Die Algemene Sinode van 2013 besluit Jesus was verkeerd

Die volgende is oorspronklik op 9 Oktober 2013 gepubliseer op hierstaanek.com.

**********

Die Algemene Sinode van 2013 besluit Jesus was verkeerd

In ‘n landmerk besluit het die Algemene Sinode vandag besluit dat Jesus verkeerd was toe Hy die volgende gesê het:

Joh 8:44 Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was ’n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy ’n leuenaar is en die vader daarvan.

Dit is duidelik dat ‘n onpersoonlike mag nie kan lieg of moord pleeg nie. ‘n Mensvreter leeu is tog nie ‘n moordenaar nie omdat dit nie ‘n morele persoon is nie!

Maar volgens Dr Ben du Toit mag ons Jesus se foutjie hier oorsien, want Hy het nie die wetenskaplike kennis, agtergrond of insig gehad wat ons het nie. Jesus was, na alles, maar net ‘n produk van Sy voor-wetenskaplike kultuur. (1)

Dit is onseker of ‘n toekomstige Algemene Sinode gaan besluit om Johannes 8:44 uit die Bybel te verwyder. Dit is duidelik dat hulle oor die mag beskik om dit wel te doen.

Die Algemene Sinode aanvaar die werklikheid dat daar ‘n wye diversiteit van interpretasies en toepassing van die Bybelse boodskap oor die Bose en demone binne die NG Kerk is. Daar is lidmate wat aan die persoonlike aard van die duiwel en demone aanvaar, en daar is lidmate wat aan die nie-persoonlike aard van die duiwel en demone aanvaar. Albei standpunte erken die realiteit van die Bose.

Wynand Louw

(1) Verwys asb Dr du Toit se boek God? Geloof in ‘n postmoderne tyd en hierdie artikel: https://hierstaanek.files.wordpress.com/2013/01/dwaalleer-in-die-ng-kerk.pdf

Kommentaar

Somerset (Sommie) Morkel: 09/10/2013 at 8:59 pm

Die arrogansie hiervan is soos die Engelse ‘mind boggling”, maar mens kon dit te wagte wees.

mariet: 18/10/2013 at 10:46 am

Die Sinode het nie so besluit nie… jy het!! Stop asb. jou dwaalleeringe!!

mariet: 18/10/2013 at 10:48 am

en om te se jou kerk is siek beteken jy is ook siek… JY IS DIE KERK!! maak nie saak van watter dinominasie nie! Julle sal ongelukkig almal maar weer jul Bybel moet nader trek en begin lees…

Johan Oosthuizen: 24/08/2014 at 8:43 am

Hier is NET EEN fout! Die Predikante en Proffesore (NIKODEMUSSE van VANDAG) het GEEN idee WIE DIE HEILIGE GEES is nie! SOU hulle HOM ken , DAN het demone , siektes en krankhede voor hulle uitgevlug in JESUS NAAM! Omdat hulle HOM NIE ken nie , ebeur die dinge GLAD nie in die susterskerke en baie ander “religious” groepe nie.
GOD , IS, WAS EN SAL EWIG DIESELFDE BLY! Dus MOET geloof sonder werke n dooie ding bly! GOD , deur SY SEUN JESUS CHRISTUS EN DIE HEILIGE GEES WAT ons lei, Dryf vandag nog duiwels uit, maak gesiekes gesond en red die ongeredde! Moet asb nie se die dinge gebeur NADAT daar in die kerk gebid is en ons almal huis toe is in die geheim nie! JESUS IS NIE N GEHEIME AGENT NIE! LEES DIE WOORD EN WORD WAKKER , NIE GEMAKLIK NIE! Die grootste probleem is dat ons alles glo wat van die kansel gepreek word , SONDER OM TE LUISTER EN ALLES TE DEURSOEK VOLGENS DIE WOORD!
As die Predikant se kom ons bid vir die siekes , stop hom en vra dat hy die siekes in die gemeente voorentoe roep, DAN vir hulle bid , EN kyk of hy DIE HEILIGE GEES KEN. Indien wel dan SAL hulle gesond word , IN JESUS NAAM!
Indien NIE ???????? MOET jy wonder of jy in die regte plek sit!!! Maak tog seker dat JY die HEILIGE GEES ontvang het ,DAN sal jy WEET!!!!

hierstaanek: 24/08/2014 at 8:52 am

Johan
Die bewys van inwoning van die Heilige Gees is die vrug van die Gees, nie die gawes van die Gees nie.

En hier is die bewys:

Matthew 7:22-23 ESV

On that day many will say to me, ‘Lord, Lord, did we not prophesy in your name, and cast out demons in your name, and do many mighty works in your name?’ And then will I declare to them, ‘I never knew you; depart from me, you workers of lawlessness.’

Johan Oosthuizen: 24/08/2014 at 8:12 pm

Mar_16:17 En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek,
Act_2:4 En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.
1Co_12:10 aan ‘n ander werkinge van kragte, aan ‘n ander profesie, aan ‘n ander onderskeiding van die geeste, aan ‘n ander allerhande tale, aan ‘n ander uitleg van tale.
1Co_14:2 Want hy wat in ‘n taal spreek, spreek nie tot mense nie, maar tot God; want niemand verstaan dit nie, maar deur die Gees spreek hy verborgenhede.
1Co_14:14 Want as ek in ‘n taal bid, dan bid my gees, maar my verstand is onvrugbaar.

Met respek -Skeur die gedeeltes uit jou bybel sodat jy nie n tweegesig/fariseer genoem kan word nie.
Jy kan die gedeeltes net op EEN manier verstaan!! AS JY IN DIE GEES WANDEL EN NIE IN DIE VLEES NIE!! Hou tog op om vir ander te lieg/ as jy vir jouself wil lieg is dit jou keuse, maar hou op om teen DIE HEILIGE GEES te sondig want dit sal jou nooit vergewe word nie!!
Mat_12:32 En elkeen wat ‘n woord spreek teen die Seun van die mens, dit sal hom vergewe word; maar elkeen wat spreek teen die Heilige Gees, dit sal hom nie vergewe word nie, in hierdie eeu nie en ook in die toekomende nie.
Mar_3:29 maar wie teen die Heilige Gees gelaster het, het geen vergifnis tot in ewigheid nie, maar is skuldig aan die ewige oordeel—
Luk_12:10 En elkeen wat ‘n woord teen die Seun van die mens sal spreek, dit sal hom vergewe word; maar vir hom wat gelaster het teen die Heilige Gees, sal dit nie vergewe word nie.
En daar is nog vele meer verdraaings waarin julle glo

hierstaanek: 24/08/2014 at 8:35 pm

Johan, jy verstaan my verkeerd of wil nie verstaan nie.

In elk geval, hierdie is nie die plek vir hierdie gesprek nie. As jy wil glo dat om brabbeltaal te praat n bewys is van Geesvervuldheid gaan gerus voort. Dit is nie wat die Bybel leer nie. Maar dit is nie my blog se doel om die Chatimatiese beweging se foute uit te wys nie.

Dit gaan hier oor die NGK en haar belydenisskrifte. Daar is ander forums waar mense debatteer oor tale.

Groete.

Wynand

Nico van Niekerk: 25/08/2014 at 5:43 pm

Dankie vir jou geduld en verdraagsaamheid, Wynand. Johan is iemand wat aan die een kant hewig aanspraak maak op die gawes van die Heilige Gees maar tog ander gelowiges, met wie hulle nie saamstem nie, oordeel deur skaamtelose onkundigheid wat gepaardgaan met taalgebruik wat uit sy eie mond sy belydenis weerspreek, Ons moet vir hulle bid.

Joe: 21/10/2015 at 7:49 pm

Nee jong haha Dis glad nie a bewys daai nie! Die bewys van die Gees is in taale te bid. Dis a gawe jong. lol

hierstaanek: 21/10/2015 at 7:59 pm

Joe,daar staan nêrens in die Bybel dat mens moet brabbeltaal praat nie. Jy is mislei as jy dink brabbelklanke kom van God. Die bewys van die Gees is die vrug van die Gees.

Johann: 15/09/2015 at 10:18 am

Man my tone krul om van lekkerkry as ek lees wat jy se. Die sanggroep Prophet sing ‘n liedjie, al die kinders van Jesus is nie Paw-Paw’s nie. Jesus het verwys na witgeppleisterde grafte as ek reg kan onthou. Smaak my soms hoe meer geleerd die mense is, hoe meer dom raak hulle!

Lizette Theunissen Hansen: 13/09/2014 at 2:35 am

The hell is going to be full of “educated’ people. God is die woord en die woord is God.!

John: 17/09/2015 at 9:05 am

Deuteronomium 4
2 Julle mag by die woord wat ek julle beveel, niks byvoeg nie, en julle mag daar niks van weglaat nie; sodat julle die gebooie van die Here julle God mag onderhou, wat ek julle beveel.
Deuteronomium 12
32 Alles wat ek julle beveel, dit moet julle sorgvuldig hou; jy mag daar niks byvoeg en daar niks van weglaat nie.

Dan moet die ook verwyder word?
Of skoons verwyder die woord van God in geheel?
Want dit wat pla moet jy mos afkap?
Oo jammer dan moet al die sinode se koppe afgekap word want dit is juis hulle verstand wat hulle pla?
So waarsku God ons al dekade lank teen die WET GELEERDE EN SKRIF GELEERDES, Hy waarsku ons ook teen die valse profeet en dat satan hom sal voordoen as God of Gods engele om so doende jou van balans te kry , Hier kom die senode en bewys dit wat God al dekade gelede ons van gewaarsku het daat werklik bestaan , dus volgens God se waarskuwing is die senode dus by wyse van hulle eie uitspraak in die artikel Besig met Gods later en is hulle Satan self wat die mens kom verlei.
Wees altyd op die uitkyk vir die vyand want hy is lustig na die wat sy weg na God toe draai,
Die senode moet aangkla word tot belastering van ons geloof en vervolg word tit skenking en bespoting van ons geloof en tot bespoting van God ,
God waarsku ons dat daar sal mense wees wat Het Hete sal skree, en agteraf joumet dolk deur jou hart en gees sal werp, dit blyk duidelik by wyse van due senode se post hier dat dit hulle is wat God ons teen waarsku, ?
Dit gruf my om te dink dat ek voor duetyd respek GEHAD HET VIR DIE SENODE maar nou?

Somerset (Sommie) Morkel: 17/09/2015 at 1:14 pm

Stem saam, John.
Die probleem is dat wanneer mense per demokratiese besluit oor God besluit & verderflike leraars teenwoordig is (soos Ben du Toit) & hul verdorwe anti-Christelike filosofiese invloed laat geld, die mening gedraai word volgens die tydsgees. Kompromie word dan getref.
Dan word ‘nuut gedink oor God’ & mens praat dan van ‘nuwe denke oor God’ (al la dwaalleraar prof Julian Muller vooralige adjunk-dekaan(!)van Tukkies se kweekskool)
God is nie ‘n demokraat nie.
Hy het Sy Woord gegee.
Die NGK het al jare (meer as ‘n dekade) hierdie ‘debat’ in die kerk toegelaat.
Mens debatteer nie oor waarheid binne die kerk nie – behalwe om dit te predik, te bevestig & dwaling te bestry.
Waarheid is waarheid.
‘n Ware kerk plaas die dwaalleraars onder tug & dissiplineer hulle of sny hulle af.
‘n Ware kerk stoot die dwaalleraars uit, omdat hulle teen God se Woord praat.
Die NGK was nie aan God gehoorsaam nie & het dit nie gedoen nie & dra nou die vrug daarvan, omdat hulle (die dwalers) die NGK oorgeneem het.
In plaas daarvan dat die Alg Sinode hulle teegegaan het & weerspreek het, het die Alg Sinode diplomaties opgetree & met hulle ‘n kompromie aangegaan dat dit aanvaarbaar is om nie in die duiwel as persoon te glo nie, maar darem aan die ‘bose’ – terwyl die Woord duidelik praat van die duiwel as ‘n persoon..
Behalwe dat God nie ‘n demokraat is nie, is Hy ook nie ‘n diplomaat nie.
wanneer die kerk diplomaties word, is hy ‘n vals kerk, want diplomasie konformeer & soek ‘n uitweg uit die konflik –
– vra my, ek was 22 jaar in die buiteland as diplomaat vir Suid-Afrika.
Die internasionale reel is deurgaans dat as die oorlog begin, die diplomate huis toe gaan & die weermag oorneem.
Die NGK het nie die diplomate huis toe gestuur nie – hy het hulle as leiers gekies & so die stryd teen die duiwel (Efes 6) verloor, want diplomate kan nie oorlog voer nie, hulle is diplomate, nie soldate nie.

Henrietta Klaasing: 09/10/2013 at 9:12 pm

Wat verwag ‘n mens anders van mense wat sê dat die Bybel net mense woorde oor God is, nie God se Woord nie, en die kerk se eeue-oue belydenisskrifte minag?

Somerset (Sommie) Morkel: 09/10/2013 at 9:19 pm

Die NGK is siek en ek dink nie mens hoef te huiwer om dit te se nie. Die vraag is wanneer kom die tyd om te se die NGK is TERMINAAL siek?

John: 17/09/2015 at 9:07 am

Die tyd is nou

William King: 09/10/2013 at 9:30 pm

Sommie, ek is jammer om te sê, maar ek dink ‘n kerk wat ‘n sinode met ikone begin en besluit Jesus was sielkundig versteurd, het sy roeping in hierdie land verloor – dit is reeds TERMINAAL siek. My siening na hierdie paar dae se verrigtinge: Kom uit haar uit, my volk!

Somerset (Sommie) Morkel: 09/10/2013 at 9:52 pm

Dankie William, ek stem saam – ek het sopas ‘n foto op my FB geplaas van hoe die NGK binnekort gaan lyk…

Johan Oosthuizen: 24/08/2014 at 8:45 am

Hier is NET EEN fout! Die Predikante en Proffesore (NIKODEMUSSE van VANDAG) het GEEN idee WIE DIE HEILIGE GEES is nie! SOU hulle HOM ken , DAN het demone , siektes en krankhede voor hulle uitgevlug in JESUS NAAM! Omdat hulle HOM NIE ken nie , ebeur die dinge GLAD nie in die susterskerke en baie ander “religious” groepe nie.
GOD , IS, WAS EN SAL EWIG DIESELFDE BLY! Dus MOET geloof sonder werke n dooie ding bly! GOD , deur SY SEUN JESUS CHRISTUS EN DIE HEILIGE GEES WAT ons lei, Dryf vandag nog duiwels uit, maak gesiekes gesond en red die ongeredde! Moet asb nie se die dinge gebeur NADAT daar in die kerk gebid is en ons almal huis toe is in die geheim nie! JESUS IS NIE N GEHEIME AGENT NIE! LEES DIE WOORD EN WORD WAKKER , NIE GEMAKLIK NIE! Die grootste probleem is dat ons alles glo wat van die kansel gepreek word , SONDER OM TE LUISTER EN ALLES TE DEURSOEK VOLGENS DIE WOORD!
As die Predikant se kom ons bid vir die siekes , stop hom en vra dat hy die siekes in die gemeente voorentoe roep, DAN vir hulle bid , EN kyk of hy DIE HEILIGE GEES KEN. Indien wel dan SAL hulle gesond word , IN JESUS NAAM!
Indien NIE ???????? MOET jy wonder of jy in die regte plek sit!!! Maak tog seker dat JY die HEILIGE GEES ontvang het ,DAN sal jy WEET!!!!

Nico van Niekerk: 25/08/2014 at 7:07 pm

Johan, Bloot uit wat jy hier skryf, neem ek aan dat jy ‘n Christen is. Ook bloot op wat jy hier skryf moet ek jou daarop wys dat jy ongehoorsaam is aan die Heilige Gees.

Daar is net een litmustoets waardeur iemand ‘n Christen is of nie: Erken jy dat Jesus die Christus, die Seun van God, en God in die vlees is? As dit die oortuiging van jou hart is, is jy ‘n Christen. Alles wat daarop volg vorm deel van jou heiligmaking en daarin mag jy ander nie oordeel nie (hulle dade wel, dis deel van jou liefdesdiens teenoor jou mede-gelowiges), met liefde moet jy jou broeders en susters reghelp en rig uit die Skrif alleen. Dit werk vir hulle en vir jou in die heiligmakingsproses.

Die hervormers het aanvanklik die Pous as die antichris uitgemaak, wat mens agv die barbaarse optrede van die Roomse Kerk in die 16e eeu kon verstaan, maar hulle was verplig om daardie aanklag terug te trek bloot op hierdie toets wat jy kan lees in o.a. 1Joh 2:22, 4:3, en 2Joh 1:7.

Jy kan ook in Openb gaan lees wie word in die hemel toeglaat en wie nie. Daar sal jy sien net diegene wie se name in die boek van die lewe geskryf staan word toegelaat. Daar is geen melding van geloof, redding, heiligmaking, Jesus Christus of die Heilge Gees nie. Niks. Net bloot en alleen die feit dat jou naam in die boek van die lewe staan kwalifiseer jou om in die hemel te gaan. Wat beteken dit dan? Net dit, dat alles wat die Heilsleer bevat, d.i. die evangelie, die kruisdood, die opstanding, genade, geloof, heiligmaking, gawes van die Heilige Gees, alles vervul en volbring sal wees na die Tweede Koms van Christus. Dit is tog op daardie sekerheid van die verbond wat God met Sy mense gesluit het waarop ons ons geloof en hoop vestig. Voor die eindtyd sal alles volbring wees en net diegene wie se name in die boek staan sal geheilig daaruit kom. Die ander is nie verontreg nie, hulle bly vasstaan in hulle woede en kwaadwilligheid teen God. Lees Matt 25 oor die laaste oordeel: daar is nie een van die wat verlore gaan wat spyt uitspreek oor hulle Christus nie geken het nie. In teendeel, hulle beskuldig Jesus nog steeds wetende wie voor hulle op die troon sit; wetende wat hulle bestemming is.

In daardie lig moet ek jou in liefde daarop wys, eerstens, dat jou gebruik van woorde soos “LIEG” en jou algemene vyandigheid teenoor ander mede-gelowiges, en dat jy hulle uitskel dat hulle kwansuis hel toe sal gaan, is onvanpas en nie ooreenkomstig die beeld van Christus nie. En as dit nie in die beeld van Christus is nie, kom jou tirade ook nie van die Heilige Gees nie. Ek sal jou geen guns doen om jou nie hierop te wys nie, sodat jy jou weer kan inskerp op die Woord van God en nie jou eie woede jou op loop laat neem nie. Daar blyk ‘n woede teen die kerk te wees wat jy laat deurskyn. Net jy sal weet hoekom jy kwaad is vir die kerk.

Die litmustoets waarna ek verwys het, is juis die kwelpunt van die nuwe belydenisskrifte waaroor hierdie dreigende breuk in die kerk kom. Die “nuwe teologie” is glad nie nuut nie, dis die eeue oue poging om Christus as God in die vlees te ontken wat hier voor ons woed, en jy help nie eintlik in die stryd daarteen deur soos ‘n nie-Christen op te tree nie.

In Gen 18 lees ons dat God as ‘n mens by Abraham aan huis gekom het, geëet, sy voete laat was het, ens. om ons ook daarop te wys dat die idee dat Jesus God in die vlees is, nie ‘n uitvindsel van die Nuwe Testament is nie. God het dit vir ons al in Genesis gewys sodat ons Jesus nie as onskriftelik van die hand kan wys nie.

Henrietta Klaasing: 09/10/2013 at 9:38 pm

William oor die terminaal siek NGK – – hierdie het ek na die laaste sinode geskryf ( 19 Desember 2011) :

My kerk, my geliefde geestelike moeder, die NG Kerk, met haar gereformeerde inslag, is siek – – tot die dood toe siek. Die kerk waarin ek gebore is, gedoop is. Sondag na Sondag het ons van jongs af na haar toe gegaan, toe nog vir “Sondagskool” . Later is ek in haar “aangeneem” en “voorgestel” – – so is belydenis-aflegging toe genoem. Sy was getuie met ons huwelik, met die geboorte van elkeen van ons vyf kinders. Met die dood en begrafnis van die vader van my kinders en my oudste seun was sy daar, met haar troosryke gemeenskap. Met die doop van kleinkinders . . .

Toe ek diaken was, nog later ouderling, was ek getrou. Toegewyd. Meelewend. Kategeet, Bybelstudies, bidure, basaars. Dit was my erns. Dit was (en is nog steeds) waaragtig my erns.

Maar nou . . . nou staan ek hier, langs haar sterfbed. Ek huil saggies, maar dit skreeu binne my. Dis nie lank meer nie, dit kan mens sien. Mens kan haar skaars nog herken, so het die siekte, die kanker, haar al verwoes. Maar, die eintlike oorsaak is verwaarlosing. Dié wat na haar moes kyk, dié aan wie se sorg sy toevertrou is, het sienderoë die siekte laat voortwoeker. Hoe lank gaan bekommerde stemme geïgnoreer word? Hoe lank nog, voor die einde daar is?

Somerset (Sommie) Morkel: 09/10/2013 at 9:53 pm

Kyk na die foto op my FB, Hen..! Joune was profetiese woorde..

awie: 15/09/2015 at 5:12 pm

Ek is so God dank baar ek is ook uit die NG kerk. Ek wil geen maar geen iets te doen he of met die kerk saam werk nie. Ek voel net hoe langer jy haar ondersteun hoe langer dink mense daar is waarheid kos . Nee o hel ek kan kleintjies kry oor hulle uitsprake. Die WEG wat n sekte genoem was nl pinkster kerke kom al hoe meer na vore as die waarheid en die sogenaamde leier kerke se ware kleur begin terminaal wys. Ek het baie baie meer respek vir iemand wat onkundig lelik vrek geen morele waardes het nie as iemand wat wetend God wil repudeer.

WILLIE DU PLESSIS: 09/10/2013 at 9:57 pm

Ek kan nie glo wat ek gelees het nie. Sowaar ? ? ?

hierstaanek: 09/10/2013 at 10:00 pm

Willie, onthou ek is bietjie sarkasties. Maar ja, sowaar.

Henrietta Klaasing: 09/10/2013 at 10:11 pm

In Mat 4 het Jesus seker gehallusineer en met Homself gesprekke gevoer …

hierstaanek: 09/10/2013 at 10:17 pm

Heeltemal sertifiseerbaar mal, Henrietta. Maar onthou ons kan Hom dit vergewe, want die Galileers van die eerste eeu was ‘n klomp bekvellers. So die feit dat Jesus van honger en hitte uitputting hallusineer het, het tog geen invloed\d op die feit dat Hy jou verlos nie…

wpvking: 09/10/2013 at 10:21 pm

Deur die jare het die NG Kerk al meer begin akkommodeer. Ek het al hieroor geskryf. Maar hoeveel water kan ‘n spons suig voor hy vol is? Hierdie dubbel standaarde van akkommodasie word orals raakgesien: die bestaande belydenisse word aanvaar, maar belhar sonder dwang; die Bybel is God se Woord (amptelike) maar is ook nie sy Woord nie (Ben du Toit); die duiwel bestaan maar hy bestaan ook nie , om maar paar te noem. Hoe moet jy ‘n konfessionele kerk ernstig opneem met sulke dubbel standaarde? Onmoontlik.

Riana: 14/10/2013 at 8:35 pm

Profesiee gaan in vervulling. Ons leef in die eindtyd alhoewel ons nie presies weet wanneer Jesus weer kom nie. Hierdie akkommo
derende “slim” mense gaan ‘n onaangename verrassing kry. Die Woord belowe dit!

Zacahara: 15/10/2013 at 4:38 pm

Sonder om te oordeel: verrassing of verassing?

Anita: 06/10/2014 at 9:18 am

Hahaha! Beide is toepaslik ne?

Henrietta Klaasing: 09/10/2013 at 10:24 pm

Sonder ‘n bose sou Jesus se verlossing aan die kruis sinloos gewees het, in my plek , vir my sonde. Dit het met die oersonde begin, met die slang in die paradys – dit word bevestig in Openb 20:2:

“Die engel het die draak gegryp. Die draak is die ou slang, die duiwel, die Satan. Die engel het die draak 1 000 jaar lank vasgebind”

Johan Eerhardt: 10/10/2013 at 9:55 am

So die 1000 jaar is ook letterlik te verstaan? Wanneer is/was dit? Dit voel nie vir my na NOU nie… Is dit dus ons sonde (agv die duiwel) wat entropie (die verslawing aan verganklikheid van die huidige werklikheid) veroorsaak? Sjoe, nou’s ek so confused ek gaan sommer na ‘n kerk waar ek nie hoef te dink oor sulke moeilike goete nie en maar net kan glo wat miljoene dom mense voor my ook nie oor gedink het nie!
Of ek val maar terug op antwoorde van mense wat nog nie ‘n 1000ste van ons kennis vandag gehad het nie – hulle MOES mos reg wees oor alles. Dis soveel makliker om te glo die aarde is plat en die koepel met die gate in skuif al om die aarde… ek het nog juis nooit heeltemal verstaan hoe ons kan dink die aarde is “rond” en hang in die “lug” nie… en dat ons nie die middelpunt van alles is nie – ons is dan die “kroon van die skepping”… aaaaaarggghhhh dis alles net te moeilik vir my!

hierstaanek: 10/10/2013 at 9:58 am

My simpatie Johan. 🙂 Hoop jy voel gou beter…

Danie van Huyssteen: 14/10/2013 at 4:41 pm

!Kor;2:14- Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie: Want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie versaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.1Kor:1:21-Want aangesien in die wysheid van God die wereld deur die wysheid God nie geken het nie, het dit God behaag om deur die dwaasheid van die predeking die wat glo, te red.

David de Wet: 09/10/2013 at 10:26 pm

Die NG Kerk aanvaar dus die “werklikheid” dat baie lidmate nie meer glo wat die Bybel en die kerk se belydeins (Art12 van die NGB) oor die bose sê nie. Die afleiding is dus nie vergesog dat die eintlike “werklikheid” is dat daardie lidmate ook nie meer glo dat hulle in sonde ontvang en gebore is en slegs in die Koninkryk van God kan inkom deur de versoening wat Jesus Christus aan die kruis bewerk het nie.

Die groot hartseer is dat die sinode, in plaas van om die sonde en die dwaling aan te spreek, die ongeloof binne die kerk as “werklikheid” te aanvaar en kondoneer. Die tug is dus totaal afwesig, en daarom is die NG Kerk volgens haar eie belydenisskrifte nie meer ‘n ware kerk nie.

wpvking: 09/10/2013 at 10:40 pm

Dawid, jy stel dit so reg. Uit gereformeerde hoek bely ons nog altyd die 3 eienskappe van die ware kerk is die suiwer bediening van God se Woord (suiwer leer), die korrekte toepassing van die sakramente (dis nou die nagmaal en doop) en die korrekte toepassing van die tug. Lg. 2 staan op die 1ste. Die NG Kerk slip reeds op die eerste – dis onvermydelik dat die ander 2 ook sal volg.

Johnny Weel: 14/10/2013 at 9:09 am

This is said so well. The NG Church has always had one of the purest basic principals of belief. I was a active member for many years. Its belief in “Sola Scriptura” the Word alone was always one of its most commendable attributes. The problem is that the Church has lost its Godly Power and tries to conform to man. Never in history has the security and truth of God’s Word been needed, as now. By stating that Satan is not responsible for his deeds as he is not a person is a blatant deception of God’s Holy Word, and it is absolutely horrific to hear that the persons who are there to protect the church from heresy, are actually the ones who condone it. And yes then they according to Heidelbergse Katigismus have declared themselves as not being a true church. In Question 1 d it states that Christ Jesus delivers us from the dominion of Satan (Only people have dominion’s). Question 9 b states that the Devil entices us to evil. Question 113 d states that we need to avoid all works of the Devil. Question 123 d states Vernietig die werke van die duiwel, elke mag
wat teen U opstaan, en alle kwaadwillige planne wat teen u heilige Woord bedink word. Id Satan was not a person he would not be able to make plans and schemes. Dr Ben du Toit states that the Devil is not a person and is like a man eating lion, (please sir I have never seen a lion scheming and making plans).
I Pray with my whole heart that they will be convicted of the error in their attitude towards the Word of God

Henrietta Klaasing: 09/10/2013 at 10:43 pm

“dubbel standaarde” sê jy William? Nee, gesplete tong

righteousfruit: 09/10/2013 at 10:51 pm

Al wat werklik gebeur het is dat Jesus se woorde bewys is, vandag so veel as 2000 jaar gelede….

Soos die Fariseërs toe die waarheid probeer paal het deur die redenasie van eie logika (buite die perke van geheiligde geloof), so ook nou.

Mag Sy mense uitkom uit die verleiding van Babilon.

N. Ferreira: 24/10/2013 at 7:59 am

Dit het tyd geword dat die N.G. Predikante tot bekering kom. So vroeg as in die tuin van Eden het die duiwel al sy leuens ingespan en hy lieg nou vir die dominees en hulle glo hom. Hierdie leraars is so ver van die Here af en so wil hulle die skape lei?

Theo Visser: 29/10/2013 at 3:12 pm

Ons moenie al die leraars onder dieselfde kam skeer nie .My gevoel is dat die sogenaamde “slimmes” nooit werklik in ‘n bediening gestaan het nie . Hulle is gou weens hulle sogenaamde “kennis” opgeneem in die akademie waar hulle baie tyd het om te studeer en sulke twak uitdink.
Ek glo dat die meeste leraars net soos ons keelvol is vir die uitlatings van sommiges . Ons ( die sogenaamde fundamentaliste )moet net ‘n manier kry om saam met ons op te staan vir die waarheid .

Anton Bosch: 10/10/2013 at 12:07 am

Henrietta, ek huil saam met jou. Ook ek kom uit hierdie eens ware kerk. Dit is hartverskeurend om te moet aanskou hoe die skrif waar word in hierdie geval, waar wolwe uit eie geledere opstaan, en soms lyk of hulle die uitverkorenes kan mislei. My vraag is hoe lank nog voor die ware remnant van die Kerk binne die NG opset se oë sal oopgaan, en die noodwendige skeuring gaan plaasvind, wat die wond sal oopruk om skoon te bloei, nadat die verrotte liggaamsdeel geamputeer is?
My gebed is dat God dit binnekort sal laat gebeur, sodat die ware gelowiges, die wat uitverkies is voor die grondlegging, nie verder in misleiding en wanhoop hoef te leef nie, maar ware geloofsvreugde sal ondervind!

hierstaanek: 10/10/2013 at 6:48 am

Amen

Johan Eerhardt: 10/10/2013 at 9:47 am

Ongelukkig word die Woord se profesie wel waar: die ware kerk krimp… dog groei die fundamentalistiese en charismatiese groepe…

… hoe min sal nog oor wees wat werklik die grootheid en volheid van God se versoening van hierdie bestaan “wat verslaaf is aan die verganklikheid” en daarmee saam Jesus werklik kan eer en aanbid vir die volle grootheid van Sy Versoeningswerk…

hierstaanek: 10/10/2013 at 9:56 am

Johan, ek is heeltemal verward. Ek het geen idee hoe jy Jesus se versoeningswerk definieer nie.

Groete
Wynand

Johan Oosthuizen: 27/12/2013 at 2:42 pm

Net n regstelling, DIE WARE KERK GROEI, en die falses loop leeg! Volgens die WOORD sal elke boom wat NIE deur GOD geplant is nie, doodgaan?!

Johan Eerhardt: 10/10/2013 at 9:38 am

Ons moet almal eendag verantwoording doen voor die enigste Regter. Sterkte vir jou daarmee.
En: skaam jou vir jou swak insig, gebrekkige kennis, hoogmoed, verdagmakery en skindery.
Dis agv ouens soos jy dat die evangelie onverstaanbaar geraak het vir die moderne mens. Uiteindelik sit ons met onversoenbare uitsprake in die Bybel, ‘n verspotte wêreldbeeld en godsbeeld en kan ons nie meer Jesus as die gekruisigde in sy volle Grootheid verkondig nie, maar sit ons met ‘n gereduseerde godsbeeld wat veroorsaak dat geloof in ‘n individualistiese piëtisme verval.
Daarom sit ons kinders met ‘n “moralistiese teïsme” wat hulle al verder van die Waarheid van volle versoening wegneem.

hierstaanek: 10/10/2013 at 9:53 am

Hallo Johan

Dankie vir jou deelname aan die debat hier.

Natuurlik sit ons met ‘n Evangelie wat onverstaanbaar is vir moderne mense, “onversoenbare” (onversoenbaar met wat? Ek neem aan die “moderne wetenskap”) uitsprake van die Bybel, ‘n verspotte wêreldbeeld en godsbeeld.

1 Korinthiers 1:18 Die boodskap van die kruis van Christus is wel onsin vir dié wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God. 19Daar staan tog geskrywe:
“Die wysheid van die wyses sal Ek vernietig,
en die geleerdheid van die geleerdes sal Ek tot niet maak.”
20Waar is die wysgeer van hierdie wêreld nou? Waar die skrifgeleerde? Waar die slim woordvoerder? Het God nie die wysheid van die wêreld tot onsin gemaak nie? 21Dit was die bedoeling van God in sy wysheid dat die wêreld nie deur geleerdheid tot kennis van God sou kom nie. Daarom het God in sy goedheid besluit om deur die prediking wat vir die wêreld onsin is, dié te red wat glo. 22Die Jode vra wondertekens en die Grieke soek wysheid, 23maar ons verkondig Christus wat gekruisig is. Vir die Jode is dit ‘n aanstoot en vir die ander is dit onsin, 24maar vir dié wat deur God geroep is, Jode sowel as Grieke, is Christus die krag van God en die wysheid van God. 25Wat vir die wêreld die onsin van God is, is groter wysheid as die wysheid van mense, en wat vir die wêreld die swakheid van God is, is groter krag as die krag van mense.

Johan Eerhardt: 10/10/2013 at 10:09 am

“vir die ander is dit onsin?” Probeer jy daarmee iets erken? Dat die prediking van Christus soos in die NGK vir jou onsin is? Beteken dit dat jy jouself inreken by die groep Grieke wat “wysheid” soek, iets wat vir jou “sin maak”, eerder as om die groter Waarheid van die Onbegryplik Groot God te aanvaar, die onverklaarbare grootheid van Jesus se Versoeningsdaad te aanvaar?
Ek waardeer jou eerlikheid. Ek weer – ek moet maar getuig dat ek glo in God-drie-Enig, al verstaan ek dit nie altyd heeltemal nie, en dat ek glo dat baie dinge in hierdie werklikheid verkeerd is, al kan ek dit ook nie heeltemal verklaar nie (die storie van 2 mense wat die hele “huidige verganklike bestaan” veroorsaak het, kan ek nie juis verstaan of aanvaar nie).
Ek verstaan dat dit soveel makliker is om maar net al die “fundamentalistiese” Skrifgedeeltes aan mekaar te koppel en te aanvaar. Ten spyte daarvan glo ek die onsin van die onverklaarbare grootheid en misterie van ons Verlosser. Die Heilige Gees gee aan my die geloof in die “onsin” soos dit verkondig word in die NGK, al is dit onsin vir soveel ander wat nie kan verstaan dat ons nie alles aangaande God kan verklaar in mensetaal of mensewysheid nie.

hierstaanek: 10/10/2013 at 10:18 am

Johan, jy weet wat ek bedoel.
Die teistiese godsbeeld is vir mense onsin. Dit is wat heirstaanek verkondig teen die “wysheid” van panenteisme. Die maagdelike geboorte is vir mense soos Ben du Toit onsin. Hierstaanek verkondig die maagdelike geboorte teenoor die idee dat ons nie meer in ‘n wetenskaplike tyd sulke onsin kan glo nie. Die sondeval is vir mense soos du Toit onsin. Hierstaanek verondig die sondeval teenoor mense wat dit verwerp. Die liggaamlike opstanding van die dooies is vir mense onsin. Die bestaan van die hemel is vir mense onsin. (Ek verwys na Pieter Fourie, hoof uitvoerende beampte van Bybelmedia.) Die bestaan van die hel is vir mense onsin. Verlossing uit genade alleen deur geloof alleen is vir mense onsin. (Ek verys na NG Predikante wat in die openbaar verklaar dat mens nie bewustelik in Jesus hoef te glo om gered te wees nie.)

Met watter van hierdie onsinnighede van die evangelie stem jy saam?

Somerset (Sommie) Morkel: 10/10/2013 at 10:45 am

Vaderland, dat mens aan iemand wat bely dat hy ‘n gelowige is, so ‘n vraag moet vra… Mens: Jy is nie meer ‘n gelowige nie.. Jy is op pad ver heen. Mag jy terugdraai uit jou onsinnigheid.

Tommie Breitenbach: 10/10/2013 at 10:12 am

Satan se oervraag aan Eva, ‘n tydlose vraag : “Het God regtig so gesê?”, word – soos miskien in geringer mate deur al die voorafgaande eeue ook gevra (?) – ook vandag nog steeds gevra. Vandag vra Satan steeds dieselfde vraag aan gelowiges, en gebruik hy, op ‘n verraderlike wyse (wat herinner aan Judas, as een van die binnekring-dissipels, se verraad teenoor Christus Jesus) die teenswoordige kerkleiers en teoloë vir dié doel as sy spreekbuis. Vandag word dié vraag net effens uitgebreid, dog met dieselfde doel en strekking, geformuleer tot: “Het God regtig so gesê IN SY WOORD?” Ons ken Eva se “handelende antwoord” op Satan se vraag en die gevolge daarvan vir die skepsel sowel as die ganse skepping. Ook die huidige sinode gee uitdrukking in “handelende” vorm aan dié oervraag waarvoor dit ONTKENNING en AKKOMMODERING as diaboliese agente gebruik. Eva, en na haar ook Adam, se ongehoorsaam getuigende antwoord aan Satan se vraag, noem ons die “sondeval”. Wat sal ons die AS se antwoord op die vraag : “Het God regtig so gesê IN SY WOORD?” vandag noem – “En hy sal sit in die tempel van God en voorgee dat hy God is” – die Antichris wat die Liggaam van Christus kom vermoor?

Somerset (Sommie) Morkel: 10/10/2013 at 10:34 am

Uitstekend gestel, Tommie.
Die punt is, waar het hierdie akkommodering begin?
By die feit dat hulle nie meer Genesis 1-11 as openbaring aanvaar nie, maar as mite. Satan se woorde aan Eva is dus mitologies gesproke.
God se skepping ook.
Evolusie kom in… en die fondamente skuif..
Dryfsand kom in en die krake begin in die mure.
Veiligheid word gekompromiteer en die vyand kom in.
Dit begin eers by relativering, want die natuurlike mens wil nie ‘fundamentaslieties’ wees nie want dit klik soos ‘n vloekwoord vir Moslem-selfmoordbommers.
Hoe verder weg, hoe deurmekaarder word die filosfie en hoe relativeerder word aanvaar.
Dan volg beskuldigings van hoogmoed (soos hierbo) aan diegene wat die waarheid wil verdedig – nie beseffende dat hulle die hoogmoed hoog dra, want hulle weet beter as God se Woord..
Paulus, Petrus en Johannes Openbaring sou vir seker bv nie vir Ben du Toit as ‘n broer in Christus aanvaar het nie, maar hom waarskynlik onomwonde as ‘n verteenwoordiger van Satan beskryf het.
Hulle sou hom nie by kerkeenheid in die liggaam van Christus aanvaar het nie (soos Nelus Niemand en die Alg. Sinode dit doen).
Dit is aanduidend van ‘n kerk ver heen om vals kerk te wees.
Maar die post-moderne mens weet mos beter as diegene aan wie die Skrif geopenbaar is..
En weet ook beter as Jesus self (soos Ben du Toit – godsklasterlik – in sy boek oor Jesus se kennis van sake, skryf.)

Henrietta Klaasing: 10/10/2013 at 10:52 am

Die kerkleiers van vandag herinner vir my sterk aan Israel in Esegiël se tyd:

Eze 3:7-9 : Maar die huis van Israel sal na jou nie wil luister nie, omdat hulle na My nie wil luister nie; want die hele huis van Israel het ‘n harde voorhoof en ‘n ongevoelige hart. Kyk, Ek maak jou aangesig hard net soos hulle aangesig en jou voorhoof hard net soos hulle voorhoof. Jou voorhoof maak Ek hard soos ‘n diamant, harder as ‘n rots; jy mag nie vir hulle bevrees of vir hulle verskrik wees nie, omdat hulle ‘n wederstrewige huis is.

Henrietta Klaasing: 10/10/2013 at 11:00 am

Ek soek oral in die terug voering oor die AS, in die video’s van die AS op youtube, in opmerkings op Facebook, maar ek soek vergeefs na terme soos Jesus in sy MODELGEBED bid (Mat 6):

“LAAT U NAAM GEHEILIG WORD, LAAT U KONINKRYK KOM, LAAT U WIL GESKIED…”

eric swanepoel: 10/10/2013 at 11:21 am

Ek het nog nie al die reaksie hierbo gelees nie…so ook nie alles wat ek hoor die sinode besluit het nie. Ek self is ‘n predikant in die NG Kerk en wil tog graag pleit dat mense nie ‘n streep deur almal in die NG Kerk moet trek nie. Daar is steeds van ons Vader se kinders vir wie Hy Sy lewe gegee het in ons kerke. Ek is meer as 100% oortuig dat elke woord in die Skrif uit die mond van die Vader kom. Dat alles daaraan onderworpe is, dat dit die finale gesag het en dat wanneer alles sal vergaan, die Woord steeds in sy volheid sal voortleef. Mag die Vader verhoed dat ek in my menslikheid op enige wyse ooit daaroor twyfel. Wat die werklikheid van die vyand betref: Die Here het my die voorreg gegee om ‘n vriend op skool te kon hé wat betrokek was by satanisme. Hier het die Gees van God dinge aan my gewys wat ek nie met my menslikheid ooit sal kan verstaan nie, wat die wetenskap, medisie en sielkunde nie kan verklaar nie, maar ek het met my eie oë gesien hoe die Woord van God (Bybel) ‘n mens wat beheer word deur ‘n bose gees kan brand dat die brandmerk op sy been sit. Die Bybel is die onfeilbare Woord van die Lewende God. Daar is dank die Here steeds BAIE predikante wat hierdie standpunt het ongeag wat wie daar bo hieroor te sê het.
Bid asb vir ons in die NG Kerk! Weerhou jou asb om saam almal net gal braak en kom ons staan by die wete…God will be the Judge. Vrede vir julle almal, eric

hierstaanek: 10/10/2013 at 12:30 pm

Eric

Dankie vir jou bydrae.

Ek persoonlik glo die meeste predikante in die NG kerk se teologie is reg. Maar ek dink die leierskap, sinode en kweekskole is gekaap deur mense wat nie die Gereformeerde geloof aanhang nie. Hulle is nader aan die New Age as aan die Evangelie. Dit is juis vir die in die NG Kerk wat steeds in die liggaam van Christus is wat hierdie webwerf bestaan.

Johan Oosthuizen: 27/12/2013 at 2:47 pm

Ja jy is reg, hulle “teologie” is reg , maar bitter min van hulle weet wie DIE HEILIGE GEES IS.! En sonder Hom weet jy niks!

Henrietta Klaasing: 10/10/2013 at 12:43 pm

Hierstaanek sê: “Kweekskole is gekaap” Om daarby aan te sluit: “Vandag se kateder-teologie is môre se kansel-teologie” ( Johan Kriel) – dit is alreeds besig om te gebeur. Daar is ‘n ander plasing op hierdie werf waar die moderator in ‘n video melding maak van pogings om dinge te verander wat al van vér af kom ( “oor tien-vyftien jaar” is die tydperk wat genoem is) en dit lyk asof hy nogal hoog in sy skik is dat “sukses” nou eindelik in sig is.

Henrietta Klaasing: 10/10/2013 at 12:45 pm

Die aanhaling van Johan Kriel kom uit JUIG! uit en is in 2008 al gemaak ( sowat 5 jaar gelede):

http://www.juig.co.za/article.php?id=20

Somerset (Sommie) Morkel: 10/10/2013 at 3:25 pm

Hier is ‘n berig vandag op news24.com: Die NGK behoort iemand te stuur om te getuig dat dit net kinderspeletjies was: http://www.news24.com/SouthAfrica/News/Sex-was-discussed-before-satanic-ritual-20131010?utm_source=news24-pm-newsletter&utm_medium=email&utm_campaign=Newsletters

Somerset (Sommie) Morkel: 10/10/2013 at 4:32 pm

En hier is ‘n veelseggende stuk in opsomming: http://chantrynotes.wordpress.com/2013/10/09/ten-marks-of-a-false-ministry/

marlize: 11/10/2013 at 7:34 am

mense wat sulke leuns aanvaar en glo verdien om mislei te word en in die laaste dae sal mense verlei word, wanneer gaan julle wakker word en die waarheid sien, lees net jou bybel en glo in God dis so hartseer hoeveel mense sulke leuns glo i.p.v die bybel en waarheid boekke maar verkies die duiwel se leuns hy lag lekker en oorwin die christelike mense hulle kies die duiwel as hulle vader. ai si harseer my hart bloei vir sulke mense maar hulle verkies en wil verlei en mislei word.

Somerset (Sommie) Morkel: 11/10/2013 at 9:56 am

In die kol, Marlize. Paul Washer het gese die dwaling is God se oordeel op die mense omdat hulle hoor wat hulle graag wil hoor.. (soos die Skrif dit stel). Luister hier, net die eerste minuut is so duidelik soos dgalig…: http://www.youtube.com/watch?v=igKhXFAfnzI

Henrietta Klaasing: 11/10/2013 at 11:20 am

Marlize, daar is ouer mense ( soos pensionarisse) wat regtig nie geld het om koerante te koop nie en nie internet of slimfone kan bekostig nie – hulle WEET regtig nie wat aangaan nie! Dit is hulle wat hulself te kort sal doen om elke maand hul “tiende vir die kerk” te betaal – ek wéét want ek het deur die jare sulke mense met huisbesoek as diaken ontmoet. Dit is vir en namens HULLE wat ek alles op die spel sit om die dwalings uit te wys.

Henk Gous: 11/10/2013 at 4:36 pm

Ek is jammer om met die enorme eensydige veroordeling hierbo te verskil. Ek wil my Gereformeerde Bybelhantering verduidelik aan ie hand van n ander voorbeeld.
-Jesus was ten volle bewus van die fisika en weerstelsels toe hy die wind en see aangesprek het (Mt.8:26). Hy het nie daarmee vir ons gebind om te glo dat die winde persone is en die see Neptunus nie. Nee, Hy het in sy wysheid gepraat in die taal en denkkonsepte van sy tyd sodat die mense van sy tyd in Hom kon glo. Vir voorwetenskaplike mense praat Hy voorwetenskaplike taal.
-Netso het Jesus die satan as persoon aangepreek soos die mense van sy tyd gedink het sonder om my daardeur te bind om die boosheid in die Skepping te personifiseer of persoonlike demone uit elke sieke uit te dryf.
Vir my, met die wetenskap van my tyd, glo ek steeds 100% dat Jesus die betroubare Seun van God is, maar sonder om te hoef glo dat sy tydlose evangelie ook tydlose wetenskap is. Ek dink die insinuasies van Dr Louw hierbo asof die Sinode Bybeltekse gaan verwyder, is kwaadwillig en ignoreer die uitgeproke respek wat die Algemene Sinode elders in die Bybel as God se woord in mensetaal uitgepreek het nie

hierstaanek: 11/10/2013 at 5:22 pm

Henk, in alle liefde en respek, jou hermeneutiek is swak. Jy bring hier twee tekste in verband wat geen verband het nie.

Oor die storm:

1) Die dissipels het ‘n teistiese wereldbeeld gehad. Hulle het nie gedink die weerstelsels kan Jesus hoor nie. Hulle het ook nie gedink die weerstelsels word deur geeste of Neptunus beheer nie. Gaan lees asb die Ou Testament, veral die Psalms en die boek Job, as jy wil weet wie die Jode geglo het die weerstelsels beheer. Hulle het geglo slegs God en niemand anders nie beheer die weerstelsels. (En ek wil net noem, ek is ‘n opgeleide wetenskaplike en ek glo dat God almagtig en soewerein is, Hy is die Skepper van die natuurwette en kan daarom natuurlik in die natuur wat Hy geskep het ingryp. My wereldbeeld is dus identies aan die van die boek Job. Dit is interessant dat mense soos teoloe wat geen benul van wetenskaplike denke het nie, dikwels nie in ‘n almagtige Skepper God kan glo wat wonderwerke kan doen of die natuur kan bestuur nie, terwyl wetenskaplikes dit as ‘n logiese gegewe aanvaar.)
2) Jesus vertoon Sy mag deur ‘n woord te spreek.
3) In respons op Sy woord word die storm stil
4) Dit bewys Hy is God omdat slegs God die wind kan verander. En die dissipels sien dit so en aanbid Hom.

Die rede hoekom Hy praat is nie omdat hy dink die dissipels dink die wind kan Hom hoor nie (hulle glo Go beheer die wind) maar omdat Hy daarmee demonstreer dat Hy die agent is wat die storm laat bedaar.

Jou onkunde oor wat die Bybel oor die verband tussen siektes en demone leer is ontstellend in die lig daarvan dat jy so ‘n uitgesproke opinie daaroor het. My urologie prof het altyd gese ‘n mens se opinie is net so goed soos jou inligting. (Hy was ‘n Christen wat geglo het demone bestaan – en ‘n mediese wetenskaplike.)

Ek katenpyst ‘n uitreksel uit my resensie van Ben du Toit se boek hier in:
https://hierstaanek.files.wordpress.com/2012/02/ben-du-toit-resensie.pdf

Wat van die duiwel?

Die bestaan van die duiwel is ‘n logiese onmoontlikheid in panenteïsme. Onthou dat elke geskape wese in wese God is. Daar kan dus nie so iets soos ‘n totaal bose wese bestaan in panenteïsme nie. Ek glo dus die rede waarom du Toit en ander die bestaan van die duiwel ontken, het niks te doen met skrifuitleg of die feit dat dit tot die “pre-moderne denkstruktuur behoort” (bl 123) nie, maar alles te doen met sy panenteïsme.

Du Toit gee ‘n vals voorstelling oor wat die Bybel oor die duiwel leer.

1) Die vals voorstelling van animisme.
“ …behoort dit duidelik te wees dat die wêreld en lewensbeskouing waar alles verklaar word in terme van die stryd tussen God en die Bose (of duiwel) tot die premodene denkstruktuur behoort. […] Intussen het dit duidelik geword dat die ervarings of gebeure of toestande wat in die premoderne tyd aan hierdie stryd tussen goed en kwaad toegedig is, nou verklarings het: Dit is nie die duiwel wat mense siek maak, aarbewings laat plaasvind, mense geestelik
versteur, oorloë laat uitbreek, mense mekaar laat haat, doodmaak of dergelike dinge nie.” (bl 123)

Daar is omtrent 80 verwysings na duiwels en demone in die Nuwe Testament. In 11 hiervan word die onderskeid baie duidelik getref tussen duiwelbesetenheid en natuurlike siektes.

Mat 4:24: Die mense het toe die siekes met allerhande kwale en pyne, dié wat in die mag van bose geeste was, geestelik versteurdes en verlamdes na Hom toe gebring, en Hy het hulle gesond gemaak.

Let op dat geestelike versteurdes/epileptici hier apart genoem word van duiwelbesetenheid. Dit is dus volgens die Bybel twee verskillende toestande.

Mat 10:8 Maak siekes gesond, wek dooies op, reinig melaatses en dryf bose geeste uit. Julle het dit verniet ontvang, gee dit ook verniet.
Mark 1:32 Toe dit aand geword het en die son al onder was, het die mense al die siekes en dié wat in die mag van bose geeste was, na Hom toe gebring.

Hier is siekes wat genees moet word en duiwelbesetenheid weer twee afsonerlike kategorieë. Sien ook Mat 8:16, 10:8, Mark 16:17, Luk 4:40, 9:1, 13:32, Hand 19:12. Epilepsie word slegs in een geval van duiwelbesentenheid gespesifiseer. Daar word op ander plekke duidelik onderskeid gemaak tussen duiwelbesetenheid en epilepsie wat nie deur demone veroorsaak word nie. In meeste vertalings van Mat 4:24 word verwys na epileptici – mense wat konvulsies kry, terwyl die NAV die woord “geestelike versteurdes” gebruik.

Du Toit se voorstelling dat die mense van Jesus se tyd geglo het dat alle siektes deur die duiwel veroorsaak was is dus eenvoudig vals. Dit is ‘n strooipop wat hy opstel om af te skiet en dan te vervang met sy “wetenskaplike / post-wetenskaplike” wêrelbeeld waar ons nou sou weet dat siektes deur kieme veroorsaak word. As sodanig is dit dus geen geldige argument dat die duiwel nie 27 bestaan nie.

Ek moet ook hier noem: Ek is ‘n mediese spesialis, en ek staan elke keer verstom as ek lees oor die reinigingsgebruike in die ou testament. Die rituele vir geestelike reiniging in die ou testament was altyd besprenkeling met bloed of water gemeng met as. Maar waar daar kans was dat ‘n werklike bakteriële infeksie oorgedra kon word, was die voorskrif van reiniging altyd om te bad! Voorbeelde hiervan was velsiektes, na geslagsgemeenskap, na kontak met dooies ens. Die enigste situasie waar ‘n persoon moes bad as reiniging waar verspreiding van bakteriele infeksie moontlik nie ‘n rol kon speel nie was na die verbranding van die rooi verskalf. Maar ‘n mens kan jou indink hoe ‘n persoon wat ‘n hele bees moes verbrand sou stink na die tyd!

Is dit toevallig, of het Moses dalk iets geweet van infeksie wat Robert Koch en Louis Pasteur eers in die 19e eeu sou ontdek?

Henk Gous: 11/10/2013 at 5:29 pm

Ek verskil van u uitleg van die dissipels se wereldbeeld.
Ek verdedig nie Ben du Toit se standpunt nie. U het hom reeds aangekla hieroor en die kerklike uitspraak gehoor, maar waarskynlik nie aanvaar nie.
Ek verkwalik u ernstig oor u oordeel oor die Algemene Sinode.

hierstaanek: 11/10/2013 at 5:41 pm

Henk, die algemene sinode veroordeel hulle self.

So jy beweer die dissipels het NIE die Ou Testament geglo nie?!!?

Asseblief Henk. Mense wat beweer die duiwel bestaan nie sê dit omdat hulle panenteiste is. DIt het ABSOLUUT niks met Bybel uitleg te make nie.

Henk Gous: 11/10/2013 at 6:16 pm

n Laaste reaksie want ek word beskuldig van iets wat ek nie gese het nie (dissipels glo nie in OT)
Ek plak net weer die woorde van die Algemene Sinode in wat u self hierbo aangehaal het: “Albei standpunte erken die realiteit van die Bose.”

hierstaanek: 11/10/2013 at 6:35 pm

Henk, ek het gesê die dissipels se wereldbeeld was gebasseer op die Ou Testament, spesifiek die Psalms en die boek Job,

Jou antwoord was: “Ek verskil van u uitleg van die dissipels se wereldbeeld.”

Dan HET jy mos gesê hulle het nie in die Ou Testament geglo nie?? Hoe verstaan ek dit nou?

Daar is ‘n verskil tussen die duiwel en die “dark side of the force”. Dit is twee onverenigbare wereldbeelde. Die stelling dat mense wat die bestaan van die duiwel ontken dieselfde wereldbeeld met ortodokse Christene deel is liederlike misleiding. Die een is teisties en die ander panenteisties. (Lees New Age)

Somerset (Sommie) Morkel: 11/10/2013 at 6:53 pm

Henk Gous praat van die “enorme eensydige veroordeling”.
Die probleem met moderne teoloee is dat hulle reeds so ver weg geskuif het van die basis vd waaheid vd Woord van God, en dat hulle eerder die gesag van filosowe en teoloee en akademies-geleerdes aanvaar as wat hulle aanvaar dat die Skrif OPENBAREND is van begin tot einde.
Mens moet dus vanuit die Skrif kyk na die wereld, nie vanuit die wereld na die Skrif nie.
Die Woord van God spreek tot die weeld – nie andersom nie.
Maar hierdie teoloee het reeds so ver gegly en hulle denke is reeds so ver gekorrupteer dat hulle nie meer weet waar die vastigheid is nie – alles word relatief.
Hulle glo natuurlik nie so nie – want hulle is verblind.
Dit is reeds deel van God se oordeel oor hulle en oor hulle volgelinge, omdat hulle in hul akademiese arrogansie die woorde van mense erken bo die Woorde van God.
Soos Ben du Toit (tans die hoof-filosoof-guru vd NGK), tas hulle selfs die Seun van God se gesag aan – en se hulle in wese Hy het gelieg aan Sy mense omdat Hy in hulle wereldbeeld gepraat het, en nie in die werklikheid nie..
Dit terwyl Jesus nie geskroom het om die waarheid onder alle omstandighede te praat nie..
Hy IS immers die waarheid.
Hy het Sy beelde en gelykenisse ALTYD vir Sy dissipels verduidelik – sou Hy dit hier nie ook gedoen het nie?
Dat Hy met Sy mense i.t.v. ‘n persoonlike figuur (die duiwel) sou praat terwyl die duiwel nie bestaan nie, is verregaande teologiese twak wat alleen deur misleide teoloee geuiter kan word..
Dit maak mens kwaad dat hierdie misleide teoloee ook ander mislei – en in die proses Jesus Christus tot ‘n leuenaar maak.
Dit is verfoeilike teologie.
En dit is NGK-teologie.
Dit sou Henk Gous et al loon om hul ore en hulle oee oop te maak, en hulle te bekeer van hulle dwaalwee, voordat hulle as teoloee wat ander mislei het, voor ‘n God sal staan wat werklik ‘die enorme eensydige veroordeling’ op hulle sal toepas.
Jesus, die Apostels en die profete het baie minder geduld met die liberalistiese vals profete gehad as wat ons met hulle het.
Maar hulle glo dit mos nie – daarom sal daardie einste Woord hulle oordeel.
Ek dink aan ‘n ander teoloog wat gese het: “Kein moderner Theologe wird in den Himmel kommen” (Dr Kurt Koch).
Hy was ‘n man wat geweet het wat die duiwel en sy demone aan die mensdom doen.
Mense wat die Waarheid vd Woord glo, moet toesien wat hy – die Satan – aan die NGK doen en hoe suksesvol hy is daarmee.
Die Sataniste lag hulle dood vir die NGK wat so naief is – en hulle as Sataniste se saak/koninkryk help deur die dwaalteologie wat in die kerk groei – tot so ‘n mate dat dit selfs deur die Alg Sinode aanvaar is.
En dan moet ons stilbly?
Dink weer, Henk Gous..

Henk Gous: 11/10/2013 at 7:59 pm

Beste Sommie, Dis baie baie sleg vir my om so onbillik en verkeerd geoordeel te word. Lees weer asb: “Albei standpunte erken die realiteit van die Bose”. Maar lees gaan beslis nie help nie. Ek sal graag met jou wil oog tot oog gesels. Ons het mos n band uit die verre verlede

hierstaanek: 11/10/2013 at 8:03 pm

Henk, die probleem is dat daardie stelling liederlik misleidend is. Mense wat dei bestaan van die duiwel verwerp doen dit omdat hulle ‘n panenteisitese wereldbeeld het, terwyl mense wat die bestaan van die duiwel aanvaar ‘n Bybelse en teistiese wereldbeeld het. Daar is dus GEEN RAAKPUNTE tussen hulle onderskeie sienings van die bose nie. Ek weet nie of jy net onkundig is en of jy ‘n panenteis is nie. Maar ek kan dit vir jou se: Panenteisme is onverenigbaar met die Evangelie. As jy meer inligting wil he lees my artikel oor dwaalleer in die NG Kerk.

Gerda: 11/10/2013 at 7:21 pm

Die sinode kan maar net sowel se God is n scam en leuenaar. Wow. Hoe kan julle beweer dat Jesus lieg? Sjoe ek kry julle jammer, want so slim maar tog so dom.

Jaco: 13/10/2013 at 6:08 pm

Tipiese NG Godsdiens……

hierstaanek: 13/10/2013 at 7:31 pm

Nee Jaco, ek wil graag in liefde van jou verskil. Dit is nie tipiese NG godsdiens nie. Tipiese NG godsdiens word vervat in die Drie Formuliere van Eenheid. Hierdie is plein kommin dwaalleer – en hoort nie in die NG kerk nie.

Johan Oosthuizen: 27/12/2013 at 2:54 pm

Die eerste en grootste problem van die drie susters kerke is JUIS die Drie Formuliere van Eenheid. Dit is mensgemaak en lyn nie op met GOD SE ONVEILBARE WOORD NIE!! Kry hulle terug in eenvoud en weg van “godsdiens pleeg” dan sal alles regkom!

hierstaanek: 04/01/2014 at 2:22 pm

Johan, die Drie Formuliere stem absoluut ooreen met die Woord van God.

Ja dit is mens gemaak en dit is nie die Woord van God nie. Maar dit is nie waaroor dit gaan nie.

Ons glo nie in die Drie Formuliere nie. Ons bely in die Drie Formuliere wat ons glo.

Johan Oosthuizen: 04/01/2014 at 5:20 pm

Jy moet dan net vir my n paar kwessies opklaar. As jy se dit lyn op met DIE WOORD dan het ek n paar vrae.
1) Die WOORD se in kort- gaan en maak Dissipels en DOOP hulle !
Jy kan NIE van n baba n dissipel maak nie!!Hoe doop jy jou beskuit? Druk jou vingers in die koffie en sprinkel die beskuit?

2)JESUS het vir Johannes n boodskap gestuur -Die blindes sien , die dowes hoor, die lammes loop en en die armes hoor die BOODSKAP.
In 44 jaar in die NG Kerk het ek nog nie EEN van die bg. sien gebeur nie??
En toe ek die vraag oor die olie vra -in Jakobus 5- word daar vertel ek mag dit nie letterlik opneem nie!

3)Hoekom , nadat ek Wedergebore EN gedoop is-
( net opklaar , dit was n BEKERINGSDOOP!) Party anties sal dit verkeerd opneem as jy vir haar se jy wil haar GROOT doop! HA HA. – Het JESUS mense waarvoor ek gebid het EN met olie gesalf het genees van ,beroertes , kanker,gebreekte bene, gebarste maagswere, blindheid doofheid ens? Let wel – ek se JESUS het hulle van die kwale genees NIE ek nie!!

hierstaanek: 04/01/2014 at 5:38 pm

Johan

Wou jy gehad het Jesus moes sê “Gaan en maak dissipels en BESNY hulle”? (Dit was wat die Jode sedert die tyd van Abraham gedoen het wanneer hulle mense in die geloof van Yahwe ingelei het). Jesus se bevel om te doop was ‘n radikale afwyking van die normale modus operandi van die kinders van God wat mense tot bekering gelei het tot op daardie punt.

(O, en wanneer hulle ‘n nuwe bekeerling besny het is sy manlike kinders ook besny.)

Vergelyk Romeine 4: “Deurdat Abraham geglo het, het God hom vrygespreek.” 10Wanneer het dit gebeur? Toe hy reeds besny was of toe hy nog onbesnede was? Dit was nie toe hy besnede was nie, maar toe hy nog onbesnede was. 11Hy het die besnydenis as ‘n teken ontvang. Dit is ‘n seël wat bewys dat God hom vrygespreek het deurdat hy geglo het toe hy nog onbesnede was.

Abraham is besny AS TEKEN VAN SY GELOOF! Soos wat enige nuwe bekeerling tot die Joodse geloof daarna ook besny is aas teken van sy geloof.

Kyk nou wat sê Paulus in Galasiers 3: 27want julle almal wat deur die doop met Christus verenig is, het nou deel van Christus geword. 28Dit maak nie saak of iemand Jood of Griek, slaaf of vry, man of vrou is nie: in Christus Jesus is julle almal één. 29En as julle aan Christus behoort, is julle ook nakomelinge van Abraham en erfgename kragtens die belofte van God.

1) Die doop is die teken dat ons deel het aan Christus. (2)Omdat ons in Christus is is ons ingesluit in God se verbond met Abraham.

Met ander woorde die Doop is die teken dat ons deel is van God se verbond met Abraham.

Die logiese argument is waterdig en onvermydelik. Dit bevestig sonder enige moontlike teenspraak (Plaas jouself maar onder die gesag van God se Woord!) dat die doop die teken is van ons insluiting in God se verbond met Abraham.

En omdat kinders besny is moet die babas van gelowiges gedoop word.

As jy nie Verbondsteologie verstaan nie (Die korrekte interpretasie van die Skrif) sal jy ook nie die Verbondsdoop verstaan nie. As jy God se soewereine genade verwerp soos die meeste Charismatiese kerke vandag doen sal jy ook nie die verbondsdoop verstaan nie. So, ek weet nie waar jy teologies staan nie, so miskien help dit nie ek wys vir jou die tekstuele bewysplase nie.

Charmaine: 07/01/2014 at 12:58 pm

Met groot liefde wil ek vra: wys my asb net een plek in die Skrif waar ‘n kind/baba “gedoop” is, want as die besnydenis bloot vervang is deur die suigeling doop- moet ons tog lees dat die eerste Christene hulle kinders tempel toe geneem het om te laat doop. Christus was tog as ‘n joodse seuntjie besny … waarom het Hy hom laat doop (onderdompel) in die Jordaan ?

hierstaanek: 07/01/2014 at 2:29 pm

Waar word gesê dat kinders NIE gedoop moet word nie? Die vraag is nie so belaglik soos dit klink nie, omdat, soos ek hierbo uitwys, die doop die besnydenis volgens Paulus vervang het. (Gal 3). Jesus se doop was iets anders as ons s’n. Die Bybel sê nie Jesus was onderdompel nie. Dit is gewoon swak eksegese om so iets in die Bybel in te skryf. Gelowige Jode is gedoop om onder andere hulle oorgang na geloof in Christus te wys (Soos Abraham besny is om sy geloof te bewys). Maar hierdie webwerf is nie oor die doop nie, so ek sluit die gesprek hiermee af.

Pastor JW WEPENER.: 13/10/2013 at 7:54 pm

Wat
dink Julle doen julle!!!!!!
God is Sovereign, Ek kan net jammer wees vir julle.

jeanette dreyer: 13/10/2013 at 8:19 pm

Ek kan nie glo wat ek hier lees nie! Jesus word afgetakel! Nou wil n gedeelte in die Bybel verwyder ook word! Ag nee man! Die bybel is al soveel keer verander om by die mensdom aan te pas! Dis deur God geskryf! Los dit soos dit is! Dis skokkend om die te lees! Jesus is God, dus kan Hy nie afgetakel word deur te se dat hy nie insig gehad het nie! Ek bid dat dr de wet insig sal kry om te besef Jesus is God!

Christina: 13/10/2013 at 8:22 pm

En so staan die Saduseers en die Fariseers saam en besoedel die Tempel. Warom word die Sinodes nog geduld? Hulle was jare terug in die 60’s en 70’s al uitgedien nou vra ek elkeen wat kla oor hulle WAT het julle gedoen om hulle totaal te verban/verwyder en van hulle sogenaamde “geleerde”outoriteit te ontneem? Die kerk is net wat sy lidmate voor stem en toelaat want die kerk is die lidmate maar dis ook ‘n besigheid soos enige ander besigheid wat geld maak uit die lede. In besigheid wanneer die top bestuur faal word daar vinnig van hulle skewe bestuur ontslae geraak waarom duld die “lede” dan hierdie bestuur en organisasie want dit is al wat dit is? Mense staan op vat die sweep en keer die tafels om jaag die duiwels uit die voorhowe van die Tempel of staan stil en bly stil aanvaar dit en leef daarmee saam om te kerm doen niks aan die saak nie
!

Gerhard: 13/10/2013 at 10:06 pm

Watter sogenaamde insigte sou Ben du Toit reken het ons vandag wat Jesus nie gehad het nie…? Jesus is ook God en is dus alwetend. Of glo du Toit nie in die almag en alwetendheid van God nie..??

hierstaanek: 13/10/2013 at 11:18 pm

Hier is ‘n uittreksel uit sy boek:

“ …behoort dit duidelik te wees dat die wêreld en lewensbeskouing waar alles verklaar word in terme van die stryd tussen God en die Bose (of duiwel) tot die premodene denkstruktuur behoort. […] Intussen het dit duidelik geword dat die ervarings of gebeure of toestande wat in die premoderne tyd aan hierdie stryd tussen goed en kwaad toegedig is, nou verklarings het: Dit is nie die duiwel wat mense siek maak, aarbewings laat plaasvind, mense geestelik versteur, oorloë laat uitbreek, mense mekaar laat haat, doodmaak of dergelike dinge nie.”
(bl 123)

Wat hy beweer is dat die 1e eeuse Jode animiste was en gedink het bose geeste veroorsaak siekte en natuurrampe. Vandag weet ons siektes en natuurrampe het natuurlike oorsake, ons hoef dus nie meer in bose geeste te glo nie.

Daar is 2 moontlike afleidings wat mens kan maak:
1) Jesus was net so onkundig soos al die ander: Dit is die siening van baie liberale teoloe vandag.
2) Henk Gous het hier ‘n ander voorstel gemaak: Jesus het gelieg omdat sy dissipels stupid was. Hy het dus met hulle kommunikeer in hulle eie idioom.

Beide hierdie verklarings is onaanvaarbaar, want die Christus wat mens geword het is verseker nie ‘n leuenaar of onkundig nie.

chris: 14/10/2013 at 6:07 am

Die mens wat dink hy is groter as Jesus is nie alleen belaglik nie, maar is uiters verwaand! Jul sal verantwoording moet doen eendag!!

Somerset (Sommie) Morkel: 14/10/2013 at 7:33 am

Hierdie mense soos Ben du Toit en sy filosofiese volgelinge (wat die totale boonste leiesrkp vd NGK insluit) en Henk Gous tas die gesag van Christus Jesus aan, en stel dit so dat die openbaring as die Seun van God onvolledig was.
Jesus was dus beperk in sy kennis, is hulle premisse.
Indien dit so was dat Jesus ‘n ‘fout’ gemaak het (by implikasie) om bv oor die duiwel as ‘n persoon te praat, of as hy aan sy dissipels gelieg het daaroor deur hulle te mislei deurdat Hy vir hulle aangedui het dat die duiwel wel bestaan, en dat Hy vir hulle geasag gegee het sodat hulle duiwels kon uitdryf – wat maar net mities was – dan kan Hy nie die Seun van God wees nie.
Dan is Hy nie die sondelose mens-God wat vir ons redding kon bring nie.
Dit tas die Seun van God aan.
Dit is juis wat Satan wil bereik, want as mens nie in die sondelose Seun van God, gebore uit ‘n maagd, glo nie, kan jy NIE GERED word nie.
Hierdie teoloee (Ben du Toit et al) is dus instrumente in die hand van Satan (wie hulle in hulle misleiding nie glo bestaan nie).
Hulle bring dus volgens Paulus ‘N ANDER VANGELIE..
Paulus speel nie hiermee nie:
Is sy woorde nie “Laat hulle ‘n vervloeking wees’ nie?
Dis erg…
Johannes skryf dat mens met hierdie mense nie moet fellowship nie – hulle nie eens groet nie…
So koffie drink met hulle is UIT – behalwe as mens geroepe is om hulle in profetiese bediening uit te wys en te waarsku dat hulle VALS PROFETE IS en onder die oordeel van God is omdat hulle JESUS CHRISTUS DIE HERE misken..en Sy beeld aftakel in hul teologiese arrogansie
Kan ons ‘n ander pad loop?
Nee…
Daar is nie ‘n ander pad nie.
Geen kompromie met die misleiding nie.
Laat hulle voortgaan van erg tot erger, want hulle luister nie.
En moenie tyd mors met hulle in persoonlike gesprekke nie – dit is die bybelse opdrag.

Somerset (Sommie) Morkel: 14/10/2013 at 7:35 am

Verskoon asb my spelfoute in die stuk… ek was biki haastig..

Henrietta Klaasing: 14/10/2013 at 8:03 am

Sommie, vir die meeste van hulle is Jesus net ‘n historiese figuur , soos die ouens van die Jesus Seminar waarvan Andries van Aarde, skrywer van “Fatherless in Galilee” een van die voorbokke is . Hulle glo wel dat Hy ‘n navolgenswaardige figuur was/is , tot by Sy kruisiging. Daarom sal hulle skaamteloos vir jou sê : “Maar ek GLO in Jesus!” – my vraag is: “WATTER JESUS?” . Die Seun van die lewende God, God self, wat uit ‘n maagd gebore is, wonderwerke gedoen het en opgestaan het uit die dode, is nie vir hulle nie. Vir hulle is daar geen transendentale werklikheid, ‘n geestes-dimensie nie. Mens wonder hoe sien hulle die Heilige Gees?

Somerset (Sommie) Morkel: 14/10/2013 at 8:50 am

Hen:
Jy spreek ‘n KERNSAAK aan:
Watter Jesus?
Hulle bring ‘n ANDER evangelie, daarom juis is hulle volgens Paulus ‘n vervloeking.
Dis erg.
Maar hulle weet dit nie, want hulle is tragies mislei en hulle is misleiers wat ander mislei
(Onder invloed vd Groot Misleier wat hulle glo bestaan nie..
Juis daarom word hulle so maklik mislei want hy werk met hulle en hulle denke, sonder dat hulle dit weet.)
Die Jesus waarin hulle glo, is ‘n vals een – dit is nie die Jesus Christus Seun van God soos in die Skrifte geopenbaar nie.
Die Skrifte is ook duidelik daaroor dat dit moet gebeur voor Hy weer kom, so hierdie is dit wat moet en sal en besig is om te gebeur.
Hulle is ongelukkig diegene wat in daardie program van God, die onderspit sal delf a.g.v hulle arrogansie oor die Seun van God, en daarmee hulle devaluasie vd ware evangelie.
Die wonder is, God haal tog enkeles uit die dwaalweg van misleiding:
Prof. Dr Eta Linneman het vrygekom en ‘n waardevolle boek geskryf wat ek besit: “Wetenschap of Vooroordeel?”:
Wikipedia skryf oor haar:
“Linnemann caused a stir in 1978 when, due to a conversion experience in November 1977 according to her own statement, she renounced the historical-critical method, and asked readers destroy her previous publications.[2] From 1983, at the age of 60, she departed Germany for Indonesia to train pastors at the Theological University of the Indonesian Mission community in Batu.”
Sy het voorheen saam met Rudolph Bultmann gewerk – en sy denke met haar bekering verwerp – en teuggekeer na die Skrif as Waarheid.
Een kritikus skryf:
“Dr. Linnemann, voormalig leerlinge en volgelinge van Rudolf Bultmann geeft in dit boekje rekenschap van haar omkeer, een omkeer die een volstrekte afwijzing betekent van de theorieën van Bultmann c.s. en van het historisch-kritisch bijbelonderzoek in het algemeen. Ze laat zien dat deze methode op tal van vooronderstellingen berust, ontleend aan de filosofie die een onbevangen luisteren naar de Schrift in de weg staan. Het boekje heeft de verdienste dat het door een aantal onbewezen hypothesen heenprikt en laat zien dat de gangbare methoden stellig niet waardevrij zijn.”
Net so, kan mens hoop dat hierdie verdwaalde teoloee vd NGK sal terugkeer na die Waarheid van Christus Jesus soos geopenbaar in Sy Woord.
Maar BEKERING is nodig daarvoor, nie AANPASSING nie.
BEKERING is ommekeer..
KOERSAANPASSING lei steeds na die verderf..
Sal dit nie wonderlik wees as die dag aanbreek dat Ben du Toit et al, soos Eta Linnemann, vra dat al hul vorige akademies/filosofies-hoogstaande en erkende werke, boeke en artikels verbrand moet word nie?
Eta Linnemann het getoon dat dit wel moontlik is…
Prys die Here, want Sy wee is volmaak..

Henrietta Klaasing: 14/10/2013 at 9:30 am

Sommie ek dink “mode-denke” is ‘n ander faktor en jy weet mos van “liewer-dood-as-uit-die-mode” … :))

Voeg daarby die afgodiese navolging van “die wetenskap” dan het jy ‘n resep vir ‘n ramp. Fisiese wetenskap wil nie die metafisiese erken nie ( die “bo-wetenskaplike/bo-natuurlike”) , soos Jesus se wonderwerke of dat die duiwel aan Hom verskyn het en daar ‘n gesprek tussen hulle plaasgevind het met Sy versoeking in die woestyn nie.

Dan kraak hul ook behoudendes af met terme soos “fundamentalisties” , “agtergehaalde wêreldbeeld” en soos Ben hier bo se woorde “premoderne denkstruktuur”. Wie wil nou SO wees??!!

Die deursnee lidmaat glo graag dat die professore , dosente en kerkleiers oor die algemeen, oor meerdere kennis beskik en wanneer hulle nog boonop pryse kry vir hul skrywes ( soos Ben du Toit wat die Andrew Murray prys gekry het vir die boek waaruit hierstaanek aangehaal het) word hierdie denke versterk.

‘n Ander faktor is dat die deursnee lidmaat nog vrede moet maak met die idee dat mens nie “dislojaal” is as mens kritiek teen “die kerk” en by name die leiers van die kerk, uitspreek nie.

Verder word mens dinge soos “liefdeloos” toegeslinger … ek sou dink dit is JUIS liefdeVOL om besorg te wees – bo en behalwe dit is mens gehoorsaam aan die Woord wat gelowiges oproep om te stry teen valse leringe.

Somerset (Sommie) Morkel: 14/10/2013 at 11:08 am

Hier van toepassing is Charles H Spurgeon se stelling: “The mind of God is greater than all the minds of men, so let all men leave the gospel just as God has delivered it unto us.” CHS.

marlize: 14/10/2013 at 12:59 pm

Ek neem aan dat die “skrifgeleerde/farrisser” wat hierdie artikel geskryf het ook ‘n vrymessellaar/veelgodedienaars is. Toe Jesus by die duiwelbesete seun kom, het die demone vir Hom gese: Om hulle asb uit te los. Want dit pas hulle, om sodoende hulle vernietigende werk voort te sit.

Ek was meer as 1 maal betrokke by geleenthede waar mense duiwelbesete was. En om te ervaar hoe ‘n klein geboude vroutjie met ‘n diep growwe stem van ‘n demoon praat, laat mens alle twyfel oor sy bestaan laat vaar. Die res van haar simptome het ek nie eers nodig nom te bespreek nie. Mens sien letterlik in so ‘n persoon se oe hoe daar iets anders as sy vir jou kyk. Maar net die Naam van ons Jesus Christus en Sy Bloed, laat hulle sidder en spaander en soet is elke oorwinning is Sy Kosbare Naam. Nee wat meneer die Fariseer. Jou kop het in die pad gekom. Wysheid by die mens is dwaasheid by God. Klink amper soos dit wat vir Paulus gese was ne, Paulus jou geleerdheid maak jou mal.

In daai geval skaar ek my maar by Paulus. Ons sal die Waarheid ken en die Waarheid sal ons vrymaak.

Van wanneer af besluit ons – die skepsel oor dit wat die Skepper gemaak het en wat Hy is en weet?????

Geagte Mnr Skrifgeleerde. Word liewer ‘n prokureer. Jy behoort uitstekend te vaar.

Somerset (Sommie) Morkel: 14/10/2013 at 5:57 pm

Marlize: Met jou persoonlike ervaring sal jy weet hoe erg-naief hierdie mense in der waarheid is.. Die Sataniste lag hulle dood vir hierdie teoloee met hulle wollerige teologie waarin hulle nie kan sien waarheen hulle op pad is nie – en hulle wil nie luister nie..

marlize: 24/10/2013 at 11:30 am

Hi Sommie

Ja, ek huil in my hande as ‘n mens sien hoe ver dinge al gevorder het. Vir jare het die regering en die kerk ons beskerm, maar dis tyd dat mense “groot” word in hulle gees deur vaste kos te begin eet en dit saam met Heilige Gees verteer en groei daarin. Want daar waar ons altyd “veilig” was, het ‘n Wolwe den geword. Ons lees hoeka in 1 Joh. dat ons niemand meer nodig het om ons te leer behalwe die Heilige Gees nie (1 Joh. 1:18 – 26) Ek se nie so nie – die Die Woord se so. Die Woord is ‘n lig en dis net ongelooflik hoe dit die vermoe het om Waarheid en Leun te onderskei as jy waaragtig daarna soek. Nie een van ons sal eendag kan se: Ja, maar Here die een en dit of daai een het dat gese nie. Dit het nie in die tuin van Eden gewerk nie, ek kan nie sien hoe dit voor die Troon van God gaan werk nie. God gaan net se jy het My Woord gehad en My Gees was met julle net soos Ek beloof het. Die vals bruid (kerk) staan voor God se oe, haar self en ontbloot vir haar “lover” Dis om van trane uit te bars – en sy verloen met al haar siek teologie en verdraaings haar Bruidegom left, right, en centre. Word wakker Ware Bruid van Christus, kom uit Babilon uit, Want Babilon laat nie aan haar timmer nie!!!!!!! Kom uit terwyl daar nog tyd is. Haar goedkoop olie stink. Maak julle lampies vol Olie van Waarheid, want die Gees en die (ware) Bruid se kom! En ons se amen, kom Here Jesus, kom ons het het U lank verwag!!!!!

Charmaine: 14/10/2013 at 3:27 pm

Waar kan ons ‘n kopie kry van hierdie besluit van die Algemene Sinode?
Die artikel begin met die woorde: “In ‘n landmerk besluit het die Algemene Sinode vandag besluit…” Met vandag neem ons aan dit is 09/10/2013. Die enigste verwysing onderaan die artikel is vir “Dr du Toit se boek “God? Geloof in ‘n postmoderne tyd.”” Waar kans ons die Sinode besluit bekom ?

hierstaanek: 14/10/2013 at 3:58 pm

Charmaine die sinode se besluit is in kursief gedruk in die artikel self. Let op dat die opskrif van die artikel nie die bewoording van die besluit weerspieel nie maar die logiese gevolgtrekking.

As jy NG Kerk Algemene Sinode 2013 google sal jy op die sinode se webwerf kom, al die besluite is daar gepos.

Charmaine: 14/10/2013 at 4:16 pm

dankie – ek sal dit google.

hierstaanek: 14/10/2013 at 3:59 pm

Hier is die besluit:

“Die Algemene Sinode aanvaar die werklikheid dat daar ‘n wye diversiteit van interpretasies en toepassing van die Bybelse boodskap oor die Bose en demone binne die NG Kerk is. Daar is lidmate wat aan die persoonlike aard van die duiwel en demone aanvaar, en daar is lidmate wat aan die nie-persoonlike aard van die duiwel en demone aanvaar. Albei standpunte erken die realiteit van die Bose.”

Andries Venter: 14/10/2013 at 5:56 pm

Daar is soveel tekste regdeur die Bybal wat die Bose as persoon voorstel. Ek is verstom!? Uit bg besluit volg logies ook dat die anti-chris – volgens my verstaan ook ‘n persoon in wie die “volheid van die Bose” die totale mag van Satan (as teenpool van Christus) op aarde verwesenlik sal word. As Satan nie persoon is nie, dan kom daar ook nie ‘n Anti-Chris nie, Openbaring bloot ‘n droom. Kan ‘n Reformatoriese kerk werklik so ‘n belsuit neem?

Somerset (Sommie) Morkel: 14/10/2013 at 7:40 pm

Nee, Andries…
‘n Reformatoriese kerk neem nie so ‘n besluit nie…
‘n Vals kerk neem so ‘n besluit.
‘n De-formerende kerk neem so ‘n besluit.
Die NGK is poegaai…
Van nou af kan mens net mense aanraai om uit die kerk te gaan –
Behalwe diegene wat nog getrou ‘n roeping van opposisie i.t.v. ‘n profetiese roeping moet uitleef –
En daar is sulke mense.
Maar hulle gaan swaarkry…

Somerset (Sommie) Morkel: 14/10/2013 at 6:02 pm

Ek lees toe hierdie n.a.v. ‘n paar ouens wat my op Vuisvoosboek aangevat het oor kritiek op die NGK: “A dog barks when his master is attacked. I would be a coward if I saw that God’s truth is attacked and yet would remain silent.” – John Calvin

Graham Mitchell plain: 14/10/2013 at 6:59 pm

Niks skok my nie wat verwag mens van mense wat nie DIE GEES van GOD het nie soos Paulus se mense wat verdorwe in verstand is

Somerset (Sommie) Morkel: 14/10/2013 at 7:42 pm

Ek lees nou net Titus 1:6-13 raak en haal aan wat my getref het:
1:6″ … een wat vashou aan die betroubare woord wat volgens die leer is, sodat hy in staat kan wees om met die gesonde leer te vermaan sowel as om die teësprekers te weerlê.
1:10 Want daar is baie wat tugteloos is, wat onsin praat en verleiers is…
1:11 hulle mond moet gestop word…
1:13 … Daarom moet jy hulle skerp bestraf, sodat hulle gesond in die geloof kan wees…
Die Skrif spreek vanself…
Die stryd duur voort.

hierstaanek: 14/10/2013 at 7:59 pm

Grote Griet maar Paulus was liefdeloos! Ek hoop hy is goed aangespreek in ‘n Sinodale besluit oor sy liefdeloosheid! 🙂

Somerset (Sommie) Morkel: 14/10/2013 at 8:44 pm

Wynland:
PARODIE OP DIE SINODE-WAARHEID:
Paulus het nie ware liefde gehad nie [sic].
Ware liefde is nou soos die Sinode dit definieer deur hulle besluite:
Almal onder een sambreel…
met ‘n spyskaart.
Elkeen kan kies waar hy wil wees…
Verdra mekaar…
Toleransie..
Eenheid is belangrik, al verskil ons..
Die Waarheid is sekonder…
Die Skrif is voor-modern.. (a la Ben du Toit)
Want jou waarheid is jou waarheid…
En my waarheid is my waarheid.. (a la Julian Muller-filosofiese-transendentale-dryfsand-waarheid)
So: Myne is myne…
En joune is joune…
En ons respekteer mekaar…
Ons waardesisteem is dieselfde..
Al ontmoet ons nerens..
Want alles is slegs waarheid as dit kollektief is..
Wat eintlik ‘n mite is..
Want alles is relatief…
Geen absolute waarheid bestaan nie…
Ons almal saam IS die kollektiewe waarheid..
Alhoewel kollektiewe waarheid ook nie waarheid kan wees nie..
Omdat ons verskil..
En deurmekaar soos ons is, is ons reg..
Want ons glo in onsself..
Die mens se waarheid as kollektief kan nie verkeerd wees nie.
VIR ONS TYD… IS ONS DIE WAARHEID..
So wat Christus Jesus gese het…
Is nie geldig vir ons tyd nie
Want Hy het nie geweet nie
En nie oor die kennis beskik wat ONS vandag oor beskik nie..
So: Sy insigte was gebrekkig
Want Sy kennis was nie volledig nie.
Ware openbaring is slegs wat ons kollektief glo
En dit geld vir ons tyd
Ons noem dit eietydse waarheid…
En eietydse perspektief..
Die wat die Bybel glo, is pre-modern..
En is nie relevant tot ons tyd nie..
Hulle is geestelike fossiele..
Van ‘n evolusionere tydperk uit die voor-geskiedenis.
Hulle bewys dat evolusie ook geestelik wáár is..

Charmaine: 15/10/2013 at 9:15 am

Goed gestel!! Ek is nou so deurmekaar ek dink ek verstaan dit.

Somerset (Sommie) Morkel: 15/10/2013 at 9:49 am

HAHAHAHAHA… Uitstekend, Charmaine…!

Dwain Van Loggenberg: 14/10/2013 at 7:53 pm

Skokend…jammer dat die vader van leuens hulle juis inspireer om Sy woord te verander.Ma vermy hulle God se woord wat se… Openbaring 22:18-19 AFR53

“Want ek betuig aan elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boek hoor: As iemand by hierdie dinge byvoeg, dan sal God oor hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is. En as iemand iets van die woorde van die boek van hierdie profesie wegneem, dan sal God sy deel wegneem uit die boek van die lewe en uit die heilige stad en uit die dinge waarvan in hierdie boek geskrywe is.”

hierstaanek: 14/10/2013 at 8:01 pm

Dwain jy is reg. Op hulle eie verwronge manier (lees: postmoderne manier) glo hulle egter hulle bly getrou aan die teks. Maar hulle glo nie woorde het enige betekenis buite hulle self nie, daarom kan hulle enige betekenis aan die teks heg wat hulle wil…

Somerset (Sommie) Morkel: 14/10/2013 at 9:08 pm

Daardie laaste teks wat Dwain aanhaal gaan nog baie mense laat seerkry.. Heelwat van hulle met groot doktorale titels.

Henrietta Klaasing: 14/10/2013 at 8:07 pm

Ons lees ook die volgende in Ef 4:13-14:

“So sal ons uiteindelik almal kom tot die werklike eenheid in ons geloof en in ons kennis van die Seun van God. Dan sal ons, sy kerk, soos ‘n volgroeide mens wees, so volmaak en volwasse soos Christus. Dan sal ons nie meer kinders wees nie; ons sal nie meer soos golwe op en af en heen en weer geslinger word deur elke wind van dwaalleer as vals leraars ons met hulle slinksheid en listigheid op dwaalweë wil wegvoer nie.”

Somerset (Sommie) Morkel: 14/10/2013 at 10:04 pm

Mat 11:25 At that time Jesus said, “I praise you, Father, Lord of heaven and earth, for hiding these things from wise and intelligent people and revealing them to little children.
Mat 11:26 Yes, Father, this is what pleased you.

Ferdi Gerstner: 15/10/2013 at 9:16 am

Ferdi Gerstner: Kan dit waar wees? Moet ons dit sien as ‘tekens” van die tye dat selfs in kerke dwaallleer ontstaan soos wat die Bybel vir ons voorspel? Mense word wakker, God slaap nie, hoor die bassuin, die tyd is min! Die stap was onverskoonbaar ! Dit is te ver gegaan! Here vergewe hul want hul weet nie wat hul doen nie! Glo asseblief net in wat Gods Woord se en nie in so n hoop onsin of snert nie, Vandat mense Gods Woord begin beoordeel gaan dit so!

Martin van der Merwe: 15/10/2013 at 9:34 am

Ek glo dat Jesus / Y’shua die vervulling van die torah was. Die Torah is nie vervang deur Sy kruisdood nie, dit is vervul! Dit beteken dat deur Torah te lewe, ons Hom kan liefhe, nie om ons verlossing te verkry nie, maar omdat Hy ons reeds vrygekoop het.

Ek ervaar baie veroordeling teenoor die besluit van die NG Kerk op hierdie blad, maar baie charismate maak self die Messias tot leuenaar deur Mat. 5:18 te verwerp. Moenie mense leer dat die Wet verander het nie, julle maak julleself gering in die Koninkryk!

Onthou ook, 2 Timoteus 3:16 het verwys na die Wet & Profete, want ons nuwe testament het nog nie bestaan nie!

Sal graag almal se reaksie hierop wil sien.

Shalom Mispocha!

Henrietta Klaasing: 15/10/2013 at 9:56 am

Die Skrif, die Skrif , die onverdunde Woord van die Here is die geheim.

Hier is wat The Message sê oor 2 Tes 3: 1-3:

One more thing, friends: Pray for us. Pray that the Master’s Word will simply take off and race through the country to a groundswell of response, just as it did among
you. And pray that we’ll be rescued from these scoundrels who are trying
to do us in. I’m finding that not all “believers” are believers. But
the Master never lets us down. He’ll stick by you and protect you from
evil.

Laat ons in ons gebede vir die kerk en die leiers Skrif spreek en dan bid “dat die woord van die Here sy snelle loop mag hê en verheerlik word “( AOV van 2 Tes 3:2)

Ferdi Gerstner: 15/10/2013 at 11:14 am

Lees asseblief Miga 3 Vers 1-4 Dit gaan juis hier oor “slegte leiers’ wat die waarheid verdraai, wat die verkeerde liefhet, en die Here se as hulle tot Hom roep, sal Hy hulle nie aqntwoord nie! ” Dan sal Hy Hom nie aan hulle openbaar nie, want hulle het baie verkeerd gehandel’ Mense bekeer jul self, God laat nie met Hom spot nie, en die afwatering van alles wat Goddelik is sal nie ongestraf gelaat word nie!
Jesus se koms was nie verniet nie, Hoe kan jul so dwaal!

Ferdi Gerstner

Wally Smal: 15/10/2013 at 2:10 pm

Ai tog NG Sinode (Skrifgeleerdes en Fariseers). Wat het Jesus dan hier gemaak. As julle die skrifgedeelte dan betwyfel, haal asb die skrif van tiendes en offerhande ook uit (sorry julle sal seker nie, anders kan julle nie julle leuns versprei nie). God se woord is soewerein, die waarheid en volmaak. Julle sal nog voor die Regter van Regters verkyn. Onthou God laat nie met hom spot nie, julle is regte “people pleasers” . Kan sien hoekom julle gay huwelike en predikante goedkeur. Julle met julle “regte” (verdraaide) dogmatiek sal in die openbaar ten toongestel word net soos die duiwel sorry julle sal nie weet waarvan ek praat nie, want die Vleklose Lam (Jesus), maak “foutjies”, snaaks dat Pilates geen “foutjie” kon vind nie. Maar weet julle wat die Een wat die “foutjie” gemaak het “still loves you”…………..

wpvking: 15/10/2013 at 4:05 pm

Ek besef net weereens wat Paulus geskrywe het:

” 10 Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte. 11 Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel. 12 Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.” Efesiërs 6

Ek dink as jy die bepaalde lidwoord voor duiwel hier verwyder, het jy wel met ‘n onpersoonlike mag te make wat sou genoem kon word “duiwel”, of dan volgens die wêreldbeeld van die Alg. Sinode, “bose”. Tog het God in sy alwysheid sy Skrif op so ‘n wyse geïnspireer met lidwoorde op die regte plekke sodat ons kan weet waarop dit neerkom.

Ek het as student in Phoenix en Avoca sending gedoen onder die Indiërs. Meestal Hindus. As ek nou terugdink aan daardie ervarings, moet ek sê dat ek twyfel baie sterk dat die besluitnemers enigsins ‘n benul het van ‘n persoonlike wese en waartoe hierdie wese en sy ander (volgens hulle dan seker net so onpersoonlik) trawante wat ons duiwels / demone / bose geeste noem, in staat is. Ek het daar gesien hoe hierdie “onpersoonlike bose” mense laat hop soos bobbejane, in aggressie laat skree en hulle selfs beseer en probeer doodmaak.

Dit is maklik om pous te wees en ex catedra uitsprake te probeer maak. Die realiteit van die saak is dat waar die wiel die teer tref, word mense elke oomblik deur hierdie sogenaamde “onpersoonlike mag” fisies aangeval en misbruik.

Die sinode wil graag daarop roem dat hulle toelaat dat albei kante geglo kan word, naamlik persoonlik of onpersoonlik. Hoe hartseer, want wie kan hulle integriteit aanvaar met sulke onsinnige en onverantwoordelike optrede? Ontken dan prontuit dat die duiwel nie bestaan nie en gaan aan om die valse suurdeeg verder te versprei!

Tog weet ons die pous van die alg. sinode het een van sy kardinale vrygespreek op grond van verskuiwende raamwerke in die moderne hermeneutiek van die ng kerk.

Die praktiese: 2011 het hierdie onsinnige dwaling ingebring, 2013 het dit verder bevestig. Iemand hierbo pleit dat daar ‘n begrip sal wees dat nie alle predikante agter dit aanhol nie, maar steeds by die waarheid staan (en ek is hieroor dankbaar). Tog is my vraag: waar is hierdie behoudendes nou? Wat gaan julle maak met hierdie (en nog baie ander) dwaalleer in julle midde? Gaan julle weer wag vir die volgende Alg. Sinode waar die uitwerking van hierdie besluit direk gesien gaan word?

Die beleidsmakers het van bo gespreek – en hulle gaan poog om die dwaashede af te dwing. Tog beteken dit nie dat dit aanvaar moet word nie! Alla tog, is die NG Kerk nie ‘n kerk wat veronderstel is om op GEREFORMEERDE grondslag te wees nie, met ander woorde ALTYD EN IN ALLES TERUG NA GOD SE WOORD?

Henrietta Klaasing: 15/10/2013 at 4:50 pm

William, ek is seker jy is bewus daarvan dat daar ‘n groep mense is wat vir jare al alles in die stryd werp om hierdie dwalinge te beveg. “Hulle” was egter so slim en het deur die jare ‘n ondeurdringbare bolwerk in die kerk se eie media en ook die sekulêre media geskep, wat dit feitlik onmoontlik maak om hierdie stryd te wen. Indien jy nog nie ek eksemplaar van ons boek “Die Trojaanse perd in die NGK” het nie, kry gerus een en lees die hoofstuk “Ongelyke speelveld?” waar dit oor media-manipulasie gaan. Kyk hier as jy belangstel en nog nie die boek het nie:
https://www.glodiebybel.co.za/boeke-dvds-ens-m/61-boeke-kat/189-die-trojaanse-perd-in-die-ng-kerk.html

wpvking: 15/10/2013 at 4:58 pm

Henrietta, dankie. Ek is bewus en ek het die boek alreeds aangeskaf en gelees. Ek vra maar net vrae, want in my plat kop kan mens nie so aangaan om deur ‘n valse stelsel beheer te word nie.

Henrietta Klaasing: 15/10/2013 at 5:12 pm

Waarom moet EK gaan William, wat met my hele hart by die gereformeerde leer bly? Waarom nie “hulle” vir die die “ou-ou tyding” nie meer sin maak nie? Indien ek en ander besorgdes loop, kry die liberales EN die duiwel mos hulle sin, dan nie?

wpvking: 15/10/2013 at 5:20 pm

Henrietta, ek het nie gesê jy moet gaan nie. Ek vra waar is die stem van AL die behoudende leiers in hierdie tye. Ek het gevra waarom staan hulle nie op nie? Waarom konfronteer hulle nie as ‘n front hierdie situasie nie? Of het dit verword tot ‘n aanvaarding van die pous en sy kardinale se besluite as die beleidsrigting van die NG Kerk. As ek dit nie mis het nie, is die moderament in diens van die kerk en nie anders om nie.

Somerset (Sommie) Morkel: 15/10/2013 at 8:28 pm

Ja, Hen…
Maar as die tyd gekom het, dan het hy gekom.
Die liberales/progressiewes/ont-evangeliseerdes het beheer vd NGK oorgeneem..
Dit was ‘n coup d’etat..
En dit is ONWAARSKYNLIK dat dit gaan verander.
Die kerk en sy leierskap word die vyand vd evangelie (kan jy dit glo!)…
En uiteindelik is die vraag of jy moet bly om te getuig…
En of moet jy gaan – om te verkondig..
Ons almal spandeer baie tyd, en energie, om te getuig teen die dwaling..,
Daar kom ‘n tyd om daardie tyd en energie te gebruik om te verkondig – by diegene wat gaan HOOR en KOM.
En hulle wag…
En die dwalers aan die Satan oor te gee, want hulle WIL hom dien..

Somerset (Sommie) Morkel: 15/10/2013 at 5:38 pm

Ek het sopas hierdie op my Vuisvoosboek gepos:
HAAL AAN
IN VERY HIGH PLACES… BELIEF IN SATAN’S EXISTENCE…
(But yet some churches do not…)
“Are you so out of touch with most of America, most of which believes in the Devil? I mean, Jesus Christ believed in the Devil! It’s in the Gospels! You travel in circles that are so, so removed from mainstream America that you are appalled that anybody would believe in the Devil! Most of mankind has believed in the Devil, for all of history. Many more intelligent people than you or me have believed in the Devil.”
(Supreme Court of America Justice Antonin Scalia, to a sceptic journalist in an interview in NEW YORK MAGAZINE recently).
HAAL AF
Ons is in goeie (intellektuele, regskundige) geselskap.. op die hoogste wetlike vlak..

Somerset (Sommie) Morkel: 15/10/2013 at 6:02 pm

Moet net nie dink die hoee-geposisioneerde Regter Scalia het ongeskonde afgekom nie:
“According to Cenk Uygur, co-host of the Young Turks and a self-described fervent agnostic, “We have a lunatic on the court.”
He is speaking of Justice Antonin Scalia who stated in an interview with New York magazine that he believes in the existence of the devil. In the words of Uygur, that is “cuckoo for cocoa puffs.”
Klink dit vir julle bekend?
Dit is een rede hoekom so min mense vandag bereid is om hulel nekke uit et steek, want jy word lelik geskiet..

Henrietta Klaasing: 15/10/2013 at 6:20 pm

Ek sien dis ‘n redelik resente berig, Sommie:

http://redalertpolitics.com/2013/10/07/justice-scalia-to-reporter-on-religion-are-you-so-out-of-touch-with-most-of-america/

Henrietta Klaasing: 15/10/2013 at 6:28 pm

Dis absoluut skandalig dat ‘n sekulêre persoon soos ‘n regter meer respek vir die waarheid van die Woord het as die NGK se voorste/hoogste leierskorps

Zacahara: 15/10/2013 at 6:30 pm

Wie sê hy is sekulêr?

Somerset (Sommie) Morkel: 15/10/2013 at 6:33 pm

Hen bedoel eintlik hy staan in ‘n sekulere beroep..

Henrietta: 15/10/2013 at 6:35 pm

Jy haal die woorde “uit my mond” Sommie

Zacahara: 15/10/2013 at 6:36 pm

O, okey!! So is seker meeste van ons in ‘n sekulêre beroep.

Zacahara: 15/10/2013 at 6:34 pm

Ek sien iemand hierbo iemand meld dat hierdie “slim mense” eendag ‘n verrassing gaan kry. Wonder maar net, gaan dit nie eerder ‘n verassing wees nie…..?? Eintlik hartseer!!

Somerset (Sommie) Morkel: 15/10/2013 at 8:02 pm

Ja… Cremation… hahaha.. God lag oor hierdie mense, se die Bybel iewers….

Willie: 16/10/2013 at 7:11 am

Dis nie die eerste keer dat “skrifgeleerdes” Jesus se woorde probeer stil maak nie.

Chris van Dalen: 17/10/2013 at 4:35 am

Die woord van God is geskryf en geinspreed deur die Heilige Gees , Ek glo ons mense het die Heilige Gees se insperasie nodig en nie om ons eie denke net nie!

Jacques: 17/10/2013 at 12:36 pm

het iemand dalk n verwysing of n “link” na die oorspronklike sinode dokument waar dit gese is.

hierstaanek: 17/10/2013 at 12:45 pm

Jacques, die spesifieke bewoording van die sinode se besluit is in die artikel hierbo aangehaal. Vir die volledige notule kan jy maar net na die Algemene Sinode 2013 se webtuiste gaan. Google hulle maar, ek het nie nou die adres byderhand nie.

Soos ek hierbo opgemerk het, die titel van my artikel weerspieel nie die bewoording van die besluit nie maar die gevolgtrekking.

Wynand

Henrietta Klaasing: 17/10/2013 at 3:09 pm

Besorgde lidmate soos hierstaanek , ekself en baie ander, word van liefdeloosheid beskuldig omdat ons mense teregwys soos met hierdie AS 2013 besluit rakende die duiwel.

Op verskillende plekke in die Woord lees ons dat dit JUIS NIE liefdeloos is om mense tereg te wys NIE. In ‘n ander plasing wys hierstaanek op die boodskap van Broer Johannes (2 Johannes in die Bybel) waar daar ‘n onlosmaaklike band is tussen WAARHEID en LIEFDE.

Ook wat Broer Paulus aan die Efesiërs geskryf het ( hoofstuk 4) waar dit onder andere gaan oor om soos ” golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur ELKE WIND VAN LERING” : daar staan dat ons juis dan in liefde die waarheid moet spreek ( King James se weergawe van Ef 4:15 : ” … But speaking the truth in love…”)

Broer Jakobus het ‘n soortgelyke boodskap: “My broers, as een van julle van die waarheid afdwaal en iemand sou hom terugbring, weet dan dat hy wat ‘n sondaar van sy dwaalweg terugbring, hom uit die dood red en maak dat ‘n menigte sondes vergewe word.” ( Die heel laaste verse van die Boek Jakobus)

Somerset (Sommie) Morkel: 17/10/2013 at 6:38 pm

Dankie Hen.. Uitstekend.. Ek het dit op my Vuisvoosboek gepos..

Somerset (Sommie) Morkel: 17/10/2013 at 6:39 pm

Hoe later hoe meer besef mens hoe ver die NGK reeds gegly het..

Henrietta Klaasing: 17/10/2013 at 8:15 pm

Dankie Sommie – dis uit die Woord van God. Hier is een van die uitstekende voorleggings rakende die duiwel wat deur die AS 2013 geïgnoreer is. Om te verduidelik: sekere sake is met die AS ( Algemene Sinode) van 2011 op die tafel gelê vir bespreking, onder andere ingrypende veranderinge oor hoe die duiwel gesien word. Hierdie voorlegging is een van die Streeksinodes se antwoord daarop:

https://www.glodiebybel.co.za/index.php/geloofskwessies-m/55-ng-kerk-kat/778-beswaarskrif-as-besluit-oor-bediening-van-bevryding.html

Henrietta Klaasing: 17/10/2013 at 8:20 pm

Hier is ook mense wat beswaar aangeteken het teen AS 2011 besluite ( klik op die bruin skakels om meer te lees) – – hierdie besware is van die tafel gevee en ‘n drasties verkleinde sinode het meeste van die ou 2011 besluite bekragtig ten spyte van voorleggings om beswaar aan te teken:

Louis Trichardt ring kritiseer die Algemene Sinode van 2011 se besluite.

Christin: 18/10/2013 at 9:52 am

Ek is ‘n ou ou NG meisie. My lewe werklik oorgegee aan Jesus op dertien nog my JKA daardie tyd met tannie Alta en oom Willhelm wat so rond getoer het… NG kerk groot word was my fondasie en ek is dankbaar dat ek wel kon groot word met Pa en Ma wat Jesus lief het. Toe trou ek so in die AGS in… en my hele denk wyse het so bietjie moes change…. en toe kom die Heilige Gees en leer my… die volheid van die Woord , dit werk. Die volheid van Jesus, dit werk. Ek pas die Bybel toe in my lewe en weet julle dit is waarheid. In Christus met die Heilgie Gees, die Woord is die waarheid dit werk. Dus is ek hartseer as ek goed lees soos wat die Sinode besluit. Om te dink ek wou studeer vir NG Predikant want daardie tyd kon die meisies dit begin doen , toe ek 18 was , dit gaan doen… het toe anders uitgedra en my B-Min gekry. Patoraal. Die Woord wat ek op staan… nou word daar besluit dat dele moet uigehaal word… om die mens te behaag…. ek is hartseer… tog is ek opgewonde en bly want die profetiese Woord wat Jesus gespreek het dat mense gaan valsheid verkondig… kom nou in volle swang… Ek wonder net gaan ons later in tronke gegooi word as ons nie die nuwe skrifte aanvaar nie en bly staan op die oue? Met die besluit om skrif uit te haal en te verander, kan ons maar die skrifte van Jehovas en Mormone begin inskakel in ons skrifte en wat van die Koran… oo nee dit is verkeerd… ons sal maar ons eie skrif maak….
Dit is Baie Hartseer.. maar die tyd is hier.. wat gaan jy wat dit weet besluit om te doen… die volheid of die afgewaterde opgekookte lekker mens skrif? Nou weet ons almal “Die skrif is aan die muur!!!”

Col 2:1 Want ek wil hê dat julle moet weet wat ‘n groot stryd ek oor julle het, en oor die wat in Laodicéa is en almal wat my aangesig in die vlees nie gesien het nie,
Col 2:2 dat hulle harte vertroos mag word, deurdat hulle saamgevoeg word in die liefde en tot alle rykdom van die volle versekerdheid van insig, om die verborgenheid te leer ken van God en die Vader en van Christus,
Col 2:3 in wie al die skatte van wysheid en kennis verborge is.
Col 2:4 Dit sê ek, sodat niemand julle mag verlei met drogredes nie.
Col 2:5 Want al is ek ook na die vlees afwesig, tog is ek by julle in die gees, en ek verbly my om julle goeie orde te sien en die vastigheid van julle geloof in Christus.
Col 2:6 Soos julle dan Christus Jesus, die Here, aangeneem het, wandel so in Hom,
Col 2:7 gewortel en opgebou in Hom en bevestig in die geloof, soos julle geleer is, terwyl julle daarin oorvloedig is in danksegging.
Col 2:8 Pas op dat niemand julle as ‘n buit wegvoer deur die wysbegeerte en nietige misleiding nie, volgens die oorlewering van die mense, volgens die eerste beginsels van die wêreld en nie volgens Christus nie.
Col 2:9 Want in Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik;
Col 2:10 en julle het die volheid in Hom wat die Hoof is van alle owerheid en mag;

Henrietta Klaasing: 18/10/2013 at 10:05 am

Kragtige getuienis, relevante Skrif – dankie Christin!

Graham Mitchell plain: 18/10/2013 at 11:56 pm

Judas v 19 Dit is hulle wat skeuringe maak sinnelike mense wat die GEES nie het nie.2Timotheus 3 v 7 wat altyd leer en nooit tot die kennis van die Waarheid kom nie

Pingback: van kwessie tot akkomodasie | grootendeels

Brian: 22/10/2013 at 9:26 am

Dit is hoekom Jesus die “ongeleerdes” gebruik het om die evangelie te verkondig. Hulle het geweet wie Jesus is en ook wat Hy gese het. Jesus is wysheid. Hy het die Wetenskap gemaak.Die bybel is die bron en begin van alle betenisvolle wetenskap.Die “gelleerdes” het Jesus doodgemaak en gedink hul doen reg. Met sulke uitspraak van die kerk bewys dit net meer dat dit wel deel is van Babylon die grootte. Die bybel se:”Kom uit haar uit,my volk” Soek die waarheid.want dit sal jou vrymaak. Almal wat teen Jesus is is die anti-christ.

Francois Smith: 24/10/2013 at 7:08 am

Geliefdes: kyk in 1933/53 Ou Vertaling Bybel, Jesus se karakter, persoon, en wese TOV VADER ALMAGTIG- Joh 5:19, 30 en dan Joh 14:10. Vanwee(Jesus/Woord) Joh 14:10, kan ek die Gees wat in die Algemene Sinode manifesteer, betreffende Jesus “se fout”, ook onderskei; want Jesus se: “..Die woorde wat Ek tot julle spreek, spreek ek nie uit Myself nie; maar die Vader wat in My bly, Hy doen nie werke”; en daarom kan ek die Gees van die Antichris onderskei, wat IN die Algemene Sinode die leuen oor Jesus uitspreek, omdat wat hulle TEEN JESUS Se’, Se’ HULLE TEEN VADER ALMAGTIG, naamlik: “Volgens die ALGEMENE SINODE mag ons Vader Almagtig se foutjie(Joh8:44) hier oorsien, want Vader Almagtig het nie die WETENSKAPLIKE KENNIS, AGTERGROND EN INSIG GEHAD wat ons(Algemene Sinode) het nie, (en) Vader Almagtig was, na alles, maar net n produk van sy VOOR-WETENSKAPLIKE KULTUUR.” Geliefde, Vader Almagtig se verder: 1Joh2:22,23 Elkeen wat die Seun loe’n, het ook nie die Vader nie, — en, Geliefde, dit is die Gees van “die Antichris wat die Vader en die Seun loe’n.” Dit kon ek nou DUIDELIK in/uit/deur MY 1933/53 OU VERTALING WOORD(Here Jesus Christus Joh1:14) ONDERSKEI, gelei en gewerk deur ons Almagtige God en Vader se Heilige Gees IN MY, EN JOU EN ALMAL IN DIE WERELD– MAAR WIE NEEM HOM AAN ??? BEKEER DAN ! EN laat Jesus Christus (Verlossende Woord wat ons gees weergebore Herskep) julle DOOP in/uit/deur Woord(1933/53 Ou Vertaling Bybel) met die Helige Gees en met vuur. Amen!

Henrietta Klaasing: 24/10/2013 at 10:36 am

” … ons ( moet) Vader Almagtig se foutjie(Joh8:44) hier oorsien, want Vader Almagtig het nie die WETENSKAPLIKE KENNIS, AGTERGROND EN INSIG GEHAD wat ons(Algemene Sinode) het nie…. ”

Presies Francois! Jy sien ook hul uiterste arrogansie raak – dankie daarvoor. Nou verstaan jy waarom ons hierdie sake ( hierdie plasing takel net een kwessie, daar is meer) so passievol aanpak.

Johan: 27/10/2013 at 12:56 pm

JOHANNES 8:47 AFR53

“Die wat uit God is, luister na die woorde van God. Daarom luister julle nie, omdat julle nie uit God is nie.” Net ‘n paar verse na die vers wat hul uit die Bybel wil laat. Ironies dat die selfde Jesus hier alwetend was en toe reeds geweet het dat mense nie dai vers sou glo nie. Mag ek vra: waar is die bron van die inligting hier gedeel? Wil weet of hierdie ‘n goeie storie is en of dit werklik in die sinode bespreek is.

Baie mense wat die wil van God probeer uitleef het wel teenkanting omdat Joh. 8:44 waar is. WOW!

Mag die leiers van die NG kerk werklik ‘n ontmoeting met God hê!

Henrietta Klaasing: 28/10/2013 at 7:52 am

Johan jy wil weet wat die bron van die inligting is. Die debat hier gaan om punt 7 onder die “Bediening van bevryding” ( bladsy 2-3) te lees in die Besluiteregister van die NG Kerk ( klik op die skakel). Punt 7 is met die pas afgelope Algemene Sinode so verander :

“Die Algemene Sinode aanvaar die werklikheid dat daar ‘n wye diversiteit van interpretasies en toepassing van die Bybelse boodskap oor die Bose en demone binne die NG Kerk is. Daar is lidmate wat aan die persoonlike aard van die duiwel en demone aanvaar, en daar is lidmate wat aan die nie-persoonlike aard van die duiwel en demone aanvaar. Albei standpunte erken die realiteit van die Bose.”

Dit is NIE ‘n “storie” nie maar ‘n tragiese werklikheid. Ten spyte daarvan dat daar VELE besware van regoor die land van die streeksinodes aan die moderatuur gestuur is VOOR die algemene sinode is dit die besluit wat geneem is.

LEES HIER:

Click to access BESLUITEREGISTER2011.pdf

En ek sê met my hele hart AMEN! op jou laaste bede.

Henrietta Klaasing: 28/10/2013 at 7:56 am

Johan, hier is ‘n baie deeglike opsomming van verslae en geskrifte wat na die AS gestuur is, na AS 2011 rakende hierdie besluit. Daar is BAIE skakels maar om die ware prentjie te kry, MOET jy maar tyd neem en alles lees:

https://www.glodiebybel.co.za/index.php/geloofskwessies-m/55-ng-kerk-kat/778-beswaarskrif-as-besluit-oor-bediening-van-bevryding.html

Dewaldt Huysamen: 28/10/2013 at 7:57 am

Om te sê Jesus is verkeerd, is die enigste is verkeerde stelling hierso.

Francois: 28/10/2013 at 3:46 pm

Broeder Wynand: waar kan ek in die Sinode se webwerf gaan lees oor dit wat jy getuig van Jesus en Joh 8:44, in hulle eie dokumente. Want, op ons navrae word ontkennend geantwoord.

hierstaanek: 28/10/2013 at 3:55 pm

Francois

Baie dankie vir jou nota.

Die verbatim teks van die besluit is in my artikeltjie opgeneem. Die inlting oor die algemene sinode is hier beskikbaar: http://www.as2013.co.za/

Let asb op dat die opskrif van die stuk “Die algemene sinode besluit Jesus was verkeerd” die gevolge van hulle besluit verteenwoordig en nie die bewoording nie.

En die stukkie dat hulle ‘n vers uit die Bybel kan haal is ironie, maw ‘n literêre meganisme om die boodskap tuis te bring. Die meeste van my lesers het dit darem so interpreteer, en ek is nog nie hieroor van leuens aangekla nie!

As daar persone in die NG Kerk is wat dit nié so interpreteer nie maar dink ek lieg, verstaan hulle nie die mees basiese beginsels van hermeneutiek nie, en hoop ek dus nie hulle is gelegitimeerde predikante nie. 🙂

Groetnis

Wynand

Liza-Nel: 30/10/2013 at 4:17 pm

Dit herinner my aan C.S. Lewis se bekende teregwysing:- “A man who was merely a man and said the sort of things Jesus said would not be a great moral teacher. He would either be a lunatic—on the level with a man who says he is a poached egg—or he would be the devil of hell. You must take your choice. Either this was, and is, the Son of God, or else a madman or something worse. You can shut Him up for a fool or you can fall at His feet and call Him Lord and God. But let us not come with any patronizing nonsense about His being a great human teacher. He has not left that open to us.”
Dus, sou hy slegs ‘n goeie Leermeester gewees het, het ek dalk met die Sinode saamgestem, maar Hy is die Seun van God, self God, en laat nie daai deur vir ons oop om ‘n kompromie aan te gaan oor Satan se bestaan al dan nie.

Marinda Meyer: 29/10/2013 at 5:50 pm

Ernstig! Wie het ‘n duiwel nodig as daar mense is wat beter as hy kan lieg? Dan maak hul asof Jesus kon fout he! Al wie hul dalk kan glo is net die wat saam hul en hul vader so kan lieg. Sien? Jesus het al lankal geweet, Hy het in die tyd dalk nie eers leeus nodig om Sy vyand uit te beeld nie, jul(wat sogenaamd Jesus probeer verskoon) beeld dit veel beter as leeus uit! Julle staaf nou eintlik dat Joh 8:44 die Reine waarheid is! Julle Lieg teen die waarheid en om ander te maak in jul glo, wil jul die Een wat die Waarheid spreek, wat foutloos is, FOUTE gee! Skaam jul! Fout, le voor die deur.. of moet ek se, Die duiwel loop rond soos ‘n brullende leeu, en kyk wie kan hy verslind. Jul klink vir my opgevreet!

marlize: 30/10/2013 at 8:17 am

Ek se amen op daai een. 10 was genooi – (100% van die Bruid – die kerk- was genooi. Net 5 (50%) het olie in hulle lampies gehad. En dit wil vir my lyk of die “kerk” (Die Bruid) reeds besig is om te verdeel. Wie is vol (olie – Waarheid) en wie is leeg (vol leuns)?

Marinda. Kom ons bly brandend tot die dag wat ons gaan uitroep: Kom Here Jesus kom, ons het U lank verwag!!!

Hendrik Hattingh: 03/11/2013 at 2:20 pm

In die begin was die Woord en die Woord was God! Alle dinge het deur Hom ontstaan!!! Joh 1 vers 1. Dr Ben du Toit as jy die Here geken het sou jy nooit so arrogant gewees het om JESUS te bevraagteken!!! Jy het nodig dat iemand vi jou bid dat jy nie miskie verligte oe van verstand gegee sal word sodat die skille van jou oe sal afval!!

Viljoen lambrecht: 13/11/2013 at 8:48 pm

Mat 24:11

En vals profete sal opstaan en baie mense mislei.

Die sinode of satan homself kan nie sleg praat oor homself nie en sal dus altyd sy grootste vyand aanval. En wie is die sataniese sinode se grootste vyand?
JESUS CHRISTUS

Die sinode sal in die laaste dae deel wees van een wereld godsdiens onder leiding van satan homself.

Maar ons as kinders van die HERE sal in JESUS bly. In HOM is alle wysheid,
En HY is wat HY is, GOD

Eks 3:14

Johan van Rooyen: 14/01/2014 at 2:30 am

Julle moet julle nie steer aan die aap nie ons weet wat is reg en wat in die woord staan is die waarheid ons mag inelk geval nie die persoon beoordeel nie dit is nie ons werk nie hulle gaan well voor God staan en dan verduidelik wat deur hulle koppe gegaan het moet julle self nie na daai vlak toe aftrek nie

elaine: 18/02/2014 at 10:10 am

Die text is verregaande.. As iemand die Bybel so lees…en dan texte uitlos….dan sien ek amper niks van die Bybel meer oor nie…Los die Bybel uit. Dis die Woord van God… Julle het n besluit of j dit wil lees of nie maar moenie gaan en dinge uit die Woord van God uithaal omdat een mens dink dis n Fout nie..Jesus maak nie foute nie….!!!!!!!!! Kom terug na julle geloof en Luister na God en nie die mens nie…..

chris vermeulen: 11/03/2014 at 9:18 pm

WAT is die presiese betekenis van … :

Dit is duidelik dat ‘n onpersoonlike mag nie kan lieg of moord pleeg nie. ‘n Mensvreter leeu is tog nie ‘n moordenaar nie omdat dit nie ‘n morele persoon is nie!

WIE sê dis ‘n “onpersoonlike mag”??

WAT het “mensvreter leeu” met die prys van eiers te doen??

Die volgende is eenvoudig wat van dié uitdrukking gesê kan word :

2Pet. 2:18 :
Want deur TROTSE WOORDE VOL ONSIN uit te spreek,
verlok hulle deur begeerlikhede van die vlees en ongebondenheid [= Verbond-LOOSHEID >OU!!* Test.-LOOSHEID>>>]
die wat waarlik die mense ontvlug het wat in dwaling wandel.
[- WIE ‘wandel in dwaling’?? = diegene wat die Tanahk nie ken nie!>Matt. 22:29 ; Luk. 16:31; Joh. 7:49]

#####
Om te dink, ‘n SEUN van 12 jaar oud, wat die priesters verbaas het met sy kennis en insig oor dinge wat sy ouers hom nie eers kon leer nie…

#####
Kortliks, die gesonde leer is nie meer aanvaarbaar nie en streel nie die ore van die dogters van die moeder van die hoere nie.

Sy, die moeder van die hoere en haar dogters te wete die gereformeerde kerke, moet groot vreugde he daarin dat haar dogters ernstig besig om haar hoerery met die bose ver te oortref in boosheid. Haar dogters doen nou wt sy wou doen en so vervul hulle die profesiee tesame.

Die gevaar vir die regverdiges is dat as die groep as een optree teen die Torah volgers sal die profesiee nog meer vervul word, Sondag wette, geforseerde verbastering, aanbidding van Jesus, Torah feeste onwettig, sprinkel doop, verbied van besnydenis, ‘Heilig’ wees as sonde teen die mensdom en al hul booshede. Danksy die deel van die skrywes van die groot apostel wat hulle misdade regverdig.

As die Seun van EL nie geweet het wat ons nou weet nie, was Hy nie die Seun soos geskrywe is nie, die geleerdes is heeltemal onnosel, oordeel die Seun as onkundig??

Wie is hy (Ben) dan?? WOW!! Geen wonder hulle sal GEEN van die profesiee verstaan nie want vir hulle was dit ‘n klomp primitiewe onkundiges wat geskryf het. Wag maar en kyk………………..

#####
Deut. 28 :
6 Geseënd sal jy wees by jou ingang, en geseënd sal jy wees by jou uitgang.

9 JHWH sal jou vir Hom as heilige volk bevestig [= néé : ‘as APART-heids Volk …’!!!]
soos Hy jou dit gesweer het, as jy die gebooie
van JHWH jou God hou en in sy weë wandel [= in Sy TORAH wandel – 1e 5 Boeke!]

15 Maar as jy nie luister na die stem van JHWH jou Elohim, om sorgvuldig te hou al sy gebooie en sy insettinge wat ek jou vandag beveel nie, dan sal al hierdie vloeke oor jou kom en jou inhaal.

28 JHWH SAL JOU SLAAN MET KRANKSINNIGHEID
EN BLINDHEID EN SINSVERWARRING,
[= slaan met >’STUPID’-GEIT …!!!*]

29 sodat jy op die middag sal rondtas soos die blinde in die donker rondtas, en in jou weë sal jy geen voorspoed hê nie; maar jy sal altyddeur net verdruk en beroof wees sonder dat daar ‘n helper is.

EN DIE OPREGTE NAVORSING SAL TOON – DIÉ DEUT. 28-GRILLERS IS PRESIES!! >
WAT VANDAG BESIG IS OM DIE ADAMIET /BLANKE ISRAEL-NASIES /WiT!! WESTE
== EN VERAL OOK DAN MET DIE BOERE (DOGTER VAN SION) TE GEBEUR!!!***

– beskou ook verwante Skrif-studie/reeks : …
Die (ON)sensitiewe Woord
http://www.bibledebates.us/Home.php

Joh. 7:49 : …wie die Torah nie ken nie, is VERVLOEK! [Mt 22:29; Lk 16:31; 2Tm 4:3; 2Ths 2:3, 10; 2Pt 2:15]
 http://ajkraad.wix.com/genocide-museum
As jy tussen die ‘wilde diere’ wil leef soos ‘n skaap – moenie spyt wees as hulle jou opvreet nie!* (Esg. 34:8)

Christina: 23/08/2014 at 1:26 pm

Eish, dalk maak dit die mense se ogies oop om te besef hul moet ‘n verhouding met Vader Seun en Heilige Gees hê, nie met ‘n gebou wat van stene gebou is en deur mense beheer word nie. Vader bou Sy kerk(liggaam van Christus met lewende stene waarvan Jesus die hoeksteen is. Vader werk met die liggaam van Christus nie met ‘n one man show nie.

Johan Oosthuizen: 24/08/2014 at 8:49 am

Hier is NET EEN fout! Die Predikante en Proffesore (NIKODEMUSSE van VANDAG) het GEEN idee WIE DIE HEILIGE GEES is nie! SOU hulle HOM ken , DAN het demone , siektes en krankhede voor hulle uitgevlug in JESUS NAAM! Omdat hulle HOM NIE ken nie , ebeur die dinge GLAD nie in die susterskerke en baie ander “religious” groepe nie.
GOD , IS, WAS EN SAL EWIG DIESELFDE BLY! Dus MOET geloof sonder werke n dooie ding bly! GOD , deur SY SEUN JESUS CHRISTUS EN DIE HEILIGE GEES WAT ons lei, Dryf vandag nog duiwels uit, maak gesiekes gesond en red die ongeredde! Moet asb nie se die dinge gebeur NADAT daar in die kerk gebid is en ons almal huis toe is in die geheim nie! JESUS IS NIE N GEHEIME AGENT NIE! LEES DIE WOORD EN WORD WAKKER , NIE GEMAKLIK NIE! Die grootste probleem is dat ons alles glo wat van die kansel gepreek word , SONDER OM TE LUISTER EN ALLES TE DEURSOEK VOLGENS DIE WOORD!
As die Predikant se kom ons bid vir die siekes , stop hom en vra dat hy die siekes in die gemeente voorentoe roep, DAN vir hulle bid , EN kyk of hy DIE HEILIGE GEES KEN. Indien wel dan SAL hulle gesond word , IN JESUS NAAM!
Indien NIE ???????? MOET jy wonder of jy in die regte plek sit!!! Maak tog seker dat JY die HEILIGE GEES ontvang het ,DAN sal jy WEET!!!!

chris vermeulen: 24/08/2014 at 6:28 pm

nou hoe presies moet Jh. 8:44 vertolk word

– en/want dit moet natuurlik saam met Mtt. 23:33-35 verstaan word … en/want met die nodige naslaan sal gevind word — :

= dit spreek van die “slang” se FISIEKE nageslag >deur kain – kanaan -esau /edom(iete) …

ons Messias en apostels verwys telkens na hierdie (slangsaad-)subjekte = ‘jode’ — as ‘n aparte entiteit van die Ware Huis van Judah /2 Stamme

die Meester en die Huis van Judah was JUDEËRS -NIE “jode” – of “slangsaad-kain” se duiwels-kinders nie …

LEES.. wat staan in Mtt. 23:33-35 (& Jh. 8:44) – dit is slangsaad-kain — en sy FISIEKE!!!* nageslag word LETTERLIK duiwelskinders /of dan “j-ode” genoem.

en in Henog 11:55 (onder meer) vind ons een van die talle redes waarom ‘die kerk’ bepaalde “apokriewe” – wat vir 500 jaar eers as kanonies gereken was – uit die huidige Skrif gelaat is … : =

== “sataniël” (‘slang) en Eva het “GEMEENSKAP” (SEKS) gehad … (= kain … en ek weet Gen. 4:1 laat dit blyk of Adam die vader van kain was, maar – hulle wat SOEK, sal vind >ook Die Waarheid hieroor …)

( — die arme Ware Huis van Jakob /= Menigte IsraEL-Nasies /WiT ‘christen’-Weste is vir eeue nou al die SLAG-offers /’skape’ van die talle verdoemende dwalings misleidings bedrog-en leuens OP LEUENS van die hoer/kerk >waaruit My FISIEKE!!!* Volk /WiT!!! Weste moet padgee …~!*)

DUS /baie NB : aan die einde van die dag beteken dit dat dié subjekte /entiteite wat die “kerk” vandag so ophemel as JaHWeH (‘God’??) se “heilige uitverkore i-srael /j-ode” inderdaad dan EINTLIK DIE DUIWELS NAGESLAG van kain … is!!!

terwyl JaHushua (‘Jesus??) na hierdie slangsaad-‘jode dan ook verwys as : “onkruid /= basterkoring” (Gen. 3:18; Esg. 2:6; Mtt. 13:25Henog 11:55) ; en as, “die sinagoge van satan” (Opb. 2:9 ; 3:9 …)

talle buite-Skriftelike bronne spel dit ook SON-verblindend glas helder duidelik uit dat die (slangsaad-)’jode’ in Palestina /Jerusalem (en elders) >NIE!!! Ware JisraEL is~NIE!! — soos : “The 13th Tribe” van die VERMOORDE(!!) Arther Koestler ; “The International Jew” (Sir Henry Ford); “Secret Societies & Subversive Movements” (Nesta H Webster) …

SHAWLAM
Chris
( 084 287 1570 / chrisv.dieweg@gmail.com )

Mike Myburgh: 15/09/2014 at 2:31 pm

Was ons vriend daar teenwoordig toe Jesus die woorde gespreek het ? Ek glo nie en hy moet sy kommentaar vir homself hou.

Leana Liebenberg: 15/09/2015 at 12:42 am

This is shocking! Do they have any knowledge of The Father, The Son and the Holy Ghost? Their lack of knowledge is sooo obvious. Shame. Our Heavenly Father will protect his children from evil and those who claims Jesus makes mistakes will have to explain it to Him personally one day and must not be surprised if they join Satan in hell afterwards! Hod bless tonthose who make an effort to know and believe THE TRUTH!

Christina: 15/09/2015 at 1:02 pm

The only Truth IS Jesus Christ and who rejects Him rejects the Father who send Him. You either have God the Father as your Father, or Satan as your father.
It all comes back to Paul’s preaching. Cursed are those who do not preached “my Gospel” and repeated…CURSED are those.
Do we read the letters of Paul to find the risen Life giving Spirit Jesus in there? Or do we cling on Jesus of Nazareth, still under the law?
Preaching a mix Gospel is bringing confusion! e.g. Little bit law, little bit Grace!!!

Rikus: 15/09/2015 at 10:47 am

Fariseërs. Julle speel met vuur……

Christina: 15/09/2015 at 1:06 pm

The only Truth IS Jesus Christ and who rejects Him rejects the Father who send Him. You either have God the Father as your Father, or Satan as your father.
It all comes back to Paul’s preaching. Cursed are those who do not preached “my Gospel” and repeated…CURSED are those.
Mense wat onder ‘n “cursed” boodskap sit SAL verseker die leuen glo
Do we read the letters of Paul to find the risen Life giving Spirit Jesus in there? Or do we cling on Jesus of Nazareth, still under the law?
Preaching a mix Gospel is bringing confusion! e.g. Little bit law, little bit Grace!!!

Christina: 15/09/2015 at 1:10 pm

Die hele Bybel is aan ons gegee, maar nie vir ons gegee om te “doen” nie. Want ek is nie die huis van Israel of ‘n Jood nie maar ‘n gentile. Die OT sê DOEN, maar die NT sê Jesus het klaar gedoen. Ons moet net toelaat dat Jesus deur ons Sy Christus lewe, lewe om siele te bereik en Vader se ulimate intention uit te voer.

Charmaine: 15/09/2015 at 3:34 pm

Ons doen NIE die wettiese rituele nie – maar ons geloof sonder AKSIES is dood (Jakobus 2:17).

Somerset (Sommie) Morkel: 15/09/2015 at 4:29 pm

Ja, geloof sonder werke tot eer van God (nie ter wille van eie eer of bevordering of image nie) is volgens Jakobus die halfbroer van Christus uit Maria, “sonder meer dood”.
Dit is dus nie ware geloof nie & so ‘n persoon wat net ‘grace’ predik & maar voortgaan met ‘n sondige lewe, is nie werklik wedergebore nie want die wedergebore mens is uit God & doen die dinge van God as gevolg vd werk vd Heilige Gees in hom.
Die Skrif se dat Hy ‘die goeie werk wat Hy in julle begin het, sal volvoer tot die einde toe”.
Dit geskied in die waarlik-wedergebore kinders van God wie in Christus Jesus lewe uit die geloof & deur die geloof alleen.
Die 5 Solas vd Reformasie: Christus alleen, Geloof alleen, Genade alleen, eer aan God alleen, Die Skrif alleen. :
Ons ware geloof is dus nie gebaseer op geloof plus werke nie, maar op geloof in Hom – & die goeie werke vloei (onvermydellik) daaruit voort, want jy is ‘n nuwe mens – hergebore deur Die Gees van God..
Jesus het gese “Dra dan vrugte wat by die bekering pas…. Sodat die mense julle goeie werke kan sien & die Vader in die hemel verheerlik”..
Ware geloof/bekering bring dus goeie werke voort, anders is dit nie ware geloof nie.
Die ‘hyper grace’ mense leer dat mens nie goeie werke hoef te doen om gered te word nie.
Dit is ‘n dwaling – nie omdat mens o.g.v. goeie werke gered word nie, maar die nuwe lewe met goeie werke is ‘n bewys vd ware geloof – juis omdat ‘n wedergebore mens onverbiddellik die wil van God soek in sy lewe, op elke terrein & die vrug vd Gees na vore kom.
So ‘n mens leer om in jesus se opdrag elke dag sy kruis op te neem & Jesus te volg.
Die NGK het die beginsel van Sola Scriptura (die Skrif alleen) verlaat & daarmee die Woord van God onderslaan & genegeer.
Die Skrif is duidelik oor die bestaan vd duiwel.
Jesus het baie oor die duiwel gepraat.
Dit is uiterste arrogansie & godslasterlikheid om Hom te weerspreek.
Die NGK gaan nou by sy volgende Alg Sinode vroeg in Oktober die vorige Alg Sinode se besluit oor die duiwel ‘herbevestig’ (volgens die pas-gepubliseerde agenda vd Alg Sin).
Daardie besluit het dit so gestel dat dit OK is om te glo die duiwel bestaan nie(!)
Daarmee volhard hulle in die dwaling weg vd Skrif & laat misleiding & minagting vd Woord voortwoeker.
Die NGK se Alg Sinode is duidelik op die pas vd duiwel & hulle is inderdaad kinders van Satan & nie kinders van God nie (bedoelende die sinodegangers wat nie teen die dwaling staan nie).
As sodanig is die NGK op amptelike vlak nie meer kerk van Christus nie.
Die top-kerk-leiers is misleiers & valse profete – en so is baie predikante & die meeste vd lektore by die kweekskole.
Daar is wel nog ware Christene in die NGK, maar hulle sal hulself moet afvra hoe lank hulle nog daar kan bly, want hul verleen geloofwaardigheid aan ‘n vals kerk.
(Ek skryf tans aan ‘n kort stuk oor die NGK vir Facebook & sal dit ook hier publiseer sodra dit klaar is.)

Martin Hoffmann: 15/09/2015 at 8:01 pm

hierstaanek……sê vir my…….waar staan jy? Lol, die windmeul vol slim mens boeke het jou omtrent geslaan.

Martin Hoffmann: 15/09/2015 at 8:54 pm

Dan, ek het nie hierdie string na string na string volledig en aandagtig gelees nie.
Hier is ander in beheer. So om te help wil ek net deel die volgende.
Ons Heer en Vader , Jesus Christus is lief vir ons. So ook Yahweh, die Alpha en Omega. Ons kan nie doen wat gedoen moet word uit ons eie nie. Die Gospel se nuus, Salvation en die Gospel se nuus van Sy Koningkryk. Dit behels ons moet glo met als wat jy kan. Dan moet ons praat en doen soos Jesus. Broers en susters. Dit is dit. Kom Sy wil na, maak Sy wil jou wil. GEEN LANG UITGEREKTE ONTLEDING EN MENS OPINIE van Sy Woord beteken enige iets nie. DIT BETEKEN NIKS. Dit was nie die OPDRAG wat ons gekry het nie. Die Heilige Gees is DUIDELIK nie teenwoordig by sekere geliefdes nie. Die vrye wil keuse van n individu om as n gelowige gedoop te word is kardinaal. Verder as jy uitverkies was en olie oor jou kop gekry het,sal jy weet.(nog nie ek nie,my sonde was/is te veel…..dna?) Wanneer die Gees geaktiveer word, praat dié individue uit een mond. Hier is baie meer as een mond….dit is vreemd vir my deesdae. TERLOOPS ek behoort aan geen kerk. Ek is deel van die gemeenskap van die gelowiges. Ons is Sy Liggaam. Vrede,rus en liefde bid ek julle my broers en susters in die naam van ons Redder en Verlosser Christus Jesus.
Gaan en vertel vir ALS wat leef!!!

Deon Venter: 15/09/2015 at 9:11 pm

Ai, julle. As julle net die Woord kan ervaar en nie met mekaar stry nie. Onthou Jesus het gesê: “Maar Jesus sê vir hom: “Moet hom nie keer nie, want wie nie teen julle is nie, is vír julle.”” – Luk 9:50. Die enigste ouens in die Bybel wat hierdie tipe van stryery ontketen het, was die Fariseërs en die Sadduseërs. Jesus het Hom liewer met sondaars bemoei . . .

hierstaanek: 16/09/2015 at 10:50 am

MATTHÉÜS 7:14-15 AFR53

Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind. Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is.

Deon, in alle eerbied en respek, jy weerspreek Jesus direk as jy beweer ons moet nie die evangelie verdedig nie. As jy regtig vir Jesus lief het sal jy doen wat Hy sê, en hy sê jy moet die kudde beskerm teen wolwe in skaapsklere. As jy nie aan hierdie teks gehoorsaam is nie onteer jy vir Christus. Punt.

Martin Hoffmann: 16/09/2015 at 11:11 am

Luister asb. Dit is baie duidelik n waarskuwing en ontbloting van n geskuilde se ware natuur. Dit is nie n opdrag om te verdedig nie. WIE IS JY om te claim dat Deon vir
Christus kan onteer deur n teks wat jy (Rhema en Logos gewys) verdraai. Stop dit.

hierstaanek: 16/09/2015 at 3:06 pm

JOHANNES 14:15 AFR53

As julle My liefhet, bewaar my gebooie.

MATTHÉÜS 7:14-15 AFR53

Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is.

Hallo Martin
1) As ons Jesus liefhet gehoorsaam ons sy opdragte.
2) Hy gee ons die opdrag om op te pas vir dwaalleraars.

Dus, as ons Jesus lief het pas ons op vir dwaalleraars.

Ek is jammer as ek veroordelend voorkom. Ek het egter nog nie die woorde “Addergeslag! Hoe sal julle die hel vryspring!” gebruik nie. Ek het ook nog nie mense met n sweep gejaag nie.

Jesus het altyd die waarheid gepraat. Altyd in liefde. Soms was sy woorde hard soms teer. Soms was sy woorde bedoel om seer te maak om mense wakker te ruk. Maar om te beweer Jesus het kompromiee met dwaalleraars aangegaan is blatant vals en godslasterlik.

Ons kan nie in kompromiee met dwaalleer ingeboelie word omdat ons kwansuis liefdeloos is nie, want dan sou ons Jesus verloën.

Somerset (Sommie) Morkel: 16/09/2015 at 4:37 pm

Ek stem saam, Wynand.
Harde woorde is soms nodig.
Maar die Skrif vermaan ons deur te konstateer dat ons mekaar ‘die waarheid in liefde’ moet vertel.
Die Skrif definieer liefde ook as tug – m.b.t. God se tug op sy kinders, asook ouers t.o.v. kinders & teenoor dwaalleraars.
Die NGK is besig met ernstige dwaling & is besig om sy miljoen of so lidmate te mislei.
Duidelike taal is nodig om aan diegene binne die NGK wat nog moet wakker word duidelik te maak dat die dwaling ernstig is & nie ‘agterstoep-praatjies’ verteenwoordig nie.
Deur die afgelope dekade is verskeie stemme aan die NGK gerig om te waarsku teen die dwaling –
– maar die NGK het hom nie daaraan gesteur nie.
Daar is deur prominente teoloee met die kritici gespot; opregte kinders vd Here wat bekommerd is oor die afdraende pad in die misleiding in.
Die NGK het aanhou volhard om in die weg vd tydsgees op te gaan in denke oor evolusie, die duiwel, Jesus self, die Opstanding, Kweekskool-dwaling, Belhar, ongetroude saamwoon-lidmate, die gesag vd Skrif, eukumene met die Roomse kultus, e.s.m.
Die leierskap in die moderamen vd Alg Sinode onder Nelus Niemandt het die verrotting verder aangewakker & aangeblaas & verder vd Skriftuurlike basis vd eens Skrifgetroue NGK wegbeweeg.

hierstaanek: 16/09/2015 at 5:16 pm

Natuurlik Sommie, daarom sê ek Jesus het altyd die waarheid in liefde gepraat.

Somerset (Sommie) Morkel: 16/09/2015 at 6:38 pm

Korrek, Wynand.
Dis natuurlik vir die humanisties-gesentreerde mense in die kerk moeilik om te verstaan dat Hy mense “kinders vd duiwel” met “die duiwel as vader” kon noem.
Feit is dat die waarheid die essensie van liefde is, wie Christus dan ook is.

Martin Hoffmann: 19/09/2015 at 2:11 pm

hierstaanek….jou punt 1 en 2 is reg. Ek wil vir jou sê dat jou broers en susters in ons geloof is nie die vyand nie. Jy tel klip op,jy kan nie. Ons moet probeer doen en praat soos Jesus. Ons is nie Jesus nie. Jesus kon N KLIP OPTEL……..HY HET NIE!!! Dit is my punt. MIN is so hard teen die WARE vyand soos ek. Spandeer baie tyd met ateis en satanis. As jy wil gehoorsaam wees. Raak ontslae van jou mediese fonds,korttermyn,langtermyn versekering,huisskuld,kar skuld,alle skuld,dien ander wat minder as jy is soos jy jouself minder ag as hulle. Help die armes,gee en verwag niks terug,jy het niks maar gee steeds. EK doen als dit,sonder n gemeente! en selfs dit alleen kan my nie n plek by Vader verseker nie. Wat doen en sê jy. Verstaan jy? Vrede en liefde in die Naam van ons Christus Jesus

hierstaanek: 19/09/2015 at 2:16 pm

Martin, mense wat beweer Jesus het gelieg of was verkeerd ontken Sy Godheid. Punt. Hulle is nie my broers en susters in Christus nie. Jesus het nie klippe opgetel nie, Hy het ‘n sweep gevleg.

Elizabeth: 16/09/2015 at 4:38 am

Regtig? God is volmaak. Hy is nie geskep nie en Hy weet alles. Selfs alles wat julle nou dink julle weet. As God perfek is beteken dit Hy kan nie verander nie. Met ander woorde Hy kan nie meer perfek word nie. Jesus is God. Hy is almagtig en perfek. Hy weet meer as wat julle dink julle weet. Wees versigtig om God menslik te maak. Hy is nie geskape nie. Ons is. Hy is goed en volmaak. Julle speel met vuur. Satan kan lieg. Hy is n gevalle engel. Genade mense hoe kan n leek meer van God cerstaan en weet as julle geleerdes. Hulle klink soos die Fariseers en sadiseers van ouds en as julle die Bybel gaan lees sal julle ook weet wat Jesus vir hille gese het. Mag Heilige Gees julle leiding gee. Ek bid met my hele hart dat julle n persoonlike ontmoeting nou met Hom sal he.

Martin Hoffmann: 16/09/2015 at 11:19 am

ook, moenie met my probeer redeneer nie. Jy sal n pad afstap met jou opinies wat sal ly tot n paar duisend sterftes. Klim af van jou pad. Volg Hom.

Somerset (Sommie) Morkel: 16/09/2015 at 1:09 pm

Bly asb by die punt, mense.
Persoonlike opmerkings is ‘n aanduiding van onvolwassenheid, of erger nog: arrogansie en/of hooghartigheid.
Eie definisie-inhoud oor woorde soos hierbo gebruik, en dan daaroor te argumenteer, is futiel, mis die punt onder bespreking & raak dan persoonlik – wat destruktief is.
Jesus het beide verdedig (deurgaans Sy Vader in die hemele & die Koninkryk van God) & ge-rebuke EN die armes versorg & siekes gesond gemaak, maar nie al die siekes nie & Hy het nie al die armes kos gegee nie.
Hy het balans gehad, perfekte balans, omdat net Hy dit kon doen.
Die Apostels het ook hard verdedig, maar ook suiwer lering gegee.
Daarom is hulle skrywes in die Skrif.
Ons as mense is geneig om ons eie agendas, ervarings, kennis & sienswyses m.b.t. Hom te verhef tot ‘n sentrale tema.
Dit trek dinge skeef, of jy nou slim is of nie.
Feit onder oë hier is die NGK se besluite oor Jesus se Woorde,
Feit is, die NGK misken Jesus se gesag & woorde & daarmee tree hulle godslasterlik op – juis omdat hulle Hom nie meer as God beskou nie & Sy woorde verdraai of net ignoreer.
Die NGK is nie meer die kerk vd Skrif (Sola Scriptura) nie & is daarom reeds ‘n vals kerk.

Pingback: Gaan die Algemene Sinode van 2015 Jesus om verskoning vra omdat hulle gesê het Hy lieg? Skynbaar nie. | hier staan ek

John: 18/09/2015 at 11:58 am

Wat hy mis is dat God
sy skeper is,
God het hom as mens geskape volgens God’s Beeld, hellow My brother

Alida Potgieter: 21/10/2015 at 1:48 pm

Ek het ervaar dat daar twee maniere is om te lewe. Die een wat aan Satan gekoppel word wat n moordenaar is in baie vorms. Alle slegte gedagtes en dade ly na die dood emosioneel of geestelik. En belangtil die liggaamlike. Die ander een is waar jy die begeerte het om goed te doen. Geestelik en emosioneel ook belangrik liggaamlik. Dit is die magte in die lug waarteen ons moet waak. God werk in die hart satan gedagtes.

Miranda Irke: 22/10/2015 at 7:56 am

Ons leef in ‘n siek wêreld waar dekadensie die oorhand het.

Rynhardt: 24/10/2015 at 3:13 pm

Die Algemene Sinode is besig om hand uit te ruk en moet eerder tot God bid vir vergifnis vir die dag wat hulle voor Hom staan.

Tienie: 08/08/2016 at 7:28 pm

Mag ek vra, hoe is dit moontlik dat daar nog mense is wat deel het aan hierdie NG instansie en hulself volgelinge van Christus noem? Ek oordeel nie, en ek weet wie en wat ek is sonder Christus is.

Hannes: 22/10/2016 at 2:34 pm

Here vergewe die mense hulle weet nie wat hulle doen om U in twyfel te trek nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui