Brief aan gedrukte Kerkbode nie geplaas nie

Kyk ook:

Alhoewel Adri-Louise van Renen, waarnemende redaktrise van Kerkbode, plasing van reaksie op die artikel Verkeerde perd opgesaal sou oorweeg volgens direkte vooraf e-pos-kommunikasie met haar as dit nie langer as 350 woorde sou wees nie (waaraan dit voldoen het), is die brief toe nie in die gedrukte Kerkbode (18 Februarie 2011) geplaas nie. Die brief was ’n reaksie van die skrywers van Die Trojaanse Perd in die NG Kerk en dus geheel en al toepaslik. Ook is geen terugvoer oor die brief van enige aard van haar ontvang nie. Dr. Frans van Zyl, wat ’n ontoepaslike analogie gebruik om evolusie te probeer verdedig (hy onderskei soos baie ander nie tussen operasionele en oorsprongwetenskappe nie), en wat maar net weer die voorbladartikel se trant ondersteun, se brief is wel geplaas. Ek sal nou maar probeer om die brief onder Kerkbode-aanlyn se internetbriewe in te kry. In die verlede is heelwat skrywes daar ook al geblokkeer, soos in ons boek bespreek word en onlangs maar weer ervaar is.

Selfs die “Klippies in die bos” in die nuutste Kerkbode is uiters bevooroordeeld en “slim” geselekteer. Twee aanhalings wat negatief oor die boek is, is gekies, en slegs een aanhaling wat positief is, terwyl die kommentare op die artikel op Kerkbode-aanlyn grotendeels positief teenoor die boek was.

————-

Ook onderstaande e-pos het geen respons opgelewer nie. Adri-Louise het my nie geantwoord nie en die skrywersreaksiebrief is nou nog selfs nie op die internetbriewe, wat oop is vir enigeen, geplaas nie.

From: Hennie Mouton
Sent: 21 Februarie 2011 10:16 AM
To: alvr@tydskrifte.co.za
Subject: FW: Brief vir Kerkbode

Môre Adri-Louise,

Ek sien ons as skrywers se brief het dit toe nie gemaak op die gedrukte weergawe nie, al het julle voorbladartikel van die vorige weergawe van Kerkbode ’n negatiewe en eensydige resensie oor ons boek gepropageer.

Ek het ook geen verdere terugvoer van jou gekry nie.

My poging om die brief gister op die internetbriewe te kry, is ook geblokkeer.

Dis seker maar julle twyfelagtige voorreg om eensydige beriggewing te pleeg, al bots dit met julle verklaarde beleid.

Groete,
Hennie Mouton

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui