Bybelse terme beteken dit om op die regte pad te bly:

  • Matteus 7: (13)Gaan deur die nou poort in. Die poort wat na die verderf lei, is wyd en die pad daarheen breed, en dié wat daardeur ingaan, is baie. (14)Maar die poort wat na die lewe lei, is nou en die pad daarheen smal, en dié wat dit kry, is min.”
  • Johannes 14: (6)Jesus het vir hom gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.

5. Slange sluk eiers heel in

Satan val God se planne aan terwyl dit nog nie ver ontwikkel het nie.

Satan wou die babas doodmaak om Moses te keer en ook Jesus.

Satan het Jesus in die woestyn versoek voor hy met sy bediening begin het.

Dus, indien Satan iets aanval is dit dalk ‘n teken dat Satan weet dat daar iets goed van gaan kom.

6. Moenie vir die stert gaan nie, maar vir die kop

As jy ‘n slang aan die stert vang, kan hy omdraai en jou pik. As jy hom egter aan die kop beetkry, kan hy niks doen nie.

Net so moet ons met sonde tewerk gaan: sodra die versoeking in jou kop opkom, kap sy kop af. As jy toelaat dat die sonde inkom en jy wil die gevolge van die sonde hanteer, dan gaan dit baie minder effektief wees.

7. Slange is koudbloedig

Slange kan vinnig toeslaan, maar hulle kan nie vir lank toeslaan nie. Hulle het kort tye baie energie, maar nie stamina nie. Volhard dus in die geloof.

  • Matteus 24: (13)Maar wie tot die einde volhard, sal gered word.
  • 2 Timoteus 2: (12)as ons in die geloof volhard, sal ons saam met Hom regeer;
  • as ons Hom verloën, sal Hy ons ook verloën;

Moenie vasgevang word in die korttermyn nie. Die korttermyn mag dalk moeilik wees, maar fokus op die langtermyn.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui