Keuses, aanneming, uitnodiging

Ek het onderstaande aan iemand geskryf na aanleiding van sy bewering dat niemand in die Bybel ooit aan mense gestel het dat hulle vir God moet kies nie.

Bekering het alreeds te doene met ’n keuse want dit vra van iemand om te kies om weg van sonde en na God te draai. Maar ek sal nie nou hier al die bekeringsverse aanhaal nie, want daar is genoeg ander verse wat dui op ’n keuse.
Daar is egter ook baie ander woorde wat dui op ’n keuse wat gedoen is, of wat gedoen moet word, bo en behalwe die woord “kies” self. Hieronder volg ook ’n paar van hulle. Let weer daarop dat ek nie hier voorbeelde probeer gee van mense wat in hul ongeredde toestand ’n keuse kon maak nie, maar ek gee voorbeelde van mense wat terwyl hulle nog ongered was, gesê is dat hulle ’n keuse sal moet maak, of ’n uitnodiging sal moet aanneem.

Deu 30:19-20 Ek neem vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle; die lewe en die dood, die seën en die vloek het ek jou voorgehou. Kies dan die lewe, dat jy kan lewe, jy en jou nageslag, deur die HERE jou God lief te hê, na sy stem te luister en Hom aan te hang; want dit is jou lewe en die lengte van jou dae, sodat jy kan woon in die land wat die HERE aan jou vaders Abraham, Isak en Jakob met ’n eed beloof het om dit aan hulle te gee.
Jos 24:15 Maar as dit verkeerd is in julle oë om die HERE te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: òf die gode wat julle vaders daar oorkant die Eufraat gedien het, òf die gode van die Amoriete in wie se land julle woon; maar ek en my huis, ons sal die HERE dien.
Mat 13:20-21 En by wie op rotsagtige plekke gesaai is—dit is hy wat die woord hoor en dit dadelik met blydskap aanneem; maar hy het geen wortel in homself nie, hy is net vir ’n tyd, en as daar verdrukking en vervolging kom ter wille van die woord, struikel hy dadelik.
Mar 4:16 Net so ook is hulle by wie op rotsagtige plekke gesaai word—wat, as hulle die woord hoor, dit dadelik met blydskap aanneem,
Mar 4:20 En dit is hulle by wie in die goeie grond gesaai is—hulle wat die woord hoor en aanneem en vrugte dra: een dertig— en een sestig— en een honderdvoudig.

Joh 1:11-13 Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie. Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo; wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van ’n man nie, maar uit God gebore is.

(Let daarop dat vers 13 se bedoeling waarskynlik is om nog duideliker te maak dat ons nie hier van ’n gewone vleeslike geboorte praat nie, maar van ’n geestelike geboorte. Die KJV se volgorde wys dit duideliker: Joh 1:13 Which were born, not of blood, nor of the will of the flesh, nor of the will of man, but of God. Ja, die geboorte is uit God, en onmoontlik sonder Hom, maar die mens is nie passief in die proses nie, want daar staan dat die mens Hom moet aanneem of ontvang — nie dat Hy eenvoudig sommige se deure oopgemaak en ingestap het nie. Let ook daarop dat dieselfde Griekse woord vir “aanneem” in Joh 1:12 gebruik is as in Mat 13:20 wat ’n nie-blywende aanneming beskryf, en die Griekse woord vir “neem” is dieselfde woord wat in Mat 13:20 en Joh 1:12 met “aanneem” vertaal is.

G2983 is die Griekse woord wat gebruik is vir “aanneem”, met die volgende verduideliking:
A prolonged form of a primary verb, which is used only as an alternate in certain tenses; to take (in very many applications, literally and figuratively [probably objective or active, to get hold of; whereas G1209 is rather subjective or passive, to have offered to one; die Griekse woord G1209 sou gebruik gewees het as die passiewe-ontvang-vertolking reg was. G1209 is nie gebruik nie, so die “aanneem”-woord is heeltemal goed.)

Joh 3:33 Wie sy getuienis aangeneem het, het sy seël daarop gesit dat God waaragtig is.
Joh 12:48 Wie My verwerp en my woorde nie aanneem nie, het een wat hom oordeel: die woord wat Ek gespreek het, dit sal hom oordeel in die laaste dag.
Act 2:41 Die wat toe sy woord met blydskap aangeneem het, is gedoop; en daar is op dié dag omtrent drie duisend siele toegebring.
Act 8:14 En toe die apostels in Jerusalem hoor dat Samaría die woord van God aangeneem het, het hulle Petrus en Johannes na hulle gestuur.
Act 11:1 En die apostels en die broeders wat in Judéa was, het gehoor dat die heidene ook die woord van God aangeneem het.
1Co 15:1-2 Broeders, ek maak julle die evangelie bekend wat ek aan julle verkondig het, wat julle ook aangeneem het, waarin julle ook staan, waardeur julle ook gered word as julle daaraan vashou op die wyse waarop ek dit aan julle verkondig het, of julle moet tevergeefs geglo het.
2Co 5:20 Ons tree dan op as gesante om Christus wil, asof God deur ons vermaan. Ons bid julle om Christus wil: Laat julle met God versoen.
2Co 11:4 Want as iemand kom en ’n ander Jesus verkondig as wat ons verkondig het, of as julle ’n ander gees ontvang as wat julle ontvang het, of ’n ander evangelie as wat julle aangeneem het, laat julle jul dit goed geval.
Col 2:6 Soos julle dan Christus Jesus, die Here, aangeneem het, wandel so in Hom,
1Th 2:13 Daarom dank ons God ook sonder ophou dat, toe julle die woord van God ontvang het wat deur ons verkondig is, julle dit aangeneem het nie as die woord van mense nie, maar, soos dit waarlik is, as die woord van God wat ook werk in julle wat glo.
2Th 2:10 en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie.
1Ti 1:15 Dit is ’n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word, dat Christus Jesus in die wêreld gekom het om sondaars te red, van wie ek die vernaamste is.

1Ti 4:7 Maar verwerp onheilige en oudwyfse fabels, en oefen jou in die godsaligheid.

1Ti 4:8 Want die liggaamlike oefening is tot weinig nut, maar die godsaligheid is nuttig vir alles, omdat dit die belofte van die teenwoordige en die toekomende lewe het.

1Ti_4:9 Dit is ’n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word;

1Pe 2:4-5 Kom na Hom toe, die lewende steen wat deur die mense wel verwerp is, maar by God uitverkore en kosbaar is; en laat julle ook soos lewende stene opbou, tot ’n geestelike huis, ’n heilige priesterdom, om geestelike offers te bring wat aan God welgevallig is deur Jesus Christus.

Rev 3:20 Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My.

(Let daarop dat alhoewel hierdie aan ’n gemeente gestel word, Sardis, dit geensins duidelik is dat almal in hierdie gemeente uiteindelik gered sou word nie – kyk bv.

Rev 3:4 Maar jy het enkele persone ook in Sardis wat hulle klere nie besoedel het nie, en hulle sal saam met My in wit klere wandel, omdat hulle dit waardig is.

Rev 3:5 Wie oorwin, sal beklee word met wit klere, en Ek sal sy naam nooit uitwis uit die boek van die lewe nie, en Ek sal sy naam bely voor my Vader en voor sy engele.)

Rev 22:17 En die Gees en die bruid sê: Kom! En laat hom wat hoor, sê: Kom! En laat hom wat dors het, kom; en laat hom wat wil, die water van die lewe neem, verniet.

(Die Griekse woord vir “wil” dui op ’n aktiewe keuse — van die mens in hierdie geval.)

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui