Wie is Jaco Strydom?

Kyk ook:

Jaco Strydom is betrokke by Echo Jeugontwikkeling. Kyk HIER vir ’n paar van die artikels wat hy geskryf het.

Hier volg ’n paar opmerkings:

In sy artikel “Die man is die hoof? Nie in die huis nie! (rubriek in Beeld / Netwerk24)” bevraagteken hy Paulus se siening dat die man die hoof van die huis moet weet.

In “SEKSUEELGEFRUSTREED” waarsku hy teen seks voor die huwelik. Als goed en wel, maar nie omdat die Bybel so sê nie. Sy redes is lyk my eerder vigs en ongevraagde babas.

Die idee wat jy van hom kry is dat hy wil breek met alles wat na tradisie ruik.

Hy kom ook oordrewe antirassisties oor: hy verwys byvoorbeeld dikwels na hoe rassisties sommige blankes was. In “Die illusie van “goeie teologie”” skryf hy: “Die dominee kom af op Jonas waar hy op sy knieë voor die preekstoel hurk. “Wat dink jy doen jy?” vra die dominee ontsteld. “Ek maak die vloer skoon my baas,” antwoord Jonas. “O,” sê die dominee verlig, “ek dog jy bid!””

In “7 ongewilde uitsprake van Jesus” noem Jaco sewe van Jesus se sogenaamde “harder” uitsprake. Dit is:

  1. Draai die ander wang
  2. Verkoop jou goed en gee die geld vir die armes
  3. Maak vrede
  4. Moet jou nie bekommer oor jou lewensmiddele nie
  5. Hy wat sy vader of moeder liewer het as vir my…
  6. Vergewe!
  7. Hy wat die grootste wil wees moet die ander dien

‘n Mens wonder egter net wat Jaco se siening is oor die volgende uitsprake van Jesus: Jesus se “liefdelose” uitsprake en dade

Hy praat met lof oor Annari du Plessis.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui