Reënboog-voetoorgang vier queer-gemeenskap in Kaapstad

*******

Reënboog-voetoorgang vier queer-gemeenskap in Kaapstad | Netwerk24

20 Oktober 2022

’n Voetoorgang in die reënboogkleure – ’n wêreldwye simbool van die LGBTQIA+-gemeenskap – in De Waterkant “help die boodskap versprei dat Kaapstad ’n inklusiewe stad is”.

Die voetoorgang is Woensdag in Somersetweg onthul, tussen die kruisings met Alfred- en Dixonstraat in De Waterkant.

Die metroraad sê in ’n verklaring benewens die voetoorgang, is daar ook ’n pienk strook op sypaadjies geverf wat dien as “ ’n Pienk Roete om besoekers en toeriste deur hierdie ikoniese LGBTQIA+-woonbuurt” te lei.

Luidens die verklaring was dié deel van Kaapstad “nog altyd die tuiste van baie, indien nie die meerderheid nie, van die LGBTQIA+- sosiale besienswaardighede in die Moederstad”.

Geordin Hill-Lewis, burgemeester, sê Kaapstad is bekend vir sy “besige LGBTQIA+-naglewe en -gemeenskap”.

“Ons wil hê almal moet welkom voel in ons stad, waar ons diversiteit aangryp. Die toevoeging van dié opsigtelike voetoorgang tot ons padnetwerk sal help om hierdie boodskap te versprei,” sê Hill-Lewis.

Die Pienk Roete volg Somersetweg, van die kruising met Liddlestraat verby Dixon-, Waterkant- en Rosestraat, tot die kruising met Strandstraat.

“ ’n Mens kan nie die Pienk Roete mis nie, dis sowat 20 cm breed en op die sypaadjie geverf. Dit is ’n prettige manier vir besoekers om die gebied te verken en ’n wonderlike toevoeging tot ons toeriste-aanbieding voor die spits-vakansietyd. Die bedoeling is ook dat die bewussyn geskep word dat Kaapstad ’n inklusiewe stad is,” sê Rob Quintas, die Kaapstad-metro se burgemeesterskomiteelid vir stedelike mobiliteit, in die verklaring.

Daar is baie meer ruimtes in die stad waar erfenis- of unieke besienswaardighede beklemtoon kan word deur sypaadjies of voetoorgang in te span, meen Quintas.

1 thought on “Reënboog-voetoorgang vier queer-gemeenskap in Kaapstad”

  1. inklusiewe stad…. (n nuwe siek woord) …. Kaapstad inklusief …. dalk beter woorde …. Kaapstad , n demoniese hoer plek vir LGBTQIA
    Geordin Hill-Lewis, burgemeester, sê Kaapstad is bekend vir sy “besige LGBTQIA+-naglewe en -gemeenskap”….. die burgermeester ook n goeie voorbeelde van slagatisme … het nog nooit na vore gekom om die siek groepe op hul plek te sit nie …… n voorbeeldige draadsitter !!!!

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui