Louis van der Riet antwoord: Wie is God vir jou?

********

As deel van Dana Snyman se TV-reeks “Grondpad geloof” op KykNET gesels hy met Ds Louis van der Riet van die NG Kerk (Seisoen 1, episode 8, 22 Oktober 2023).

Tydens die onderhoud vra Dana:

Dana: “Wie is God vir jou?”

Louis: Hy lag. Na 8 sekondes antwoord hy met: “Dit is nou ‘n moeilike vraag om te beantwoord.”

Hy antwoord toe as volg:

“As ek moet sê wie God vir my is: God voel altyd vir my soos die groter realiteit. Dit wat my uitnooi na iets groter en mooier en meer liefdevol. Amper asof dit iets is wat my optrek. (Dana lyk of hy trane afvee.) Ek sien dit in die openbaring van liefde wat grense oorsteek. Ek beleef God nogals in mense.”

Dana skud sy hand en hou sy hande bymekaar om dankie te sê.

Dana: “Sjoe, dit is nou die einde.” (Waarskynlik van die reeks Grondpad geloof). Hy vee weer trane af.

Kommentaar

‘n Mens kan nie help om te voel dat Louis, wat ‘n leraar is van die NG Kerk is, ‘n beter antwoord kon gee nie.

Die vraag “Wie is God vir jou?” is egter nie ‘n algemene vraag nie en daarom staan alles Christene seker nie reg met ‘n antwoord nie, maar God is meer as ‘n “groter realiteit” wat jou “optrek na iets groter”.

God is eerstens heilig.

Dan is daar nog baie ander einskappe wat ‘n mens van God moet noem voor ‘n mens by liefde kom:

  • Almagtige Skepper van die heelal
  • Drie-enig
  • Ewig, onveranderlik, alomteenwoordig
  • Waarheid, getrou
  • Regverdig, maar ook genadig.
  • Streng, maar ook liefdevol. So liefdevol dat Jesus vir ons sonde aan die kruis gesterf het.
  • Vertrooster, hoopgewer, vredegewer, raadgewer.
  • Jaloers, want Hy verdien om vereer te word vir wie Hy is en wat Hy gedoen het.

 

Louis van der Riet: Wie is God vir my …

 

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui