Om te oordeel of nie

Op facebook/kerkbode is die volgende gesprek gevoer by

http://www.facebook.com/kerkbode/posts/313901828676911:

Kyk ook:

***************

Kerkbode

Is dit verkeerd om oor ander mense te oordeel? Wat dan van Martin Luther King wat rassisme veroordeel het. Of William Wilberforce wat slawerny veroordeel het. Wat bedoel Jesus dan met die woorde: “Moenie oordeel nie…”? (Mat 7:1).

The Judgmental Jesus

www.thepoachedegg.net

The Judgmental Jesus by Matthew Flannagan Few things are thought to be more morally pernicious than the practice of judging others. Sometimes this is given a theological spin with people citing the Sermon on the Mount “Do not judge, or you too will be judged. For in the same way…

Kommentare:

Dirk Hoekstra

Al die cliché “Hate the sin, but love the sinner” gehoor? Om oor ander mense te oordeel is verkeerd omdat dit dan ’n tipe finaliteit van verdoemenis oor hulle uitspreek. Mense wat oordeel steel en ondermyn die krag van God, omdat Hy hulle steeds kan red uit die sonde, terwyl mense ander nou afmaak as finaal verdoem. Ek dink dis wat Jesus ingedagte gehad het in Mat 7. Aan die ander kant om sondes te veroordeel is reg, maar dit moet met sensitiwiteit gedoen word teen die sondaar. Daar is ook ’n reuse verskil tussen veroordeling en vermaning. As ek ’n mede gelowige sien wat aanhoudend ’n spesifieke sonde pleeg, dan is dit my reg om daardie persoon, in liefde, te vermaan en hom/haar uit te wys op die sonde en dat dit wat hy/sy doen verkeerd is, sonder om te persoon af te maak as finaal sleg en sonder enige hoop. Dan moet mede-gelowiges vir die persoon gaan bid sodat God die persoon kan red! Dis immers waarvoor Christus gesterf het!

Dirk Hoekstra

Om nie-gelowiges af te maak as finaal verdoem is ook verkeerd! Onthou die nie-gelowige se wêreld standaarde kan ook nie met dieselfde maatstok gemeet word as die van gelowiges se Goddelike standaarde nie. Die gelowige word immers gelei deur die Heilige Gees waar die nie-gelowig nie daardeur gelei word nie. Dus hoe kan ’n gelowige ’n nie-gelowige oordeel?? Die enigste manier is om in liefde uit te reik na sulke mense, te bid en van Jesus se persoonlike redding en genesing te getuig, jou en jou mede-mens te respekteer en lief te hê.

Dawid Reyneke

Rassisme is veroordeel, nie rassiste nie. Slawerny as “trade” is veroordeel, nie die handelaars nie…..

Danie Mouton

Ek hou van die laaste sinnetjie in die artikel hierbo: “do not judge others in a way that leads one to put oneself under judgement.” Mens kan nie anders as om te beoordeel nie, maar jy kan só oordeel dat jy jouself daardeur onder oordeel plaas.

Lourens Zak Barnard

Maak jou mond oop, oordeel regverdig, en verskaf reg aan die ellendige en die behoeftige. (Spreuke 31:9)

Stem saam met Dawid – In beide die voorbeelde hierbo genoem was dit die daad en nie die persoon wat beoordeel is. Daar is “n spreekwoord “Dis nie wat jy doen nie maar hoe jy dit doen wat die sukses daarvan bepaal” As jy deur die Gees gelei word sal jou benadering opbouend, sagmoedig en liefdevol wees. Die vlees is dit wat jou dring om neerhalend en onbedagsaam te oordeel.

Alwyn Van Schoor

Danie is daar nie ’n verskil tussen oordeel en beoordeel nie? Ek het dit so dat om iemand te veroordeel jy so iemand verdoem. Beoordeel verwys na ’n goedkeur of afkeur van ’n leefstyl of ’n leer dus nie na die persoon as sulks nie.

Hennie Mouton

Daar word soms beweer dat “God nie ’n God van oordeel is nie, maar ’n God van genade”. Is dit waar sonder ’n baie duidelike verklaring van wat presies bedoel word? Die Apostoliese Geloofsbelydenis spel duidelik uit dat Jesus Christus sal kom om te oordeel die wat nog lewe en die wat reeds gesterf het. Die Bybel is vol van God wat geoordeel het, en sal oordeel — Ou en Nuwe Testament, byvoorbeeld:

(Rig. 2:13) Maar toe hulle die HERE verlaat en die Baäl en die Astartes dien,
(Rig. 2:14) het die toorn van die HERE teen Israel ontvlam, en Hy het hulle oorgegee in die hand van rowers wat hulle beroof het; en Hy het hulle verkoop in die hand van hulle vyande rondom, sodat hulle nie meer kon standhou voor hulle vyande nie.
(Rig. 2:15) Waarheen hulle ook al uittrek, was die hand van die HERE teen hulle ten kwade, soos die HERE gespreek en soos die HERE vir hulle gesweer het. Maar wanneer hulle dan in groot benoudheid raak,
(Rig. 2:16) verwek die HERE rigters wat hulle verlos uit die hand van hulle berowers.

(Rig. 13:1) En toe die kinders van Israel weer doen wat verkeerd is in die oë van die HERE, het die HERE hulle oorgegee in die hand van die Filistyne, veertig jaar lank.

(2Kor. 5:9) Daarom lê ons ons ook ywerig daarop toe, of ons inwoon of uitwoon, om Hom welbehaaglik te wees.
(2Kor. 5:10) Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad.
(Opb. 20:10) En die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swawel gewerp waar die dier en die valse profeet is; en hulle sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid.
(Opb. 20:11) En ek het ’n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie.
(Opb. 20:12) En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ’n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke.
(Opb. 20:13) En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke.
(Opb. 20:14) En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood.
(Opb. 20:15) En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.

God is dus ’n God van genade EN ’n God van oordeel. Wie genade ontvang hang af van wat die sondaar met Christus se offergawe maak. Almal gaan nie uiteindelik genade ontvang nie. Die Bybel beskryf ’n hel wat ongelukkig nie net vir Satan en sy demone bedoel is nie. Die verlossingsboodskap se wese gaan daaroor dat mense moet besef dat hulle sondig is voor God en daarom onder sy oordeel val, en daarom in Jesus moet glo en sy offergawe vir hulself moet aanvaar om sy oordeel te ontkom.

(Vervolg op volgende kommentaar)

Hennie Mouton

Maar mag mense oordeel en wat word bedoel met oordeel in dié geval? Die bekendste verse hieroor, staan in Mat. 7:

(Mat. 7:1) Moenie oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie.
(Mat. 7:2) Want met die oordeel waarmee julle oordeel, sal julle geoordeel word; en met die maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word.
(Mat. 7:3) En waarom sien jy die splinter in die oog van jou broeder, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie?
(Mat. 7:4) Of hoe sal jy vir jou broeder sê: Laat my toe om die splinter uit jou oog uit te haal, en kyk, in jou eie oog is die balk!
(Mat. 7:5) Geveinsde, haal eers die balk uit jou oog uit, en dan sal jy goed sien om die splinter uit die oog van jou broeder uit te haal.

Mat. 7:1 lyk na ’n klinkklare antwoord, maar vers 5 gee ’n ander perspektief op die saak — ons moet ons medegelowiges help, maar ons moet baie seker van ons eie lewens maak voor ons dit probeer doen.

Staan daar dalk êrens in die Bybel dat ons moet oordeel? Vir seker — kyk na 1 Kor. 5:

(1Kor. 5:1) ’n Mens hoor waarlik van hoerery onder julle, en hoerery van so ’n aard as wat selfs onder die heidene nie bekend is nie: dat iemand die vrou van sy vader het.
(1Kor. 5:2) En tog is julle opgeblase in plaas dat julle liewer getreur het, sodat hy wat hierdie daad gedoen het, kan verwyder word onder julle uit.
(1Kor. 5:3) Want wat my betref, het ek, liggaamlik afwesig maar in die gees teenwoordig, alreeds besluit asof ek teenwoordig was, om hom wat so iets gedoen het,
(1Kor. 5:4) in die Naam van onse Here Jesus Christus, as julle vergader het en my gees saam met die krag van onse Here Jesus Christus–
(1Kor. 5:5) om so iemand aan die Satan oor te lewer tot verderf van die vlees, sodat die gees gered kan word in die dag van die Here Jesus.
(1Kor. 5:6) Julle roem is nie mooi nie. Weet julle nie dat ’n bietjie suurdeeg die hele deeg suur maak nie?
(1Kor. 5:7) Suiwer dan die ou suurdeeg uit, sodat julle ’n nuwe deeg kan wees–soos julle inderdaad ongesuurd is–want ook ons paaslam is vir ons geslag, naamlik Christus.
(1Kor. 5:8) Laat ons dan feesvier, nie met die ou suurdeeg of met die suurdeeg van ondeug en boosheid nie, maar met die ongesuurde brode van reinheid en waarheid.
(1Kor. 5:9) Ek het julle in my brief geskrywe om nie met hoereerders om te gaan nie–
(1Kor. 5:10) dit wil sê, nie die hoereerders van hierdie wêreld of die gierigaards of rowers of afgodedienaars in die algemeen nie, want dan sou julle uit die wêreld moet uitgaan–
(1Kor. 5:11) maar nou skryf ek aan julle om nie om te gaan met iemand wat, al staan hy as ’n broeder bekend, ’n hoereerder is of ’n gierigaard of ’n afgodedienaar of ’n kwaadspreker of ’n dronkaard of ’n rower nie; met so iemand moet julle selfs nie saam eet nie.
(1Kor. 5:12) Want waarom sou ek ook die wat buite is, oordeel? Oordeel julle nie die wat binne is nie?
(1Kor. 5:13) Maar die wat buite is, oordeel God. Verwyder tog dié slegte mens onder julle uit.

Uiteraard gaan dit nie hier oor ’n heksejag nie. Jesus het saam met tollenaars en sondaars geëet, maar die belangrike is dat Hy na hulle uitgereik het om hulle te verlos van hul sondes. Dis immers hoe die evangelie uitgedra word. Jesus het juis gekom ter wille van die sondaars. Bogenoemde verwydering van die slegte mens uit die gemeente gaan oor mense wat reeds deel is van die gemeente, en moet dus saamgelees word met die hele kwessie van tugtiging soos vervat in die volgende.

(Heb. 12:4) Julle het nog nie ten bloede toe weerstand gebied in julle stryd teen die sonde nie.
(Heb. 12:5) En julle het die vermaning heeltemal vergeet wat tot julle as seuns spreek: My seun, ag die tugtiging van die Here nie gering nie en beswyk nie as jy deur Hom bestraf word nie;
(Heb. 12:6) want die Here tugtig hom wat Hy liefhet, en Hy kasty elke seun wat Hy aanneem.
(Heb. 12:7) As julle die tugtiging verdra, behandel God julle as seuns; want watter seun is daar wat die vader nie tugtig nie?
(Heb. 12:8) Maar as julle sonder tugtiging is, wat almal deelagtig geword het, dan is julle onegte kinders en nie seuns nie.

(Ef. 6:4) En vaders, moenie julle kinders vertoorn nie, maar voed hulle op in die tug en vermaning van die Here.

(Mat. 18:15) En as jou broeder teen jou sondig, gaan bestraf hom tussen jou en hom alleen. As hy na jou luister, dan het jy jou broeder gewin;
(Mat. 18:16) maar as hy nie luister nie, neem nog een of twee met jou saam, sodat in die mond van twee of drie getuies elke woord kan vasstaan.
(Mat. 18:17) En as hy na hulle nie luister nie, sê dit aan die gemeente; en as hy na die gemeente ook nie luister nie, laat hom vir jou wees soos die heiden en die tollenaar.

Hierdie Bybelgedeeltes gaan oor gemeentelede wat bly volhard in spesifieke sondes sonder om erns met die Here te maak om daarvan afstand te doen. Dit is ’n ernstige waarskuwing aan almal van ons — nie net aan die mense wat openlike sondes doen nie. In die eerste plek moet elkeen van ons dus na ons eie lewens kyk en ons bes doen om al die skeidingsmure tussen ons en God af te breek.

Die “veilige” opsie sou gewees het om maar bloot net te sê “ons mag nie oordeel nie”, maar God verwag meer van ons. Hy verwag dat ons sondaars buite die gemeente na Hom en dus weg van hul sondes sal lei, en dat ons eie lewens sodanig sal wees dat ons oor mense binne die gemeente kan oordeel, eerstens om hulle terug na God te lei, en laastens om hulle selfs van die gemeente af te sny as dit moet.

Stefaan de Jager

Ek sluit aan by Alwyn se onderskeid tussen oordeel en beoordeel. Beoordeel het te doen met `n waardebepaling of iets reg of verkeerd is. “Die mens wat die Gees van God het, kan die waarde van alle dinge beoordeel..(1 Kor 2:15)”. Wanneer hierdie beoordeling liefdeloos geskied, word dit egter oordeel. Aan die anderkant is geen beoordeling van of iets waar of onwaar is, en dan nogal in die naam van “moenie die eerste klip optel” of “moenie die splinter in die ander se oog sien” nie, ontduiking van verantwoordelikheid. Sodoende kan enigeen enigiets doen en bewaar die een se siel wat iets daaroor te sê het.

Tom Lessing

Paulus se oordeel was vlymskerp gewees: “Ek het julle in my brief geskrywe om nie met hoereerders om te gaan nie— dit wil sê, nie die hoereerders van hierdie wêreld of die gierigaards of rowers of afgodedienaars in die algemeen nie, want dan sou julle uit die wêreld moet uitgaan— maar nou skryf ek aan julle om nie om te gaan met iemand wat, al staan hy as ’n broeder bekend, ’n hoereerder is of ’n gierigaard of ’n afgodedienaar of ’n kwaadspreker of ’n dronkaard of ’n rower nie; met so iemand moet julle selfs nie saam eet nie. Want waarom sou ek ook die wat buite is, oordeel? Oordeel julle nie die wat binne is nie? Maar die wat buite is, oordeel God. Verwyder tog dié slegte mens onder julle uit. (1 Kor 5:9-13)

Henrietta Klaasing

Is kerklike en geloofsgrense onder druk? Hierdie interessante vraag wat deur Dr. TC Breitenbach gevra word op sy blog, hang in sekere sin saam met dit wat hier bespreek word.

Kyk hier:

http://waterswaarrusis.blogspot.com/2012/03/kerklike-en-geloofsgrense-onder-druk.html

Waters Waar Rus Is: Kerklike- en geloofsgrense onder druk

waterswaarrusis.blogspot.com

Danie Mouton

Of dit oordeel of beoordeel is, weet ek nie, maar ’n teks wat my altyd aanspreek is dié een wat met onderskeiding (nog ’n belangrike woord) te doen het:

Filippense 1:9-10:

Ook bid ek dat julle liefde al hoe meer sal toeneem in begrip en fyn aanvoeling,

sodat julle die dinge sal kan onderskei waarop dit werklik aankom. Dan sal julle op die dag wanneer Christus kom, onberispelik en sonder blaam wees.

Vossie van der Berg

Danie so baie skuil agter die agter deur wat hul vir hul self oop hou van jy mag nie oordeel nie , so hy ein hom die vooraf skrif toe dat hy nie veroordeel sal of mag word nie , hoe dan nou met die voorbedagte rade wat daar mee op[getree word, jy mag nie steel nie ,jy mag nie moor nie ,maar dit word gedoen want die skrif se jy mag nie oordeel nie.

Cassie Hamman ‎

“God Himself, sir, does not propose to judge man until the end of his days.” – Een of ander Dr Johnson.

Hoekom sal ons onsself daarmee bemoei?

Laat ons eerder ons eie lewens skoei op die voorbeeld van Christus!

Karl Fischer

In judging of others, a man laboreth in vain, often erreth and easily sinneth; but in judging and examining himself, he always laboreth fruitfully. Thomas a Kempis

Lourens Zak Barnard

Cassie, jy slaan die spyker op die kop, Die Woord sê dat ons aan ons vrug geken sal word. Dit sluit liefde vrede, vreugde, sagmoedigheid, barmhartigheid ens. in. Dit is egter ontstellend hoe die vlees hier op kerkbode se drade hoogty vier. Sarkasme, onbedagsaamheid, nydigheid en onverdraagsaamheid is aan die orde van die dag. As ons “Jesus” vir ander is sal hy die werk wat hy begin het in hul lewens voltooi. Jy reik nie uit na iemand deur hom op sy sonde te wys nie maar op sy verlossing wat deur Christus bewerkstellig is.

Danie Mouton

Nog twee gedagtes:

1. die maatstawwe of waardes waarmee geoordeel word, is baie belangrik. Hieroor is baie gesprek nodig, en dit moet baie deeglik uitgeklaar word. Anders kan mens se oordele jouself veroordeel.

2. mens moet ook selfbevraagtekenend wees, jouself kan beoordeel, en jouself kan oopstel vir ander se beoordeling. Dis eintlik net sulke mense wat impak het wanneer hulle ander beoordeel. Mens raak gou uitgevang as jy ander selfregverdigend beoordeel – vra my, ek is al so uitgevang (selfregverdiging glip vinniger in as wat jy kan sê “mes”).

Hennie Mouton

Ek het onlangs ’n interessante maar kort gesprek met ’n jong damespredikant oor oordeel gehad. Sy het die opmerking gemaak dat Adam en Eva die enigste opdrag van God (volgens haar) naamlik om nie te oordeel nie, oortree het, en dat baie Christene dit nou nog oortree. Dit was die eerste keer wat ek so ’n verdraaiing volgens my van die boodskap van die Boom van Goed en Kwaad gehoor het.

Ek het toe vir haar gesê dat dit nie die betekenis is nie, maar dat God besluit wat reg en wat verkeerd is – nie ons mense nie. Eva moes juis (reg) kon oordeel, aan die hand van wat God gesê het, dat die slang se aanspraak vals was. (Die slang het gereken God wil nie hê hulle moet van die boom eet nie want dan sal hulle self kan besluit wat reg en verkeerd is, soos Hy).

Ek het ook vir haar gesê dat die Bybel van ons verwag om mense te waarsku, wat ’n element van oordeel bevat. Mens kan tog nie waarsku as jy nie geoordeel het dat iets verkeerd of skadelik is nie.

Ons kan dus nie net in die algemeen reken ons mag nie oordeel nie – die aard van die oordeel is van belang.

Francoinette van Zyl

Hoekom is mense bang om beoordeel te word? Is ons te goed daarvoor? Het ons reeds gearriveer? Wil ons vrugdra? Die HERE JESUS noem in Joh 15 dat die Vader Sy wingerd snoei..met die oog op vrugdra..Heb.12 praat ook van tugtiging/afrigting, soos ’n atleed wat spierbou en fiks word vir ’n wedloop..Jy gee jouself vrywillig, onder CHRISTUS se juk..want jy wil by HOM wees..jy wil soos Hy word. Hoe doen die HERE dit..GOD werk middelik..Hy gebruik instrumente..Sy Gees wat gewoontlik spreek deur Sy geopenbaarde woord en mense…Rom.12 en 1 Kor.12:21-27 praat oor die verskillende liggaamsdele van EEN LIGGAAM/KERK/BRUID..As my voet pyn..moet ek planmaak en die Geneesheer se raad toepas op daardie voet..Hoe kan die liggaam toelaat dat die ledemate afvrot?..GESAMENTLIK is ons oog gevestig op die wenpaal..OP CHRISTUS JESUS – Heb.12:1-3…EN SY LIEFDE DRING ONS OM IN TE TREE VIR MEKAAR..soos Judas 1:22-24 o.a. beskryf…HOE KAN ons LIG EN SOUT wees in ’n donker wereld as ons net soos die wereld lyk? Is dit liefde om jou baba toe te laat om teen die afgrond af te kruip? IS ONS MAGTELOOS..OF WOON DIE KRAG VAN DIE LEWENDE GOD IN ONS? Het ons die mandaat om dit toe te pas? Mat.28:18-20..Is die kerk net ’n organisasie ter will van wereld vrede en gemeenskapsorg of ’n LEWENDE ORGANISME met ’n missie? Wat help dit ons maak die buitekant skoon met moraliteit, maar bedien nie die EVANGELIE om die binnekant skoon te maak nie..OF is ons almal wedergebore met geboorte? Moralteit red niemand se siel nie..ONS MOET CHRISTUS SKILDER (Gal.3:1)..totdat die ouens sien..24/7..dat hul hulsef met CHRISTUS kan vergelyk en nie met wereldnorme nie…dan sal homseksualiteit nie eens op die tafel kom nie…Omdat ons barmhartigheid ontvang het sal ons soos Paulus beskryf in Rom.9:3, bereid wees om ALLES te gee..CHRISTUS se liefde dring ons – 2 Kor.5:14

Hennie Mouton

Wow Francoinette 🙂 🙂 🙂

Lourens Zak Barnard

Prediker 8:11 – dis einlik die moeite werd om die hele Pred 8 te lees.

OMDAT die oordeel oor ’n verkeerde daad nie gou voltrek word nie, daarom is die hart van die mensekinders in hulle vol om kwaad te doen…

Is dit nie reds omdat ons deesdae so polities korrek wil wees dat die wêreld so grys geword het nie. Niks is meer verkeerd nie, alles kan geregverdig word en alles moet aanvaar word. Selfs al word die Woord direk aangehaal word die konteks en interpretasie bevraagteken en verdraai. Die klippe sal moet begin uitroep

Francoinette van Zyl ‎

1 Kor.2 beksryf ook dat ons wat die Gees van CHRISTUS het, kan alle dinge beoordeel. 1 Kor.5::5 beskryf dat ons iemand wat oortree, moet ‘oorgee aan die satan’ sodat hy hom kan bekeer en SY SIEL GERED WORD’..skuif hom bietjie uit daar in die ‘koue, donker’…hou op om alles namens hom te doen. Baie mense gebruik voortdurend aardse middelaars..ELKEEN MOET LEER OM PERSOONLIK TE SMAAK DAT DIE HERE GOED IS..eerstehands by HOM te leer.

Ons is CHRISTUS se liggaam op aarde en deur ons, roep Hy almal uit die duisternis, binne in SY wonderbare lig in (1 Pet.2) Dis mos beter dat ons MEKAAR nou aanspreek, sodat ons ons kan bekeer tot die HERE en Hy ons kan was en klee as wat die HERE ons gaan aanspreek op die laaste dag en dit te laat is..ONDERLIKE tug is GENADE van GOD..net soos Sy gebooie..dit is soos ’n veiligheidsheining..nie veronderstel om ’n bedreiging te wees nie. Dit is die vreemde ding met liberale denke..alle reels is vir hul bedreigend – hul is verblind deur die god van hierdie wereld wat hul op ’n weg lei wat reg lyk, maar lei na die verderf en hul juis gebonde en vreesagtig hou (2 Kor.4:3-4)..dis onunde oor GOD wat so praat..JAAG DIT NA OM DIE HERE TE KEN..daarin is die wese van die ewige lewe opgesluit (Joh 17:3; Jer.9:23-24)

Kobus Hattingh

www.av1611.org/crock/judbynum.html – 23k –

Francoinette van Zyl

Sjoe..dis waar Kobus..dankie vir die deel hiervan. Ons hoof oogmerk is dat die liggaam van CHRISTUS heel sal wees en opgroei tot volwassenheid, sodat HY VERHEERLIK SAL WORD..’exhalted’ bo alle gode uit.. die wereld HOM sal sien en en LEWE. Net soos ’n ouer sy kind tugtig, omdat hy hom liefhet en reg snoei..so doen dit HERE dit ook en Hy doen dit deur instrumente..Sy bruid. Elkeen van ons wat die waarheid deel, ervaar hoe die waarheid tweesnydend is..dit spreek die sender en die hoorder aan..bring altwee in GOD se LIG..tot voordeel van die hele liggaam – Openb.10:10

Francoinette van Zyl

die arbeiders is min en die oes is GROOT..bid tot die GOD van die arbeiders, dat Hy nog sal stuur!

Kobus Hattingh

Amen Francoinette, en ek dink in Hebreers se dit ook die Here ‘severely punishes those He love’. Tog so bly daaroor anders is die alternatief ’n ewige straf!

Francoinette van Zyl

hmmm..dit is waar, as GOD iemand na jou stuur met waarheid, is dit GENADE..Soos Nathan na Dawid toe gestuur is…dit het Dawid tot verootmoediging voor GOD gedryf en hy het genesing gevind by die HERE – Ps.51. Dawid kon Nathan dadelik laat doodmaak, maar instede het die waarheid sy eie hart oopgekloof en hy het die omvang van sy ongeloof in GOD erken (sonde – Joh 16:9).. en gepleit vir genade”HERE voor U alleen het ek gesondig’ ..moet tog nie U Gees van my terugtrek nie (v.13)19 “die offers van GOD is ’n gebroke gees, ’n gebroke en verslae hart U, O GOD, nie verag nie’ .. (Heb4:12) en die gemors kon deur die HERE skoongewas word

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui