Kyk ook:
Sommige mense beweer dat die Bybel ‘n sosialistiese stelsel ondersteun. Die dele in die Bybel wat gebruik word is:
(44)Al die gelowiges was eensgesind en het alles met mekaar gedeel. (45)Hulle het hulle grond en besittings verkoop en die geld aan almal uitgedeel volgens elkeen se behoefte.
(32)… Niemand het sy goed net vir homself gehou nie, maar hulle het alles met mekaar gedeel. … (34)… want dié wat grond of huise besit het, het dit verkoop en die verkoopprys daarvan gebring (35)en vir die apostels gegee. Dié het dit dan uitgedeel volgens elkeen se behoefte. (36)Josef ‘n Leviet … (37)het ook die grond wat hy gehad het, verkoop en die geld gebring en dit vir die apostels gegee.
Hier lees ons van Ananias en Saffira wat ‘n eiendom verkoop het en vir die apostels gegee het. Hulle is egter met die dood gestraf omdat hulle ‘n gedeelte van die verkoopprys vir hulleself gehou het.
Hieroor moet twee dinge gesê word:
Dit was vrywillig
Dit is duidelik dat die gelowiges vrywillig bygedra het. In Handelinge 5:3 konfronteer Petrus vir Ananias en in vers 4 sê Petrus: “Die grond was mos joune, en toe dit verkoop is, kon jy met die geld gemaak het wat jy wou.”
Nie ‘n goeie einde nie
Handelinge 2 tot 5 beskryf die gebruike in die gemeente in Jerusalem. Later lees ons dat die gemeente in Jerusalem finansieel gesukkel het en dat ander gemeentes gevra is om hierdie gemeente finansieel te help:
- Romeine 15:25-27
- 1 Korintiërs 16:1-4: Paulus gee opdrag dat die gemeente in Korinte geld vir die gelowiges in Jerusalem moet bymekaarmaak.
- 2 Korintiërs 8:1-4: Die gemeentes in Masedonië gee geld vir die behoeftige gelowiges.
- 2 Korintiërs 9:1-15: Paulus bespreek die insameling en die doel daarvan.
Mens moet egter versigtig wees om te aanvaar dat die rede hiervoor was omdat hulle hul besittings met mekaar gedeel het. Dit kon ook wees weens ’n hongersnood wat die profeet Agabus voorspel het (Handelinge 11:27-30).
Die Bybel teen sosialisme/welvaartsverdeling
Die Bybel is egter op baie plekke duidelik privaat besit, dat die persoon wat hard werk beloon sal word en dat die lui persoon swaar sal kry:
Genesis 3: (19)net deur harde werk sal jy kan eet, totdat jy terugkeer na die aarde toe, want daaruit is jy geneem. Stof is jy, en jy sal weer stof word.”
Eksodus 20: (9)Ses dae moet jy werk en alles doen wat jy moet. – Hierdie is deel van die vierde gebod.
Eksodus 20: (17)Jy mag nie iemand anders se huis begeer nie. Jy mag nie sy vrou begeer nie, ook nie ‘n slaaf of slavin, ‘n bees of ‘n donkie, of enigiets anders wat aan hom behoort nie. (en Deuteronomium 5:21) Hierdie is die tiende gebod en word spesifiek gelys omdat God geweet het of selfs bedoel het dat almal nie gelyk gaan wees nie.
Spreuke 6:6–11Gaan kyk na die mier, luiaard, kyk hoe hy werk, en leer by hom.
Spreuke 10: (4)’n Mens wat nie sy hande uit sy mou steek nie, word arm; dit is vlyt wat ryk maak.
Spreuke 12: (24)Wie hard werk, heers; wie nie wil werk nie, moet dwangarbeid doen.
Spreuke 13: (4)’n Lui mens begeer baie, maar kry niks; ‘n mens wat hard werk, kry alles wat hy begeer.
Spreuke 14: (23)Harde werk bring beloning; om net te praat, bring gebrek.
Spreuke 16: (26)’n Werker se honger laat hom werk, sy behoefte aan kos dryf hom.
Spreuke 19: (15)Luiheid laat ‘n mens diep slaap; iemand wat nie wil werk nie, ly honger.
Spreuke 20: (4)’n Luiaard ploeg nie in die winter nie; in die oestyd soek hy en kry niks.
Spreuke 21: (25)Die begeerte van ‘n luiaard bring sy dood; sy hande weier om te werk.
Spreuke 22: (7)’n Ryke heers oor armes; die lener is die slaaf van die man by wie hy leen.
Spreuke 22: (13)Die lui mens sê: Daar is ‘n leeu buitekant, ek kan doodgemaak word in die straat!
Spreuke 24:30–34 Hier beskryf Salomo hoe hy by ‘n luiaard se landery verbygaan: dit is toegegroei met dorings en onkruid. Die les is dat verwaarlosing en luiheid uiteindelik armoede bring.
Spreuke 26:13-16 Hier word die luiaard op humoristiese wyse beskryf:
- Hy sien oral gevare en verskonings.
- Hy draai soos ‘n deur op sy skarniere op sy bed.
- Hy steek sy hand in die kosbak, maar is te moeg om dit terug te bring na sy mond.
- Hy dink hy is wyser as sewe mense wat verstandig antwoord.
Spreuke 28: (19)Wie sy grond bewerk, het volop om te eet; wie agter niks aanloop nie, het volop gebrek.
Efesiërs 4: (28) … hy moet deur harde werk op ‘n eerbare manier self in sy lewensonderhoud voorsien; dan sal hy iets hê om vir die armes te gee.
1 Tessalonisense 5: (14) Wys die leeglêers onder julle tereg, praat die kleinmoediges moed in, help die swakkes, wees met almal geduldig.
2 Tessalonisense 3: (6)Onttrek julle aan elke broer wat leeglê en hom nie hou aan die opdragte wat julle van ons ontvang het nie. (7)Julle weet self watter voorbeeld ons vir julle gestel het om te volg. Ons het nie daar by julle leeggelê (8)of op ander geteer nie. Inteendeel, ons het dag en nag geswoeg en gesweet om nie vir een van julle ‘n las te wees nie. … (10)Toe ons nog by julle was, het ons vir julle uitdruklik gesê: “As iemand nie wil werk nie, moet hy ook nie eet nie.”
1 Timoteus 5: (8)As iemand nie vir sy eie mense, veral nie vir sy huisgesin, sorg nie, het hy die geloof verloën en is hy slegter as ‘n ongelowige.
Die Bybel oor hulp aan armes
Daar is baie gedeeltes in die Bybel wat sê dat daar na die armes omgesien moet word. ‘n Mens moet egter onthou dat dit gewoonlik in die konteks is van die volk of die gemeente. Dit beteken, ‘n mens ken daardie persone. Dit beteken nie dat ons vandag vir elke arme wat vir jou geld vra moet gee nie.
Deuteronomium 10:18-19
Deuteronomium 15:4-5 – God sê dat daar nie ’n arme onder die volk moet wees nie.
Deuteronomium 15:10-11 – Gee vryelik aan jou broer wat arm is, …daarom beveel ek jou om vrygewig te wees teenoor jou mede-Israeliet wat in nood is en arm is.
Psalm 24:1
Psalm 37:26
Psalm 41:2
Psalm 82:3-4 – Julle moet reg laat geskied aan die mens in nood en aan die weeskind, ‘n regverdige uitspraak vir die hulpelose en die behoeftige lewer, julle moet die mens in nood en die arme bevry, hulle uit die mag van die goddelose red
Spreuke 19:17 – Wie hom oor ‘n arm mens ontferm, gee ‘n lening aan die Here, en Hy sal hom ten volle vergoed.
Spreuke 31: (8)Praat jý vir dié wat self nie hulle sê mag sê nie, kom op vir die reg van dié wat te gronde gaan;
Jesaja 10:1-2 Ellende wag vir julle … julle verdraai die reg van die armes, julle ontsê die armes van my volk hulle regte, julle buit weduwees uit, julle plunder weeskinders.
Jesaja 58: (7)Is dit nie dat jy vir dié wat honger is, van jou brood gee nie, dat jy aan die armes en die dakloses ‘n blyplek gee nie, dat wanneer jy iemand sonder klere sien, jy vir hom klere gee nie, dat jy jou medemens nie aan sy lot oorlaat nie? (8)Dan sal die lig vir jou deurbreek soos die rooidag, jy sal gou herstel. Hy wat jou red, sal voor jou uit gaan, die mag van die Here sal agter jou aankom. (9)Dan sal jy roep, en die Here sal antwoord, jy sal om hulp roep, en Hy sal sê: Hier is Ek! As jy sorg dat mense nie meer by jou verdruk word nie, nie meer gedreig en vals beskuldig word nie, (10)as jy jou wy aan dié wat honger het, as jy voorsien in die behoeftes van dié wat in nood is, sal die lig vir jou skyn wanneer dit donker is, sal wat vir jou nag is, word soos die helder middag.
Jeremia 7: (6)moenie vreemdelinge, weeskinders en weduwees onreg aandoen nie, moenie mense onskuldig om die lewe bring in hierdie land nie en moenie ander gode dien nie. Dit sal onheil oor julle bring.
Matteus 6: (2)As jy byvoorbeeld armes help, moet dit nie uitbasuin nie.
Matteus 25:34-40 “Vir sover julle dit aan een van the geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.”
Lukas 10 Barmhartige Samaritaan
Lukas 12:33 – Jesus moedig sy dissipels aan om hulle besittings te verkoop en aalmoese te gee.
Lukas 18:22 – Jesus sê vir die ryk jongman om sy besittings te verkoop en die geld aan die armes te gee.
Lukas 26:38
Matteus 25:35-40 – Jesus verbind die versorging van mense in nood met die versorging van Homself.
Johannes 10:10
Handelinge 6: (1) … klagtes gekom van die Griekssprekendes dat hulle weduwees in die daaglikse versorging afgeskeep word.
2 Korintiërs 9:7,11-14
Galasiërs 6:9-10
Hebreërs 13: (16)Moenie nalaat om goed te doen en mededeelsaam te wees nie, want dít is die offers wat vir God aanneemlik is.
1 Timoteus 5:3, 4, 16
1 Timoteus 6:17-19
Jakobus 1: (27)Egte en suiwer godsdiens voor God die Vader is om weeskinders en weduwees in hulle moeilike omstandighede by te staan en om jou skoon te hou van die besmetting van die wêreld.
1 Johannes 3:17-18 – Wie aardse besittings het en sy broer sien gebrek ly, maar geen gevoel vir hom het nie – hoe kan die liefde van God in hom wees?
Bronne
- What Does the Bible Say About Socialism? (Youtube)
- The Spirit of generosity: A new economic dispensation in the wake of Pentecost? (Wessels Johannes, 2017)
- Twaalf Bybelse oplossings vir armoede (Flip Buys, 17 Sep 2025)
- Flip Buys: Wat die Bybel my leer oor armoede (Flip Buys, 15 Nov 2026, Rapport)
- 12 Bybelse riglyne oor hoe om armoede te takel (Flip Buys, 4 Maart 2025)