‘n Negatiewe reaksie op die e-pos-bekendstelling van ons petisie

Kyk ook:

RD, FC en MR is skuilvoorletters.

RD moes deur ’n aanstuur ons e-pos ontvang het waarop hy toe aan my geskryf het en twee van sy gemeente se predikante per Cc ingesluit het.

Onderstaande e-posse het toe daarop gevolg.

Let op die onwilligheid of onvermoë om die werklike sake te bespreek.

**********

From: Hennie Mouton
Sent: 02 November 2011 02:31 PM
To:
Subject: WAT ELKE NG-LIDMAAT BEHOORT TE WEET

Mag ek, as lidmaat, eenkant staan as my kerk besig is om die spoor byster te raak?

Is dit net ánder se taak om iets daaromtrent te doen?

Kan ek myself eenvoudig verskoon deur te sê dat ek nie ’n ouderling of ’n predikant is nie?

Mag ek maar net my skouers optrek as dit in my eie gemeente, sover ek kan sien, goed gaan?

Is dit nodig om stof op te skop oor wat na bewering in ander gemeentes, ringe, sinodes en in ons teologiese fakulteite aangaan?

Wat kan ek in elk geval daaromtrent doen?

Op die webwerf www.glodiebybel.co.za is ’n petisie opgestel wat u kan gaan deurlees en onderteken as u daarmee sou saamstem.

U kan ander NG-lidmate, wat nie internettoegang het nie, maar saamstem met die petisie, se name ook daar invul, met hul toestemming natuurlik.

Stuur hierdie e-pos asseblief aan na alle NG-lidmate.

Soos die aksie groei en die name op die petisie toeneem, sal die NG-leierskap vanself en/of deur pertinente skrywes, beslis daarvan kennis neem.

Ons hoop en bid dat hulle die NG Kerk dan op God se pad vir Sy Bruid sal probeer terugplaas, tot die Bruidegom en Sy Vader se eer.

Groete en seën in julle biddende oorweging hiervan,

Bekommerde NG-lidmate

——————————————————-

From: RD
Sent: 02 November 2011 06:12 PM
To: Hennie Mouton
Cc: FC; MR
Subject: RE: WAT ELKE NG-LIDMAAT BEHOORT TE WEET

Goeiedag mnr Mouton,

Ek kan my hoegenaamd nie assosieer met u standpunte en/of werkswyse van beïnvloeding teen besluite van die Sinode van die NG Kerk nie.

Ek glo dat daar baie ander lidmate is wie my kontensie onderskryf.

RD

Lidmaat

——————————————————-

From: Hennie Mouton
Sent: Wednesday, November 02, 2011 19:51
To: RD
Cc: FC; MR
Subject: RE: WAT ELKE NG-LIDMAAT BEHOORT TE WEET

Goeie naand mnr RD,

Dankie vir die skrywe.

Kan jy enige goeie Bybelse argumente gee waarom jy dink ons standpunte is verkeerd en die sinode s’n reg?

Groete,

Hennie Mouton

——————————————————-

From: FC
Sent: 03 November 2011 06:11 PM
To: Hennie Mouton
Subject: RE: WAT ELKE NG-LIDMAAT BEHOORT TE WEET

Hennie

Ek ken jou van geen kant af nie en reageer op jou skrywe.

Daar is kerklike weë en kerklike kanale waar jy jou verskille en verskil in Skrifinterpretasie ens kan opneem.

Ek dink jy doen die kerk meer skade as goed om al daardie ongetoetste beweringe te maak.

Groete

FC

——————————————————-

From: Hennie Mouton
Sent: Thursday, November 03, 2011 18:43
To: FC
Subject: RE: WAT ELKE NG-LIDMAAT BEHOORT TE WEET

Naand FC,

Die kanale waarna jy verwys is eintlik doodloopstrate.

Die betrokke NG-leiers is eenvoudig meesters in ontwyking van vrae – gaan kyk maar sommer op facebook/kerkbode na byvoorbeeld Ben du Toit en Nelus Niemandt se antwoorde of gebrek aan antwoorde.

As hulle die direkte vrae nie beantwoord nie, hoe dink jy gaan mens via ’n kanaal sinvolle antwoorde kry?

Let ook daarop dat Nelus mense uitgenooi het om vrae te vra daar waar ek dit gedoen het.

Om dwaalleer uit te wys kan net goed wees vir ’n kerk as dit vir die kerk oor God se saak gaan.

Van jou sal ek graag ook wil weet waarna jy verwys as jy praat van ongetoetste bewerings.

Of is bewerings na jou mening slegs getoets as die liberale teoloë daarmee saamstem?

Ek neem aan jy het darem die dokumente gelees waarna die petisie verwys om jou soort stellings te kon maak?

En watse fout vind jy met die wysigings wat ons voorstel op die saamwoon- en duiwelverklarings?

Groete,

Hennie Mouton

——————————————————-

From: FC
Sent: 04 November 2011 07:28 AM
To: Hennie Mouton
Subject: RE: WAT ELKE NG-LIDMAAT BEHOORT TE WEET

More Hennie

Ek wil nie in ’n lang debat met jou betrokke raak nie.

My antwoorde gaan jou nie help nie omdat die Algemene Sinode die kerk se beleidsinode is.

GROETE

FC

——————————————————-

From: Hennie Mouton
Sent: 04 November 2011 09:26 AM
To: RD
Subject: Twee halwe gesprekke oor ons petisie

Goeie môre mnr. RD,

Lees bostaande as jy tyd het.

Ds. FC se reaksie wys net hoe sinneloos dit vir meeste lidmate sal wees om die “korrekte kanale” te probeer volg, soos hy nogal voorstel.

Dankie in elk geval dat jy dit aan jou predikante aangestuur het.

Groete,

Hennie Mouton

—————————————————–

Geen verdere reaksie is ontvang nie.

Ds. FC se laaste reaksie mag dalk wys dat hy ook maar nie die sinodebesluite kan verdedig nie, maar dit net maar gelate aanvaar.

Kyk ook na die NG-leiers se swak reaksies in Gesprek met Danie Mouton, Nelus Niemandt en ander op strokiesnet/kerkbode.

Ds. FC het later soos volg op facebook aan ’n ander NG-teoloog oor sy skrywe met my berig:

Jammer om dit te hoor! Hennie Mouton is besig om die kerk en baie individue verdag te maak. Een v ons lidmate het op sy verdagmakery gereageer en sy reaksie is hy alleen is reg en hy alleen verstaan die Bybel reg! Ek het vir hom ge-epos dat ek glad nie op sy versoek gaan reageer om met hom te probeer redeneer nie! Hy moet dit met sy kerkraad en ring doen. Is dit nie dalk tyd dat sy kerkraad hom kort vat oor sy verdagmakery teenoor Nelis die NGKerk en andere soos jy nie. Sterkte mens is so weerloos om jouself te verdedig! Ek is onlangs deur soortgelyke ervaring en was woedend en seergemaak daarom my gebed om nie meer te oordeel as die oordeel wat oor my gekom het! Dink aan jou.

Ek sal graag wil weet waar ek gesê het ek alleen is reg en ek alleen verstaan die Bybel reg. Dit klink vir my erger as net verdagmakery — dit is sommer leuens. En dan kla ds. FC dat hy so weerloos is om homself te verdedig net nadat hy geskryf het dat hy glad nie op my versoek gaan reageer om met my te probeer redeneer nie. Selfs laasgenoemde is nie eers heeltemal waar nie, want ek het hom eintlik net ’n paar vrae gevra.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui