Onwettige e-kopie in omloop

Kyk ook:

Enige elektroniese kopie van die boek Die Trojaanse Perd in die NG Kerk wat êrens opduik of na verwys word, is ’n onwettige en gesteelde kopie.

Geen e-kopie is ooit êrens beskikbaar gestel vir verspreiding nie.

Die roofkopie wat ons al te siene gekry het, is in elk geval gebaseer op ’n baie vroeë, onvolledige en foutiewe weergawe.

Die verspreiding van hierdie roofkopie is oorspronklik waarskynlik kwaadwillig, en word nou skynbaar in heelwat gevalle gedoen om die wettige boek se verkope te probeer belemmer, noudat dit beskikbaar is.

Enige verdere verspreiding van sodanige roofkopie is onwettig (dit kan vergelyk word daarmee om ’n oorgekopieërde DVD te kyk en te versprei of om ’n fliek onwettig van die internet af te laai of rekenaarsagteware te kopieer).

Klaarblyklik werk die poging tot belemmering van verkope nie, want ons kan met groot dankbaarheid sê dat die verkope bo verwagting goed verloop op hierdie stadium. Ons is ook geensins bereid om vrae te antwoord op grond van inligting wat uit die roofkopie kom nie, want uiteraard sou die finale kopie byvoegings, weglatings en veral ekstra verduidelikings en kommentare bevat ten opsigte van aanvanklike werkskopieë.

Dankie vir almal wat misdaad help bekamp.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui