Grond: Stel die onreg reg, sê NG Kerk

Kyk ook:

Grond: Stel die onreg reg, sê NG Kerk

Deur Jacob Rooi

20 Mei 2018 00:40

Erkennings dat in die verlede teenoor mense gediskrimineer is wat grond betref, is nie genoeg nie.

Die onreg moet reggestel word.

Só sê ds. Nelis Janse van Rensburg, moderator van die NG Kerk, in die jongste uitgawe van <em>Die Kerkbode</em>.

Die NG Kerk berei tans ’n voorlegging oor sy standpunt voor vir die grondwetlike hersieningskomitee wat moet aanbeveel of die grondwet moet verander om voorsiening te maak vir grondonteiening sonder vergoeding.

Janse van Rensburg sê die kerk het reeds by sy Algemene Sinode in 2002 amptelik standpunt hieroor ingeneem. Die besluit was dat grondhervoming positief aangepak moet word as ’n noodsaaklike en integrale deel van versoening in die land.

Die Kerk benadruk dat grondhervorming “billik en ordelik” moet geskied met so min as moontlik ontwrigting van kommersiële landbou.

Voedselsekerheid – “ ’n voorvereiste vir vrede, stabiliteit en voorspoed” – moet nie gekompromitteer word nie. “Suid-Afrika is tans die enigste land in Afrika met voedselsekerheid en dit moet ten alle koste gehandhaaf word.”

Janse van Rensburg vra in <em>Die Kerkbode</em> dat grondhervorming armoede moet help voorkom en dat die werksgeleenthede van sowat een miljoen plaaswerkers, met hul nagenoeg 6 miljoen afhanklikes, nie in die gedrang moet kom nie.

Hy skryf grondhervorming is vanuit ’n Christelike oortuiging geregverdig en noodsaaklik.

“Die aktuele saak vir die kerk was nog nooit net die verdienstelikheid van grondhervorming nie, maar ook die doeltreffende en billike uitvoering daarvan.”

Dr. Gustav Claassen, algemene sekretaris van die NG Kerk, sê die kerk het ’n openbare teologiese belangstelling in die kwessie, benewens vir die feit “dat duisende boere en plaaswerkers van ons lidmate is”.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui