Nuwe Testamentiese boeke in tydsvolgorde

*******

Inhoud

Jakobus

Skrywer: Jakobus, broer van Jesus en Judas

Tyd van skrywe: 44-48 nC

Hooftema: Praktiese wysheid en leiding sodat hulle in ‘n sondige wêreld en onder verdrukking kan volhard. ‘n Verskeidenheid van sake word aangespreek: regte houding teenoor versoeking, rykdom en armoede, die beheersing van die tong en veral die verhouding tussen geloof en dade.

Galasiërs

Skrywer: Paulus

Tyd van skrywe: 48-49 nC (James Ussher = 58 nC)

Plek: Efese (of Antiogië volgens alternatiewe teorie)

Aan: Gemeentes in Galasië

Hooftema: Regverdigmaking deur geloof alleen; waarskuwing teen die “judaiste”; ware Christelike vryheid.

1 Tessalonisense

Skrywer: Paulus

Tyd van skrywe: 50-51 nC (James Ussher = 54 nC)

Plek: Korinte

Aan: Gemeente in Tessalonika

Hooftema: Bemoediging onder vervolging; heiligmaking; die wederkoms van Christus.

2 Tessalonisense

Skrywer: Paulus

Tyd van skrywe: 51-52 nC (James Ussher = 54 nC)

Plek: Korinte

Aan: Gemeente in Tessalonika

Hooftema: Korrektering van misverstande oor die wederkoms; standvastigheid onder druk.

1 Korintiërs

Skrywer: Paulus

Tyd van skrywe: 54-55 nC (James Ussher = 59 nC)

Plek: Efese

Aan: Gemeente in Korinte

Hooftema: Eenheid; seksuele moraliteit; gesag van apostels; gawes van die Gees; opstanding.

2 Korintiërs

Skrywer: Paulus

Tyd van skrywe: 55-56 nC (James Ussher = 60 nC)

Plek: Masedonië (waarskynlik Filippi)

Aan: Gemeente in Korinte

Hooftema: Paulus se apostelskap; versoening; die bediening van die nuwe verbond; gee in liefde.

Romeine

Skrywer: Paulus

Tyd van skrywe: 56-57 nC (James Ussher = 60 nC)

Plek: Korinte

Aan: Christene in Rome (Jode en heidene)

Hooftema: Die evangelie: sonde, redding, regverdigmaking, heiligmaking; Israel se rol; Christelike etiek.

Markus

Tyd van skrywe: 55-59 nC

Vroeë ooggetuieverslag; waarskynlik die eerste evangelie.

Hooftema: Fokus word gegee op Jesus se wonderwerke om die aandag te vestig op Jesus se Goddelike gesag.

Matteus

Skrywer: Matteus (Levi), een van Jesus se dissipels.

Tyd van skrywe: 57-60 nC

Hooftema: Jesus as Messias en vervulling van die Ou Testament.

Lukas

Skrywer: Lukas, die dokter (Kol 4:14)

Tyd van skrywe: 58-60 nC

Aan: Eerste boek aan Teofilus

Hooftema: Geskiedkundige ordening; universele fokus.

Handelinge

Skrywer: Lukas, die dokter

Tyd van skrywe: 60-62 nC

Aan: Tweede boek aan Teofilus

Hooftema: Volg direk op Lukas; eindig voor Paulus se dood.

Filemon

Skrywer: Paulus

Tyd van skrywe: 60-62 nC (James Ussher = 64 nC)

Plek: Rome (een van vier eerste gevangenisbriewe)

Aan: Filemon, ’n Christelike slaaweienaar

Hooftema: Christelike vergifnis; versoening; broederskap in Christus.

Kolossense

Skrywer: Paulus

Tyd van skrywe: 60-62 nC (James Ussher = 64 nC)

Plek: Rome (een van vier eerste gevangenisbriewe)

Aan: Gemeente in Kolosse

Hooftema: Christus se oppergesag; weerlegging van dwaalleringe; heilige lewe in Christus.

Efesiërs

Skrywer: Paulus

Tyd van skrywe: 60-62 nC (James Ussher = 64 nC)

Plek: Rome (een van vier eerste gevangenisbriewe)

Aan: Gemeente(s) in Efese (moontlik ’n kringbrief)

Hooftema: Die kerk as die liggaam van Christus; eenheid; geestelike seëninge; geestelike oorlogvoering.

Filippense

Skrywer: Paulus

Tyd van skrywe: 61-62 nC (James Ussher = 64 nC)

Plek: Rome (een van vier eerste gevangenisbriewe)

Aan: Gemeente in Filippi

Hooftema: Vreugde in Christus ondanks lyding; nederigheid (hoofstuk 2); volharding.

1 Timoteus

Skrywer: Paulus

Tyd van skrywe: 63-64 nC (James Ussher = 65 nC)

Plek: Masedonië

Aan: Timoteus in Efese

Hooftema: Gemeente-orde; weiding van die kudde; valse leraars; kwalifikasies van ouderlinge/diakens.

Titus

Skrywer: Paulus

Tyd van skrywe: 63-64 nC (James Ussher = 65 nC)

Plek: Masedonië of Korinte

Aan: Titus op Kreta

Hooftema: Leierskap in die kerk; goeie werke as vrug van geloof; teenstand teen dwaalleraars.

1 Petrus

Skrywer: Petrus

Tyd van skrywe: 63-64 nC

Hooftema: Bemoediging van gelowiges wat vervolg word.

2 Timoteus

Skrywer: Paulus (word beskou as Paulus se laaste brief.)

Tyd van skrywe: 66-67 nC (James Ussher = 66 nC)

Plek: Rome (tweede gevangenskap, wag op teregstelling)

Aan: Timoteus

Hooftema: Laaste leraarsopdrag; getrouheid tot die einde; waarskuwing teen afval.

2 Petrus

Skrywer: Petrus

Tyd van skrywe: 66-68 nC (James Ussher = 66 nC)

Hooftema: Gerig aan gelowiges wie se geloof ondergrawe word deur persone wat ‘n dwaalleer verkondig en mense aanmoedig om onsedelik te leef.

Hebreërs

Skrywer: Paulus

Tyd van skrywe: 64-68 nC

Aan: ‘n Groep Joodse Christene

Hooftema: Waarskuwing teen verslapping en afvalligheid. Jesus is meer verhewe as engele. Jesus was die laaste offer en maak so ‘n einde aan die tempeldiens.

Judas

Skrywer: Judas, broer van Jesus en Jakobus

Tyd van skrywe: 65-80 nC

Aan: Gelowiges wat lastig geval word deur dwaalleraars.

Hooftema: Lesers word aangespoor om te volhard en getrou te bly aan die geloof in God.

Johannes (Evangelie)

Skrywer: Johannes, seun van Sebedeus, broer van Jakobus

Tyd van skrywe: 85-90 nC

Hooftema: Jesus as die Seun van God.

1 Johannes

Skrywer: Johannes, seun van Sebedeus, broer van Jakobus

Tyd van skrywe: 90-95 nC

Hooftema: Die brief beklemtoon drie “toetse” van egte Christenskap:

  • Geloof in Jesus Christus as ware Seun van God (teen valse leringe).
  • Liefde vir broers en susters.
  • Gehoorsaamheid aan God se gebooie.

2 Johannes

Skrywer: Johannes, seun van Sebedeus, broer van Jakobus

Tyd van skrywe: 90-95 nC

Aan: “Die uitverkore vrou” wat waarskynlik verwys na ‘n plaaslike gemeente.

Hooftema: Bly in die waarheid wat julle van die begin af ontvang het. Moenie gasvryheid aan dwaalleraars betoon nie, want dan deel jy in hulle werk.

3 Johannes

Skrywer: Johannes, seun van Sebedeus, broer van Jakobus

Tyd van skrywe: 90-95 nC

Aan: Gaius

Hooftema: Om Gaius aan te moedig en om verkeerde leierskap (Diotrefes) te korrigeer.

Openbaring

Skrywer: Johannes, seun van Sebedeus, broer van Jakobus

Tyd van skrywe: 95-96 nC

Plek: Patmos

Hooftema: Johannes se visioene. Beelde en simboliese taak word gebruik om ‘n boodskap van troos aan gelowiges te bring wat tot die dood toe vervolg en verdruk word.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui