Wat sê jy vir jouself?

Kyk ook:

Wat sê jy vir jouself elke oggend wanneer die dag begin?

Die volgende mense sou die volgende gesê het:

Moses: “As U nie saam gaan nie, gaan ek nêrens heen.” (Eks 33:15)

Abraham: “Die Here sal voorsien.” (Gen 22:14)

Jakob: “Ek sal U nie laat gaan voor U my nie seën nie.” (Gen 32:26)

Josua: “Ek en my huis sal die Here dien.” (Jos 24:15)

Samuel: “Praat Here, U dienaar luister.” (1 Sam 3:10)

Nehemia: “Hierdie dag word gewy aan die Here ons God. Moenie treurig wees nie, moenie huil nie.” (Neh 8:10)

Dawid: “Die Here is my Herder!” (Ps 23:1) en “Hierdie is die dag wat die Here gemaak het, ons moet juig en bly wees daaroor.” (Ps 118:24)

Salomo: “Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staat maak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.” (Spr 3:5-6)

Jesaja: “Ek laat my lig skyn! Vir my het die lig gekom, die magtige teenwoordigheid van die Here het vir my lig gebring.” (Jes 60:1) en “Geen wapen wat gesmee word om jou aan te val, sal iets uitrig nie; elkeen wat vals teen jou getuig, sal gestraf word.” (Jes 54:17)

Jeremia: “Die Here weet wat hy vir my beplan het: voorspoed en nie teenspoed nie; Die Here wil vir my ’n toekoms gee, ’n verwagting!” (Jer 29:11)

Jabes: “Stort u seën oor my uit, vergroot my grondgebied, neem my onder u beskerming en weerhou onheil van my sodat geen smart my tref nie.” (1 Kron 4:10)

Sadrag, Mesag en Abednego: Ek sal nie voor ’n beeld buig nie, maar slegs voor die lewende God.” (Dan 3:18)

Esegiël: “Droë bene, laat daar weer lewe in julle kom!” (Eseg 37)

Petrus: “Ek werp al my bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir my.” (1 Pet 5:7)

Paulus: “Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.” (Fil 4:13)

Pas jou oggendtaal aan en praat dit daagliks.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui