Diere met slagtande

Kyk ook:

Die Bybel is duidelik dat die dood op aarde eers na die sondeval gekom het.

Genesis 1:31 bevestig dat God goed geskep het:

“Toe het God gekyk na alles wat Hy gemaak het, en dit was baie goed. Dit het aand geword en dit het môre geword. Dit was die sesde dag.”

Volgens Genesis 1:29-30 het mense nie vleis geëet voor die sondeval nie:

(29) Verder het God gesê: “Let op! Ek gee aan julle al die plante wat saad gee op die hele aarde; ook al die bome wat vrugte dra en saad gee. Dit sal julle kos wees.
(30) Maar aan die wilde diere op die aarde en aan die voëls in die lug en aan die diere wat op die aarde kruip, aan alles wat leef, gee Ek al die groen plante as kos.” So het dit gebeur.

(God gee slegs plante vir mens en dier as kos, nie ander diere ook nie. Vergelyk met Gen. 9:3 hieronder)

Volgens Genesis 3:14-20 en Romeine 5:12 het daar dood op aarde gekom eers nadat die mens gesondig het:

Gen 3: (14)En die Here God sê vir die slang: “Omdat jy dit gedoen het, is jy vervloek onder al die diere. Op jou maag sal jy seil en stof sal jy eet, jou lewe lank. (15)Ek stel vyandskap tussen jou en die vrou, tussen jou nageslag en haar nageslag. Haar nageslag sal jou kop vermorsel en jy sal hom in die hakskeen byt.” (16)Vir die vrou het die Here God gesê: “Ek sal jou baie swaar laat kry met jou swangerskappe: met pyn sal jy kinders in die wêreld bring. Na jou man sal jy hunker, en hy sal oor jou heers.” (17)Vir die mens het die Here God gesê: “Omdat jy na jou vrou geluister het en geëet het van die boom waarvan Ek jou verbied het om te eet, is die aarde deur jou toedoen vervloek; met swaarkry sal jy daaruit ’n bestaan maak, jou lewe lank; (18)die aarde sal vir jou dorings en dissels laat uitspruit, en jy sal veldplante eet; (19)net deur harde werk sal jy kan eet, totdat jy terugkeer na die aarde toe, want daaruit is jy geneem. Stof is jy, en jy sal weer stof word.” (20)Die mens het sy vrou Eva genoem; sy was die moeder van al die mense.

Romeine 5:12 Verder nog dít: Deur een mens het die sonde in die wêreld gekom en deur die sonde die dood, en so het die dood tot al die mense deurgedring, omdat almal gesondig het.

Volgens Genesis 9:3 (na die sondeval) kon mense diere begin eet:

Gen 9:3 Alles wat roer en lewe, sal kos wees vir julle. Naas die groen plante gee Ek dit alles vir julle.

(Vergelyk hierdie met Genesis 1:29-30 waar God glad nie noem dat mense diere mag eet nie.)

***************

Nou is die vraag: Maar hoekom is daar dan soveel diere met slagtande wat lyk of hulle ontwerp is om dood te maak indien God hulle geskep het om slegs plante te eet?

Daar is verskillende teorieë, waarvan die beste een is dat God roofdiere geskep het om ander diere te kan jag, maar dat Hy hulle aanvanklik slegs plante laat eet het (Gen 1:29-30). Sy ooreenkoms met die mens was: Sondig, en Ek laat die roofdiere toe om ander diere (en mense) te jag en te eet (Gen 9:3). So eenvoudig soos dit.

(Terloops: God het geweet dat die mens gaan sondig, want Hy is almagtig. Maar dit is nie ter sake nie omdat Hy steeds die keuse aan die mens gegee het.)

Die volgende artikel bespreek hierdie onderwerp en bespreek verskillende opsies:

How did bad things come about? Uit The Creation Anwers book, hfst 6.

Net om weer te wys hoe evolusie selfs Christene se geloof beïnvloed:

John T., a 16-year-old American, wrote (all bold emphases from here on are ours):

“I am a former Theistic Evolutionist. … until my freshman year of high school I believed that Darwinian evolution was ‘fact’ and that anyone who contradicted that was an ignorant fool … six day creation could be brushed aside as an allegory. Thankfully I was able to meet the right people that showed me the fallacy of evolution. But even after I realized that Darwinism was false, I was still convinced of long-ages… [until a talk by] a local creationist biology teacher… raised questions in my mind … but for some reason it didn’t click. Then about a year ago … I ran across the Young Age Evidence part of the website and mostly thanks to that information (as well as books recommended by this website) I was able to accept what the Bible taught. Because I could now believe everything the Bible said … my relationship to Jesus Christ grew more than I ever thought it could. … [I now] share this message with as many people as possible with mostly positive results.”

Uit: “Update”, Februarie 2009 (CMI se kwartaallikse (?) nuusbrief)

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui