Kompleksiteit van DNS-kodes

Hierdie skrywe is ook op facebook/kerkbode geplaas en het gelei tot die kommentare wat hieronder van daar oorgedra is.

———————————————————- 

Kompleksiteit van DNS-kodes

Sommige evolusioniste verkondig graag dat die ontdekkings van genetika ’n doodskoot vir God is.  Dit is allesbehalwe – inteendeel dit is juis ’n wonderlike bevestiging van God se alvermoë.  Genetiese kodes is geweldig ingewikkeld en moes boonop van die begin af gelyktydig ’n sender en ontvanger gehad het, want kode op hul eie is nutteloos.  Kode het geen evolusionistiese rede om sonder ’n ontvanger te bly bestaan tot laasgenoemde eendag te voorskyn kom nie.  Om te dink dat dit oorspronklik deur ’n toevallige proses soos evolusie tot stand gekom het, terwyl die statistiese kans onmoontlik klein is, bevestig ook maar dat evolusie ’n geloof is – spesifiek die geloof dat daar geen Skepper betrokke was nie.

Die nuutste ontdekkings wys dat die genetiese kode nog ver meer kompleks is as wat enigiemand ooit kon dink. Dit wys dat die mens nog heeltemal te min weet om byvoorbeeld persentasies toe te ken aan DNS-ooreenkomste tussen verskillende organismes soos byvoorbeeld die mens en die sjimpansee. 
Evolusioniste het op ’n stadium gedink dat die 97% van die menslike genoom (genoom verwys na al die genetiese inligting) wat nie instruksies vir proteïenvervaardiging bevat nie, nutteloos is en dus die oortollige oorblyfsels van evolusie is. Intussen is ontdek dat hierdie gedagte, soos met die saak van die sogenaamde oorblyfsel-organe, geheel en al verkeerd is, en dat meeste genetiese inligting meta-inligting is – met ander woorde inligting oor inligting, dus inligting oor hoe om die inligting te gebruik. Hierdie meta-inligting word transkripsiefaktore genoem. Die ENCODE-projek wat in fyn besonderhede na 1% van die menslike genoom gekyk het, het bevind dat omtrent 93% van die genoom deur die RNS-molekules getranskribeer (gelees) word, nie net 3% soos verwag is omrede die 97% wat nie instruksies vir proteïenvervaardiging bevat nie. Die verwaande gedagte van sogenaamde gemors-DNS wat ’n Skepper ontken en die resultaat van miljoene jare se evolusie is, het dus geen gronde nie. 
Die DNS-kode word ook nie slegs lineêr, in een rigting en opeenvolgend gelees, soos die letters en woorde in ’n boek nie. Dit word oorvleuelend gelees met verskillende begin- en eindpunte, en sommige kode word van voor na agter én van agter na voor gelees! Tot 10 verskillende transkripsies word in sommige gevalle van een “geen” gelees. Die transkripsiefaktore vir ’n spesifieke geen is soms baie ver van die geen verwyder – tot selfs in ’n ander chromosoom. Enige redelike mens behoort te waardeer dat om dit alles te organiseer verbysterend ingewikkeld is. 
[http://creation.com/astonishing-dna-complexity-uncovered]

Kan enigiemand regtig met eerlikheid glo dat sulke multi-dimensionele kode en ingewikkelde beheerstelsels bloot deur natuurlike prosesse te voorskyn gekom het? Vir my is dit duidelik dat wetenskaplikes wat nie eers intelligente ontwerp wil oorweeg nie, ondanks glashelder voorbeelde soos hierdie, dit doen om hul eie geloofsredes.

———————————————————-

Onderstaande kommentare het op bogenoemde stuk gevolg op http://www.facebook.com/kerkbode/posts/223741581069314:

 

Albert Cruywagen

Hennie: Ek reken dat ewolusie PLUS God saam kan bestaan. Daarom is ek ’n ywerige aanhanger van ewolusie.

 

Hennie Mouton

Albert, dink jy dat evolusie ’n natuurlike proses is?

 

Albert Cruywagen

Natuurlik en goddelik. Hoe meer lesings ek oor ewolusie aanhoor, en hoe meer ek die natuur bedink, hoe meer sien ek die goddelike daarin – en die natuurlike ontwikkeling van alles = majestieus vermeng.

 

Hennie Mouton

Albert, so wat het God gedoen as alles natuurlik ontstaan het? Het God die hele ontwikkelingsproses geskep sodat Hy nie daarin gesien kan word nie, al verklaar Hy in die Bybel dat Hy in die skepping gesien moet kan word sodat geen mens sonder verskoning is om Hom nie te erken nie? En om terug te kom na my skrywe — hoe verklaar jy die ontstaan van die DNS-kodes bloot natuurlik?

 

Albert Cruywagen

Hennie: Maar ek sê mos – majestieus vermeng. God werk in en deur en met en vir die natuur; majestieus, onbegryplik, verwonderenswaardig. Dan ook nie net in die mooi dinge nie, maar ook deur die “lelike” dinge soos droogtes, brande, meteoriete, aardbewings, ens. As God werk, is dit natuurlik.

 

Coert Welman

Hennie, hierdie klomp dien ’n hulplose godjie wat se grootste uitstaande kenmerk is dat hy miljarde jare lank kan bestaan. Maar vir al daardie miljarde jare het hy langs die kant gestaan en toegekyk hoe alles ontvou. Enigiets anders is mos wetenskaplik onhoudbaar, maar hulle besef nie die uiteinde van hulle paadjie nie. soek hulle broodjie aan albei kante.

 

Uri Bekker

As die materieële verskynsel so gekompliseerd is, dink dan hoe byna onbeskryflik ingewikkeld die gees moet wees waardeur dit plaasvind.

Dat evolusie ’n werklikheid is, is ongetwyfeld die waarheid. Kan mens die voorbeeld gebruik van om deur mens se lewe ’n sekere standpunt te huldig en dan later die teenoorgestelde punt in te neem nie as ’n evolusionere bewys voorgehou word nie ?

‘n Ander sprekende voorbeeld van evolusie by die mens word duidelik in kunswerke uit ’n vroeër tydperk gesien van hoe die mens se perspekief oor ruimte verander het. Voorheen was alles as twee dimensioneel ervaar.

 

Lourens Zak Barnard ‎

@Albert: Kom ons verstaan mekaar duidelik ou vriend. Jy dien ’n ander god as die een wat ek dien. Jy glo nie dat die Bybel “God se Woord” is nie. Jy glo nie dat Jesus Christus die enigste Weg na God is nie, of dat hy fisies uit die dood opgestaan het nie. Jy glo nie dat ons na die beeld van god geskape is nie, maar van ’n dier afkomstig is.

Dus is die sg. god wat jy dien ver verwyderd van die God wat ek dien. As jy ’n behoefte het om die God van die Bybel te leer ken, verootmoedig jouself voor hom en soek sy aangesig met ’n opregte hart.

 

Lourens Zak Barnard

Ek het hierdie vraag al ’n paar keer aan ewolusie aanhangers – ook Albert – gestel en nog nooit ’n antwoord gekry nie:

Wanneer in hierdie “ewolusie tyndlyn sou die aapmens / mensaap dan nou genoeg mens en min genoeg aap wees om vir die Ewige Lewe te kwalifiseer? Waar het God die lyn getrek, wat sou die ratio van Aap:Mens wees? 51:49? hahaha…

Dan is daar ook genoegsame bewyse in die Bybel dat daar erkenning van persone sal wees i.e. Moses en Elia op die berg van verheerliking, Lasarus, Abraham en die ryk man ens. Sou God darem dink om vir hierdie sg. voorvaders ’n bietjie van ’n make-over te gee? Wonder maar net.

 

Renier Lourens

Lourens, daar is net een God. Hoe kan Albert dan ’n ander een dien as jy?
Versigtig om te vinnig oordele uit te spreek.

 

Lourens Zak Barnard ‎

@Renier: Jy is reg, daar is net Eén God – die God van die Bybel – maar daar is baie gode. As ek reg onthou glo jy nie dat die Bybel deur die Heilige Gees geinspireer is nie. Verder glo jy ook soos Albert dat daar baie paaie na “god” is – weer eens teenstrydig met die Woord. Ook glo jy dat God in ander godsdienste te vinde is – dis nie wat my Bybel sê nie – want dit maak die kruisdood van Jesus Christus nutteloos en sy Evangelie onnodig. Jy het self al gesê dat die woorde van Jesus se dissipels nie geloofwaardig is nie, want “ons weet nie of Jesus dit wel gesê het nie” – Dus, kan ek met sekerheid sê julle aanbid ’n ander god as ek. Dis nie oordeel nie, dis wat die Woord sê, en jy weet teen die tyd dat my siening tov die Woord onbeweeglik is en dat ek uit my hart uit hoop dat jy ook die Jesus van die Bybel sal ontmoet.

 

Stefaan de Jager

Renier, Jesus is die enigste Weg na God. Wie Christus nie gevind het nie, dien `n afgod, al noem hy hom ook god. Ek is nie so seker dat Albert vir Jesus as die enigste Verlosser bely nie. Hy glo dan nie eers dat mens in gebed met Jesus kan praat nie en dat jy slegs met selfspraak besig is. Indien ek verkeerd is, moet hy my asb reghelp.

 

Albert Cruywagen

Lourens: Omdat jy heeltemaal onvoldoende kennis het van ewolusie, is dit beter as jy daaroor stilbly op ’n openbare forum soos facebook. Wat betref jou opmerking oor my en jou god: siestog.

 

Renier Lourens

Om keuses altyd uit te maak as swart en wit, of en of is om die werklikheid te ontken. En, en keuses is meer inklusief en bring mens by ’n “open ending” waar moontlikhede die werklikheid onbegrens laat.

Geloofstaal en -lewe is “open ended”, net soos die Skrifte waarop dit gebaseer is.

 

Stefaan de Jager

Renier, dat Jesus die enigste hoop en Verlosser vir die wêreld is, is `n “open ended” waarheid. Enige ander keuses vir watter god ookal is “close ended”.

 

Jaco De Beer

Ek kom sopas van creation ministries se seminaar af. Puik. Gog her regtig geskep en die aarde is net ongeveer 6000 oud. Daar is soveel logiese bewyse daarvoor en ewolusie is so onlogies. Ewolusioniste herken self dat hulle eie teorie nie antwoorde het nie en moet gereeld hulle teorie verander om by nuwe bevindings aan te pas. Een van die grootste punte teen ewolusie is dat daar geen bewys is vir progressive information nie. Inteendeel die wetenskap en navorsing bewys die teendeel. Vir ewolusie om waar te wees moet n genome in informasie kan toeneem om tot die volgende lewensvorm te kan gaan. Dit betstaan nie en kan ook nie bewys word nie. Dawkins het na babbels gehap toe die vraag aan hom gestel is. So erg, dat hy moes vra dat die video opname gestop moes word sodat hy kon dink vir n antwoord. Toe hy wel antwoord het hy oor heeltemal iets anders gepraat.

Christene wat ewolusie aanhang verloen God nog meer as wat n ateis doen wat weier om te glo. Rom 1 se dis n skande.

Wil iemand nie die post vir Albert ook copy nie, aangesien hy my geblok het en ek graag wil he hy moet dit hoor.

Hier is Dawkins se most embarrassing moment.

Richard Dawkins stumped by creationists’ question (RAW FTGE)
www.youtube.com
‎**MUST READ!! http://creation.com/dawkins-stumped And for a true timeline of ev…

 

Hennie Mouton

Albert, jy skryf: “As God werk, is dit natuurlik.” Glo jy dat God bonatuurlik kan optree en opgetree het? Indien wel, watter van die gebeurtenisse in die Bybel is voorbeelde van werklike wonderwerke volgens jou? Of moet ons aflei dat God volgens jou nooit bonatuurlik opgetree het nie?

 

Uri Bekker

Hahaha!!!

 

Albert Cruywagen

Natuurlike dinge gebeur altyd volgens die natuur; in die sin kan dit nie bo-natuurlik wees nie. Bv. gebed vir eren: daar moet vog wees, ’n wind moet die wolk aanwaai, ens. ’n Wolk verskyn nie sommer so oombliklik nie. Ander wonders moet op geloofsgrond beoordeel word.

 

Chris Steyn

Die gebrek aan deernis en liefde, en die passie om te oordeel en af te skryf, val my in sommige reaksies hier op. Soos ek die Bybel verstaan is die gebrek aan liefde en di e passie om ander te oordeel, kenmerk van skyn-heilige attitudes. Want net hulle wat Jesus se liefde sigbaar maak, is kinders van God, of so verstaan ek die Jesus van die Bybel se uitsprake…

 

Uri Bekker

Gewoonlik wanneer mense fanaties oor een of ander idee aangaan is nie omdat hulleself daaroor twyfel nie?
“Hierdie volk soek vir ’n teken, maar geen teken sal aan hulle gegee word nie behalwe die teken van Jona”
Lyk my die ouens soek magic Albert…

 

Lourens Zak Barnard ‎

@Chris: Chris, ek waardeer jou comment. Ek ken jou nie en weet ook nie hoe lank jy al die drade hier op FB volg nie. Liefde is verseker nie om iemand te oordeel nie, maar die “waarheid” moet ook nie met oordeel verwar word nie. Die liefde van Christus dring ons om Jesus se Evangelie van verlossing te verkondig. As iemand iets anders verkondig is dit sekerlik ook die regte ding om die persoon daarop te wys. Paulus sê tog – Weerlê, bestraf en vermaan mekaar. As ek buite die raamwerk van God se Woord handel ten aanskoue van ’n mede-gelowige, verwag ek dat daardie persoon my sal reghelp. Dit is egter maklik hier op FB om iemand “verkeerd” te lees aangesien almal heeltyd blyk op die verdediging te wees. Blessings!!!

 

Hennie Mouton

Albert, jy vermy die vraag: Watter van die gebeure in die Bybel is werklike wonderwerke volgens jou? En onthou nou dat jy geskryf het: “As God werk, is dit natuurlik.” Ek herinner jou maar daaraan want jy kom skynbaar nie agter dat jy soms onsinnige teenstrydighede kwytraak nie. Probeer dus jou standpunt verduidelik met inagneming van jou vorige uitlatings. Maar ek verwag eintlik dat jy eerder die vraag gaan ontwyk — dis eerder jou styl.

 

Albert Cruywagen

Hennie: As die Bybel wonderwerke beskryf, dan is dit so – wonderwerke volgens die Bybelskrywers….en ek aanvaar dit so. Terloops: watter dubbelsinnigheid(e) het ek geskryf? Net vir die rekord.

Chris Steyn Lourens, ek stem dat ons roeping is om Jesus se Evangelie te verkondig, MAAR dan in sy styl van genade en deernis. Ek kan die waarheid so plooi dat dit eintlik seg: “Reg van toegang voorbehou” – daar is voorwaardes om toegang te verkry, o f : “Oppas ek weeg en meet jou!” ,reg-of-verkeerd denke speel lekker met die benadering. Of ek kan dit so plooi dat iemand Jesus self in my antwoord en verkondiging ervaar en beleef. Ek meen die laaste ene is die pad van voetewas, sterf aan myself .. pad v d Evangelie.

 

Albert Cruywagen

Ek het vandag gepreek oor die grense wat die Jode in hulle tempel getrek het: net vir mans, net vir vrouens, net vir priesters, net vir offerdiere, net vir vuurmaakhout, en darem ook net vir heidene – altesaam 13 verskillende poorte/voorhowe. Die behoudendes laat my aan daardie tyd dink (Hand 21 : 26 – 36). Arme Paulus het groot moeilikheid opgetel net omdat hy saam met ’n Griek in die stad gesien is!! Gee my krag.

 

Dirk Brink

YHWH is die skepper van gene en ons sukkel nog om dit behoorlik te verstaan en sal dit sekerlik nooit kan beheer nie, daarvoor is net te veel veranderlikes wat subtiel n funksie uitoefen in selfs die kleinste reaksie of funksie

 

Catherina Hayden

Albert is n behoudene een wat nie emergent is nie?
Albert dink jy Paulus was emergent?

 

Albert Cruywagen

Cathetrina: Ek het nie ’n saak oor wie is behoudend of nie. Hang jy maar die etikette.

 

Nico Brits

Ek kan nie ewolusie met die Bybel en God vereenselwig nie. Die Here se in die Bybel hoe hy skep.

Ps 33:8 Let all the earth fear the Lord: let all the inhabitants of the world stand in awe of him.
9 For he spake, and it was done; he commanded, and it stood fast.

In genesis, hier in Ps 33 en vele ander plekke gee die Here net ’n bevel en dit wat hy wil skep is onmiddelik daar.

Ewolusie se dryfkrag is dood. Die mislukte poging moet dood om plek te maak vir die ‘beter’ poging. Die Bybel se dat dood die straf op rebellie is. Die woord ‘sterf’ kom die eerse keer in Gen 2:17 voor “for in the day that thou eatest thereof thou shalt surely die.” Ek kan my ook nie voorstel dat God wat die lewende God is die dood sou gebruik om te skep nie. Die Bybel beskryf dood in 1 Kor 15:26 as ’n vyand “The last enemy that shall be destroyed is death.” By die beskrywing van die ewige staat in Openb 21:4 And God shall wipe away all tears from their eyes; and there shall be no more death, is dood een van die goed wat nie meer daar sal wees nie. Die mutasies wat, baie na aan almal van hulle, siektes en gebreke veroorsaak is die gevolg van die sondeval. Daarom is die lang lewens van die pre sondvloed mense nie absurd nie, as hulle genetiese materiaal nog byna perfek was is ’n baie lang lewe moontlik.

Nie net is die DNS fenominaal kompleks en elegant nie, selfs na die ramp van die sonde val. Maar die beheer oor die selsiklus wat die stappe van DNS kopieering, proeflees en herstel is net so ingewikkeld en kompleks. Die meeste kankers word veroorsaak deur een of ander mutasie in een van hierdie beheer gene. ’n Mens moet baie sterk geloof he om te glo dat blinde kans en mutasies (ewolusie) so iets soos ’n lewende sel kan voortbring!

 

Albert Cruywagen

Nico: Jy weet blykbaar amper niks van ewolusie; dus is dit gevaarlik (en redeloik belaglik in die oë van wetenskaplike paleontoloë) om so breedsprakig daaroor te wees.

 

Catherina Hayden

Albert ek vra nav jou eie kommentaar oor jou preek. Ek gee nie etikette, ek vra wat jy met jou etikette bedoel.

Albert ewolusie is immoreel en maak nie sin vir die wat dink nie.

 

Lourens Oosthuizen

Daar is net EEN WERK: dis ’n kragwerk; dis ’n wonderlike, wonderbaarlike wonderwerk; dis ’n NATUUR-werk, getrou aan die AARD daarvan, natuurlik, waarin die “BO” uitdrukking vind ’n die “onder”-skeie VORMS (wat die “natuur”of ‘skepping’ behels).

Die skeppings-(werk, proses) IS evolusie (evolusionêr); evolusie IS die skeppings (in wording, ontvouing, instandhouding).

Magtag!

 

Hennie Mouton

Albert, jy skryf: “As die Bybel wonderwerke beskryf, dan is dit so – wonderwerke volgens die Bybelskrywers….en ek aanvaar dit so. Terloops: watter dubbelsinnigheid(e) het ek geskryf? Net vir die rekord.”

Ag Albert, hier doen jy dit sommer nou weer. Dankie — nou hoef ek nie die talle voriges te gaan soek nie. Jou byvoeging “wonderwerke volgens die Bybelskrywers” is mos nou ’n subtiele ontkenning dat dit werklik wonderwerke was. Jy antwoord nog steeds nie die vraag watter wonderwerke in die Bybel jy glo werklik wonderwerke was nie.

Lourens, hoe harder jy jou geloofsverklaring moet uitskree, hoe minder oortuigend is jy.

 

Albert Cruywagen

Hennie: Ek verkies om die Bybel te glo; soos dit neergeskryf is, vir wie dit neergeskryf is, deur wie dit neergesktryf is, in die genre waarin dit neergeskryf is teen die kultuur-histories-kulturele agtergrond waarteen die neergeskryf is. Ek verkies om die Bybel aldus te lees ver bo enige ander mens se interpretasie daarvan (veral nie jou interpretasie nie – gesien jou interpretasie van die skeppingsverhale). Wat is teenstrydig daarin?

 

Stefaan de Jager

Dit wil voorkom asof Albert in elk geval nie in die wonderwerk van gebed glo nie.

 

Hennie Mouton

Albert, jy probeer my vraag aan jou ontwyk met jou teenvraag, maar ek glo darem jy besef dit. Gelukkig behoort meeste ander lesers dit ook te besef en deur jou onredelike argumentering te sien.

 

Catherina Hayden

Mense val oor die hoeksteen…………………….

 

Albert Cruywagen

Hennie: Jy is nou vir my totaal onverstaanbaar. Ek aanvaar en glo die Bybel. Jy wil nie. Jy wil jou eie dinge daarin invoeg. Ek nie. Wat is jou probleem? Die Bybel soos dit oorspronklike geskryf is. Jesus het mos gesê: Salig is hulle wat nie in my aanstoot neem nie.

 

Albert Cruywagen

Hennie: Dis regtig vir my onbegryplik dat jy (en ander in jou denkkraal) so “bang” is vir die oorspronklike Bybel. Is dit dalk omdat jy die Bybel al reeds so opgevul het met jou eie interpretasies dat jy nie enigiets wil hoor van die eintlike Bybel nie?

Hennie: Ek vra die teenvraag om my “teenstrydighede” te verneem. Jy weier om te antwoord. Dan aanvaar ek dat jy nie kan antwoord nie.

Hennie: Verduidelik asb vir my in een enkele sinnetjie wat is my “onredelike” argument. Ek verstaan glad nie. Rerig.

 

Hennie Mouton

Albert, jy ontwyk die een baie redelike vraag aan jou: Watter wonderwerke in die Bybel beskou jy as werklike wonderwerke, nie net wonderwerke volgens die Bybelskrywers nie? En waar jy daaraan kom dat ek en “ander in my denkkraal” bang is vir die oorspronklike Bybel, weet seker net jy. Maar ek wil jou nou nie twee vrae op een slag vra nie want jy sukkel al reeds met een op ’n slag.

 

Stefaan de Jager

Hennie, het jy al ooit gesien dat Albert `n reguit glashelder antwoord gee?

 

Coert Welman

Stefaan, dit gaan nie gebeur nie. Daar is ’n groter kans dat die ANC ’n wit vroulike president sal verkies voor mens ’n glashelder reguit antwoord by hom kry.

 

Albert Cruywagen

Hennie: As jy hierbo lees, sal jy agterkom dat ek die wonderwerke soos dit in die Bybel opgeteken is, glo – presies soos dit opgeteken is. Watter deel van hierdie antwoord verstaan jy nie?

Hennie: Ek het afgelei dat jy “bang” is vir die oorspronklike Bybel omdat my woorde “soos dit opgeteken is, deur wie dit opgeteken is, wie die skrywers, is, teen die kultuur-histories-religieuse agtergrond van optekening, die skryfstyl, ens” presies die oorspronklike Bybel impliseer soos dit bedoel is tydens optekening. Dit juis vir my die krag van die Bybel.

 

Hennie Mouton

Mooi Albert, hierdie keer het jy darem nie die stertjie bygelas van wonderwerke “volgens die Bybelskrywers” nie. Albert, moet ek regtig vir jou verduidelik dat jou vorige stertjie kon beteken dat jy dit self nie as regte wonderwerke geglo het nie? Daarom moet jy dus nou glo (aangesien jy die stertjie gelos het) dat God wonderwerke kan doen en gedoen het — werklike wonderwerke, nie net wonderwerke in die gebrekkige opinie (volgens sommige liberaliste soos Ben du Toit) van die Bybelskrywers nie.

So nou behoort jy jou stelling hierbo “As God werk, is dit natuurlik” ook te korrigeer want dit het geïmpliseer dat God nooit deur wonderwerke werk nie. Jy het mos nou immers erken dat God werklike wonderwerke, soos aangeteken in die Bybel, gedoen het.

En nou uiteindelik Albert, is ons terug by die boodskap van die oorspronklike draad. DNS-kodes se ontstaan kan nie deur ’n natuurlike proses soos evolusie verklaar word nie, maar wel deur die aksies van ’n wonderwerkende Skeppergod.

Daarom is DNS-kodes ’n baie sterker bevestiging vir die skeppingsleer (kreasionisme) as vir die evolusieleer. As jy dit wil ontken, moet jy ’n redelike verklaring kan gee van hoe sulke geweldige komplekse en multi-dimensionele kode en beheermeganismes deur ’n natuurlike proses ontstaan het, of jy moet darem een evolusionistiese wetenskaplike vind wat so ’n (billike) verklaring al bedink het. Of andersins moet jy tenminste jou geloof verklaar dat die natuurlike oplossing nog gevind gaan word. Maar as jy dit doen bevestig jy skeppingsleerders se uitspraak dat evolusie in baie gevalle ’n geloof is wat nie deur getuienis ondersteun word nie.

Albert, as jy nou weer met ’n poging tot ’n antwoord gaan kom wat geen van hierdie stellings in ag neem en wat lyk asof jy geensins begryp wat hier geskryf is nie, gaan jy weereens bevestig dat jy glad nie redelik kan of wil redeneer nie.

 

Hennie Mouton

Nog iets Albert, ek sien jy skryf hierbo vir Nico Brits: “Jy weet blykbaar amper niks van evolusie”. Albert jy as dominee is waarskynlik baie minder in staat om evolusie te kan beoordeel as Nico Brits wat al etlike jare ’n mediese spesialis in die VSA is. Probeer jou dus maar eerder by die logiese of wetenskaplike argument hou as om sulke oningeligte uitlatings te maak. 

 

Renier Lourens

DNS-kodes se ontstaan kan nie deur ’n natturlike proses soos evolusie verklaar word nie- nog nie, sou ek sê… Mens moet versigtig wees oor wat jy kwyt raak. Ons weet nog nie alles nie en om te verklaar dat ons huidiglik alles weet (ek maak afleidings soos my fundamentalistiese vriende) is hoogs arrogant.

Om te erken dat ons nie oor alles finale antwoorde het nie, beteken nie die teendeel van enige argument is waar nie. Ons kan hoogstens sê: “nog nie”.

 

Coert Welman

Renier, so die wetenskap het volgens jou NOG NIE God uit die prentjie uit geskryf nie?

 

Hennie Mouton

Renier, ek het wat jy stel — glo dat ’n naturalistiese verklaring nog gevind sal word — presies as laaste opsie vir Albert gestel. Het jy dit nie raak gelees nie? Moet jy nie eers ander mense se skrywes behoorlik lees voor jy hulle van arrogansie beskuldig nie? Maar nietemin — jy bevestig wat ek geskryf het dat evolusie betreffende die oorsprong van DNS-kodes ’n geloof is wat nie op getuienis steun nie. Jy en jou evolusionistiese vriende glo en hoop dat ’n sinvolle naturalistiese verklaring nog gevind sal word.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui