Kyk ook:
Kyk ook KOMMENTAAR onderaan.
*******
NGK vra uitsetting van leraar, sy ondersteuners: Basta! sê gemeente | Netwerk24
Kaydene Davids
Netwerk24
Vrydag, 20 November 2026
’n Hofaansoek om uitsetting teen ’n Vrystaatse leraar en sy ondersteuners deur die NG Kerk (NGK) in die Vrystaat en die ring van Smithfield sal in alle waarskynlikheid volgende jaar in die hooggeregshof in Bloemfontein aangehoor word.
Die kerk en die ring vra in ’n tweedelige aansoek aan die hof dat ds. Rhenier Nel en alle ander persone wat onder hom die kerkgebou beset, beveel word om die gebou in Greystraat 20, Bethulie, te verlaat.
Indien hulle nie die gebou verlaat nie, vra die NGK en die ring dat die balju gemagtig word om hulle uit die gebou te verwyder.
{Lees verder op Netwerk24}
Kommentaar
Daniel Louw
Bethulie-gemeente is nie meer verbonde aan die NG Kerk nie, dus kan die NG Kerk nie vir hulle sê wat hulle moet doen nie.
Voordat die beroeping van Rheinier Nel afgehandel is, het die Ring van Dordrecht vooraf skriftelik in die aktes van demissie bevestig dat daar geen sake teen die leraar hangende was wat op enige kerklike wangedrag dui nie (kyk ‘n Mededeling aan die Bethulie-gemeenskap). Dit is dus baie vreemd dat al hierdie klagtes nou opgebring word.
Hy word aangekla van “meineed, bedrog, sedisie, haatspraak en laster, asook die oortreding van die kerkorde se gedragskode vir leraars.”
Bedrog is ‘n ernstige oortreding. Miskien moet hulle hom eerder by die siviele hof aankla.