Prof. Anton se betoog wek kommer

*******

Prof. Anton se betoog wek kommer | Beeld

Prof. Johan Janse van Rensburg

Beeld, 06 Desember 2023

Prof. Anton van Niekerk se antwoord op my rubriek (“Eina! ’n Klip het my getref”) verdien reaksie. Ek het nêrens in my reaksie probeer om venynig of sarkasties te wees nie. Opmerkings soos “die waarheid maak seer” is daarom onnodig.

Dit geld ook vir die sarkastiese opmerking: “Bepleit u werklik in hierdie dag en datum die idee dat die ‘ware’ Christelike kerk één onfeilbare lesing van die Bybel het en dat kerkvergaderings veral geroep is om daardie één interpretasie tot elke prys te beskerm en op lidmate af te dwing?”

Die antwoord is eenvoudig. Alle Gereformeerde kerke wêreldwyd het in die tradisie van die Reformatore op ’n bepaalde interpretasie van die Skrif ooreengekom. Daarom begin artikel 1 van die Nederlandse Geloofsbelydenis met: “Ons glo almal . . .”

Lidmate word nie gedwing om dit te glo nie. Lidmate kies self en vrywillig om die belydenis af te lê as hulle lidmate wil word. Anton beskuldig my daarvan dat ek hom woorde in die mond gelê het in verband met die interpretasie van die Skrif. Tóg het hy twee keer beklemtoon dat ons almal die Skrif moet interpreteer. Prof. Anton sê dat hy nie teen alle ortodoksie is nie, maar wél vir minder ortodoksie pleit. Die vraag is: Wie bepaal watter ortodoksie minder belangrik is? Die kerk is juis hieroor in ’n krisis. Daar word byvoorbeeld openlik gesê dat dit nie nodig is om in die letterlike opstanding van Christus te glo nie. Tóg sê die Skrif op vele plekke dat alles tevergeefs is as die opstanding ontken word.

Indien dit waar is dat prof. Anton gelegitimeer is, het sy betoog kommerwekkende implikasies vir ’n kerklike debat wat al hoe meer gespanne word.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui