Norm en Kairos netwerk gee hoop!

Kyk ook:

Die onderstaande brief van Bernhard Ficker was nie in die koerante geplaas nie.

**********

Norm en Kairos netwerk gee hoop!

Deur Bernhard Ficker

24 Mei 2022

Norm van Limpopo maak ’n hele paar daadwerklike ware stellings in sy skrywe “Dis nou genoeg, ware randfigure nie my norm” (17.5).

Ja die propaganda van die LGBTQI+ beweging is so oorweldigend dat baie mense begin wonder of daar nie met hulle fout is as hulle nie ook queer is nie. Veral nie nadat selfs die Stellenbosche NGK-teoloe die profete en die Bybel tot queer herinterpreteer het by hul onlangse konferensie oor queers en die Bybel nie.

Die aantal LGBTQI+ mense ’n uiters uiters klein persentasie, al wil die liberale media dit anders uitbeeld en aanhoudend die groeperinge binne die ‘+’ wil vergroot.

Die werklikheid is dat dit spesifiek die NG Kerk se algemene sinode se besluit aangaande LGBTQI+ en die aanvaarding van L-dominees, G-dominees, B-dominees, T-dominees, Q-dominees, I-dominees, en “+”-dominees is wat hierdie vloedgolf van verwarring waarna Norm verwys, help teweeg gebring het.

Geen wonder dat so baie NGK gemeentes doleer het, asook tien duisende lidmate. Maar Norm, daar is hoop! Die Kairos netwerk is besig om ’n tuiste te skep vir alle gelowiges wat sekerheid het oor hul seksualiteit en hul kinders nie wil blootstel aan ’n kerklike omgewing waar daar groot verwardheid oor basiese beginsels van seksualiteit bevorder word nie.

*******

Dis nou genoeg, ware randfigure nie my norm | Netwerk24

Norm

17 Mei 2022

Was dit nie vir die nugter uitroep van prof. Hennie van Coller (03.05) nie, het ek begin glo dat ek uit die hoofstroom in ’n systroom beland het.

Ek skryf onder ’n skuilnaam om nie volgens my ouderdom of beroep geoordeel te word nie.

Ek is ’n wit Afrikaanse man, vir verskeie jare met dieselfde vrou getroud en ons is geseën met ’n seun en ’n dogter. Hulle is onderskeidelik met ’n vrou en ’n man getroud en is ook geseën met kinders: seuns en dogters.

Daar is nie by ons twyfel oor ons geslag of seksualiteit nie. Ons is die gewone hy of sy. Ons word oorweldig deur berigte, vermaak en massakommunikasie wat skynbaar probeer om ons te laat verstaan ons staan op die kantlyn, of soos prof. Van Coller impliseer, dat ons die randfigure en nie die norm is nie.

Tog is die meeste mense met wie ons te doen kry en met wie ek en my vrou in ons beroepe werk, gewone, “normale” heteroseksuele mense, sommige getroud, sommige in verhoudings, maar die absolute meerderheid heteroseksuele mans en vroue. Vanwaar dan die oordonderende geteem van mense met ander seksuele of geslagsoortuigings (of verwarring daaroor), dat ons die hele tyd aan hulle erkenning moet gee en ons lewe en uitsprake volgens hulle moet inrig en uitleef?

En wee tog die arme siel wat durf waag om iets oor hulle kwyt te raak. Soos Steve Hofmeyr geleer het, tref die Menseregtekommissie jou met ’n bliksemstraal nog voordat die ink droog is. Julius Malema kan verkondig wat hy wil, maar moenie iemand wat ander seksuele voorkeure het, enigsins bevraagteken nie.

Dan wil hulle dit ook in ons kinders se kele afdruk. Jy mag jou kind nie meer ’n “normale” opvoeding gee waar die kind geleer word van ander seuns of meisies nie, almal is nou ewe skielik geslagloos. Ons moet selfs almal baie liggies trap rondom mense wat daardeur verder verwar word en hulle die kans gun om “hulself te vind”.

Dit is genoeg. Ek weier om politiek korrek te probeer wees of om die ware randfigure as my norm te aanvaar. Daarom is ek baie selektief met wat ek kyk, lees of luister. Ek gun elkeen sy/haar/dit se plekkie in die son en respekteer elke mens se keuses in die lewe, maar moenie van my verwag om te aanvaar dat die son net skyn waar hulle is nie – of mag ek ook nie sê “hulle” nie?

1 thought on “Norm en Kairos netwerk gee hoop!”

  1. Die kern van die NG kerk se huidige probleem gaan oor die hartklop van ware redding waar ’n nuwe Jesus nou gedupliseer is! Hoe gemaklik: so asof die aanhangers (dwaalleraars) van die “nuwe Jesus” eenvoudig verkondig jy hoef maar net ’n “Jesus baadjie” aan te trek en daar gaan jy en ploeter maar voort in die ou poel van jou sonde! Geen belydenis, geen ware Jesus kruisbloed afwassing en geen heligmaking pad om jou kruis op te tel en Jesus te volg. Die Bybel word letterlik in stukke geskiet. Hoe treurig!
    Dit is tog uiters belangrik vir elke gemeente en ware gelowige om te kan onderskei tussen waarheid en wolwe wat valshede verkondig!!
    Ek plaas die volgende: ‘How to Spot a Wolf’ en vertrou dit sal insiggewend wees! Toets jouself of jou leraar! https://www.thegospelcoalition.org/article/spot-wolf/
    **Die goeie nuus is dat hierdie dwalinge wat nou plaatsvind ongeveer elke 50 jaar oor die eeue heen gebeur het en dan weer vervaag het!

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui