NG gemeente Marquard se standpunt oor SGV

Kyk ook:

Algemene Sinode besluit oor Gay verbintenisse

Uitgangspunt: In verbintenis aan die Here en sy Woord en in liefde aan die N G Kerk Marquard en daarmee aan die verband van kerke binne die N G Kerk sê ons hiermee waarmee ons, ons kan versoen en waarmee nie. Hierdie is nie ’n stryd met mense nie. Met dieselfde liefde waarmee ons met die mense van Marquard omgaan, sal ons met die wat van ons verskil ook omgaan. Om stil te bly sal beteken dat ons dit wat ons glo verloën en dit kon ons nie doen nie.

  1. Die Bybel is die enigste betroubare bron wat ons kan begelei om geloofsbesluite in verantwoording aan God te maak. Alle ander hulp in hierdie taak aanvaar ons net omdat dit in ooreenstemming met hierdie Woord is.

Dit is bepalend vir ons verhouding met Hom,
die lewe wat ons voor Hom lewe en
die verhoudings waarin ons staan, insluitende die aard van gesinne.

Aanbeveling: Ons is oortuig dat in die lig van die hele Skrif, permanente homoseksuele verbintenisse en – huwelike nie naas die huwelik of as ’n alternatief vir die huwelik aanvaar kan word nie. Die Skrif is konsekwent oor sy getuienis oor die heteroseksuele aard van die huwelik en net so konsekwent teen homoseksuele gedrag. Verder is daar geen internekritiek teen bg. standpunte in die Skrif te vind nie. Verder kan slegs homoseksuele persone wat hulle weerhou van homoseksuele aktiwiteite deel van die ampte van die kerk wees. Gemeentes behoort daarop te let om homoseksuele mense met deernis en liefde binne die veilige ruimte van die gemeente te versorg.

Die roete wat die kerkraad en gemeente in hierdie beslissing volg.

Om tot ’n besluit rakende ’n saak soos homoseksuele verhoudings te kom gaan ons soos volg te werk:

  1. Raadpleeg die hele Bybel om vas te stel wat die Bybel oor die huwelik en homoseksuele verhoudings sê.
  2. Kyk of dit wat die OT oor die huwelik en homoseksuele verhoudings sê, ook in die NT gesê word.
  3. Stel vas of die Bybel self kritiek lewer op dit wat in die Bybel oor die sake gesê word.
  4. Indien daar nie direkte verwysings is nie, soek na soortgelyke verhale wat lig kan werp op die sake waaroor daar na duidelikheid gesoek word.

Huwelik: Gen 1:27; 2:24; Jesus in Markus 10:1- 12; Ef. 5

Voorbeelde van interne kritiek.

Poligamie meer as een vrou: Daar is interne kritiek. Die verhaal van Abraham wat met sy slavin gemeenskap het en haar later moes wegstuur omdat dit nie gewerk het nie.

Die NT gee nie een voorbeeld van poligamie onder gelowiges nie, ook hoe die huwelik tussen een man en meer vroue op ’n Christelike manier geleef moet word nie.

Om mense te stenig: Om mense wat sondig te stenig soos ons uit die OT aflees, is daar wel interne kritiek. Johannes 8:1-11 is ’n voorbeeld daarvan.

Wat die huwelik tussen een man en een vrou betref is die hele Bybel helder en duidelik dat dit die manier is waarop lewensgemeenskap gelewe en gevier moet word.

Homoseksuele verhoudinge: Levitikus 18:22 ev.

Romeine 1:26 ev.

1 Kor. 6:9-11

Rakende homoseksualiteit is daar kontinuiteit tussen die OT en die NT.

Rakende homoseksuele verhoudings is daar nie;

  • ‘n Opdrag daartoe soos in die geval van die huwelik nie.
  • Interne kritiek teen die uitsprake in die OT daaroor nie, die NT spreek hom op dieselfde manier daarteen uit as wat ons dit in die OT vind.
  • Daar is ook nie ’n soortgelyke verhaal wat ons kan laat vermoed dat dit by die wil van God inpas nie.

Die Bybel is konsekwent in die afwysing van homoseksuele verhoudings.

Die liefde as opdrag om alle mense lief te hê, kry ons in die Bybel. God het sondaars lief (Rom. 5:8). Daarom het die kerk die opdrag om alle mense, alle sondaars en daarom alle homoseksuele mense, ook die wat dit ook beoefen, lief te hê.

God se liefde bied vergifnis en ’n nuwe lewe aan alle mense en dit bly die taak van die kerk om wat God doen in die wêreld voort te sit.

Dit is onmoontlik om te verander. In kerke in die buiteland en in Suid-Afrika waar daar ’n bediening aan homoseksuele mense gebied word en waar hulle begelei word tot ’n veranderde lewe, is daar baie voorbeelde van lewensverandering wat die gevolg van geloof in Jesus Christus is.

Jy word so gebore. Identiese tweeling studies het getoon dat daar nie ’n verband is nie. Daar is nog nie so ’n geen ontdek nie.

Lidmate wat die kerk wil verlaat omdat hulle nie met die AS se besluit oor selfde geslag verhoudinge saam stem nie.

Eerder as om die kerk te verlaat word jy aan geraai om die pad wat die kerk in die verlede in tye van gelooskrisis gevolg het. Dit is om te doleer: Om te doleer beteken dat die lidmaat of kerk wat daartoe oor gaan, in ’n staat van rou gaan oor die dwaling van die kerk, sonder om die kerk te verlaat.

Kennis aan die betrokke kerklike vergaderings.

Hiervan gee die lidmaat of kerk aan die betrokke Ring en Sinode kennis van die stap wat geneem word, met opgaaf van redes waarom die stap geneem word.

Hiermee wys die kerkraad die besluit van die AS rakende selfde geslag verbintenisse (huwelike) in sy geheel af.

Versoek aan die AS. Dat die AS asb aan die kerkraad die volgende inligting sal gee:

Die verslag wat as motivering vir die besluit oor selfde geslag verbintenisse handel, waarin die kerkraad die volgende motivering kan vind:

  1. Die Bybelse gronde vir die besluit.
  2. Die algemene openbaring waarvan AS gebruik gemaak het.
  3. Die leiding wat die AS uit die Belydenisskrifte gekry het.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui