Minagting of Bedroewend: Die Heilige Gees en die Kerk

Minagting of Bedroewend: Die Heilige Gees en die Kerk

Deur Philip Coetzee

1 Desember 2020

‘n Kompromie met sonde

Sodra jy enige sonde goed praat of regverdig, vir watter rede ook al; is dit nie aanvaarbaar in God se oë nie (Rom 6:1, 12:1-2; 1 Kor 5:9-13; Ga 1:10; Jakobus 4:17).

Dwaling

Dwaling het ‘n wye betekenis: afwyk van die waarheid, opsetlike verkeerde mening te lig, iemand op ‘n dwaalspoor lei, mense opsetlik te verwar om jou ideologie te vestig of af te dwing op ander, verleiding en misleiding, halwe waarhede verkondig, ens. (Spreuke 12:22; Han 20:28; Kol 3:9; Ef 4:14; Ga 1:10; 2Tim 2:15, 4:3-4; 2Pe 2:2).

Die Heilige Gees en die Kerk

Is daar in die Nederduits Gereformeerde Kerk (NGK) van Suid Afrika “teenoorgestelde” geeste aan die werk, meestal tussen leiersfigure? Daarom, is my vraag; is hierdie “mensgemaakte” geeste/gode besig om die reeds geskeurde kerk finaal te skeur, of is dit die Heilige Gees wat die kerk tot verantwoording roep? Deur verskillende uitsprake en stellings deur akademici en leiersfigure in die NGK, maak mense aanspraak dat hulle gelei of geinspireer word deur die Heilige Gees. Ek vind dit nodig, vanuit die geledere van bekommerde lidmate, om ‘n aantal hipotetiese vrae/stellings te stel in die rol wat die Heilige Gees vervul aangaande uitsprake of stellings, want dit regverdig absolute antwoorde.

What keeps us from truly following Jesus is that our hearts are pursuing something or someone else…. you’re living with is a false god (spirit) that is winning the war for your heart (Idleman 2013. gods at war).

Gedurende ‘n erediens, en uit die bloute, vertel ‘n sekere leraar dat sy siening van die skeppingsverhaal in Genesis het radikaal verander tydens sy studie jare aan ‘n bekende teologiese kweekskool aangaande die sewe dae skepping verhaal. Daar stop hy en gaan aan met sy preek wat geen betrekking op die genoemde onderwerp het nie, tot verbasing vir baie! Vraag: Heilige Gees geïnspireerd of misleiding (dwaling)?

Rakend dieselfde onderwerp woon ‘n paar van ons ‘n praatjie by tussen ‘n prominente leier in die NGK en ‘n groep ateiste. Behalwe ‘n paar omstrede stellings, deel die NGK spreker sy gehoor mee dat hy nie kan glo dat mense nog in ‘n agt of nege dae skeppingsverhaal kan glo nie. Een ateis deel hom mee dat dit net sewe dae was, waarop ‘n ander een hulle korrigee deur te noem dat dit net ses dae was, die sewende dag was ‘n rusdag. Die spreker se antwoord; “Whatever”. Vraag: Heilige Gees geinspireerd, gesig koop of dwaling?

God isn’t interested in competing against other or being first among many. He is God and there is no other applicant for that position. God is saying this not because he is insecure but because it’s the way of truth in the universe, which is his creation. Only one God (Spirit) owns and operates it. Only one God (Spirit) design it, and only one God (Spirit) knows how it works. He is the only God (Spirit) who can help us, direct us, satisfy us, save us. (Idleman 2013. gods at war).

Openbare stellings deur sekere kerkleiers en akademici

Die bogenoemde twee voorbeelde noem ek om te demonstreer hoe onverantwoordelik sekere kerkleiers staan teenoor ander en die kerk. Met ander woorde, om ‘n stelling geloofwaardigheid te gee, is dit belangrik dat ‘n goeie en deursigtige verduideliking gegee word wat op feite gegrond is, en skriftuurlik korrek moet wees.

Siening A (Vernuwe denkrigting)

a) Seksuele diversiteit (verwysing na homoseksualiteit en ander oriëntasies) is ‘n goeie gawe van God; b) Evolusie is nader aan die werklikheid as die skeppingsverhaal in Genesis, dus Genesis een tot elf is ‘n mite; c) Daar bestaan nie ‘n Satan nie en dus nie ‘n Hel nie soos in die Bybel beskryf word; d) Die maagdelike geboorte van Jesus is ‘n mite, so ook sy opstanding; e) Meeste van dit wat in die Bybel staan, is relatief tot slegs sy oorspronklike lesers, dus nie ‘n absolute (van toepassing) vir alle tye nie; ensovoorts.

Siening B (Behoudende)

a) Homoseksualiteit is ‘n sonde voor God en word bevestig deur verkeie verse in die Nuwe en OU Testament; b) Die skeppingsverhaal is ‘n bewys van God se almag en korrek volgens die onfeilbare Woord; c) Satan is ‘n werklikheid en so ook die Hel volgens die Bybel; d) Jesus se maagdelike geboorte en sy opstanding word duidelik regdeur die Bybel verkondig; e) Die Bybel is bedoel vir almal, en is ‘n absolute vir kontemporêre en toekomstige lesers (‘n absolute).

“Posisie van die Heilige Gees volgens kerkleierskap”

Gegewe die bogenoemde stellings, wil ek nou eenvoudige vrae stel wat deur gewone lidmate gevra word, maar wat ook ernstige introspeksie vir kerkleierskap en akademici in die teologiese wêreld verlang.

1a. Na die laat 1900 het die Heilige Gees, stelselmatig, ‘n nuwe verstaan van die Skrif aan kerkleierskap kom openbaar, maar net aan ‘n uitverkore groep? Met ander woorde is hulle, die uitverkore groep (Siening A), ‘n eksklusiewe groep wat nou deur die Heilige Gees geinspireerd is en wat dan die ander groep tot oortuiging moet lei?

1b. Vanaf die ontstaan tot en met die middel tot laat 1900 van die NGK, kan ons met sekerheid aanneem dat die kerk leierskap grootliks gelei was deur die Heilige Gees aangaande hul vertolking en siening van die Skrif, of het hulle die Heilige Gees se leiding nie reg verstaan of vertolk nie? (Siening B).

As ons nou na altwee senarios kyk, kom die vraag onwillekeurig op; Wat nou van die wat ‘n ander siening huldig wat radikaal verskil van mekaar, maar ook van die Skrif? Het ons God dan ‘n “veranderlike of tweeledige” Gees wat verskillinde sienings huldig? Want dit maak nie saak hoe jy daarna kyk nie, daar is twee groepe of tydperke wat aanspraak maak op die leiding van die Heilige Gees (veranderlik). Kan die Heilige Gees twee radikale teenoorgestelde sieninge aangaande die Skrif inspireer? (tweeledig). Dan vra ek die vraag, respekteer die mens God se grense of wil ons sy grense skuif soos ‘n pion om ons selfsugtige mags-hebsug te bevredig en om gelykvormig met die serkulêre wêreld te word, ‘n hoergees wat nie onderdanig is aan een man (God) nie maar haar uitleen aan die wêreld (sekulier-eie orde)? Met ander woorde, dit sal lei tot ‘n sekulêre geestelike gesindheid (Hosea 5:4), en versoeking kan die denke en handelswyse van ‘n persoon ‘n gees van verwarring gee (vals lering).

The gospel brings things back to their created order, the truth and order of God. In terms of relationships, we think that God’s order of relationship is himself and the way he works. And that is why we think boundaries are so important, because he has them and we are to be redeemed into his image. If we try to do his work for him, we will fail. If we are wishing for him to do our work for us, he will refuse. But if we do our work, and God does his, we will find strength in real relationship with our Creator (Dr. Henry Cloud and Dr. John Townsend 2011. Boundaries).

The power of temptation will darken the mind, that a man shall not be able to make a right judgment of things, so as he did before enter into it. As in the men of the world, the god of this world blinds their minds that they not see the glory of Christ in the gospel (Goold 2009. The Works of John Owen).

My laaste vraag is dus, hoe sal die kerk se leierskorps dan kan onderskei “aan watter kant van die draad” die Heilige Gees hom toe verbind, en kan hy ook op ‘n derde plek wees, by die draadsitters? As die Algemene Sinode dan verklaar dat hulle streef om nie gelykvormig aan die wêreld te wees nie, en nie humanisme en liberalisme omarm nie, hoekom poog om hul “verligte teologie”, ten koste van die Bybel, op ander af te forseer. In teenstelling, hoekom wil behoudende kerkleiers ‘n sogenaamde “verkeerde” (volgens verligtes) teologiese verstaan, hul verststaan (relevante net tot die oorspronklike gehoor, volgels verligtes) aan ander opdis? Dus, is daar faksies in ons kerkbestuur, op alle vlakke, wat ‘n gees van drome het wat hul gesonde denke oorheers sodat hulle ore en oë gesluit is vir die ware Gees?

Ons moet baie versigtig wees om nie ons onbewustelike “hoofbestuurdrome” in die kerk te probeer uitleef nie. Die kerkgeskiedenis wys hoe hierdie subtiele vorm van hebsug na meer mag, die kerk, die Christendom en mense, oneindig skade aangedoen het (Hanekom 2015. Groei en kerke wat Sterf).

‘n Besorgde lidmaat,

Philip Coetzee (Dip. Bybel Eksegese; BTh Hon.)

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui