Ontluikende kerk

Ontluikende Kerk: In Engels is dit “Emerging Church”. Dit het postmodernisme as teologiese aanslag (kyk ook die definisie van “Postmodernisme”). Dit is ’n beweging of ’n stroming eerder as ’n gestruktureerde organisasie of kerkverband. Dit is moeilik om te bepaal wat ontluikendes presies voorstaan, want volgens hul eie erkenning is daar baie verskillende strominge in hul geledere. Een van hul kritieke op die gereformeerde kerke is juis die sekerhede soos geformuleer in die belydenisskrifte. Die probleem in Suid-Afrika is dat heelwat ontluikendes van binne die gereformeerde kerke hul gedagtes in die gereformeerde kerke probeer indra.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui