Mans sal nooit kan geboorte skenk

*******

Mans sal nooit kan geboorte skenk | Netwerk24

Conrad Van Goodwood

25 Oktober 2023

Ek lees gereeld Godsdiens Aktueel. Dis nie vir my duidelik of prof. Tanya van Wyk (18.10) selfdegeslaghuwelike goedpraat nie. Sy praat oor die kerk se belydenisskrifte, dat geloof uit vertroue en kennis bestaan, en dat geloof nie die wetenskap en kompleksiteit uitsluit nie. Sy het geen beswaar teen homoseksualiteit nie.

Ek het ook geen probleem met homoseksuele mense nie, dit is hul keuse. Ek het wel ’n probleem met “selfdegeslaghuwelike”. Dit is geen huwelik, dit is ’n verbintenis. God het die huwelik ingestel, wat tussen ’n man en vrou is. ’n Man sal sy ouerhuis verlaat en hy en sy vrou sal “een” wees. Nêrens sedert die skepping is ’n huwelik tussen ’n man en man, of ’n vrou en ’n vrou nie.

Die wetenskap kan hóé ontwikkel, maar nooit sal ’n man kan geboorte skenk nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui