2011-Algemene Sinode op strokiesnet (facebook)

Onderstaande is afgetrek van www.facebook.com/kerkbode.  Ongelukkig het ’n paar waarskynlike Israelvisie-manne ook hier ingeklim. Hul bydraes kan maklik uitgeken word. Die mate waartoe liberalisme en minagting van die gesag van die Bybel op die hoogste vlak in die NG Kerk sy tol begin eis, blyk duidelik uit hierdie gedeeltes.

———————-

Kerkbode

9 Oktober 2011

Die groepie beswaarde NG lidmate wat more (Maandag, 10 Oktober 2011) by die NG Kerk se Algemene Sinode wil betoog omdat hulle meen die NG Kerk is op ’n dwaalpad, het nooit hulle klagtes formeel by die kerk ingedien nie.

So sê die Algemene Sekretaris van die NG Kerk, dr Kobus Gerber. Hy het reageer op bewerings in Rapport dat hulle nie die NG Kerk se leiers sover kon kry om sogenaamde vals leerstellings wat “die kerk binnesluip” te repudieer nie.

Die beswaardes wil met plakkate voor die konferensiesentrum betoog waar sowat 400 afgevaardigdes die NG Kerk se 14de Algemene Sinode die week bywoon. Lees meer hieroor en ander Sinodenuus Maandag op Kerkbode se webwerf. Kliek op Sinodebode bo-aan die tuisblad om die daaglikse koerant met sinodenuus elektronies af te laai.

9 October 2011 at 10:30pm

Johan D. Strydom

Duiwelsadvokaat: word ‘korrekte prosesse’ hier nie dalk afgespeel teen ’n seisoen van LUISTER nie?

October 9 at 10:41pm

Bernard Kuhn

daar is net een doop en dit pas by bekeringsdoop

October 9 at 10:48pm

Gerhard Bothma

Dis nou regtig jammer dat daar by n sinodesitting betoog word. Hulle beskuldig sekere kerklikes van n ‘neiging na humanisme’ en dan staak hulle? Is dit nie btjie inkonsekwent nie?

October 9 at 11:28pm

Dirk Hoekstra ‎

“Beswaarde lidmate” LOL!! Het Jesus nie gesê sy juk is lig nie? Volg Jesus, nie dogma nie.

Monday at 7:10am

Albert Cruywagen

Stroop al die warm lug (en die plakkate!), en wat bly oor? ’n Klomp volstruise met kop-in-die-sand wat niks nuut wil hoor nie!

Monday at 8:54am

Nico Mostert

dis jammer dat mense se verskille met die sieninge van die van individue nou op plakate uitgebeeld! Ek wonder maar so in my stilligeheid hoeveel van die beswaardes het al met die individue wat hulle so beskuldig in persoon gepraat! Ons hou mos maar daarvan om oor mense eerder as met mense te praat!

Monday at 8:55am

Bernard Kuhn

Ek glo nie in babadoop nie en daar staan nerens in die bybel van babas wat gedoop was nie. Eers bekeer jou dan doop. Kinders kan ook gedoop word as hul tot bekering kom.

Monday at 9:41am

Gideon Aggenbag

Dr. Kobus Gerber lieg. Hy self, as sekretaris van die moderatuur, het sedert 2009 tot op datum versuim om enige antwoorde te verstrek op besware en vrae wat ek persoonlik aan elkeen van die moderamen gerig het. Hulle het ’n doodse stilte gehandhaaf oor my besware. Die etiese ding sou gewees het dat hulle ten minste my finale navraag beantwoord het wat ek op 3 Maart 2010 gevra het, nl. wat hulle besluit het op hlle vergadering van 21 Januarie 2010. Hulle het dit egter net eenvoudig geïgnoreer. Die dwaling van hulle standpunt wat hulle op 23-24 Junie 2009 ingeneem het, is dat die skepping volgens die komplekse aard van wetmatigheid verloop het, en nog steeds so ontwikkel en funksioneer. Dit is ’n dwaling wat die natuurlike verloop van dinge as skepper aantoon, en vir God die Skepper degradeer tot ’n toeskouer op die kantlyn.

Monday at 11:23pm

————————————————

Kerkbode

Slegs een van die beswaarde NG lidmate wat by die sinode wou betoog oor die “dwaalleer wat die NG Kerk binnesluip” het die daad by die woord gevoeg. Mnr Louis le Roux van die NG gemeente Brakpan-Wes het vanoggend stoksielalleen voor die konferensiesentrum stelling ingeneem met sy plakkate.

Nie een van die sowat 50 ander beswaardes het opgedaag om hom te ondersteun nie. Mnr Le Roux wat spesiaal verlof geneem het by sy werk om by die sinode te betoog het gesê hy gaan elke dag tot Vrydag voor die konferensiesntrum betoog.

’n Uur later was hy en sy plakkate egter skoonveld.

Nie een van die prominente beswaardes in die NG Kerk het hulle opwagting gemaak nie. Me Henrietta Klaasing is op pad oorsee vir familiesake, dr Hennie Mouton se werk hou hom te besig en van die ander beswaardes bly glo te ver, het mnr Le Roux gesê.

Wall Photos

Monday at 11:42am

Keith Bateman

Is dit nie maar aan die einde van die dag waarom ’n mens aan ’n behoorlik gevormde kerk behoort nie – sodat mens kan weet dat die kollektiewe wysheid van die sinode gangers wakker genoeg sal wees om God se weg tussen al die woorde te hoor!

Monday at 11:54am

Phillipus Booysen

Die mond spreek met die hand wat hom voer. Die vals evangelie is besig om geopenbaar te word

Monday at 12:11pm

Deon van Niekerk

My antw aan Louis: Judas het 30 munte gekry toe dit nog iets werd was; van my 30 munte vat die ontvanger nog 12 ook!

Monday at 12:25pm

Jaco Thom ‎

Deon van Niekerk: lyk my een van die skerpste breine in die NGK is nie Alg Sinode toe nie?

Monday at 12:50pm

Rudolph Scharneck

Ek sien tannie Kla-sing het gister al haar klaaglied in Rapport se briewekolom geplaas. Shame, sy was seker bang sy kry sonsteek.

Monday at 1:00pm

Deon van Niekerk

Jaco, ek is sleg met komplimente, en glo nie ’n enkele woord daarvan nie. Jy moet ook nie. Ek wens egter ek kon boeke skryf soos jy.

Monday at 1:07pm

Jaco Thom

Deon, ek is seker jy kan as jy net probeer. Maar ek sal self nie omgegee het om te skilder soos jy nie! En ek wou nog altyd leer kitaar speel, maar het nog nooit sover gekom nie. Nou speel ek maar radio.

Monday at 1:08pm

Ewald Schmidt

Watter ander Jesus verkondig ons hier op die platteland? Haai, ek dog nog ek volg in die voetspore van die Jesus wat vir my op skool gesê het Volg My? Jy weet, daardie Een wat uit die dood opgestaan het?

Monday at 1:22pm

Kerkbode

Vir ’n kerk wat diversiteit ernstig neem, en boonop wil luister ook, is iemand soos mnr Louis le Roux se standpunt natuurlik ook belangrik.

Monday at 2:01pm

Willie Vermaak

Het dit nie NOU tyd geword dat al die beswaardes wat so alewig kla oor dwaalleer in die NG Kerk, nou die gemeentes uitsonder waar sulke praktyke plaasvind, ipv om net in die algemeen daarna te verwys nie.

Monday at 3:35pm

Henrietta Klaasing ‎

@ Jean en @Rudolph: Louis staan daar ook namens my – glo my, as dit enigsins moontlik was, was ek daar.

Monday at 4:12pm

Gideon Aggenbag

Goedgeorganiseerde klompie dié!! Vaardig een vrywilliger af, befonds die poging, bid vir hom. Mooi so, Louis le Roux, die Here sal jou seën. Ons is “onsigbaar” saam met jou. Laat Kerkbode maar spot. Kan blykbaar nie fout vind met enige van die plakkate nie.

Monday at 5:11pm

Hennie Mouton

‎’n Mens sou ongelukkig maar kon verwag dat Jean Oosthuizen soos dikwels vantevore nou weer met sy verdraaiings vorendag sou kom. Ons het nooit gesê dat ons in enige getalle sou betoog nie — die plakkate teen die lamppale gee die hoofboodskappe deur. Louis le Roux het nie met sy plakkate verdwyn nie — hy was vir omtrent ’n uur weg met die enkele plakkate by hom — die plakkate teen die pale het heeltyd daar gebly soos Jean sou kon sien. Sou die sinode ernstig wees oor hul verklaring dat hulle gaan hoor wat die Here sê, met oop Bybels voor hulle, behoort die plakkate in elk geval eerder ’n versterking as ’n bedreiging te wees.

Monday at 6:26pm

Inamarie Oppermann

Wat gaan aan ? Waaroor die bohaai? Verstaan niks nie . Watter dwaalleer verkondig julle nou? Hier is geen NG kerk nie en dit lyk my enige ou wat kans sien kan opstaan en preek as die dominee ( pastor) siek is of nie die Sondag kan preek nie.( Alliance Church ) . Willie ek het my lewe lank niks daarvan gehou as die onderwyser of die skoolhoof of die baas so in die algemeen met almal raas – man, as jy ’n probleem met iemand het – spreek dit aan – en los die onskuldiges uit dat hulle aangaan met hulle goeie reguit lewe.

Monday at 6:40pm

Danie Strydom ‎

1 ou is genoeg om die boodskap oor te dra! Doen moeite en gaan kyk waaroor dit gaan. Dit is ernstig en raak almal in die NG Kerk! Daar is ander wat net die klok hoor maar dis al.

Monday at 9:54pm

Gideon Aggenbag

Mooi Louis! ’n “Gekef in die wind” sal sekerlik nie ons afgevaardigde verteenwoordiger afssit nie.

Monday at 11:06pm

Phillipus Booysen

Wat vir my n Seëning sal wees is om die Volk uit die kerk te sien loop en hul Skepper tevolle te dien! Die Boervolk het nie op n kansel haan staat gemaak toe hul uit die kaap uit getrek het nie, nee hul het op hul Skepper die Rots staatgemaak , ons land is n ashoop te danke aan die dwaal leer van die kerk! En daarby het die kerk die Ware Identiteit van Jakob verkrag! Ek dank Yahweh ek is nie in die kansel hane se skoene nie want die bybel vertel ons goed wat met die rabbis gaan gebeur! Die kerk het die Boervolk probeer ontwortel van hul Skepper dit het nie geslaag nie want die Boervolk is besig om die kerk te verlaat en hul Herder te volg! Tik tok tik tok draf die eind tyd klok

Tuesday at 4:39pm

—————————————-

Kerkbode

Dr Kobus Gerber, algemene sekretaris van die NG Kerk (regs), wens prof Nelus Niemandt geluk met sy verkiesing as moderator van die Algemene Sinode.

Retha Schneider Venter

Baie geluk Nelus, Johann en Retha

Monday at 7:43pm

Peet Kruger

Baie geluk Nelus van Peet en Beatrix Kruger. Ons wens jou ’n geseënde termyn toe.

Monday at 8:07pm

Kerkbode

Kerkbode wens prof Niemandt ook hartlik geluk!

Monday at 9:02pm

Johann Enslin

baie geluk nelus–sal jou in my gebede dra–ons kan deur Hom nog steeds als verander

Monday at 9:05pm

Hennie Mouton Ek sien sommige skrywes word verwyder sonder dat dit enige ordentlikheidsgrense oorskry het, maar wel belangrike sake aangeroer het. Hoekom?

Tuesday at 2:13pm

———————-

Kerkbode

Lees in Sinodebode van Dinsdag, 11 Oktober, ’n kort onderhoud met prof Niemandt (die elektroniewe weergawe kan afgelaai word by www.kerkbode.co.za). In Kerkbode van 21 Oktober verskyn ’n vollengte profielartikel oor prof Niemandt en sy drome vir die NG Kerk.

Henrietta Klaasing

Kerkbode aanlyn is, lyk my, aflyn

Monday at 8:32pm

Kerkbode

Ja, die webwerf is ge-hack. Ons is tans besig om daaraan te werk.

Monday at 8:39pm

Danie Smit

Hoekom bid julle nie tot julle god Baal nie. Wat het julle bid toe gehelp?Regtig wat ’n grap. Bid vir rugby. So sal julle bid en roep, maar God sal nie hoor nie.

Monday at 9:34pm

Kerkbode

Ek is bly om te sien Henerietta is aanlyn aanwesig by die sinode al het sy toe nie by die betoging opgedaag nie. Daar was toe net een betoger by die sinode om beswaar te maak oor die NG Kerk se sogenaamde dwaalleer.

Monday at 10:22pm

Gideon Aggenbag

En waarom is daar so min predikante by die Algemene Sinode? Kerkbode ken blykbaar nie beginsels van kies, afvaardig en befonds nie.

Monday at 10:34pm

Kerkbode

Min predikante by die Sinode? Nee hier is meer as genoeg van hulle. Ds Gideon Aggenbag het dalk nie die lys van afgevaardigdes gesien nie. Hier is 195 leraars en 181 kerkraadslede wat teen uur geregistreer was. Terloops ek het ds Aggenbag ook by die betoging gemis. Die betoger wat so stoksielalleen daar opgedaag het, het gesê hy het ds ook ds Aggenbag se volle ondersteuning vir die betoging.

Monday at 11:09pm

Uitgedaag Vir Jesus

Wanneer sal die kerkbode weer aanlyn wees?

Monday at 11:20pm

Gideon Aggenbag

Kerkbode, jy begryp nog nie! As ’n beperkte aantal predikante meer as genoeg is om die NG Kerk te verteenwoordig, is een man ook meer as genoeg om die beswaardes te verteenwoordig. Hy is gekies omdat hy mans genoeg is vir die taak. Wat is jou beswaar nou eintlik?

Monday at 11:37pm

Henrietta Klaasing

VERTEENWOORDIG: om in die plek van iemand anders te staan; om namens iemand anders op te tree

Tuesday at 12:52am

Hennie Mouton

Kyk [boon]toe vir die kommentaar op die onsin wat Jean Oosthuizen namens Kerkbode oor die “plakkaatveldtog” kwytgeraak het. Hoekom hy nou weer hier in dieselfde slaggat moet trap, weet hy seker.

Tuesday at 9:00am

———————-

Kerkbode

Die beswaarde betogers by die #NGKerk se Algemene Sinode het vanoggend tot twee aangegroei. Burger Viviers het aan Kerkbode gesê dit is ’n manier om ’n boodskap aan die kerk se leiers oor te dra want die kerk luister nie wat hulle sê nie. Een van die beswaardes, Louis Le Roux, is erg beswaard oor wat in Ben du Toit se boek staan.

Jean Oosthuizen van Kerkbode het vir Ben gaan roep en aan hulle voorgestel sodat hulle self vir hom kon vertel wat pla. Dit is duidelik baie van die beswaardes se besware op wanpersepsies berus. My indruk was dat mens met sommige beswaardes soos Burger sou kon gesprek voer terwyl daar kwessies is waaroor daar waarskynlik nooit tot ’n vergelyk gekom sal kan word nie. Die gesprek het in ’n goeie gees plaasgevind en Ben en Burger het blad geskud na die tyd.

Tuesday at 11:07am

Gerhard Bothma

Hier is n mooi voorbeeld van hoe die uitleef van christelike liefde baie meer bereik as die verdagmaking van mense oor wie jy voel teologies ver van jouself af staan

Tuesday at 4:24pm

Hennie Mouton

Lees die kommentaar net hier[onder] en besluit dan of “wanpersepsies” enigsins ter sprake is.

Tuesday at 4:34pm

Gerhard Bothma

Wanpersepsies gaan nie soseer oor die aanhaal van iemand se woorde nie, maar oor die verbande wat jy/julle tussen uit-konteks-gehaalde woorde en die stellings wat julle daaroor maak

Tuesday at 5:29pm

Hennie Mouton

Dankie Gerhard, daarom is dit nie wanpersepsies van ons kant nie. Ben is natuurlik welkom om ons verkeerd te probeer bewys.

Tuesday at 10:43pm

———————-

Kerkbode

Ben du Toit skud by die #NGKerk se Algemene sinode blad met een van die beswaardes

Wall Photos

Tuesday at 11:09am

Hennie Mouton

Dr. Ben du Toit is ’n moderamenlid van die NG Kerk se Algemene Sinode, verantwoordelik vir Elektroniese Kommunikasie en Parlementêre Skakeling. Onderstaande gee ’n paar gedagtes oor sy sieninge weer, soos blyk uit sy Andrew Murray-bekroonde boek God? Geloof in ’n postmoderne tyd …

Sommige van die dwaalleringe wat dr. Du Toit na ons mening verkondig of laat blyk hy aan glo, is die volgende:

* Die Bybel is nie die Woord van God nie, maar woorde oor God en deurdrenk met al die gebrekkige en foutiewe sienings wat die mense van die pre-moderne tyd gehad het (bl. 16-23).

* Jesus self het ook hierdie gebrekkige en foutiewe verstaan van sekere dinge gehad (bl. 15, 16 en 124), omdat hy ook maar net in die pre-moderne tyd op aarde geleef het.

* Die Bose se oorsprong lê slegs in die mens self en hy is nie ’n wese van een of ander aard nie (bl. 123-127).

* Ons moet aanvaar dat Jesus van Nasaret nêrens in die Ou Testament genoem word nie (bl. 131 van sy boek).

* Jesus self het nie die verlossingsboodskap van sy kruisdood en opstanding verkondig nie, maar dis eers lank ná sy “hemelvaart” geformuleer (bl. 156). Jesus het nie vir ons wat in Hom glo, gesterf en opgestaan sodat ons die ewige lewe kan hê nie, maar sodat ons die hoop van die ewige lewe kan hê (bl. 183).

Let op die woord “hemelvaart” wat Du Toit in aanhalingstekens sit, en besef waarom hy dit doen. Daar is ook ’n subtiele maar belangrike verskil wat geïmpliseer word deur die woordjie “hoop” wat Du Toit hier invoeg, wat gaan oor die werklikheid al dan nie van die ewige lewe. Waarskynlik daarom skryf Du Toit ook “hemel” in aanhalingstekens as hy na die ewige lewe verwys (bl. 134).

Jesus se Godheid word nêrens pertinent in Du Toit se boek gestel nie, maar op vele wyses afgewater, byvoorbeeld:

* deur die titel “Jesus van Nasaret” regdeur die boek te gebruik;

* Jesus is glo nêrens in die Ou Testament genoem nie (bl. 131);

* Jesus het slegs gebrekkige insig gehad (bl. 15, 16 en 124);

* Sy wonderwerke was nie noodwendig wonderwerke nie (bl. 147 en 153);

* Sy geboorte was nie noodwendig maagdelik nie (bl. 136, 137, 147 en 148);

* Jesus het dalk self nie eers sy twee nature (God en mens) verstaan of van geweet nie (bl. 149);

* Sy verwysing na geloof in die God van Jesus van Nasaret eerder as in Jesus self (bl. 173); en

* Sy verwysing na die “sogenaamde” wederkoms van Christus (bl. 178).

Tuesday at 3:39pm

Kerkbode

Hennie Mouton jou twee beswaarde vriendevoor die hek het jou ondersteunin gemis vanoggend. Toe gee hulle maar weer moed op en loop.

Tuesday at 4:26pm

Ben du Toit

Ek wonder regtig hoe Hennie Mouton dink hy die Here dien met sulke wanvoorstellings en buite verband-gerukte misbruik van teks. Dis die eerste en die laaste maal dat ek in die openbaar op soiets reageer wat my persoonlik aangaan. Die integriteit van ons Christelike getuienis word ernstig hierdeur op die spel geplaas.

Tuesday at 4:43pm

Hennie Mouton

Bogenoemde gee selfs die bladsynommers in Ben se boek. As hy enige van sy bewerings in sy eie boek wil terugtrek of wil verduidelik hoe dit iets anders beteken as wat daar staan, sal ek te bly wees om dit te hoor.

Tuesday at 5:15pm

Gerhard Bothma

Hennie, wil jy nie asseblief n boek skryf sodat ons jou hele prentjie van die greater schemes of things kan sien. Dan sal ons (op n mooi manier) met jou oor jou sieninge in gesprek tree

Tuesday at 5:26pm

Wynand Olivier

en julle vra hoekom lag mense vir die NG kerk…..lol

Tuesday at 5:49pm

Kerkbode

Lag en wees vrolik. Dis tog soveel lekkerder om te lag as om oor alles beswaard te wees. Lag is goeie medisyne. Ek wens meer mense wil dit probeer. Dit werk!

Tuesday at 5:56pm

Hennie Mouton

Gerhard, weet jy regtig nie van die boek “Die Trojaanse Perd in die NG Kerk — die kanker van evolusie en liberalisme” nie? Ek was maar een van die skrywers, maar dit spel sommige van die kritieke probleme in die NG Kerk duidelik, met verwysings, uit. Die inhoud van die boek is ’n goeie punt om by te begin.

Tuesday at 7:08pm

Dirk Hoekstra

Ek stem in ’n groot mate saam met Hennie Mouton om dwaallering te identifiseer, maar dan moet hy seker maak hy noem feite binne konteks. Sulke dinge kan net uitgepraat raak one-on-one. Boeke, e-mails, media is nie die regte manier om te debatteer oor sulke sake nie.

Tuesday at 7:57pm

Hennie Mouton

Ek is oortuig daarvan ons het feite binne konteks genoem.

Tuesday at 10:48pm

Hennie Mouton

Boeke en e-posse is dikwels juis die regte manier: Dit verwyder die moontlikheid dat verkeerd onthou word wat iemand gesê het, dit maak dat daar geleentheid is om jou bronne behoorlik na te gaan en byvoorbeeld akkurate aanhalings te kan gebruik, en dit is dikwels van openbare belang.

Yesterday at 9:13am

———————-

Kerkbode

Tobie Wiese se e-posadres vir jou vrae wat jy graag aan Nelus Niemandt wil vra, is: tobiewiese@mweb.co.za

—————————————————-

Kerkbode

Hier is ’n deel van die pers en kommunikasietafel by #NGkerk se Algemene sinode. Hier is die webbestuurder van die NG Kerk se diversiteitsforum, Gerhard Bothma en Johannes de Villiers van Rapport op die voorgrond.

Tuesday at 6:08pm

Piet Croucamp

Gerhard sit en fb, ha!

Tuesday at 6:14pm

André Kritzinger

Dankie Gerhard dat jy ons op hoogte hou op FB

Tuesday at 7:49pm

Roelof Van Der Merwe

Julle lyk baie skepties

Tuesday at 10:05pm

Gerhard Bothma

Ons sukkel btjie met seine en deel internetlyne tussen ons. Jean, Tobie en Danie doen uitstekende werk. Ons bespiegel oor wat Johannes vir Sondag gaan skryf. Piet, dalk moet jy vnaand saam kom kuier

23 hours ago

Hennie Mouton

’n Mens sou hoop dat dr. Gerhard Bothma ook besig is om aandag te gee aan die volgende soort vraag wat nou al verskeie kere aan hom gevra is op sy diversiteitsforum.

Beste Gerhard,

Ek dink een van die sake wat jy nie beantwoord het nie en wat die eintlike saak is waaroor baie mense op hierdie forum duidelikheid oor wil kry is die volgende: Glo jy werklik dat daar binne ons belydenis in die NG Kerk spesiaal ekstra ruimte geskep moet word vir die radikale standpunte van professor Sakkie Spangenberg of nie? En dalk dieselfde wat betref die Panenteïsme wat professor Julian Muller propageer?

Deel asseblief met ons hoe jy as webmeester van die NG Kerk se diversiteitsforum dink hieroor.

Baie dankie

Janus le Roux

2011-10-09

Die kritieke en onbeantwoorde groter vraag aan die diversiteitsforum bly die vraag van wat die grense van aanvaarbare diversiteit binne die NG Kerk is. Gaan hierdie Algemene Sinode hieroor uitsluitsel gee? Die diversiteitsforum omseil hierdie saak al sedert sy ontstaan.

En dit sluit geweldig nou aan by prof. Nelus Niemandt se groot aanhang van die sogenaamde ontluikende kerk-beweging. Kan Nelus nog verklaar dat Christus die enigste weg tot saliheid is en dat die Christelike geloof die enigste ware geloof is? En as hy kan, waaroor ons baie bly sal wees, hoekom distansieer hy hom nie van die talle bekende ontluikendes wat hy graag na verwys, op hierdie kritieke saak nie? Dr. Fanie Cronjé het op die diversiteitsforum geskryf: “Die vroeër/heersende wyse van Christen wees meen dat net Christene die ewige lewe beërwe. Die opkomende/ontluikende wyse van Christen wees meen die christelike geloof kan nie daarop aanspraak maak dit die enigste ware geloof is nie.” Waar staan Nelus en die Algemene Sinode op hierdie saak?

23 hours ago

Gerhard Bothma ‎

@Hennie: Ek het al op ons forum geantwoord. Wil jy dit nie maar oorweeg om dit as óns forum – met jou daarby ingesluit – te beskou nie? (jy weet tog dis nie my forum nie) Wil jy dit nie ook oorweeg om ons bona fides te aanvaar nie? Ons praat vanaand en more oor diversiteit. Kom woon die geleenthede by. Kom luister met n oop gemoed. Dalk hoor jy iets wat ons Here vir jou wil se wat jy nie via n stem anders as binne jou eie kring gaan hoor nie.

17 hours ago

Hennie Mouton

Gerhard, Janus le Roux het sekerlik nie gedink jy het sy en vele ander se vraag geantwoord nie, want hy het dit herhaal. Maar skryf sommer hier jou antwoord en veral die antwoorde op die laaste paragraaf van my skrywe net hierbo. Ek het selfs deur Tobie Wiese as skakelpersoon van Nelus Niemandt die laaste vrae beantwoord probeer kry (hy het immers almal uitgenooi om vrae via hom aan Nelus te stuur), maar tot dusver is daar net stilte.

a few seconds ago

———————-

Kerkbode

Die #NGKerk se Algemene Sinode het vanoggend wetenskaplikes bedank wat as Christene hulleself in die openbaar blootstel ter wille van hulle geloofsoortuigings, terwyl hulle as Christene met oorgawe as wetenskaplikes hulle professie uitoefen.

22 hours ago

Gerhard Bothma

Soos wat teoloe eksegese van God se Skrifgeworde Woord doen, doen wetenskaplikes eksegese van die kosmos as Skeppingsgeworde Woord van God (een vd persone in die verhelderingsgesprek vn gisteraand)

22 hours ago

Gerhard Bothma

Studentebediening sal dalk as n groter prioriteit beskou word indien ons beskouing van die kosmos / wereld / natuur / aardse in die rigting van hoe“r waardering daarvoor verander

22 hours ago

Thys Du Toit

Belangrik om kennis te neem van wat op die terrein van die natuurwetenskap gebeur. En om die werke van die wetenskapilkes self te lees, nie net wat die media daaroor skryf nie. In die sekulêre en selfs in die kerklike media word soms ’n redelik vertekende beeld gegee van bevindinge deur navorsers.

21 hours ago

Hennie Mouton

Wetenskaplikes verskil onder mekaar oor byvoorbeeld sake soos skepping en evolusie. Die agenda van hierdie sinode bevat ’n voorstel wat sê: “As sodanig ondersteun of onderskryf die kerk nie noodwendig bepaalde wetenskaplike teorieë nie – is hy trouens nie bevoeg om daaroor enige gesaghebbende uitspraak te maak nie.” Daarom sou mens reken dat die sinode wetenskaplikes van beide kante van die sienings oor oorsprongwetenskappe sou gekry het om met hulle te praat, en nie net die meerderheidsopinie moes aanhoor nie. So wie was die wetenskaplikes? En wat was die uiteindelike gevolgtrekking oor Genesis 1-11 – slegs metafories of mities? Hoe kan mens enigeen oortuig van die waarheid van enigiets in die Bybel as die enkele wetenskaplike en heelwat geskiedkundige gegewens daarin onwaar is?

Enigeen wat belangstel in die intense debat wat op Kerkbode-aanlyn gevoer is van Februarie tot Mei 2011 oor skepping en evolusie, kan dit gerus gaan lees op www.glodiebybel.co.za / Skepping,Evolusie,Ateïsme / Debatte. Dit mag “verhelderend” wees.

21 hours ago

Gerhard Bothma

Myns insiens is n beskrywing as “beide kante van sienings oor …” n verenging van die diversiteit in hierdie verband is. Ek meen ook dat dit goed sou wees indien die kerk n studiegroep / kommissie vir kerk en wetenskap daar behoort te stel sodat daar voortdurend aan hierdie verhouding aandag gegee kon word.

20 hours ago

Hennie Mouton

My wêreld Gerhard, jy plooi diversiteit darem nes jy wil! Hoe kan twee sienings ’n verenging van diversiteit wees? Glo jy jouself?

19 hours ago

———————-

Kerkbode

Die politieke analis Piet Croucamp het ook kom inloer by die #NGKerk se Algemene Sinode. Hier geniet hy middagete saam met van die afgevaardigdes. Langs hom is Tobie Wiese wat ook op Sinodebode se redaksie is.

Wall Photos

18 hours ago

Nico Geldenhuys

Piet meng deesdae met die verkeerde vriende…

19 hours ago

Albertus van Wyk

Sinodekos. Ek kan net imagine.

18 hours ago

Hennie Mouton

Piet, het enigiemand daar aan jou die evangelie probeer verduidelik? Indien wel, sal ek graag wil weet wie, want vir hom of haar behoort mens respek te hê.

18 hours ago

Gerhard Bothma

Almal is welkom aan ons die tafel. Het Piet welkom gevoel? Het hy gasvryheid beleef? Het hy gevoel hy word gehoor?

18 hours ago

Piet Croucamp

Ek weet nie van die ander mense daar nie, maar ek is beide dikker en wyser daar weg. Hierdie is jou wragtagwaar die nice guys in town.

18 hours ago

Henrietta Klaasing

Bly jy het tuis gevoel Piet. “Aan jou vriende word jy geken” ;)))

18 hours ago

Gerhard Bothma

Thanks, Piet.

18 hours ago

Hennie Mouton ‎

‘n Goeie begin Gerhard, maar dit kan by verre nie die eindpunt wees nie.

18 hours ago

Gerhard Bothma ‎

@Henrietta: Jesus is o.a. “ ’n vraat en ’n wynsuiper, ’n vriend van tollenaars en sondaars” (Luk 7:34) genoem. Wat se dit volgens jou oor wie Jesus is en oor met wie almal hy homself vandag sou vereenselwig? As daar nog 10 sitplekke saam met jou en hom aan tafel oor was, wie sou hy daar wou he of laat aansit?

18 hours ago

Gerhard Bothma

Henrietta: Na jou vorige post op die forum het ek gevra waarom jy (en Janus) so venynig was, maar jy het my nog nie geantwoord nie. Het jy al n antwoord?

18 hours ago

Kerkbode

Wat ek waardeer het van Piet Croucamp is die die moed, die integriteit en die selfvertroue waarmee hy omgaan met mense van wie hy verskil. Hy kruip nie weg agter weerlose mense met plakkate voor ’n hek nie.

17 hours ago

Gerhard Bothma ‎

@Hennie: baie dankie, Hennie. Dan kyk ons maar waar ons uitkom?

17 hours ago

Jacques Marais

Albertus, herinner my om nie saam met jou in ’n bar ’n bier te gaan drink nie. Iemand gaan gemoer word, en ek is seker dis nie jy nie. Praat van ’n fire-starter 🙂

17 hours ago

Nelmarie Cruywagen

Jis eks jaloers! Dit moes nou ’n lekker gesprek gewees het. Maar in die sweet van jou aangesig……

17 hours ago

Thys Du Toit

Ek hou geheel nie van betogings nie – nie vir of teen iets nie – maar Kerkbode se opmerking hierbo, indien dit na die plakkaatdraers by die sinode verwys, is tog ietwat… ja wat?

16 hours ago

Thys Du Toit

Wonder wat Kerkbode sou skryf indien hulle Luther betrap het terwyl hy sy 95 stellings aan die deur gespyker het??

16 hours ago

Henrietta Klaasing

Wie’s nou venynig, Gerhard? Ek het groot respek vir Piet, hy weet dit, en ek het hom vir ñ kuier genooi as hy hier verby ry

16 hours ago

Gerhard Bothma ‎

@Henrietta: dit gaan oor julle posts jeens my op die diversiteitsforum (gaan kyk maar weer daar). Jy het steeds nie op my vraag hierbo geantwoord nie

15 hours ago

Hennie Mouton

Gerhard, die laaste vraag op diversiteitsforum van Janus le Roux lê nog voor jou deur. Miskien moet jy maar weer daar gaan kyk. Die vraag is ook hier op facebook/kerkbode geplaas. Stem saam Thys – dis maar ’n swak opmerking van “Kerkbode”. Ongelukkig verbaas dit my nie.

14 hours ago

Daniel Louw

Oom Thys, baie dankie vir baie sinvolle opmerkings!

12 hours ago

———————-

Kerkbode

Raakgelees op Twitter (Chris van Wyk): Die NG Kerk beskou ’n Christelike huwelik so: ’n vaste, formele ooreenkoms tussen twee persone van die teenoorgestelde geslag om hulle lewens in alle opsigte met mekaar te deel in ’n lewenslange verbintenis waarin seksualiteit ’n eksklusiewe karakter dra, geseën of bevestig deur die kerk, gesluit in die teenwoordigheid van getuies, verkieslik in die gemeenskap van gelowiges en verkieslik erken deur die staat as ’n wettige huwelik.

15 hours ago

Barend Nel

Is dit OK as ons dan maar die verhouding van twee mense van dieselfde geslag wat aan mekaar TROU sweer onder dieselfde voorwaardes as die “huwelik” ’n “TROUE” noem?

13 hours ago

Hennie Mouton

Nee Barend, want die Bybel noem dit afskuwelik. Die kerk maak ’n skreiende en skandalige fout as sy so iets aanvaar in plaas van om homoseksuele mense van hierdie sonde te probeer begelei tot verlossing daarvan soos God duidelik in die Bybel stel moontlik is.

10 hours ago

Barend Nel

Nee wat Hennie, paar ge-troue verhoudings wat ek ken tussen mense van dieselfde geslag voldoen myns insiens in ’n veel groter mate aan al die vereistes van christelike liefde, trou, ondersteuning en onselfsugtigheid as die meeste heteroseksuele huwelike wat ek ken. Ek vind eerder uitsprake soos die wat jy so pas gemaak het afskuwelik, skreiend en skandalig

9 hours ago

Hennie Mouton

Die Bybel het die laaste Woord.

a few seconds ago

Eduan Naude

Nee, Hennie, my en jou verstaan van die Bybel het die laaste woord, totdat ons beter verstaan….en saammet ander verstaan…lewend en dood…. daarom is dit die lewende Woord!

11 hours ago

Danie Loots

Eduan, Jesus is die Lewende Woord. Die Bybel is duidelik dat niks bygevoeg of weggelaat mag word nie. Dit is wél so dat heteroseksuele losbandigheid meestal saam met homoseksuele genoem word.

Ek kan geen manier sien hoe die kerk homoseksuele verhoudings / huwelike kan goedkeur tensy die outoriteit van die Bybel ondermyn word nie.

9 hours ago

———————-

Kerkbode

Prof Johan Janse van Rensburg meen mens kan nie die bestaan van die duiwel ontken nie want dan kan mens netsowel die bestaan engele ontken en hoef jy ook nie meer in ’n maagdelike geboorte te glo nie.

14 hours ago

Gerhard Bothma

In die tyd waarin die tekste wat later in die Bybel saamgebundel is, was Plato se dualistiese beskouing van die wereld ’n baie sterk gedagteskema. Ons hoef nie meer tussen dualiteite te pendel nie, maar word uitgedaag om met paradokse saam te leef.

15 hours ago

Albert Cruywagen

Nou’s ek deurmekaar!

15 hours ago

Phillipus Booysen

Die prof is slim! Haai oe het hy gedink Lucifer is n bangmaak storie?

15 hours ago

Phillipus Booysen

Satan sit op die troon vandag sien niemand dit raak nie, die 10 anti gebooie word deur die wêreld toegepas! Die antichris leef al lank hier in ons land en raai wat Openb13 is lewendig! Die dier wat die wêreld volg staan op elke hoek en op elke denkbare plek geplak!

15 hours ago

Jan Theron

O en hier dog ek God is skepper en Hy sit op die troon, Dalk is jy slim. WOW.

15 hours ago

Hennie Mouton

Dankie Johan, jy het gedoen wat jy kon.

14 hours ago

Bertus Osbloed Van Niekerk

Sal iemand asseblief die prof in post-Aufklärungsdenke verwelkom? Sjym, dan lê Modernisme vir hom nog voor!

4 hours ago

———————-

Kerkbode

Dr Francois Wessels sê mens kan nie dit wat die Bybel oor die duiwel sê vergelyk wat die Bybel oor jesus sê nie. Dr Ben du Toit pleit vir die kommisie se formulering dat daar ruimtein die kerk moet wees vir mense wat die duiwel en demone anders intepreteer. Dr Du Toit sê hy glo nie in die bestaan van die duiwel nie maar weldata boosheid bestaan en dat dit ook hier kollektief teenwoordig is.

14 hours ago

Henrietta Klaasing

VERWYDER ASSEBLIEF DADELIK DIE BELYDENISSKRIFTE!

Ek het vinnig gaan kyk of die belydenisskrifte iets oor die duiwel/satan/bose sê.

Heidelbergse kategismus: Vraag en antwoord: 1, 9, 32, 34, 112, 123, 127.

Nederlandse Geloofsbelydenis: Artikels 12, 13, 14 en 37.

Dortse leerreëls: moeiliker om aan te dui, maar daar is heelparty plekke, onder andere onder die volgende opskrifte:

*Oor die verdorwenheid van die mens;

*Volharding van die gelowiges;

*Verwerping van die dwalings; en in die

*Besluit

Dis die toppunt van oneerlikheid om die belydenisskrifte op die Tuisblad te sit en dan besluite te neem wat dit weerspreek. En dan praat mens nie eers van die legitimasie-EED wat dominees aflê nie . . .

2 hours ago

Henrietta Klaasing

Hier is dele uit die legitimasie-eed wat predikante aflê:

“Ek, … (naam)… verklaar hiermee in alle opregtheid voor die Here dat ek van harte glo dat al die artikels en stukke van die leer vervat in die Belydenisskrifte en Formuliere van Eenheid …. ooreenkom met die Woord van God. Ek belowe om die voornoemde leer ywerig en volhardend te leer en in my wandel getrou te handhaaf, sonder om iets teen die leer, hetsy regstreeks en onregstreeks, te leer of te skrywe . . . so verwerp ek alle dwalinge wat teen hierdie leer stry, en beloof ek om dit te weerlê, teë te spreek en alles in my vermoeë te doen om dit uit die Kerk te weer …”

2 hours ago

———————-

Kerkbode

Die #NGKerk se Algemene Sinode het pas aanvaar daar is ruimte vir lidmate wat aan die werklike en persoonlike aard van die duiwel en demone glo, en daar is ruimte vir lidmate wat die Bybelse spreke oor die bose en die duiwel anders interpreteer.

In effek beteken dit lidmate van die NG Kerk hoef nie in die bestaan van die duiwel as ’n persoonlike wese te glo nie. Die sinode is dit egter eens dat boosheid wel bestaan.

14 hours ago

Albert Cruywagen

Erens begin redelikheid toeneem. Ek kry weer vertroue in die “kerk”.

19 hours ago

Hennie Mouton

Dis ’n helse flater om nie te glo wat in die Bybel staan nie. Hoeveel flaters gaan hierdie sinode nog maak?

18 hours ago

Albertus van Wyk

Flaters is niks nuut vir hierdie sinode nie. Ek sou sê dis ’n wesenlike kenmerk.

18 hours ago

André Pienaar

Ek weet darem nie of dit ’n goeie ding is om so ’n óf, óf beleid te hê nie…….

18 hours ago

Nelmarie Cruywagen

Het enige iemand gewonder oor die herkoms van boosheid as die duiwel nie bestaan nie?

17 hours ago

Albert Cruywagen ‎

@Hennie: Stadig maar seker word die kerk bevry van bevange geloof. Die sg. flaters is eintlik reuse stappe vorentoe.

17 hours ago

Henrietta Klaasing

Hoop-lose boodskap van die AS- leiers aan sy getroue NG-lidmate….

Mense wat die Bybel sien as “woorde oor God en nie “die Woord van God” nie, gebruik graag woorde soos “mities” en “metafories” vir dit waarin hulle nie glo nie of nie WIL glo nie (want dan hoef hulle mos nie verantwoording te doen nie?).

Die leer oor die duiwel het te doen met die sondeval soos ons daarvan lees in Genesis 3. Paulus verduidelik dit so in Rom 2 vers 23: dat ons almal gesondig het en dat dit ons ontbreek aan die heiligheid van God. Die sondeval het ’n breuk tussen God en mens veroorsaak wat net herstel kan word deur die reddende genade van Jesus Christus deur sy dood in ons plek, vir ons sondes, aan die kruis.

Geen bose, geen sondeval. Geen sondeval, geen mensdom wat verlossing nodig het nie. Eeue en eeue se sendingwerk en Christen-marteling dwarsoor die wêreld tevergeefs. Jesus het verniet gely en vir niks aan die kruis gesterf. Jammer mense, geen “evangelie” )goeie nuus) als net sleg. . .

“Maar al sou een van ons of selfs ’n engel uit die hemel aan julle ’n ander evangelie verkondig wat in stryd is met met die evangelie wat ons aan julle verkondig het – die vloek van God sal hom tref!”(Gal 1:8)

17 hours ago

Henrietta Klaasing

Albert maar is jy nie die ou wat op die Beeld se voorblad was oor jy nie in gebed glo nie?

17 hours ago

Nelmarie Cruywagen

Henrietta is jy die vrou wat aan die letterlike opvatting van die Bybel glo?

6 hours ago

Albert Cruywagen ‎

@Henrietta: Dis ek, ja. Miskien moet jy weer daai berig gaan lees. Ek staan nog steeds volledig by die berig se INHOUD. LW – die opskrif was nie my woordkeuse nie.

5 hours ago

Hennie Mouton

Onderstaande het gister op die NG Kerk se diversiteitsforum verskyn. Dit sal alle sinodegangers baat om te gaan kyk wat daar alles gesê word.

Vir die wat nie weet nie: www.ngkerk.org.za onder Diversiteitsforum.

Josie Verreyne

2011-10-12

Dankie vir Gerhard, Jan Botha en die Taakspan vir Diversiteit. Die Duiwel bestaan nie meer in my denke nie. Daarom het Jesus ook nie vir my hoef te betaal het aan ’n kruis of opgestaan het nie. Jesus se woorde is vir my genoeg. Alle godsdienste is paaie na die een wat ons God noem en ons kan elkeen op sy eie manier daardie berg klim.

Antonie Cruywagen

2011-10-12

Dankie Josie,

Jy gee my hoop vir die NG kerk. Lank lewe diversiteit in my kerk.

Is DIT wat die NG Kerk met sy grenslose diversiteit wil bereik?

————————————————-

Kerkbode

Dr Henk Gous sê hy het nog nooit die aanvoeling gekry daar is iets demonies in mense nie enhy is al 25 jaar in die pastorale bedryf. Hy vra die streng voorwaardes in die aanveveling moet behou word en mense moenie iets demonies in alles sien nie.

14 hours ago

Chris Saayman

Weet nie hoe die RCA by die NGK tuis sal voel as streeksinode nie, want by hulle speel die bediening van bevryding ’n groot rol. Hulle werk met mense uit die Hindoeïsme waar demone en satan ’n werklikheid is. Sou hulle inpas by ’n kerk wat die bestaan van die duiwel relativeer en die bediening van bevryding streng reguleer? Wonder maar net.

15 hours ago

Kerkbode

Goeie vraag Chris. Beteken dit die RCA sal aan al hierdie voorwaardes moet voldoen as hulle een word met die NG Kerk.

15 hours ago

Gerber Roux

Dis ironies…artikels 12 en 13 van die Nederlandse geloofsbelydenis praat baie duidelik van duiwels en geeste. My vraag is wanneer hou ons n sinode om hierdie tydlose belydenis te wysig? Die kerk hou haarself dikwels met nonsens op!

14 hours ago

Johan Badenhorst

Ek dink dat die bediening van bevryding baie meer behels omdat Christus gesterf het om ons waarlik vry te maak van diebaie bande wat ons bind.

14 hours ago

Petra Pretorius de Blom

Of soos ons leraar eendag gese het: Wees versigtig om so op die duiwel te fokus (demone in alles te sien en te soek) dat jy jou fokus van Jesus afhaal!

13 hours ago

Chris Saayman

Ek weet nie van voorwaardes waaraan die RCA sal moet voldoen nie, maar ek kan my indink dat ons die deur na hulle kant toe toegemaak het. En ons sal met hulle oop kaarte moet speel en die besluit volledig aan hulle oordra. And for that matter ook aan die NGKA, want ook by hulle speel die bevrydingsbediening ’n groot rol. Dit sal maar moeilik wees om die ruimte wat ons nou gee aan mense wat die bestaan van die duiwel en demone ontken, uit die Skrif en belydenisskrifte te regverdig. Kerke wat aan die Skrif en belydenis getrou wil bly, sal maar moeilik daaraan byt, want die besluit is ooglopend in stryd met die Woord en die belydenisskrifte (NGB in besonder). Kan ’n mens Jan Publiek kwalik neem as hy vra waarom die belydenisskrifte so belangrik is wanneer die kinderdoop verdedig moet word, maar van minder belang wanneer dit gaan oor die bestaan van die satan? Kan ons mense kwalik neem as hierdie dinge hulle mateloos verwar? Ek hoop nie ons het vir onsself ’n lat gepluk nie.

13 hours ago

Chris Boonzaier

Ek stem saan met dr. Henk Gouws ons mag nie demone in alles sien nie maar ons moet besef dat hulle wel bestaan.

12 hours ago

Frans Klopper

Waarom hulle dan so maklik uit mense (sic gelowiges) uitdryf?

3 hours ago

Gerhard Bothma

Neels Jackson het vanogend n insiggewende gesprek met ons gehad oor verstaan en semiotiek. Dit sal ons vir die verstaan hierin help as hy iewers iets hieroor sal skryf

3 hours ago

———————-

Kerkbode

Die #NGKerk se Algemene Sinode aanvaar die volgende streng voorwaardes waaronder die bediening van bevryding mag geskied:

14.9 In die lig daarvan is dit die oordeel van die Algemene Sinode dat ’n bediening van bevryding as ’n

buitengewone bedieningshandeling onder bepaalde voorwaardes toegelaat sou kon word eerder as om dit

geheel en al te verbied. Die voorwaardes waaronder so ’n bediening toegelaat sou kon word, hou in dat:

14.9.1 die bediening van bevryding as ’n buitengewone bediening beoefen sal word en nie as deel van ’n roetine-pastoraat nie;

14.9.2 dit onder toesig van en met rapport aan die kerkraad en die ring gedoen word;

14.9.3 die persoon ook vir mediese evaluering verwys moet word. Daar rus ’n swaar verantwoordelikheid op persone wat so ’n bediening beoefen om mense nie skade te berokken deur siekte (onder meer psigiatriese versteurings) as besetenheid of gedemoniseerdheid te behandel nie;

14.9.4 daar met sorg gewaak word teen ’n animistiese verstaan van die skepping en teen die neiging om te dink daar skuil magiese kragte in sekere voorwerpe; teen lang konfronterende gesprekke met bose magte en afgestorwenes, asook teen die gepaardgaande triomfalisme wat straal uit sensasionele byeenkomste

van bevryding;

14.9.5 daar verreken moet word dat die Gees van Christus in mense wat aan Christus behoort en sy Naam bely, leef. Bedieningspraktyke wat die algenoegsaamheid van die werk van Christus minag en daarmee die

belydenis van die volkome verlossingswerk van die genadige God in Jesus op die spel plaas, word afgewys.

14.10 Die Algemene Sinode besef dat die verskillende kulture in ons land ons duidelik bewus gemaak het van die veel-fasettige aard van die siening oor die Bose; dat daar kontekste is waarin daar ’n werklike vrees vir eksterne bose magte is wat baie mense se lewens oorheers en dat hierdie lewenservaring ernstig

opgeneem behoort te word. Die Algemene Sinode moedig daarom sy eie ampsdraers en lidmate aan, wat in sulke kontekste werk, om op verantwoorde wyse besondere aandag hieraan te gee met die doel om die radikale verlossingswerk van Christus met oorgawe te verkondig.

14 hours ago

Hennie Mouton

Is daar sowaar niemand in die sinode wat al instrumenteel deur die Here gebruik is om duiweluitdrywing te doen nie? Of is hulle bydraes feitlik geïgnoreer behalwe vir bogenoemde streng voorwaardes? In aansluiting by Chris Saayman se vraag hieronder — het die sinode enigsins oorweeg om ’n bevryder uit die RCA te kry om sy insette te lewer?

18 hours ago

Kerkbode

Nee daar was sulke mense. Hulle bydraes is nie geïgnoreer nie. Die sinode het geloofsonderskeidend daarna geluister en daarna ’n besluit geneem. Dis hoe sinodes werk.

17 hours ago

Miena Briel Van Wyk

Kyk ASB na die link http://www.youtube.com/watch?v=Rv9ix4lgjoc

Expand Preview

17 hours ago

Rudolph Scharneck

Ek is baie bly oor die besluit. Daar is te veel mense wat n demoon agter elke bos gaan soek.

16 hours ago

Chris Boonzaier

Bose geeste kan nie Christene beset nie. Wat is dan die punt om bediening van bevryding onder toesig van die kerkraad en ring te doen? Bediening van bevryding impliseer dat daar iets spesiaal aan bevryding is en dat dit ’n spesiale bediening moet hê. So ’n bediening laat mens dink dat daar aktief na demone gesoek sal word. Hoe gereeld sal die NG kerk met besete mense te doen kry? Hoe kry jy mediese evalueering vir ’n besetene wat nie in jou gemeente, famile of vriendekring ens is nie? Ek is eerste om te erken dat wat in die verlede aan besetenheid toegskryf is bloot net ’n geestesversteuring is maar daar is iets soos mense wat besete is.

15 hours ago

Hennie Mouton

As geloofsonderskeidend maar net meer as blote meerderheid beteken het sou hierdie sinode meer besluite in lyn met God se wil en Woord geneem het.

15 hours ago

Francois van Tonder

Dit klink maar na n gegorrel so tussen die lyne. Bevryding vind op baie maniere plaas en behoort deur enige christen hanteer te word volgens die mate van geloof wat aan jou toebedeel is.

14 hours ago

Johan Badenhorst ‎

@Francois Ek stem saam – bevryding is baiue baie meer as net dit, verder is die besluit om “”onder toesig”van ’n kerkraad en ’n Ring te werk bloot onprakties en onwerkbaar. Wat van onder leiding van die Heilige Gees!

4 hours ago

Eduan Naude

Ek dink weer die besluit is mooi duidelik, sonder om die Heilige Gees se aandeel te ontken, in gedagte te hou dat die verskynsel mag in ’n mediese toestand gesetel wees, en daarom die uiterste versigtigheid. Ons is lankal by die “holy man-mite” verby.

3 hours ago

Gerhard Bothma

Hennie, waar in die sinodesaal sit jy? ek sal graag btjie van lyn af met jou kom gesels

3 hours ago

Hennie Mouton

Gerhard, dit verbaas my dat jy dink ek is by die Sinode. Maar nee, jy het al te veel goed in die openbaar beweer dat ons dit onder ons kan uitpraat. Heelwat meer lidmate as net ek wil weet wat jou en die sinode se antwoorde op die verskeie vrae is wat al na julle kant toe gekom het. En dis soveel makliker as almal kan lees wat julle skryf en wat julle nie antwoord nie.

about a minute ago

———————-

Kerkbode

Dr James Kirkpatrick steun dr Ben du Toit se standpunt. Hy aanvaar ook boosheid as ’n werklikheid maar hoef nie die vereiste te aanvaar dat die duiwel ’n persoonlike wese is nie

20 hours ago

Nelmarie Cruywagen

Maar as lidmaat wil ek dan nou weet, wat is die bose dan. Waar kom dit vandaan ens……. laat hulle nou net daai lugleegte of is daar erens geskrifte wat mens kan naslaan.

18 hours ago

Hennie Mouton

Goeie vraag Nelmarie. As mens die Bybel nie glo betreffende die bose as wese nie, dan kan jy die Bybel ook nie glo itv waar boosheid vandaan kom nie. Dan moet die “slim” mens dit ook maar self uitdink.

16 hours ago

Jaco En Inneke Venter

Nelmarie, ek hou van jou vraag, kom ons kyk eerder na die Skrif…

15 hours ago

Jaco En Inneke Venter

Wat se Jesus: Lukas 10:18 Toe sê Hy vir hulle: Ek het die Satan soos ’n bliksem uit die hemel sien val.

Wat se Paulus: 2 Korintiers 11:14 En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in ’n engel van die lig.

15 hours ago

Eduan Naude

Dui Lukas 10:18 nie daarop dat die Satan dan oorwin is nie?

4 hours ago

Hennie Mouton

Eduan, oorwin en finaal verslaan beteken nie dieselfde nie. Maar ek dink jy weet dit.

2 seconds ago

———————-

Gerhard Bothma

Waarom is dit so dat mense dokters oor hulle gesondheid, adviseurs se opinies oor hulle finansies, beroepskeuses en so meer en hulle spieels oor hulle gewig vertrou, maar wanneer n span kundiges binne die kerk iets se waarmee hulle nie saamstem nie, dit afwys of met agterdog bejeen?

20 hours ago

Albert Cruywagen

Dis omdat hulle glo!

20 hours ago

Pieter Du Plessis

Gerhard want waarvan julle praat weet almal dat niemand regtig weet nie.

20 hours ago

Jannie Richter

Is die verwarring nie tot ’n groot mate in die aard van teologiese aktiwiteit self te vinde nie: teologiese gesprek kan God nooit self verklaarof vervang nie, maar kan probeer om betroubare maniere aan te dui om met God verkeer. Omdat mense dit nie begryp nie,mis hulle die sin van teologiese gesprek.

19 hours ago

Hennie Mouton

Gerhard, dink jy nie as sogenaaamde kundiges in die teologie, wat gebaseer behoort te wees op die Bybel, besluite neem wat lynreg teenstrydig is met die gegewens in die Bybel, dit afgewys behoort te word nie? Soos dat homoseksualiteit en saamwoon verkieslik niie sonde genoem moet word nie, die bose nie as ’n wese bestaan nie ensovoorts?

19 hours ago

Nelda Els

Religie, teologie, heilige skrifte en geloof is nie eksakte wetenskap nie. Dit is kultuurprodukte wat deur mense geskep en geïnterpreteer word.

15 hours ago

———————-

Kerkbode

Die Algemene Sinode het kennis geneem van vordering met die nuwe bronteksgoriënteerde vertaling van die Bybel in Afrikaans. Prof Bernard Combrincn, projekleier, vertel hoe dit gedoen word:

http://ngkok.co.za/as2011/klank/bv-bybelvert.mp3

Wimpie Jordt

Ons het reeds soveel vertalings in Afrikaans dat ek dink dit nie die koste werd is nie en EERDER gekonsentreer kon word op vertalings waar daar slegs gedeeltes van die Bybel beskikbaar is.Anders as die kommissie is ek nie opgewonde oor die vertaling nie

6 hours ago

John Vosloo

Stem saam met jou Wimpie

5 hours ago

DM Van Vuuren

As ’n mens met iemand praat in ’n taal wat hy kan verstaan, praat jy met sy kop. As jy met hom praat in sy eie taal, praat jy met sy hart. En sommige van daardie volke kan nie eers ’n tweede taal of Engels verstaan nie.

4 hours ago

Henrietta Klaasing

Wat van die Messiaanse tekste in die Ou Testament? weer wegvertaal soos die vorige vertaling?

4 hours ago

Gerhard Bothma

Ek hoop die Ons Vader-gebed word beter vertaal as in van die Bybels wat deesdae uitgegee word (vgl oa John Crossan se ‘The Greatest Prayer’)

4 hours ago

Hennie Mouton

Gerhard bevestig hierbo die volgende stelling wat in die boek “Die Trojaanse Perd in die NG Kerk – die kanker van evolusie en liberalisme” gemaak word:

“In wese is die postmoderne teoloë se verstaan van die Skrif van so ’n aard dat daar nie juis veel van die evangelie oorbly nie. Die maagdelike geboorte van Christus én sy liggaamlike opstanding word verwerp. Die kruisdood word deur sommige geleerdes as ’n wrede daad van die Vader uitgebeeld. ’n Vader wat Sy Seun doodmaak vir die sondes van ander, moet gehaat word. Dit is een van John Dominic Crossan se uitlatings en nogtans word dikwels waarderend na hom verwys deur sommige Suid-Afrikaanse teoloë.”

Of Gerhard, verstaan ek jou verkeerd dat jy Crossan se weergawe van die Onse Vader-gebed aanbeveel?

7 minutes ago

———————-

Kerkbode

‎#NGKerk. Nou lê die harde werk voor om kerkrade en streeksinodes te oortuig om dieselfde te doen

4 hours ago

Nico Geldenhuys

Moet dit nou in twee-derdes van die sinodes en gemeentes, met twee-derde-meerderhede aanvaar word?

4 hours ago

Francois Naude

Ons kerkraad in die hart van Pretoria het dit al 2 jaar terug aanvaar. By God is alles moontlik.

4 hours ago

Nico Vorster

Waarom moet dit harde werk wees?

Waarom moet Kerkraade en Streeksinodes OORTUIG word?

As Belhar so wonderlik is, sal dit mos vanself gebeur…

4 hours ago

Hennie Mouton

As daar min genoeg mense in die NG Kerk oor is, omrede hierdie en/of vorige besluite, reg of verkeerd, behoort dit makliker te wees om ’n 2/3-meerderheid te kry. Ek sou so graag wou sê dat dit nie saak maak nie, want die Bybel het die besluite bepaal, maar ongelukkig is die teendeel in te veel gevalle te waar.

4 hours ago

Slabbert Le Cornu

Nico, propaganda (soos hier op facebook) en skuldmanipulering oor ons verlede totdat ons letterlik alles prysgegee het, is harde werk en baie slim planne deur die Broederbond. Om aan mense Tutu en Boesak se horisontalistiese ‘eenheid, versoening en geregtigheid’ (in plaas van Christus se eenheid, versoening en geregtigheid) te verkoop verg baie inspanning. Die sleutel daartoe is natuurlik Hos.4:6 en ’n klomp profete (predikante en proffies) wat Jer.6:14 vervolmaak oor die huidige bedeling, sodat jy heeltemal te sleg voel om ‘nee’ te sê vir die tydsgees (let wel: nie Heilige Gees nie). Mag die Here die Miga’s en die oorblyfsel wat nog oor is in die NGK baie krag en genade gee vir die stryd wat voorlê.

4 hours ago

Dave Lizamore

Hoekom sou die radikaal regse nie-NGK lidamte nou hier wil kommentaar lewer en kwaadsteek?

3 hours ago

Slabbert Le Cornu

Hier is ’n paar dokumente wat die kerkrade en streeksinodes kan help oortuig:

3 hours ago

Francois van Tonder

Mag geen kerkraad deur enige skrywe anders as die Bybel oortuig word nie!

2 hours ago

Hennie Mouton

Francois, ek is seker ds. Slabbert le Cornu se aanbevole dokumente (wat skynbaar hierbo verwyder is, hoekom?) sal sterk op die Bybel gebaseer wees — meer as heelwat ander argumente wat die afgelope paar dae in die sinode aangebied is.

2 minutes ago

Nico Vorster

Dave weer besig met verdagmakery !

13 hours ago

———————-

Kerkbode

Die #NGKerk sinode het ’n amendament aanvaar wat beteken daar sal nie voortgegaan word met eenheidsgesprekke sonder om die VGK te betrek nie

16 hours ago

Michael Heaney

En so betoon ons deernis vir mekaar…

16 hours ago

Chris Boonzaier

Baie wyse besluit.

15 hours ago

Hennie Mouton

Kom ons hoop maar die RCA en NGKA word ook telkens betrek.

14 hours ago

Ds Theunis Coetzee

Baie slim en deurdagte besluit

13 hours ago

Eduan Naude

Maar dis tog logies! Jakob kon nie vorder as hy nie bereid was om spesifiek vir Esau te ontmoet nie. Enige ander ontmoeting met wie ook al sou futiel gewees het. Gesonde verstand en nugtere denke het uiteindelik in die NG Kerk die hoogtoon gevoer.

about an hour ago

———————-

Tobie Wiese

Vanoggend tussen brekfis en ontbyt die eksklusiewe kans gehad om die nuwe moderator se ruimhartigheid te toets. Nelus Niemandt het my 90 minute van sy kosbare tyd gegee vir ’n omvattende onderhoud vir Kerkbode. En hy’t vol vuur gepraat oor hoe die kerk die buitestaanders moet intrek. Dit was net die kans vir die vraag wat my kamermaat Barend Vos my in die oor gefluister het: Nelus, sal jy Bryce Lawrence as ’n lidmaat aanvaar? NEE! was sy spontane en luide antwoord. Miskien nie baie Christelik nie, maar volpunte vir eerlikheid, Nelus!

2 hours ago

Hennie Mouton

En wat het hy op die regte vrae geantwoord Tobie, soos die wat ek deur jou aan hom gestuur het? Gaan ek darem ten minste ’n e-pos-antwoord kry indien dit nie hier geantwoord word nie?

33 minutes ago

Tobie Wiese

Hallo Hennie, dit gaan dol hier maar ek het regtig nie jou vraag gekry nie. En kon dit dus nie vra nie. Jammer.

8 hours ago

Tobie Wiese

Nelus is uiters kuberknap en energiek. Skryf sommer direk van hom.

8 hours ago

Hennie Mouton

Kan jy glo — die vraag het tweemaal op hierdie webblad verskyn, afgesien van die direkte stuur aan Tobie, soos per uitnodiging, en steeds is dit misgekyk? Wat sou Nelus se e-pos-adres wees?

2 seconds ago

———————-

Kerkbode

Prof Johan Janse van Rensburg wil by #NGKerk sinode weet of daar grense is aan diversiteit. Kan ateïse geakkomodeer word wil hy weet. Hy het ook sterk teen ontluikende (emerging church) kerke gepraat. Hy sê diversiteit mag nie die beleidenisgrondslag van die #NGKerk in gedrang bring nie.

about an hour ago

Albert Cruywagen

Van Rensburg is nou een ou met baie geleerdheid wat nie vir hom genoeg beteken nie. In my eie geval het baie inligting my bevry van benepe denke.

12 hours ago

Johan Badenhorst

Is daar dan grense aan die liggamsdele van Christus? Is ons nie elkeen uniek gemaak nie!

12 hours ago

Francois van Tonder

Is die proffie dan onderdanig aan die ngk of aan God? Bely ons dan nie die heilige algemene kerk nie aka die bruid van Jesus. Alle seen vir die proffie!

12 hours ago

Chris Boonzaier

Wat presies word bedoel by diversiteit.?

12 hours ago

Hennie Mouton

Dankie prof. Johan, dis presies die vrae wat ek hier op facebook en via Tobie Wiese aan prof. Niemandt gevra het. Tot dusver het ek geen antwoord gekry nie. Die grense van aanvaarbare diversiteit is ook een van die eerste sake wat verskeie van ons in die begin van die diversiteitsforum daar probeer uitklaar het, maar wyle Charles Malan het sulke gesprekke onderdruk.

12 hours ago

Hennie Mouton

Ja Johan Badenhorst, daar is grense aan die liggaamsdele van Christus (sy kerk) — dit is deel van sy liggaam.

11 hours ago

Johannes Richter

Diversiteit waaroor daar nie gepraat word nie word net onderdruk, en dan moet almal later skarrel om die simptome te hanteer. Die geloof word net beskerm wanneer dit uitgeleef word in woord en daad. Vir wie daar nie op aarde plek is nie sal daar in die hemel plek gemaak word.

10 hours ago

Hennie Mouton

Johannes, dit gaan nie hier oor om te praat of nie te praat oor sekere diversiteite nie. Dit gaan byvoorbeeld daaroor of iemand van ’n ander geloof, soos ’n Hindoe, tot bekering gelei behoort te word, of maar net so in sy valse geloof gelos moet word. Wyle Chales Malan, die eerste NG-diversiteitsforumbestuurder het op hierdie spesifieke voorbeeld gereken: “God verwag van niemand om sy geloofsankers prys te gee nie”!

10 hours ago

Francois van Tonder

Het ons dan nie die mandaat om dissipels van mense te maak nie. Ons moet juis uitreik. Lyk my eenvoudige dingetjies kan baie gou uit verband geruk word. Mag ons almal weer by die basics uitkom.

10 hours ago

Henrietta Klaasing

Diversiteit hou gevaar in wanneer dit nie meer in lyn is met kernwaarhede van die Skrif nie, wanneer daar sprake is van politieke korrektheid, wanneer beskouings en opinies geakkommodeer word oor sake wat duidelik verkeerd is volgens die Bybel, wanneer ’n humanistiese “naasteliefde” en “inklusiwiteit eerder as eksklusiwiteit” en “verhoudingsbou” uitloop op iets soos ’n intergeloofs- en ekumeniese rekonsiliasie tussen die Christendom en Islam (die sg. “Chrislam”) . In Openbaring 2 en 3 word ses van die sewe gemeentes in Asië gewaarsku en die fokus is telkens op toleransie en akkommodering.

9 hours ago

Henrietta Klaasing

Francois, hoe bekommerd dink jy is Chris Jones oor sendingwerk (die wen van siele) as hy op RSG se Kruis en Dwars met Sheg Najjar praat van “shift from conversion to conversation” en dit bloot gaan om saam te werk teen armoede?

9 hours ago

Frans Oosthuizen

om bloot saam te werk teen armoede is al ’n goeie begin om vir ongelowiges iets van God se versorgende liefde te wys. Te lank het ons net op conversion gekonsentreer en vergeet om in Christus se Naam net te luister en onvoorwaardelik lief te hê. Ons word geroep om lief te hê! Bekering volg na liefde!

3 hours ago

Pieter Berrangé

Ek wonder net waar ons klem moet wees. wat is die liefde wat ons teenoor ongelowiges moet bewys? Is liefde nie ook dalk dat ons iemand teen sy sonde/ongeloof/verwerping van Jesus sou waarsku nie? Ons bely dat Jesus die enigste weg tot saligheid is. Dit moet dan ons doel wees om mense te begelei tot die punt dan hulle ‘convert”. Dan is hulle saam met ons by die Here. Is dit nie wat ware liefde is nie? Net gesels gaan nie van enige een Christen maak nie. Die gesels van `n Moslem is soms baie meer oortuigend as die gesels van `n Christen. Waaroor word gesels? Gesels is slegs sinvol indien Jesus se groot opdrag gehoorsaam word.

27 minutes ago

Hennie Mouton

Presies Pieter, “conversation” is net ’n goeie begin — dit mag nie stop sonder ’n doelstelling en poging tot “conversion” nie. En dit is die probleem met die gebrek aan grense vir aanvaarbare diversiteit binne die kerk — baie vals gelowe, onchristelike lewenswyses en selfs ateïsme word gepropagandeer om welkom in die NG kerk te wees, SONDER dat die aanhangers daarvan hoef te verander! Die ouer bydraes op die NG-diversiteitsforum is vol daarvan, met die destydse webbestuurder ’n groot meeprater daarvan.

a few seconds ago

———————-

Hennie Mouton

“Enkele betoger” toe een te veel vir sinode

Die “enkele betoger” wat Kerkbode (waarskynlik Jean Oosthuizen) so spottend na verwys het vroeër in die week op hierdie webwerf, en sy vermeende samewerkers uitgedaag het om saam met hom te “betoog”, was toe gister een te veel vir die sinode. Die oordbestuurder het hom, na bewering omdat sinodegangers glo gekla het oor hom en sy plakkate, gevra om dit te verwyder. Die oordbestuurder se sekuriteitswagte het toe die plakkate wederregtelik kom afsny. Wederregtelik, want Louis le Roux het al die nodige toestemming gehad om die plakkate daar te sit. Geen sinodeganger het in elk geval direk by Louis kom kla oor die plakkate nie. Hierdie vreemde (lafhartige?) optrede, wat ook strydig is met vryheid van spraak, is waarskynlik toe te skryf aan die korrekte verwagting van die sinode dat die SABC later die dag, na die Belhar-besluit, video-opnames vir hul nuusberig sou kom maak, en die sinode so goed as moontlik wou lyk.

Kerkbode

Jy kla by verkeerde adres. Ek raai jou aan om die saak op te neem met Birchwood se oordbestuurder.

19 minutes ago

Hennie Mouton

Ek het nie ’n behoefte om dit verder met die oordbestuurder op te neem nie — hy het genoeg inligting aan Louis le Roux verskaf. As die betrokke sinodegangers wil bly wegkruip, is dit maar hulle saak.

2 seconds ago

———————-

Frikkie Coetzee

Kerkbode, dankie vir julle uitstekende beriggewing van die Algemene Sinode via die sosiale media! Dit was wonderlik om op hierdie wyse mee te leef en ook voorbidding te doen vir die verrigtinge. Baie seën en mag julle goed rus na die intense week. Groete. Frikkie Coetzee

12 minutes ago

Hennie Mouton

Ja, hierdie was ’n uitstekende diens. Hoeveel die sinodebestuur gaan reageer op die vele sinvolle kommentare en vrae wat hier verskyn het, is natuurlik die vraag.

2 seconds ago

Kerkbode

Dankie Frikkie ons waardeer dit.

32 minutes ago

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui