Weer tyd vir dié soort verbintenis

Kyk ook:

*******

Weer tyd vir dié soort verbintenis | Netwerk24

Bernhard Ficker, Somerset-Wes

19 Oktober 2022

Dankie aan Daniel Louw, (13.10) wat adv. Hein van der Walt (11.10) reghelp ten opsigte van die nuwe siening dat paartjies self kan besluit watter betekenis hulle aan hul huweliksverbintenis koppel.

So ’n siening laat die gevaarligte flikker. Ek kan weinig onthou van die huweliksformulier of wat die predikant gesê het toe ek en my vrou getroud is. Wat ek wel kan onthou, is iets tot dier voege van “tot die dood julle skei”. Die huwelik was destyds iets baie ernstigs, want jou belofte voor God was vir lewenslank.

Maar lyk my deesdae is dit slegs tot tyd en wyl of totdat die een moeg word vir die ander een. Of totdat hulle dink die gras anderkant die draad is groener en hulle gaan groener weivelde soek met ’n nuwe (tydelike) huweliksmaat.

Want die huweliksbootjies loop deesdae op die rotse met die eerste golf wat dit tref.

Is dit nie tyd om die huwelik weer as ’n plegtige verbintenis voor God te sien met ’n openbare belofte van ’n lewenslange verbintenis nie?

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui