Wegraping

Die wegraping (Engels = “rapture”) is die geloof dat gelowiges van die aarde weggeneem sal word terwyl ongelowiges agter gaan bly om nog ‘n kans te kry om tot bekering te kom. Daar word ook geglo in ‘n letterlike sewe jaar van verdrukking en ‘n letterlike duisendjarige vrederyk (millennialisme/chiliasme).

Sommiges glo dat die wegraping voor die sewe jaar verdrukking gaan plaasvind en ander glo dat dit na die verdrukking gaan plaasvind.

Náverdrukking premillennialisme Voorverdrukking premillennialisme of dispensasionalisme
  1. sewe jaar verdrukking
  2. wegraping
  3. duisendjarige vrederyk
  4. laaste oordeel
  1. wegraping
  2. sewe jaar verdrukking
  3. duisendjarige vrederyk
  4. laaste oordeel

Die woord “wegraping” kom nie in die Bybel voor nie, maar word soms gebruik om die wederkoms te beskryf.

Dele in die Bybel

Die volgende dele in die Bybel word aangevoer vir die wegraping:

Kyk ook

1 thought on “Wegraping”

  1. Vir my was dit eintlik duidelik van die begin af gewees. Daar was die Hemelwaart, daar is ‘n tydperk waarin die Evangelie versprei word, Daar gaan ‘n valse christus wees wat die wereld sal domineer, daar gaan afval wees en dit gaan baie erg wees, maar op die ou einde gaan Christus terugkom. By die wederkoms gaan gelowiges bymekaar gemaak word. Die star-trek-teologie waar die gelowiges ‘n wegraping voor die laaste valse christus sal beleef maak glad nie sin nie.

    Die skrif is dan ook baie duidelik:
    Mt 24:
    29 EN dadelik ná die verdrukking van daardie dae sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie, en die sterre sal van die hemel val, en die kragte van die hemele sal geskud word. 30 En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid. 31 En Hy sal sy engele uitstuur met harde trompetgeluid, en hulle sal sy uitverkorenes versamel uit die vier windstreke, van die een einde van die hemele af tot die ander einde daarvan.

    Dus eers verdrukking, dan wederkoms van die ‘seun van die mens’, dan versamel van die uitverkorenes.
    Die voorverdrukkings wegrapping is dus vals. Ek vermoed dit kom uit vrees vir vervolging en bedien wensdenkery onder half-gelowiges, wat die Heilige Gees ontbreek. Dis dus ‘n misleiding. Dit is ook ‘n mode van Amerika af, onthou daar was selfs flieks oor dit gemaak.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui