Bygevoeg en Weggelaat (Juig!)

In die Maart 2013 uitgawe van Juig!, is daar ’n artikel wat Chris Jones se pro-homoseks artikel, Tyd vir die kerk om op te staan, bespreek.

Juig!-lesers se kommentaar

Die teoloog, Chris Jones, het onlangs in ’n artikel die Kerk versoek om etiese Ieiding te neem t.o.v. homoseksuele huwelike en waardigheid in die Kerk. Hiermee van ons lesers se kommentaar …

—–

Beste Redakteur

Ek het onlangs in ’n plaaslike koerant gelees waarin iemand met verwysing na die hele homoseksuele kwessie Martin Niemöller se aanhaling oor Hitler se bewind betrek. Wat op aarde het Niemöller se aanhaling uit te waai met iemand se homoseksuele oriëntasie? Die aanhaling is heeltemal buite konteks gebruik. – CH

—–

Ek wonder of enige iemand die artikel van Chris Jones in Die Burger (19/01/2013 p. 8) gesien het. Ek was geskok om te sien dat ’n teoloog God se Woord bevraagteken met sy opmerking: “voorwaardelike aanvaarding bly verwerping.” God se seëninge is voorwaardelik en volgens God se voorskrifte is verlossing ook voorwaardelik.

Hy begin sy artikel met die stelling dat die Kerk “etiese leiding” moet neem. Die Kerk neem etiese leiding! Dit is teoloë soos hy wat onetiese leiding gee wat die vyand se koninkryk bevoordeel. Word wakker, Kerk van Christus! – Anoniem

—–

Geagte Redakteur

Ek skryf in antwoord op die artikel wat in Die Burger (19 Januarie 2013, p 8) verskyn het. Ek stem saam met ds. Jones dat die Kerk die waardigheid van homoseksuele moet respekteer. Ek stem egter nie met hom saam wanneer by pleit vir die regte van die homoseksueel om ook binne ’n legitieme huweliksverbond te kan staan nie.

God het juis Eva vir Adam gegee, omdat dit nie goed is dat die mens alleen is nie, en vir hom ’n hulp gemaak wat by hom pas (Gen 2:18). Verder het God hulle geseën en gesê: “Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde…” Gen 1:28 – juis deur ’n goddelike nagesleg wat die gevolg is van twee mense van die teenoorgestelde geslag in die legitieme huweliksverbintenis van liefde en respek. Al sou daar sprake van ’n intieme verbintenis van liefde en respek tussen twee mans of twee vrouens wees, trek dit ’n streep deur God se skeppingsplan én deur die verlossingswerk van Christus! Hoe kan mand en man, en vrou en vrou ’n nageslag voortbring, soveel te meer ’n goddelike nageslag, volgens God se plan en met Sý seën? Hoe kan ’n gay-huwelik ’n uitdrukking wees van Christus en Sy Bruid?

Wat ds. Jones (en waarskynlik die kerk ook) miskyk, is dat daar sprake van ’n identiteitskrisis by die gay persoon is, en dit sigbaar is in die wyse waarop die gevalle mens hom in sy siel uitdruk. Die ongeredde én geredde persoon wat met so ’n krisis worstel, beleef dan in sy siel vrouwees, terwyl hy in sy liggaam man is.

Die Kerk praat blykbaar van seksuele oriëntasie en van die seksuele gedrag – van ’n predisposisie in die sien, en die uitleef daarvan in die liggaam. Ek stem heeltemal saam met ds. JonesL Dit maak glad nie sin dat die kerk hier onderskeid tref nie. Sonde is sonde. Sonde beteken mos – ek wil nie die reg op die “self” prysgeenie, selfs nie vir God, of Sy Suen nie, al het Hy my gered, al is Jy my Verlosser. In sy vlees sal selfs die geredde persoon tot gebrokenheid moet kom om daardie reg op “die self”prys te kan gee!

Die opmerking dat geloof alleen saakmaak, staan tog vas. Dit is immers Christus wat ons in ons verbondenheid met hom red deur egte geloof. Die hele verlossingsplan is to immers dat God die mense verlos, en dat die mens deur egter geloof sy verlossing moet uitwerk – sonder om self te werk! Maar, “…werk julle eie heil uit met vrees en bewing; want dit is God wat in julle werk om te wil…” Fil 2:12b-13. Ons praat van geloofswerke, wat nie werke is asof onsself daardeur red nie.

Dit is ons verantwoordelikheid om deur die geloof wie ons in ons gees is uit te werk in ons sielslewe – hoe ons is; en God so te behaag. Dit doen ons onder meer deur te wandel na die Gees, en nie na die vlees nie! ”Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.” Rom 8:1.

Laat ons dapper opstaan en verkondig wat die Woord van God sê.

 – Dr. Hendrik de Bruto

 

Juig se kommentaar

Jones: Volgens my lees van die Bybel lewer nóg die Ou nóg die Nuwe Testament uitspraak oor homoseksuele oriëntasie soos ons dit vandag ken…
Juig!: Lees Levitikus 18:22, 20:13a en 1 Timoteus 1:10 in die Hebreeuse en Griekse teks.

Jones: Die seksuele wil dus ons menswees en persoonwees dien… ’n mens se liggaam nie iets is wat jy hét nie, maar wat jy ís.
Juig!: Lees Romeine 7:18.

Jones: Onthou, voorwaardelike aanvaarding bly verwerping!
Juig!: Lees Titus 2:11-14 en Johannes 14:23-24, ou vertaling.

 

******* 

Jean Oosthuizen, Kerkbode se (voormalige) nuusredakteur het die volgende daaroor te sê gehad op Kletskerk se facebook-blad (kyk ook na die ander kommentaar. LW Renier Lourens is ’n NGK predikant nog vol in die amp):

 

Kletskerk

10 Februarie 2013

Juig suig!

Jean Oosthuizen

Daardie godsdienstig ver-regse fundamentalistiese tydsksrif Juig! staan in hulle jongste uitgawe ’n dubbelblad af aan ’n artikel wat Chris Jones onglangs in BY geskryf het. Onder ’n vet swart opskrif in hoofletters BYGEVOEG EN WEGGELAAT beskuldig die tydskrif Jones daarvan dat hy “God se woord manipuleer”. Dit is dieselfde tydskrif wat die NG Kerk van dwaalleer beskuldig en ons wil wysmaak die aarde is in ses dae geskape en evolusie bestaan nie.

In Chris se artikel wat in BY verskyn het, maan hy die NG kerkfamilie en ander Protestantse kerke dit is tyd om op te staan. Hy het geskryf kerke moet die teologiese uitdaging van homoseksualiteit aanvaar en etiese leiding neem ter wille van God se koninkryk en gays se waardigheid.

Die manier waarop Juig Chris Jones se artikel met selektiewe teksverwysings en oppervalkkige briewe probeer verdag maak is tipies van dié tydskrif se styl. Hulle raai Jones aan om Levitkus te gaan lees. Hulle skryf ook: Moenie iets byvoeg wat ek julle beveel nie en moet ook nie iets daarvan wegvat nie,maar gehoorsaam die Here julle God se gebooie…” Deut 4:2. Ek hoop Juig! Doen dieselfde en hou hom by al hierdie bevele soos om nie skulvis te eet nie, en al die ander voorskrifte in Levitikus. Anders is hulle besig om hulle lesers te mislei en te bedrieg.

Wes-Kaap se NG sinode hou die week ’n uitgebreide moderamenvergadering waar die gay vraagstuk weer op die tafel is. Vir te lank het die kerk stilgebly oor die onreg van apartheid en diskriminasie teen vroue. Ek hoop hulle neem kennis van Juig se fundamentalisme en slaan ag op Chris Jones se artikel.

Hy sluit die artikel af met die aanhaling van Matin Niemöller wat ek ’n ruk gelede ook op my Facebook-muur geplaas het: “When the Nazis came for the communists, I remained silent; I was not a communist. When they locked up the social democrats, I remained silent; I was not a social democrat. When they came for the trade unionists, I did not speak out; I was not a trade unionist. When they came for the Jews, I remained silent; I was not a Jew. When they came for me, there was no one left to speak out.”

Schalk Burger

Ek kan nie glo die NG kerk haak nog vas by homoseksualiteit en evolusie nie, hier in Namibia trek ons al hoeka by project X.

10 Februarie 2013

Schalk Burger

http://www.namibiansun.com/content/letters/war-project-god-takes-project-x

10 Februarie 2013

Ralph Barnard

Die naarste van fundamentaliste soos duidelik uit Juig se kommentaar, is dat hulle reken teoloë lees sekere tekste “mis” in die Bybel. Intussen is dit húlle wat die grootste deel van die tekste nie lees nie, nie uitleef nie, of dit verduidelik as “seremoniële wette wat in Christus vervul is” (behalwe natuurlik die “sekstekste”, want fundamentaliste is seksbehep).
10 Februarie 2013

Hannes Cloete

Ek pak gewoonlik Car Magazine of die Gay Times bo-op Juig! as ek die kans kry.
10 Februarie 2013

Rene Schoeman

Ek staan verstom oor die goedgelowige lesers van onder andere die Juig, Finesse en vele ander van hierdie tydskrifte. Hierdie lesers wat hulself Christene noem, staan vas by alles wat in die Bybel staan en is nie bereid om enigsins ondersoek in te stel oor onderwerpe wat anders as hulle glo en dink nie.
10 Februarie 2013

Henry van Blerk

Ek is ook baie klaar met JUIG – en sommer al die ander ewe vroom tydskrifte wat verkies om soos die volstruis eerder kop in die grond te sit & te hoop alle problematiek gaan vanself weg!
10 Februarie 2013

Felix Smit

Dis scary watse artikels alles in Joy / Juig gepubliseer word!! En ongelukkig ken ek mense wat sweer by die tydskrif! *sug*
10 Februarie 2013

Renier Lourens

Ek is oortuig dat fundamentaliste nie die Bybel soveel glo as wat aan hulle toegeskryf word nie.

Hulle vind nie hul identiteit in die Goddelike nie, maar in hul geloof, in regtheid van dogma, in letterlike Skrifgebruik. Hoekom? Ek is nie so seker dat hulle al die genade van God leer ken het nie, anders sou hulle geweet het Hy worry nie oor dogma, geloof en letterlike Skrifgebruik nie; Hy worry nie oor mense twyfels en vrae en kritiek nie. Hoekom nie? Die Liefde kan nie… So eenvoudig is dit.
10 Februarie 2013

Ralph Barnard

Ek stem so saam met jou, Renier. Fundamentalisme het ’n vreesgodsdiens as fondament. Die evangelie van Liefde is soveel eenvoudiger!
10 Februarie 2013

Anton Bester

Renier, ek dink nie eers die fundamentalisme hoy hulle eers altyd met letterlike verklaring besig nie, as hulle maar net daar gestop het, kon mens nog gesels… Maar die Afrikaanse godsdiens-fundamentalisme is algaande besig om in erge kwasi-interpretasie vd Bybel te verval wat selfs biblisisme na kinderpartytjie laat lyk.
10 Februarie 2013

Schalk Burger

Om een of ander rede gaan liberalisme, ateisme , evolusionisme hand aan hand. Ek moet egter erken ek wee nie hoekom nie.
10 Februarie 2013

Renier Lourens

Ek is veel eerder liberaal, a-teïsties en ’n aanhanger van die evolusie as ’n fundamentalis (soos Anton sê: afrikaanse godsdienstige-fundamentalis). Ek kies om eerlik om te gaan met die werklikheid, al beteken dit dat ek met sekere onsekerhede moet saamleef. Eerder dit as wat ek vir myself lieg…
11 Februarie 2013

Schalk Burger

Die probleem is dat die NG kerk sonder om n oog te knip inconsistant is, bv. “Wat se woord moet ons preek behalwe die woord van God” die een oomblik, en dan die volgende oomblik “Adam en Eva is n miete”
11 Februarie 2013

Renier Lourens

Schalk, met respek, jy weet nie wat jy sê nie. Teoloë weet al dekades lank dat die storie van Adam en Eva (en alle ander derglike stories) nie letterlike en feitlike stories is nie. Indien dit nooit aan jou vertel is nie, vat die ouens aan wat jou verkeerd geleer het, nie die NGK nie. Ek herinner my aan ’n aand toe ek dit vir jou probeer sê het en jy my uitgekryt het as godloos…?
Sorry ou maat, maar gaan kry jou feite agtermekaar voor jy dinge hier kwytraak en beskuldigings wyd en syd rondslinger.
11 Februarie 2013

Schalk Burger

Ek verstaan eintlik Renier Lourens, se punt, maar ek dink dit is eerder ons bassiese onderliggende uit gangs punte wat n probleem is. Ons preek “intieme verhouding met God”, maar niemand ervaar hierdie intieme verhouding nie. Ons preek “vertrou op die Here” en die Here is getrou, behalwe op die 9 de Februarie toe Tanie so-en-so verkrag is. Dit werklikheid weerspieel dus nie die teologie wat ons preek nie. Maar aan die anderkant dink ek die Liberales gooi die baba met die badwater uit.
11 Februarie 2013

Schalk Burger

Ek kan nie onthou dat ek jou uit gekryt het nie, ek het gevra: “Wat is die punt om in God te glo as Moses n miete is” ek onthou die gesprek baie goed.
11 Februarie 2013

Schalk Burger

Wat is dan die punt van die NG kerk. Ek het dan nie meer die NG kerk nodig om enigsins vir my leiding te gee nie. Ek het mos dan vir Dawkins en so aan. Is die NG kerk bereid om amptelik te se dat daar nie meer n Moses of n God is nie, hulle self bankrot te verklaar en te “dismantle”?
11 Februarie 2013

Schalk Burger

En selfs as die NG kekr iets anders e.g. “die Natuurlikheid” gebruik vir n maatstaf, dan is dit nog steeds nie konsistent nie.
11 Februarie 2013

 

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui