Dolerende beweging groei ál sterker

*********

Dolerende beweging groei ál sterker | Netwerk24

Deur: Dr. Bernhard Ficker, Somerset-Wes

18 September 2021

Ek wonder hoekom die berig “Gemeentes ‘treur’ oor AS-besluit” (16.09) die woord “treur” in aanhalingstekens het, want hul treur is werklik en nie denkbeeldig soos geïmpliseer nie.

[Kommentaar: In Die Burger is die titel “Gemeentes ‘treur’ oor AS-besluit” gebruik, maar in die Volksblad is die titel Sowat 80 gemeentes van NG Kerk doleer gebruik.]

Die getal treurende of dolerende NG Kerk-gemeentes begin nou al hoe sterker groei en dit is moeilik om tred te hou met almal. Eintlik is Tsumeb die 81ste gemeente wat doleer en nie die 79ste nie. Die Allanridge-gemeente van die Vrystaat-sinode is nr. 74 en het op 7 April gedoleer, terwyl die Odendaalsrus-gemeente op 3 Junie gedoleer het.

En dit is nie net selfdegeslag-verhoudings en getroude gay dominees wat die gemeentes laat doleer nie. Dit was wel die strooihalm wat die kameel se rug gebreek en die hervormende sluise oopgedraai het.

Ander kwessies soos die opsionele glo in die bestaan van die duiwel, nuwe sienings oor voorhuwelikse seks, aanvaarding van verslae wat makro-evolusieleer bevorder, ensovoorts, het alles ’n rol gespeel om die dolerende beweging ’n hupstoot te gee.

Daarbenewens het die “nuwe teologie” soos deur kweekskool-dosente gepropageer, ook ’n groot rol gespeel in die nuwe reformatoriese NGK-beweging.

Dit is sekerlik een van die belangrikste teologiese gebeurtenisse in die Suid-Afrikaanse kerklike geskiedenis. Die parallelle tussen Martin Luther se Hervorming en dié nuwe NGK Reformasie is duidelik. Dit is ’n beweging van “Terug na die ou paaie van Bybelse waarheid” en “Wat sê die Bybel nou eintlik?”

1 thought on “Dolerende beweging groei ál sterker”

  1. Ek is ’n lidmaat van die N G Kerk Bellville-Wes gemeente. Sedert my aftrede in 2013 en as kerkraadslid vir 6 jaar volg ek met groot belangstelling die debate en besluitnemings van die Kerk se Sinodes. Verder het ek my persoonlike biblioteek uitgebrei, ook digital oor Persoonlike Geldsake, Gesondheid en Welsyn, Geloof en Wetenskap, Fotografie, ens. In hierdie tyd lees ek ook onder andere die volgende boeke:
    Man’s Search for Meaning. Victor Frankl.
    Lewend en Kragtig? In gesprek oor… God se Handelinge in die Wêreld. Ernst M. Conradie
    Gesprek sonder Einde. Waar pas ek in by God se Verhaal? Chris van der Merwe.
    Die Relevansie van die Kerk. Willie Jonker.
    Wie is Reg? Weet iemand dalk? Adrio König.
    GOD? Gesprekke oor die Oorsprong en uiteinde van alles. Fritz Guam.
    Wat moet ons met ons Kerk doen? Jurie van den Heever.
    Die opkoms en ondergang van die N G Kerk.

    Dr. Arnold Mol in sy boek, Die behoefte om reg te wees, stel dit dat hierdie behoefte so sterk is dat selfs wanneer ons gekonfronteer word met bewyse dat ons verkeerd is ons of die feite sal verontagsaam of argumente sal vind om hulle weg te redeneer. Jy kan die bestaan daarvan ontken en dit verwerp as leuens. Of jy aanvaar en ondersoek krities na die waarheid ten opsigte daarvan.
    Met ontsteltenis merk ek egter ook op dat daar persone in die dolerende Sinodes, gemeentes en geloofsgroepe soos die Kairos Netwerk en die Sola Scriptura-groep is wat ’n Jong Aarde Skeppingsleer propageer. Blykbaar is die lede van die Kairos Netwerk ook salig onbewus van die Kairos-dokument en gelyknamige Kairos Network. Terwyl die Algemene Sinode van dwaalleringe beskuldig word staan diegene oënskynlik self agter die deur. Aanvalle word op die Kerk geloods deur middel van die media, hetsy deur koerante, boeke en selfs webbladsye. Die hofsaak tussen Johannes du Plessis en die Kerk word gerieflikheidshalwe geïgnoreer.
    Ek kon nog nie een enkele geloofwaardige artikel in enige gesaghebbende wetenskaplike publikasie teëkom wat Nuwe Aarde Kreasionisme van eng denkers soos hieronder ondersteun nie:

    https://www.tasforum.org/
    https://www.joydigitalmag.com/
    https://proregno.com/
    https://hierstaanek.wordpress.com/
    https://www.glodiebybel.co.za/
    https://creation.com/
    https://www.icr.org/
    https://answersingenesis.org/

    Die optrede van bostaande is tiperend van gebrekkige navorsingsmetodiek oor vakgebiede waarvan persone onkundig is of onvoldoende kennis het. Aldus word allerlei argumente, wanvoorstellings, foutiewe en ondeurdagte aannames gebruik ter bevestiging van hulle denkwyse.

    Dit benadeel die Christelike getuienis en bring vertwyfeling by jong Christene wat dit onnadenkend navolg of hulle rug op die Christendom draai. Dit sou Jong Aarde Kreasioniste baat om die onderstaande te ondersoek:

    https://www.cis.org.uk
    http://www.theclergyletterproject.org/rel_evol_sun.htm
    http://factandfaith.co.za/
    https://biologos.org/
    http://talkorigins.org/origins/welcome.html
    https://counterbalance.org/
    https://evolution.berkeley.edu/evolibrary/article/history_01
    https://plato.stanford.edu/entries/evolution-before-darwin/
    https://www.smithsonianmag.com/science-nature/the-evolution-of-charles-darwin-110234034/
    https://faithscience.org/

    Opinions about science and faith amongst Southern African clergy and theologians from the Reformed church tradition February 2013 Verbum et Ecclesia 34(1):9 pages
    When misinterpreting the Bible becomes a habit April 2018 HTS Teologiese Studies / Theological Studies 74(4) Peet Van Dyk
    Woord van God, Woord van die lewe? Op weg na ’n verantwoordelike teologiese hermeneutiek May 2012 Nederduitse Gereformeerde Teologiese Tydskrif 53(1) Dirk Smit
    The Christian faith and evolution: An evolving, unresolved debate Ernst M. Conradie http://www.scielo.org.za/
    Die historiese debat oor keasionisme en evolusie, met spesifieke verwysing na ’n seleksie van briewe in die Burger (1999-2002) https://scholar.sun.ac.za/handle/10019.1/17407
    Theology and science: Where are we? December 2005 Zygon(r) 31(2):323 – 343 Project: Center for Theology and the Natural Sciences. Ted Peters.

    Reformed Theology and Evolutionary Theory. Gijsbert Van den Brink.
    Evolution, Chance, and God – Understanding the Relationship between Evolution and Religion. Brendan Sweetman
    Where the Conflict Really Lies Science, Religion, and Naturalism. Alvin Plantinga
    GOD and Evolution Fundamental Questions of Christian Evolutionism. Józef Zycinski
    Evolution and Religious Creation Myths How Scientists Respond. Paul F. Lurquin and Linda Stone
    The Science of Evolution and the Myth of Creationism: Knowing What’s Real and Why It Matters. Ardea Skybreak
    Finding Darwin’s God. Kenneth R Miller
    Doodloopstrate van die geloof: ’n perspektief op die Nuwe Hervorming. Durand, J.J.F.
    Jy en die Kerk. Bou ’n Chjristus-gesentreerde gemeente Francois Kruger.

    Publikasies van Ernst M. Conradie, Jaap Durand, Klaus Nurnberger, Peter Barrett, Eugenie C. Scott, J C Polkinghorne, N. T. Wright, Karen Armstrong, Paul Davies, Ted Peters, Pete Enns en vele ander.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui