Laurie Gaum lewer self kommentaar

RAPPORT, 16 OKTOBER 2005
JOHANNESBURG FINAAL

http://152.111.1.87/argief/berigte/rapport/2005/10/16/R1/23/08.html

NUUS bl.23

B R I E W E

Laurie Gaum lewer self kommentaar

16 Oktober 2005

LAURIE GAUM, KAAPSTAD: Aangesien Rapport my nie in verlede Sondag se koerant om kommentaar genader het rakende beriggewing oor my nie, die volgende feite:

Ek het nie die gronde vir my appèl aan die media beskikbaar gestel nie. Dit het weens ’n rekenaarfout van een van my raadgewers per abuis in die hande van die media beland. Ek respekteer die geslotenheid van die appèlproses.

Ek het die ooreenkoms tussen my en die regskommissie van die ring van Kaap die Goeie Hoop dat geen mediaverklarings tydens die ondersoek gedoen moes word nie deurentyd gerespekteer. Die bevindings is eers bekend gemaak nadat die proses afgehandel is en die kommissie tot sy bevinding gekom het.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui