Ope brief aan die NG Kerk (Peet Botha)

Kyk ook:

Aan: Die NG Kerk

Van: Dr P H Botha (PhD)
Lidmaat NG Kerk: NG Gemeente Noordkus
Senior Lektor Opvoedkunde (ex 2015)
Buitengewone Professor Teologie (ex 2010)

botha.peet@gmail.com

Die NG Kerk en haar teologie

Die NG Kerk is tans in n krisis! ’n Krisis wat geheel die gevolg is van ’n jare lange konstruktiewe navolging van ’n twyfelagtige teologie wat humanisties kontekstueel gekleur is. Ek sal my opmerkings hieronder deurgaans motiveer.[1]

Tweedens is die krisis die resultaat van teologiese besluite wat deur die kerkleiers geneem word wat direk teen die Woord van God indruis. Dit is ’n onhoudbare teologiese arrogansie binne die kerk van die Here Jesus Christus. Hierdie arrogansie wys veral in hoe die AS 2500 jaar se bybels gefundeerde teologie oorboord gooi asof daar geen enkele standaard is wat God vir tyd en ewigheid vasgelê het en deurlopend aan Sy kerk deur die eeue openbaar het nie. Ek noem dit godlasterlike arrogansie want die AS besluit om die teologie wat God in Sy Woord vasgelê het willens en wetens te verander. Die AS ontken ook hiermee die teologiese insigte van die apostels, kerkvaders en vroee kerk wat naaste aan die Here Jesus was[2] . Die 1947 dictum van Karl Bart, Ecclesia semper reformanda est, word teologies vertrap om veranderings aan die Skrif op te dwing eerder as die bedoeling dat “Reformed Protestant theologians (believe) that the church must continually re-examine itself in order to maintain its purity of doctrine and practice” na te volg soos bedoel.[3]

Derdens verteenwoordig die uitsprake van Nelus Niemandt dat “(sy) hoop is dat die lesbiese, gay, biseksuele en transseksuele (oriëntasie) genormaliseer sal word (binne die kerk),”[4] ’n standpunt lynreg teen die Bybel uitsprake rakende seksualiteit en praktiese beginsels rakende seksuele uitlewing. Dit is voor die hand liggend dat Niemandt binne die Modaramen ’n groot invloed op andere uitoefen en dat sy kontekstuele en tydgebonde humanistiese teologie binne die Moderamen en teologiese fakulteite groot aanhang geniet. In die lig van die Skrif is sy uitspraak teologiese onsin om die minste daarvan te sê en verteenwoordigend van n post-moderne epistomologie.

Vierdens is die besluite gebou op ’n eksegese wat absolute Skrifgesag ontken en die Woord sien as ’n woord oor God eerder as die Woord van God. Hierdie teologies – hermeneutiese vertrekpunte is inherent en algemeen kontekstueel in al drie die teologiese fakulteite van die NG Kerk. Die oorweldigende negatiewe reaksie van predikante en lidmate teenoor die AS moet tog vir die Modaramen duidelik aandui dat hulle die merk heeltemal mis! Dit is n strategiese en teologies fatale fout om te dink dat die kollegas en ledemate binne die NG Kerk, kan nie die Bybel lees en eietyds interpreter met behoud van die kern waarhede in die Skrif nie. Sien onder andere die volgende:

Teologie is die studie van die natuur of karakter van God. Dit verteenwoordig ook ons godsdienstige oortuigings en sistematiese teologie. Ons “teologie” is deur die AS verander, in ander woorde, die “natuur en karakter” van God is daadwerklik en eensydig verander om die mens in sy veranderlikheid eerder as God in Sy onveranderlikheid na te streef. Dit is ongelooflik om te dink dat sodanige teologie met ’n hand-opsteek stemming verander kan word. Dat dit na bewering in die naam van God en onder leiding van die Heilige Gees en in lyn met die lewe en opdragte van die Here Jesus gedoen word, is absoluut misleidend aangesien die Heilige Gees nie alternatiewelik teen die Woord van God kan openbaar nie. Dit is tog die esensie van Sola scriptura:

Sola Scriptura, or “scripture alone,” asserts that scripture must govern over church traditions and interpretations which are themselves held to be subject to scripture. All church traditions, creeds, and teachings must be in unity with the teachings of scripture as the divinely inspired Word of God.

Sola Scriptura asserts that the Bible can and is to be interpreted through itself, with one area of Scripture being useful for interpreting others. That scripture can interpret itself is a means by which to show the unity of Scripture as a whole. As all doctrines are formed via scriptural understandings, all doctrines must be found to align with Scripture and as such are then subject to scripture before the believer can begin to apply them.[5]

Hierdie beginsel het inderdaad in die slag gebly in die AS se beredenering en motvering, by monde van Nelus Niemandt, Nelis Janse van Rensburg en André Bartlett met betrekking tot die besluite rondom homoseksualiteit. Dit is duidelik dat die beginsel van Sola Scriptura op sigself nou nie meer geld in die NG Kerk nie. Dit herrinner aan die erkenning van die Nederlandse Hervormde Kerk dat die kerk besluit het dat homoseks nie meer sonde is nie in die lig van moderne tendense. Ten minste is daar ’n stuk eerlikheid wat ten grondslag lê van die veranderinge in die Nederlandse kerk.

Die AS het dan vier teologieë verander[6] deur die besluit om homoseksuele verhoudings te “normaliseer” in die kerk:

  1. Die teologie van sonde
  2. Die teologie van seksualiteit
  3. Die teologie van die huwelik
  4. Die teologie van die familie/gesin

Die Teologie van sonde

Beskou die Bybel homoseks as sonde? Dit is ’n belangrike vraag om te antwoord. Indien die Bybel, en dus God, dit as sonde beskou is die saak eenvoudig daarmee afgehandel. Vir die NG Kerk, soos vir die kerk in die algemeen, bepaal die Bybel as die Woord van God, en nie die wêreld nie, wat is sonde.

The popular culture today, in its hierarchy of values, put the joys of sex far above the obedience of Scripture. It is a new faith, a new religion with its own set of presuppositions and hermeneutical lenses through which the Bible is read. It is a religion for this world, here and now, refusing to recognize any higher moral order or moral authority; there are no absolutes in the universe.

Thus it is now believed and taught outside and inside church that the old Christian moral code that condemned sex outside of marriage and held homosex to be vile, immoral and unnatural, was rooted in prejudice, biblical bigotry, religious dogma and the willful wrong interpretation of Scripture.

Simply put, homosexuality has as its objective the normalizing of homosex as a normal variant of sexuality and the full acceptance of the homosexual lifestyle in the church. This would put it on par with heterosexual conduct and bring about that it would no longer be judged as sinful conduct by the church. Heterosexuality, bisexuality, homosexuality, transvestisms, all become normal expressions of sexual conduct in the framework of gay theology. [7]

Die Bybel as die Woord van God beskryf homoseks as sonde. Dit is nie moontlik om tot ’n ander verstaan te kom baseer op die tekste in die Bybel nie. Elke liewe keer wanneer die Bybel daaroor praat is die Bybel negatief daaroor. Deur die bank is teoloë, insluitend pro-homoseksuele teoloë, daaroor eens dat die Bybel geheel en altyd negatief oordeel oor homoseks! Dit is totaal onverstaanbaar hoe ’n kerkvergadering soos die AS tot ’n ander insig kan kom en homoseks ontsondig en tot ’n gawe van God verhef.

There can be no valid appeal made for a third natural sex or alternative sexual orientation within God’s created reality. The socio-historical background and the exegesis of the relevant Bible portions do not support such an appeal to the textual data. Homosexuality should be rejected as an abnormal expression of sexuality because biblical sexual morality is defined by heterosexuality. The attitude to homosexuality is throughout the Bible uncompromisingly negative. Only if one turn to extra-biblical authorities can one approve of the practice of homosexuality, but then the Bible – the church’s one authority for faith and practice, will have been abandoned.[8]

Die Teologie van Seksualiteit

Gay teologie beweer dat seksualiteit, dus seksuele orientasie, nie reg of verkeerd kan wees nie; dit is eenvoudig ’n gawe van God. En dit lyk asof die AS geheel daarmee eens is. Veral ook in die lig van Nelus Niemandt se standpunt rakende die nomalisering van verskeie seksuele orientasies in die NG Kerk. Die AS se argumente is totaal in lyn met die volgende:

And so the lives of gay and lesbian Christians become the text from which they interpret the biblical text. Their commitments to their gay and lesbian identities, practices and struggle for sexual liberation become the framework for interpreting a particular biblical text. They reject all readings that either depoliticise or spiritualise the biblical text. The lived sexual experience of gay and lesbian people is crucial in shaping a gay theology of sexuality and, according to Germond, this experienced sexuality and the way it is mediated by religious life, is the central issue in determining the content of gay sexual theology.[9]

Die hele Bybel maak voorsiening vir slegs manlike en vroulike verhoudings binne die huwelik. Nie een keer in die hele Bybel is daar enige afwyking van hierdie seksuele grondslag vir die mensdom nie. ’n Basis neergelê toe man en vrou geskape is. Geen patriarg, geen matriarg, geen profeet, geen priester, geen dissipel, geen apostel en nie eens die Here Jesus self, kompromeer hierdie heteroseksuele voorneme van God deur homoseksuele gedrag te aanvaar nie. Hulle het eenvoudig aanvaar, soos gegewe in die skepping, dat seksuele identiteit heteroseksueel gevorm was en dat die mensdom presenteer as alleen manlik en vroulik in seksualiteit.

Gevolglik, in alle verwysings na homoseksualiteit in die Bybel, ondanks die konteks, word homoseks beskou as ’n sonde en selfs na verwys as ’n gruwel vir God. Die Bybel gee geen goedkeuring ooit aan homoseksuele geslagsverkeer nie, nie uitdruklik ook nie implisiet nie. Dit was nie eens verdra nie, maar altyd as sonde verwerp, veral as sondige praktyk in die lewens van die nasies en die heidene waar dit soms normaal en aanvaarbare gedrag was.

‘n Bybelse standaard word geskend in homoseksuele gedrag. Homoseks is ongeldige gedrag volgens Bybelse norme in beide die natuurlike en besondere openbaring (Rom.1:18-32). Imoraliteit is imoraliteit en die verdraaiing van ’n Bybelse norm is en bly ’n perversie, ondanks die naam wat daaraan gegee word. Die Bybel versuim eenvoudig om erkenning te gee en voorsiening te maak vir ’n goeie vorm van homoseks of ’n slegte vorm van homoseks. So ’n onderskeid is vals, ongeldig en onbybels.

Waar die AS met ’n ander standpunt kom, kan dit slegs toegeskryf word nie afkomstig uit die kreatiewe bedoeling van God nie, maar uit die verdorwenheid van die mens. Die AS kan haarself dus nie daarop beroep dat die besluite ten opsigte van homseksualiteit in die NG Kerk, onder leiding van die Heilige Gees geneem is nie.

Die teologie van die huwelik

Geslag is van kardinale belang in die hele konsep van die huwelik. Dieselfde-geslag huwelike impliseer dat daar geen relevansie van geslag is nie en dus is die noodwendige gevolg die verwerping van geslagsgerigtheid van man-vrou in die huwelik. Inderdaad word die afskaffing van geslagsgerigtheid vandag onbeskaamd bepleit. Die konsep van man-vrou basis-teologie vir die huwelik word beskou as ’n verouderde, stereotipiese, oud-christelike model wat geen eksklusiewe plek in het in die moderne sekulêre samelewing nie.

Gevolglik kom dit egter as ’n totale verassing dat die NG Kerk, en meer spesifiek die AS, hulle aan die kant van die sêkulere-humanistiese standpunt skaar. Hiermee bevind die NG Kerk haarself in ’n onhoudbaar paradoksale situasie. Die AS besluit:

2.3 Die Algemene Sinode herbevestig die besluite oor die huwelik van 2004, 2007 en 2013 dat slegs die verbintenis van een man en een vrou as ’n huwelik beskou word.
2.4 Die Algemene Sinode besluit om in die lig van 2.1 hierbo erkenning te gee aan die status van burgerlike verbintenisse van persone van dieselfde geslag wat gekenmerk word deur liefde en trou – en maak voorsiening dat hierdie verbintenisse deur predikante wat hulle weg oopsien, bevestig kan word.

Die term “huwelik” word behou met inhoud soos vervat in die besluite van 2004, 2007 en 2013. Dit impliseer dat dit Bybels verstaan moet word as die wil van God dat die “huwelik” slegs moontlik en toelaatbaar is in terme van God se voorvereistes daarvoor. Om hierteenoor ’n alternatiewe verbintenis tot die “huwelik-status” te erken, weliswaar onder ’n ander benoeming, en dan in praxis gelykvormige status daaraan te gee binne die kerk is teologies irrasioneel in die lig van die standpunt dat God net een verbintenis erken. Hierdie onlogiese sotlikheid bring mee dat die AS haarself gelyk aan God verhef in status en autoriteit om die wil van God aan te pas by die mens se sondige begeertes. Die sonde word dus die status van Godelike gawe toegedig. Selfde-geslag huwelike verander die huwelik, onder watter ander naam ook al, in wat dit nooit was nie in iets wat dit nooit bedoel was om te wees nie.

Why all the fuss about marriage? Why all the effort to defend marriage as a male-female gender specific institution? Why do we hold onto the restricted definition that marriage means one man with one woman in a formal exclusive faithful sexual relationship? It is because the word marriage carries meaning and denotes a norm. Marriage is much more than just a man and a woman in a formal, state recognized relationship. Marriage implies that a child needs a father and mother and a stable family situation that results from the fundamental permanent exclusive sexual and domestic relationship we call marriage. Not two men and neither two woman by themselves can produce a child and bring naturally a family into being. This is how God designed humankind and intended it to be: male complements female and female complements male[10] .

Die huwelik voldoen nie aan enige menslike logies-samehangende rasionaal nie maar dit verteenwoordig die intensionele arbitrêre inhiberende besluit van ’n soewereine God, in teenstelling tot die talle uiteenlopende moontlike kohabitasie modelle wat die menslike verstand kan skep. Enige ander ‘een-wording’ is sonder die misterie van die fisiese, profetiese en eskatologiese bedoeling van die Skepper God vanaf die eerste oomblikke van die skepping.

Hoe die AS en geleerdes die volgende kon verbygaan sonder om die kernwaarheid daarvan te begryp gaan ’n mens se verstand ten bowe.

Therefore God gave marriage. Marriage and family is blessed by God. He, being the author and definer of marriage, gave the command to mankind in Genesis 1:28 “to be fruitful and multiply, fill the earth and subdue it.” This command has normative status in the life of the believer and the church. It cannot be ignored or invalidated by the wave of the hand. “Fruitfulness” has to do with one of the basic profiles of life. From the beginning man and woman have united to create and care for their offspring. This was only possible because of their created “otherness.”[11]

Hul liggaamlike verskille en komplementariteit as manlik en vroulik maak dit moontlik. Slegs die vrou is geskep om die man seksueel te ontvang en die kind wat gebore word as gevolg van die “eenwording” te koester. Nóg die man-man “eenwording”, of die vrou-vrou “eenwording”, is instaat om “vrugbaar te wees en te vermeerder, die aarde te vul en onderwerp”. Die homoseksuele “huwelik” in die essensiele samestelling daarvan, is vals en ’n leuen, want dit ontken die wese wat God bedoel het vir die huwelik. Dit gee aanleiding tot ’n toestand van voortdurende ongehoorsaamheid aan die gebooie en wil van God.

‘n Man is liggaamlik en sielkundig nie geskep om ’n ander man seksueel te ontvang nie en ’n vrou is liggaamlik en sielkundig nie geskep om ’n ander vrou seksueel te ontvang nie. Homoseksuele verbintenisse of huwelike is onvrugbaar in wese, want dit is nie gebaseer op God se geskape orde nie, maar die mens se eie sondige ontwerp. Daarom word die seën belowe vir die heteroseksuele huwelik, ’n vloek vir die homoseksuele huwelik. Weet die AS dan nie dat ’n Bybelse teologie vir die huwelik die volgende insluit nie?:

  • God “ontwerp” die mens, as man en vrou, by die skepping vir heteroseksuele verhoudings.
  • Die oorsprong van die huwelik kan net vir ’n man-vrou huwelik geld.
  • Dat man en vrou mekaar seksueel en fisiek aanvul.
  • Seks word beperk tot man-vrou in die huwelik.
  • Homoseksuele verhoudings is ’n afwyking van God se “ontwerp” vir die mens.
  • Dat die homoseksuele “huwelik” ’n perversie is van die heteroseksuele huwelik.

God, die Skepper van alles, het die huwelik ingestel. Die huwelik moet teologies verstaan word; dit is nie ’n sosiale samestelling nie. Die erkenning van die homoseksuele “huwelik of verbintenis” is iets wat die Christelike kerk en die Christen gelowige nie kan aanvaar en terselfdertyd op aanspraak maak om steeds getrou te wees aan die God van Waarheid nie.

Die teologie van die familie/gesin

Homoseksuele familie samestellings val die wesentlike kern en essensie van die tradisionele Bybelse gesins-model aan. Die man-vrou, vader-moeder model is vervang met die vreemde man-man en vrou-vrou sosiale samestelling. Die gesin word herdefinieër in terme van die teologiese herdefiniëring van homoseksualiteit. Dit is presies wat die AS gedoen het, of hulle dit wil weet of nie.

Legalizing homosexual marriage has enormous potential to destabilize and reorder the traditional gendered definition of marriage and family. A whole menu of family options becomes available to gay, lesbian, bi-sexual and transgender persons. The original concept of the family could irrevocably be changed given enough time if marriage is allowed to be redefined and homosexual conduct accepted as a normal expression of sexuality.[12]

‘n Bybelse teologie van die gesin aanvaar Genesis 1 en 2 as die bron van God se bedoeling vir die opset van die gesin. Die Bybelse konsepte van die huwelik en die gesin is onskeidbare entiteite want hulle is intrinsiek verweef vanaf die ontstaan daarvan en ten volle in lyn met God se volmaakte wil vir voortbestaan van die mensdom.

Die kerk kan nie die herdefiniëring van die huwelik en die gesin toelaat nie. Die herdefiniëring van die familie sal nie ophou met slegs dieselfdegeslag huwelike nie. Die onvermydelike gevolg van ’n gepeuter met God se model vir die huwelik en die gesin sal verskeie sondige humanistiese konsepte van ‘familie’ baar.

Die AS, en dus die NG Kerk in die besonder, is veronderstel om die Bybelse konsep vir die familie te beskerm en nie mee te werk aan die eventuele vernietiging daarvan deur “homoseksuele verbintenisse” te erken nie. Die AS, en dus die NG Kerk, bevind haarself in die hoofstroom van liberale politieke denke en akkommodeer kultuur ten koste van die evangeliese waarhede. Die NG Kerk is vinnig besig om net nog ’n belangegroep saam met ander te word wat aktief meehelp in die dekonstruksie van die evangeliese Christendom.

Hierdie paradigmaskuif is is totaal duidelik gedemonstreer binne die AS met die normalisering van homoseksualisme in die NG Kerk. Die kerk, deur die toedoen van die AS, het blykbaar haar evangelies Bybelse boodskap ten opsigte van Bybels seksuele etiek veruil ten gunste van ’n kulturele smorgasbord van seksuele diversiteit waar die voorheen hoogs uitsonderlike en sondige nou die normale geword het.

Ten slotte!

Die weg wat die NG Kerk nou, gedryf deur die besluit van die AS formeel teologies ingeslaan het, is ’n weg van obskure irrelevansie, van ’n dwalende NG Kerk in die wildernis van betekenislose moderne sekulêr-humanistiese teologie wat net op akademiese vlak ’n rol te vervul het, maar op grondvlak en in die kansel in die kerk van Christus ’n gestadigde agteruitgang en onafwendbare dood infasseer. Lees Jeremia 6:16-19 hieronder:

(16) So sê die Here: “Staan langs die pad en kyk en vra na die ou paaie, waar die goeie pad is en loop daarin en julle sal rus vind vir julle lewe, (17) Ek het ook wagte oor julle aangestel en gesê: ‘Luister na die geluid van die ramshoring!’ Hulle het egter geantwoord: ‘Ons sal nie luister nie.’ (18) Luister en hoor daarom, o nasies en weet, o vergadering, wat onder hulle is, (19) luister en hoor, aarde: ‘Let op, Ek bring ’n ramp oor hierdie volk, die vrug van hulle planne, want hulle het nie na My woorde geluister nie en My wet, dié het hulle ook verwerp. (Afrikaans PWL Vertaling).

Hierdie woorde behoort ’n tydige waarskuwing te wees aan die lede van die Modaramen en ander liberale teoloë en ’n paslike reaksie mee te bring. Maar sal dit?

Homoseksuele praktyke kan nie geduld word in en deur die kerk nie. Daar kan geen kerklike seën wees op homoseksuele verbintenisse of huwelike nie, wat nog te sê dat predikante binne die NG Kerk sulke verbintenisse kan voltrek of seën. Homoseksuele gedrag is volgens die Bybel sonde! Die NG Kerk bevind haarself nou in ’n see van morele verwarring. Die klein, maar invloedryke homoseksuele minderheid en hulle ondersteuners in die AS, erodeer die Bybelse teologie van die sonde, die huwelik, gesin en seksualiteit en hou ’n hele kerk denominasie gevange met ’n teologie geskep deur die mens, vir die mens.

There can be no acknowledgement of a so-called conservative homosexuality because any homosexual conduct is in essence already promiscuous and therefore sexually liberal. Homosexual behaviour is un-Christian and unbiblical. The quest to legitimize homosexual practices perverts the biblical theologies of sin, marriage, sexuality and family. Consequently it damages the accepted pattern, norms and values of the family unit, which is the basis of all human societies. Homosexuality militates against the family and destroys the function of the family as the last place where affectivity can be cultivated. Homosexual conduct is corruptive by its very nature and corrosive to familial structures in general. Homosexual practice destroys the joy of family relationships and affections.[13]

Die kerk moet geensins homoseksuele praktyke aanmoedig deur die aanvaarding, goedkeuring of kerklike sanksionering van gay verbintenisse nie. Die leuen dat homoseksuele praktyke of homoseks normaal is en dat homoseksualiteit en homoseksuele uitlewing ’n aanvaarbare seksuele lewenstyl is in terme van God se Woord en dat God dit seën, moet teengestaan word deur gesonde evangeliese Bybelse prediking en onberispelike heteroseksuele Christelike lewe.

Die Netto-effek van die AS besluit

Alles hierbo impliseer ’n netto-effek-gebeure binne die NG Kerk. Dit wil sê, daar is ’n onafwendbare resultaat wat uit die besluit van die AS presipiteer. By uitstek is die teologies resultaat die ernstigste en mees geestelik traumaties:

1. ‘n Alternatiewe weg van redding.

Die AS se besluit ontsondig homoseks, biseksualiteit en transvestisisme. Binne die GLBT gemeenskap is hierdie seksuele aspekte interverweef en interafhanklik en so sal dit wees vir die sogenaamde “christen” homoseksuele persoon. Nelus Niemand se opmerking hieroor het dit totaal raakgevat en onderleg die besluit van die AS by implikasie. Indien, volgens die AS, hierdie aspekte nie langer sonde is nie, kan die ander aspekte in die sondelyste[14] ook nie meer as sonde per sé gesien word nie en moet dit ook, net soos homoseksualisme humanisties gekwalifiser word. Daar is nou ’n noodwendige oorbodigheid aan die kruis van Jesus Christus en Sy soendood aan die kruis moet kwalifiserend toegepas word op die sonde in ons lewens.

Die netto effek is dat die Kerk nou die aard en wese van wat sonde en wat nie sonde is nie bepaal aangesien die NG Kerk nou oor die insig beskik om sonde te kwantifiseer en kwalifiseer in die lewens van die lidmaat. Indien die AS haarself die mag toe-eien om sonde te “ontsondig” word die selfde mag gebruik om sonde te kwalifiseer en te kwantifiser. Binne kwantetiewe genetika en sosiale omgewings faktore kan alle sondes nou humanisties “ontsondig” word basseer op dieselfde argumente as die vir homoseks. Dink hier aan aborsie, pernografie, alkolisme, prostitusie, saambly, pedofilie, poligamie, ope huwelike, poliandrie, poliamorie, endogamie, selfmoord, egskeiding, kleptomanie ens. Die lys kan onbepaald uitgebrei word. Onvoorwaardelike verlossing van sonde in Christus is dan nie meer ’n vereiste vir redding nie! Oorwinning oor sonde word nou moontlik bine die menslike evaluering en vestaan daarvan.

2. Subjektiewe waarheid

Daar is geen enkele alomgeldende waarheid vir die kerk van Jesus Christus nie. Waarheid word gerelativeer. Die mens, dan die NG Kerk in ons geval, bepaal “waarheid” buite om die enigste Waarheid, Jesus Christus. Soos met sekulêre humanisme, is daar nie meer een geldende Waarheid vir almal nie. Die beginsel is:” wat waar is vir my is nie noodwendig waar vir die volgende persoon nie”. Die mens word die oorsprong van sy eie waarheid. Subjektiwiteit word objektiwiteit in die hand (in die mond) van die geleerde geestelike! Klink dit histories bekend soos in die geval van ’n ander denominasie? Wie bepaal waarheid? Waar vind ons die norm van waarheid? Waar vind ons ’n altyd geldende en konstante betroubare diskriminerende waarheid wat in alle omstandighede toepaslik is? In die mond van die geleerde geestelike? Nee, in die Bybel en die Bybel alleen.

3. Subjektiewe ervaring

Subjektiewe ervaring, subjektiewe spiritualiteit en akumulatiewe skuldgevoel word gelykgestel aan die leiding van die Heilige Gees. Die ervarings van die homoseksueel, emosioneel, ligaamlik en geestelik, word die beweegrede om selektief te fokus op aanpassing van die geestelike waarhede ten koste van die geldende Waarheid. Hiermee saam adem alles die heersende wêreld lewensfilosofie van sêkulere humanisme wat die kerk penetreer en onder druk plaas. So veel so dat die geldende Waarheid, ’n verleentheid word wat dan aangepas word, opgevolg met ’n heimlike emosionele tevredenheid wat die kerklike gewete sus, kerk en wêreld, Waarheid en leuen, Lig en duisternis is gerekonsilieer. Die sekulêr-humanistiese Konstitusie is geregverdig, maar ten koste van die Waarheid! Die prins van die wêreld glimlag en aan die kruis word die volgende spyker in die Waarheid ingemoker.

4. Ongoddelike arrogansie

Die NG Kerk worstel lank daaraan om verdeeldheid te verhoed soos die worsteling met die Belhar Belydenis wys. Hierdie worsteling wys op ’n geestelike “Seisoen van luister” om die kerk te beskerm teen verdeeldheid wat so vernietigend kan wees in enige geloofsgemeenskap. Hierteenoor staan in skrille kontras die arrogante houding met die werkswyse van die AS rondom homoseksualiteit wat die verdeeldheid en skeuring binne die geloofsgemeenskap direk in die hand werk.

Hierdie arrogansie blyk die netto effek te wees van ’n koverte (heimlike) proses wat eers op AS 2015 openbaar is. Dit vertoon ’n motivering en impetus basseer op ’n voorafgenome besluit wat ten alle koste implimenteer moes word. Inderdaad insinueer dit dat die koste is vooraf bereken en die besluit is desnieteenstaande geneem. Verdeeldheid en skeuring is vooraf verdiskonteer teen die applous en goedkeuring van die sekulêre-humanistiese toeskouers in die globale arena en die ekumeniese goedkeuring in die raadsale van die godsdienstige fariseers. Kan die dood van een Waarheid in die lig van die bevoordeling van so baie dan verkeerd wees?

Die Heilige Gees van God lei en getuig rakende die Waarheid!

Die Heilige Gees kan nie teen die geopenbaarde Waarheid van die Skrif openbaar nie. Hy is tog die Eerste Outeur van die Skrif. Die Bybel is dus geskryf dat elkeen onder Sy leiding die Waarheid kan verstaan. ’n Stemming in die AS kan nie die waarheid van God’s Woord bepaal nie. Die gevolglike verdeeldheid, skeuring, negatiwiteit ens wys op die verheffing van die pragmatisme bo die werking van die Heilige Gees. Praxis word die afgod voor wie die kerklidmaat moet buig, die goue kalf, gemaak deur “Aaron” (AS) op aandrang van die mense (homoseksueel georienteerde mense), en wat in effek die afwesigheid van die Heilige Gees verpersoonlik. Die Waarheid in die hande van die Heilige Gees is in stukke. Die netto gevolg is dat waarheid het in die hande van die mens gekom en die mens word die redigeerder van die Werk van die Eerste Outeur.

5. “Et tu, Brute?”

Die NG Kerk was nog altyd gesien as ’n eksponent van die Waarheid getrou aan die Woord van God. Die Ng Kerk was ’n pilaar en baken vir Skrifgesag en Skrifgetrouheid. In die lig van Julius Caesar se vraag kan ons noutereg vra: “Jy ook, NG Kerk?”

Het die NG Kerk dan nou finaal die rubicon tussen waarheid en leuen oorgesteek? Het ons dan nou maar deel geword van ’n globale meerderheid wat die mens in sy sonde sal tevrede stel eerder as om die Woord van God onverdun, tydig en ontydig te verkondig? Wat bereid is om die mens in die selfgerigtheid van sy lewe en lewenskeuses te vermaan en teregwys en so by die Verlosser Jesus Christus te bring.

Die netto effek is ’n uitroep binne die kerk: “Here, wat is die waarheid?”

Versoek

As lidmaat van die NG Kerk verband, lidmaat van die NG Kerk gemeente Noordkus en Nuwe Testament akademikus, versoek ek dat die Moderamen:

  1. Om dringend ’n algemene en buitengewone vergadering te belê vir terugvoering en heroorweging van die besluite rondom homoseksualiteit geneem tydens die Algemene Sinode 2015 sitting soos die Kerkorde dit moontlik maak nadat terugvoering ontvang is:
    1. Vanaf elke NG gemeente in die land;
    2. Vanaf elke NG Kerk Ring in die land
    3. Vanaf elke NG Kerk Streekssinode in die land.
  2. Dat alle gemeentes op hierdie vergadering verteenwoordig sal wees;
  3. Dat die vergadering slegs een tema sal hê naamlik “ Is homoseks (die praktyk van homoseksualiteit onder enige situasie) in terme van die Woord van God sonde of nie sonde nie?”
  4. Dat daar binne die NG Kerk, ’n “referendum” gehou sal word waar elke gemeentelid die geleentheid sal kry om “Ja of Nee” te stem vir die besluit van die AS rondom homoseksualiteit. Gee aan elke lidmaat dieselfde geleentheid as wat die afgevaardiges op die AS 2015 gehad het, naamlik om te stem: “Ja of Nee”! Net soos die AS op ’n meerderheids stem berus vir haar besluit, laat die stem van die gelowige lidmaat gehoor word ten opsigte van die AS se besluit.

Voetnotas

[1] In die skrywe sal ek meesal die Internet bronne soos Wikipedia aanhaal. Hierdeur poog ek om te wys hoe geredelik Bybel waarhede, soos deur die AS bygewerk, beskikbaar is vir gewone lidmate.

[2] There is a remarkable consistency in the Christian attitude of about two thousand years in the assessment of homosexual relationships in the light of the Biblical pronouncements. It has always been judged as sin. Homosexual conduct was consistently and without exception rejected because it was deemed to be contrary to the will of God for mankind. It was regarded as sin. Early Christian authors including Justin Martyr, Tertullian, Basil of Caesarea, Gregory of Nyssa, the participants in the Councils of Elvira and Ancyra, the author(s) of the Apostolic Constitutions, John Chrysostom and Augustine all expressed sharp disapproval of homosexual conduct. From history it is clear that the church fathers unanimously and unreservedly condemned male homosexual behaviour. – The Empty Testament

[3]Ecclesia semper reformanda est (Wiki)

[4]Nelus Niemandt se pleidooi: ‘Gooi NG Kerk óóp vir gays’

[5]Five solae

[6] Gedetaileerde besprekings kan gelees word in my boeke The Bible and Homosex: Sexual Truths for a Modern Society en The Empty Testament: Four Arguments against Gay Theology. Kry die PDF weergawes gratis hier: The Bible and same sex attraction (learntolove.co.za)

[7] The Empty Testament: Four Arguments against Gay Theology

[8] Ditto

[9] Ditto

[10] The Empty Testament: Four Arguments against Gay Theology

[11] Ditto

[12] The Empty Testament: Four Arguments against Gay Theology

[13] Ditto

[14] Sien Rom 1:18ff, 1 Kor 6:9-11, Kol 3, 1 Tim 1:9-10.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui