Graad 8 kinders polities geïndoktrineer in staatskole

Kyk ook:

Die volgende kom voor die die graad 8 sosiale wetenskappe handboek en wys hoe kinders geïndoktrineer word.

  • Titel: Via Afrika Sosiale Wetenskappe, Graad 8 Leerderboek
  • Outeurs: L. Ntwape, N. Parsard, B. Tobin, A. Tshibalo
  • Eerste druk: Julie 2013
  • ISBN: 987-1-41542-214-4

Bladsy 178

Oorsake van kolonisering

7 Rassisme en godsdiens

Baie Europeërs het gedink God het hulle beter gemaak en dat Afrikane minderwaardig was. Dus het hulle geglo dit was hul Godgegewe opdrag om Afrikane “beskaafd” te maak. Hulle het die Christendom na Afrika gebring om die Afrikane se “primitiewe” gewoontes te verander. Baie Europeërs het ook geglo Afrikane het nie hul minerale en vrugbare grond verdien nie omdat hulle ondergeskik aan wit mense was.

Bladsy 180

2 Sendelinge: Die Europese kolonialiste het Christelike sendelinge gebruik wat die boodskap van liefde en broederskap gepredik het en baie Afrikane oortuig het dit was ’n sonde om teen die Europeërs te veg. Dit het dit makliker gemaak vir Europese moondhede om Afrika te koloniseer.

Bladsy 181

6 Wat was die gevolge van kolonisering?

Slegte gevolge van kolonisering

  • Maatskaplike en kulturele gevolge
    • Afrikakultuur is vernietig. Koloniale klere en geboue het Afrikaklere en -geboue vervang.
    • Nuwe grense het Afrikastamme gemeng. Sommige tale en geskiedenis het vergaan.
    • Sendelinge het die Christendom gebring. Dit het baie Afrikane beinvloed om op te hou om hu tradisies te beoefen.
    • ‘n Nuwe kalender, tale en skrif is ingestel.
  • Politieke gevolge
    • Britse verteenwoordigers het tradisionele opperhoofde vervang. Europese lande het Afrikane indirek geregeer deur plaaslike hoofmanne.
    • Afrikane is van hul onafhanklikheid beroof en is in hul eie gebiede onderdruk.
    • Vreemde regeringstelsels (byvoorbeeld demokrasie) is ingestel.
    • Nuwe kunsmatige grense is geskep. Dit het spanning tussen stamme geskep.
    • Nuwe militére stelsels is ingestel.
    • Diegene wat die koloniseerders teengestaan het, is toegesluit of selfs doodgemaak.
  • Ekonomiese gevolge
    • Afrikane is gedwing om te werk deur die instelling van ‘n ekonomie wat op geld geskoei was. Dit het hul vorige selfversorging verswak en hulle afhanklik gemaak van ingevoerde kos.

Bladsy 185

Die Goudkus was ontwikkel selfs voor die koms van die Europeërs. Die state was georganiseerd. Daar was goeie handel en kosbare minerale. Mense het hul leiers gerespekteer en hul verskillende tradisies nagekom. Skrif en administrasie is gebring deur die Moslems. Verskillende mense het mekaar se tradisies gerespekteer.

Deur hierdie in kinders se kele af te forseer, word rassehaat aangeblaas:

  • Vir blankes is dit ontstellend dat daar openlik onwaarhede aan kinders gegee word wat blankes in ‘n slegte lig plaas.
  • Hierdie “herinner” swartes aan die “onreg” wat hulle jare gelede aangedoen is deur blankes EN Christene.

1 thought on “Graad 8 kinders polities geïndoktrineer in staatskole”

  1. Dit is tragies en ontstellend, dat die generasies nie meer korrekte prentjies kan memoriseer van dele vanuit ons geskiedenis nie. Sekere stellings in die Graag 8 curriculum soos na bo verwys, is eenvoudig nie waar nie. Stem saam dat dié “tipe” verdraaide geskiedenis, nie tot voordeel van die rassehaat gesprek is nie, en die subtiele beïnvloeding waar die “haat vuur” bly gestook word, veral téén Christene, moet vasgevat word. Waar is leraars se stemme uit kerke? Is hul jellievisse?

    Wat was ánder geloofstradisies se impak op Afrika, en veral die demonies en okkulties rituele van sangomas en toordokters, op die psige van die Afrikaan, hetsy swart of wit of bruin en welke nasie ookal? En Hindu en Islam en Judaïsme en Rooms Katolieke Denke en ” New Age” se invloede, ens. veral in die ekonomiese sfere oor die eeue? Die ironie is, is dat meesste sendeliinge oor eeue heen en oor die wêreld, nie nét God se woorde aan mense kom meedeel het nie, maar hul geleer het om te ✍ en te lees, en om voorutgang te bring op baie vlakke, presies soos wat die Here met Israel gedoen het oor die eeue heen. Hoeveel mediese dokters het nie al na Afrika gekom en gratis hulp aangebied? Hoeveel Biljoene US Dollars (dink al triljoene…) is al nie in Afrika investeer….maar ongelukkig, soveel daarvan in geldgierige Afrika leiers se sak en ook geweldig vermors (en ja, dit is die regte woord), en armoede is steeds by eie mense?

    ‘N Sekulëre skrywer, ANTHEA JEFFERY, die hoof van Beleidsnavorsing by die “Institute of Race Relations” (IRR), het onlangs ‘n boek die lig laat sien getiteld, “”Countdown to Socialism”. En daarin verwys sy na die onderliggende motiveringe van ‘n denkrigtingsfeer wat Suid Afrika na die afgrond stuur. En sy praat die reine waarheid.

    Hoeveel te méér kan die Skrif nie verandering bring nie? Dit kan ‘n totale omswaai in denke bring. Maar ongelukkig, is die AS van NG en vele ánder, sáám met “sosialistiese denke” in die TITANIC-skip van venietiging, want die Skrif is nie hul motiveringe nie, want hul verdraai die Skrif, om hul eie 🧠 te regverdig.

    GOD lieg nie in die Bybel nie, maar baie mense wél, en die Bybel praat daaroor oop en bloot, maar meesste wil nie hul “eie ek” gaan raaklees in die Bybel nie. En sonder om “eie ek” te onttroon, kan ware vernuwing nie voortkom nie, en is enige “vooruitgang” tydelik en op ‘n geweldige misleidende pad van vernietiging.

    Die land, het Dawidsmanne en Ester vroue nodig om te verander, en nie “Agab en Jesebel – denke” nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui