Die huwelik is Bybels ’n voorreg, nie ’n reg

Dit is ook belangrik om daarop te let dat dieselfde Chris Thomas ook die volgende geskryf het:

Met “godsisme” (12.10) slaan Amos van der Westhuizen spykers met koppe op die kop. – Chris Thomas, Kaapstad

*******

Die huwelik is Bybels ’n voorreg, nie ’n reg | Netwerk24

Dawie De Wet, Willowmore

Die Burger, 10 Oktober 2022

Die wetenskaplike konsensus is dat seksuele voorkeur en identiteit die produk is van genetika, neuro-biologie, en endokrinologie. Wie God erken as skepper, moet dus noodwendig uiteenlopende seksuele voorkeur en identiteit erken as godgegewe en ingeskape: natuurlik. Die NG Kerk moet kies: God het gays geskep, of God het niks geskep nie. – Chris Thomas, Kaapstad (SMS)

Chris Thomas beweer in ’n SMS (05.10): “God het gay mense geskep of God het niks geskep nie.” Dit is ’n aanvegbare stelling wat ’n mens net met ’n soortgelyke kategoriese stelling sinvol kan antwoord. Ek sal probeer: Chris, jy aanvaar óf Jesus Christus as verlosser en lees die Bybel daarvolgens óf jy beskou jou eie denke as jou god en ignoreer die Bybel.

In die geval van laasgenoemde respekteer ons mekaar se standpunte en gaan ons in vrede uiteen. In geval van eersgenoemde glo ons saam dat God die mens man en vrou gemaak het, en dat Hy die huwelik as die enigste ruimte vir seksuele eenwording en voortplanting gemaak het. Die huwelik is Bybels ’n voorreg, nie ’n reg nie. En soos alle voorregte vereis dit verskeie verantwoordelikhede.

Toe die Here Jesus sy dissipels daarop wys, het hulle gemeen dat dit dan beter is om nie te trou nie. Jesus se antwoord daarop weerspreek jou wilde bewering hierbo. Hy sê: “Daar is mense wat nie kan trou nie omdat hulle van geboorte af so is, ander is deur mense so gemaak, en ander het self so gekies ter wille van die Koninkryk van die hemel.” (Mattheus 19:13)

1 thought on “Die huwelik is Bybels ’n voorreg, nie ’n reg”

  1. Die Godsvresendes het ’n opdrag om die wat op verkeerde paaie wandel en afdwaal te waarsku – en dit nie slegs dit daar te laat nie:

    Eségiël 33: (PWL)
    Wat jou betref, seun van ’n mens, Ek het jou as wag oor die huis van Yisra’el aangestel; jy sal ’n boodskap uit My mond hoor en hulle namens My waarsku.
    8 Wanneer Ek aan die bose sê: ‘O bose man, jy sal sekerlik sterf,’ en jy praat nie om die bose oor sy pad te waarsku nie, dan sal daardie bose man deur sy oortredinge sterf, maar sy bloed sal Ek van jou hand opeis.

    DIE HUWELIK:
    ingestel deur Vader tussen man en vrou as ’n opdrag nie slegs as ’n voorreg nie – verdraaings daarvan is ’n gruwel, ’n abominasie
    in die oë van Vader. – LEV 20:13

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui