Stephan Joubert: Om te praat of te swyg

*******

Stephan Joubert: Om te praat of te swyg | Netwerk24

Stephan Joubert

14 September 2022

Sommiges verkies om nooit betrokke te raak in enige verskille of debatte nie. Ander weer voel hulle is hens­oppers as hulle nie elke keer sterk standpunt inneem nie. Hoe gemaak wanneer daar tougetrek word oor reg en verkeerd in jou omgewing? Wel, die Bybel leer ons dat wyse mense goeie kontekslesers is. Soms praat hulle, maar soms bly hulle stil. Soms spreek hulle hulself openlik uit teen verkeerde dinge, al kry hulle teenstand van andersdenkendes. Ander kere bly hulle stil, al kry hulle teenstand van eendersdenkendes.

Wanneer konflik wen, is stilbly altyd beter. So ook wanneer jy maar net nog ’n stem word vir of teen enigiets. Dis nie jou plig om die virs of teens te laat goed of sleg voel oor hul standpunte nie. Maar wanneer sekere dinge teen jou eie grein indruis, en wanneer die Here aan jou karring, dan moet jy praat. Onthou egter, dit gaan altyd oor sy eer, nie joune nie.

Mag die Here aan jou die wysheid gee om partykeer te praat, maar ook om partykeer stil te bly vir die waarheid

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui