NGK Diversiteitsforum 2011 (16) (2011-12-01 tot 2011-12-09)

Vir meer agtergrond oor hierdie debat, kyk hier.
Die teks gemerk in grys is deur die Webmeester van die diversiteitsforum, Gerhard Bothma, verwyder.
Ons kon natuurlik ook nie alles gevang kry voor sy verwydering daarvan nie.
 
—————————————————–
 
…vervolg van hier.

 

Ds. Gideon Aggenbag
2011-12-01
Ben, jy maak ongelukkig wydlopende, vae stellings sonder spesifieke voorbeelde – soos dat mense ophierdie forum onverdraagsaam teenoor mekaar is, mekaar verdag maak en mekaar se integriteit aanval; mense wat teen mekaar wil wen en mekaar wil “oor-troef” met Bybel-aanhalings. Wat ek hieronder sien is dat mense enersyds die waarheid van die Bybel as God se Woord verdag maak, en ander wat daardie waarheid wil verdedig en wil skerm vír die gesag daarvan. Die gesprek gaan huidiglik hoofsaaklik oor die geloofbaarheid van die Bybel as God se onfeilbare en geïnspireerde Woord. Waarom is jy dan gekant daarteen dat mense uit die Bybel aanhaal? Dít is tog waaroor dit gaan? Of voel jy dat Skrif-uitsprake ongemaklik is vir dié wat dit anders wil interpreteer as wat dit daar geskryf staan? (Ons wéét mos almal dat “interpreteer” die nuutste gonswoord geword het vir “nie (wil) glo nie”.)
Mense maak mekaar verdag, verinneweer mekaar en tas mekaar se integriteit aan deur persoonlike aanvalle, etiketering, “die man speel i.p.v. die bal” – wat onderskei moet word van standpunte teenoor mekaar stel. Wanneer Bybelgelowiges op onskriftuurlike standpunte wys, dit bevraagteken en daarteen waarsku, is dit juis tot eer van God en nie aanval of verdagmakery nie (sien bv. my vraag aan Albert Cruywagen hieronder – ek is eerlik nuuskierig oor hoe hy sal antwoord!). Ek kry dikwels die indruk dat, wanneer (fundamentele) Bybelse uitsprake voorgehou word ter stawing van ’n argument, so iemand gewoonlik geëtiketteer word (soos “fundamentalis”, “sesdag***” en so meer). En dít, dink ek, kom gewoonlik van iemand wat nie duidelike antwoorde het nie en voel hy is in ’n hoekie vasgeverf.
Onlangs het prof. Wilhelm Jordaan geskryf oor die Algemene Sinode se “ambivalensie” (=besluiteloosheid, hink op twee gedagtes) oor die bestaan van die duiwel. Om lg. te ontken is om “anders te interpreteer” as wat die Bybel duidelik leer. En om so ’n dwaalleer te bestry en daarteen te waarsku, is nie tot oneer van God nie. Om dit gelate te aanvaar is juis tot Sy oneer. Dit is ook tot oneer van God om Sy Woord verkeerd te probeer bewys, ook uit eksterne bronne. Dat die AS lidmate wil akkommodeer wat anders glo as wat in die Bybel geskryf staan, en onsekere lidmate geen leiding of rigting te probeer gee nie, bevestig juis Jordaan se beskrywing. En dít is nie verdagmakery nie, dis eenvoudig ’n feit.
 
Henrietta Klaasing
2011-12-01
Ben, ek wil graag aansluit by Ds. Gideon. Ek is seker jy weet dat daar landswyd geweldige ongelukkigheid onder lidmate is oor die AS besluit dat daar ruimte gemaak word vir botsende sienings oor die duiwel. Waar anders as op hul kerk se webblad kan gelowiges oor sake soos hierdie debatteer?
Trouens, in Neels Jackson se berig “NG Kerk laat ruimte vir botsende sienings oor duiwel” (Beeld, 13 Oktober) word daar gesê dat jy nie glo in die bestaan van die duiwel nie. Ek het daarna iewers gelees dat jy geprotesteer het oor wat in die berig staan. Ek sou baie graag van jou sélf wou hoor wat presies jou siening van die duiwel is – onder andere die deel in die Skrif waar Jesus in woestyn deur die duiwel versoek word.
 
Albert Cruywagen
2011-12-01
Aan Henrietta, Gideon, Wynand, Thomas: Julle reaksie @ my standpunte is te verstane. EK reaspekteer dit. Ek was baie jare lank ook daar. Ek het intussen aanbeweeg. ’n Baie groot aantal lidmate vorm die voorpunt van ’n sterkerwordende stroom wat hierdie nuwe en meer aanvaarbare denke verteenwoordig. Ons kan nie weer terugbeweeg na (vir ons) verouderde idees nie. Sterkte met die stryd.
 
Johann Perkins
2011-12-01
Ds. Albert, ek mag dalk nou in die moeilik kom vir wat ek gaan se moet dit asb nie as ’n veroordeling sien nie, maar dit is nooit te laat om terug te draai nie.
 
Wynand
2011-12-01
Albert
Dit klink asof jy die evangelie verwerp deur te se “ek was ook daar”.
Op skool was my vriend betrokke met New Age okkultisme – Hy het vir my gesê “ek was ook daar”
‘n Universiteits pel het ’n Sufi mistisis geword. Hy het vir my gesê “ek was ook al daar.”
‘n Jehova Getuie het vir my gesê” “ek was ook al daar.”
OP een of ander manier maak mense hulle self wys dat hulle nou “aanbeweeg” het na “Beter dinge” of “Nuwe insigte” as hulle die evangelie verwerp. Soos Julian Muller dit in die opwnbaar sê: Hy is nou ’n post teïs.
Dit is ’n vorm van rasionalisasie om te dink: My nuwe geloof is soveel beter as die oue – ek het nou beter insigte en dieper kennis as die wat “nog daar is”
Die implikasie van jou “sterke met die stryd” is dat ons wat nog nie Jesus se genade verwerp het nie nog die stryd sal voer om die van die kettings van ons godsdiens bevry sal word. Dit is al by verskeie geleenthede vir my gesê. As dit nie so hartseer was dat mense hulleself so kan verblind nie sou ek die “sterkte met die stryd” as uiters beledigend ervaar het.
My ervaring met mense wat voorheen vir my die tipe ding gesê het is dat hulle “aanbeweeg” het is dat hulle nooit ’n ontmoeting met Christus gehad het nie. HUlle het dus nie aanbeweeg van die evangelie nie – hulle het aanbeweeg van droë dogma en leringe, wat nooit valideer is deur ’n werklike verhouding met die Jesus van die dogma is nie.
Julian Muller is ’n sprekende voorbeeld hiervan. Sy artikel “Orinetasie – Disorientasie – Herorientasie” (kyk op sy webwerf) het al die kenmerke van van ’n persoonlike getuienis, behalwe dat hy niks het om oor te getuig nie. Hy beskryf sy reis van Christenskap na post teisme in dialektiese terme, en sy uiteindelike standpunt as iets wonderliks.
Maar ek het sit en huil in my hart toe ek die video van sy toespraak kyk.
‘n Christen se getuienis gaan oor sy ontmoeting met die Lewende Jesus. Julian se getuinis is opvallend in die opsig dat daar geen ontmoeting was nie. Daar is geenbekeringsmoment waarin hy homself aan Jesus gegee het nie. Hy is nooit oorweldig deur die besef van sy eie sonde nie. Hy het nooit gegryp na God se genade nie. Petrus se kreet “Red my Here, ek sink!” het nog nooit oor sy lippe gekom nie.
Albert, die feit dat jy aanbeweeg het is tragies – die afleiding is dat jy Jesus nog nooit ontmoet het nie. Christelike teologie en dogma sonder Christus is ’n droë woestyn. Dit is eensaam en donker. Dit is hopeloos.
Ek weet nie wat jou verhouding met Jesus is nie, so moet my asseblief nie beskuldig dat ek jou verdag maak nie. Daar is net soveel rooi ligte en alarms wat afgaan wanneer ek jou poste lees.
Albert, as jy nog nooit Jesus as persoon ontmoet het nie, as jy nog nooit Sy genade in jou lyf ervaar het omdat jy die verfoeilikheid van jou eie sonde ervaar het nie, wil ek jou smeek om Hom te vra om homself aan jou te openbaar.
“Kyk, ek staan by die deur en klop!”
‘n Ontmoeting met die Jesus van die Bybel is die enigste werklik bevredigende uitweg uit die droë, bekrompe en versengende teologie van Geeslose Christelike dogma.
 
Anna Louw
2011-12-01
Albert as jy “aanbeweeg het” hoekom dan nie sommer uitbeweeg nie?
Stig julle ( jy, Gerhard & Ben du Toit )jul eie Kerk met die “Baie groot aantal lidmate ” wat die “voorpunt” vorm en maak soos jul lekker kry & interpreteer Die Bybel na hartelus.Los die Bybel sommer uit, want jul hoef dan niemand meer te bluf ter wille van oorlewing nie. Gaan oor na die geskrifte van die ander “religieë” Koran, Baghvaghita, Kode van Hamoerabie ens.ens.
Die “sterker wordende stroom” sal tog die stap verwelkom. Jul moet uitvoering gee aan die behoeftes van jul “mark”.
Dis mos nou soos mense met visie maak!
Ek en baie ander het op ’n dag ’n gelofte gemaak voor die Here en die gemeente om by die Woord en die Belydenis te bly.
Ons is nog “daar” en wil daar bly.
Of weeg die finansiële oorweging wat deur die funamentele “suckers ” bygedra word te swaar?
Dit sal te salig wees om deel te wees van ’n baie klein NGK Kerk waar al die leiers onbeskaamd staan vir die Gesag van die Here Jesus en Sy Woord, bekering preek en met nederigheid optree, ipv om lidmate te probeer intimideer met die arrogansie en wat so kenmerkend is van die postmoderniste.
 
Evert Meyer
2011-12-01
Albert,
Ek vang nie heeltemal hoe ek ’n verkeerde afleiding kon gemaak het nie. Maar dit daar gelaat. Ek het gaan loer na die soekterme wat jy voorgestel het. Wat ek daaruit aflei is dat jy vir my wil vertel dat die eerste gedeelte van Genesis dus geleen is (daar is selfs party skrywers wat beweer dat dit geplagiariseer is) by ander ou midde-oosterse kulture. Dit maak dit dan mos bloot stories wat in die Bybel ingetrek is. Hoe kan dit dan waar wees in ons konteks?
Ons word van vroeg op skool al geleer dat die Bybelse skeppingsverhaal twak is. Daar is blykbaar volgens die wetenskappe geen manier waarop die aarde kon gevorm het soos beskryf in Genesis nie. Beslis nie in ses dae nie en nog minder in die volgorde wat beskryf word. Ons leer ook dat die verhaal van die sondvloed ook twak is. Daar is geen manier wat dit kon gebeur het nie.
Hoe kan mens dan sê dat daardie gedeeltes ook “waar” is as dit dan geheel en al onwaar is?
Gideon het ook ’n interessante stuk ondertoe geskryf rakende Eksodus. Hoe moet mens dan die stuk lees in Eksodus waar die Here met Sy eie vinger op die kliptafel skryf dat Hy die aarde in ses dae geskape het? Duidelik lieg die Here daarso, of Hy het vergeet hoe Hy die aarde geskep het. Of die gebeure in Eksodus het nooit plaasgevind nie (dit het ek ook raakgelees).
Ek verstaan regtig nie hoe mens kan beweer die hele skrif is waar, as daar soveel onwaarhede daarin opgeteken is nie. Help my teologies asseblief en moenie vir my bloot sê ek verstaan verkeerd nie. Help my. Hoe sien NG predikante hierdie penarie?
 
Henrietta Klaasing
2011-12-01
@Albert: Weet jy, ek was ook “daar” – DAAR waar jy nou is. Van jongs af elke Sondag in die kerk, by die bidure, elke dag my Bybel gelees en gebid, maar ek was ’n klip-Christen – geestelik morsdood ; bloot net deur al die rituele gegaan. Ek kan die Here nie genoeg dank nie, vir ’n dag in 1975 toe Hy te sterk was vir my en Hy deur sy Heilige Gees my hele lewe nuut gemaak het.
@Anna: Ek stem saam met jou, met een verskil: hierdie reuse(?) “stroom” hoef nie eers enige onkostes aan te gaan om hul eie kerk te stig nie – kuier van hulle nie alreeds by Abel se SES, Sakkie se NHN en Zak de Priester se KK (Kroeg-Kerk) nie?
 
Herman Toerien
2011-12-01
Uitleg van Bybeltekste
Ek verstaan nie mooi hoe die hoofdebat op hierdie forum – wat ek maar Bybelverstaandiversiteit sal noem – by die voorgeskrewe diversiteitstemas pas nie, maar dit bly nou maar die hooftema.
Die debat wat nou woed, verskil bitter min van soortgelyke debatte wat die afgelope aantal jare in koerante en veral koerante se internetkolomme gewoed het, en wat so heftig geword het dat dit telkemale al gestop moes word.
My poging hier is weer eens nie ’n poging om petrol op die vuur te gooi nie, maar ’n vorm van wedersydse begrip te probeer skep.
E k het veral simpatie met Anna se vraag wat al ’n paar keer gestel is, en ook deur ander al opgeduik het, en miskien nooit na behore beantwoord is nie. Min of meer kom dit daarop neer: “Kan slegs predikante die Bybel uitlê?”
Die antwoord is uiteraard “nee.” Verskillende mense het verskillende gawes, en uitleg is een.
Hoewel die Bybel leer dat hulle wat soos ’n kind glo, gelukkig is, is dit ook so dat die Bybel vereis dat gelowiges nie altyd soos ’n kind sal glo nie, maar geloofsvolwassenheid sal begin toon. Veral Salomo (met die gawe van wysheid) het baie klem op kennis geplaas, 1 Kor. 13 verwys na die “waarheid”.
Die doel van teologiese studie, en ook Bybelstudie, is om ons vermoë tot uitleg te verbeter. Om dan ’n groep taalkundiges te hê wat deurlopende die tale bestudeer waarin Bybelse bronne geskryf is om begrip te verbeter, Bybelse argeoloë te hê wat die konteks opneem, en vele meer beteken allermins hierdie mense het ten doel om die Bybel as vals te bewys. Om maar een voorbeeld te noem: Die meeste van ons het in ons leeftyd ervaar hoe die uitfasering van hoede gemotiveer is aan die hand van kultuurhistoriese kontekstualisering uit ’n bepaalde tyd.
’n Probleem wat onmiddellik ervaar word is dat sulke nuwe ontdekkings / bevinding deur sommiges nie as verrykend ervaar word nie, maar as bedreigend. (Die sielkundiges skryf baie oor hierdie verskynsel en ek self begeef my nie daarop nie). Baie gereeld kom die refrein iemand sê ’n ander sê die Bybel is vals. (Ek self het tallose kere so onder ene “John” deurgeloop, en elke, maar elke keer het ek dit ontken, tot hy geskryf het hy is nou besig om kwaad te word.
In die proses van kontekstuele verstaan neig dele om wel metafories verstaan te word. Die “leidrade” word in die Skrif self gevind, bv Ps 90 en 2 Petrus 3 om die duur van die Skepping te verstaan. Johannes 1 se eerste paar verse som dit ook mooi op (die 3de Skeppingsverhaal). Voorts is die leidrade dikwels in die teks self. In die een Skeppingsverhaal is die mens voor die dier geskep, en in die ander andersom. Tensy ’n metaforiese verstaan gebruik word, moet ’n mens tot die slotsom kom die een is waar, die ander nie.
Baie predikante vertolk die boek Daniël as iets wat uit die tyd van die Makkabese opstand teen die Griekse besetters dateer, veral na die Jode gedwing is om die Griekse afgode te aanbid. Om met hul volksgenote te kommunikeer, moes kodeskrif gebruik word, en anders as die Grieke, was die Jode goed onderrig in die Babiloniese ballingskap. So kon maklik geïdentifiseer word wat verwys eintlik na die Griekse onderdrukkers, omdat seker goed net nie in die Babiloniese ballingskap gegeld het nie (bv om jong manne in die paleis te laat werk). Weer eens die leidrade: Soos waar die boek Daniël na ’n ander regeerjaar verwys. Dit maak nie die Bybel vals of onwaar nie.
’n Vreemde ervaring wat opduik is dat die oorspronklike teks verwys na die Israeliete wat deur die Rietsee getrek het (soos wat die 1983-vertaling ook lui). Tog dring mense daarop aan om dit die Rooi See te maak (dikwels onder die invloed van foutiewe Engelse vertalings). Die rede hieragter is waarskynlik omdat ’n deurtog deur die Rietsee (niemand weet verseker waar dit was nie, en die MacMillan Bible Atlas gee dit selfs aan as langs die kus van die Middellandse see) dalk, net dalk, aan ’n natuurlike verskynsel toegeskryf sou kon word. Vir die een sou dit beteken dat die wonder ontneem word, vir die ander is dit verrykend.
Baie van die vertolkings wat nou geopper word val ook heeltemal buite my “confidence range” en ek stem dus nie daarmee saam nie. Trouens, sommiges slaan na my mening die wese van godsdiens se voete onder my verstaan daarvan uit. Aan die ander kant, byna almal wat mekaar nou so in die hare vlieg glo die aarde is rond. Dit beteken nie dat daar nie ’n groot “flat earth society” is met “bewyse wat hulle sterk aanhang nie.
’n Belangrike beginpunt is om te vra of dit wat ons glo en van ander se Bybelverstaan verskil, hoegenaamd ter sake is vir saligheid?
 
Henrietta Klaasing
2011-12-01
Dankie Herman, vir jou rustige antwoord. Ek wil net op iets anders wys:
Die Israeliete is twee maal deur “diep water”, of die eerste keer nou die “Riet-” of die “Rooisee” was. Die wonder van die tweede maal (deur die Jordaanrivier) is duidelik as mens die hele deel mooi lees (die rivier was oor sy oewers, en die waters is nie vooraf gekloof soos saam met Moses nie).
Josua 3: 14 – 17: “Die volk het toe van hulle tente af vertrek om deur die Jordaan te trek. Die priesters wat die verbondsark gedra het, was voor hulle. Die draers van die ark het by die Jordaan aangekom. Gedurende die hele oestyd is die Jordaan gewoonlik vol, oor al sy oewers. Toe die voete van die priesters wat die ark dra, in die vlakwater kom, het die water wat afkom, gaan staan. Dit het op een hoop gaan staan, ver boontoe by Adam, die stad langs Saretan. Die water wat afloop na die see in die Jordaanvallei, die Soutsee, was heeltemal afgesny. Die volk het regoor Jerigo deurgetrek. Die priesters wat die verbondsark van die Here dra, het daar binne in die Jordaan op die droë bedding gaan staan terwyl die hele Israel oor die droë bedding deurgaan tot die hele nasie uiteindelik deur die Jordaan is.”
 
Wynand
2011-12-01
Herman, jy sê: “’n Belangrike beginpunt is om te vra of dit wat ons glo en van ander se Bybelverstaan verskil, hoegenaamd ter sake is vir saligheid?”
1) Ek het geen probleem met die hermeneutiese wetenskap nie. Die probleem is dat postmoderne hermeneutiek die grense van aanvaarbare kommunikasiewetenskap oorskry. Die Gereformeerde tradisie het nog altyd die organiese model van inspirasie gevolg: Daar is twee belangrike elemente.
a) Die inspirerende Gees. Die Bybel is ’n eenheid, deur een Gees geinspireer. Daar word a priori aanvaar dat die Bybel die Woord van God is en dus oor bonatuurlike kennis en voorkennis beskik. Omdat die Bybel ’n eenheid is word die nuwe testament gebruik om die ou testament te interpreteer en anders om. Die vraag wat beantwoord moet word is: Wat was die Gees se bedoeling toe Hy die teks inspireer het?
b) Die menslike skrywer was net so deel van die skryfproses as die Heilige Gees. Hierdie skrywer het geskryf vanuit sy wereldbeeld en historiese konteks. Die boodskap wat hy geskryf het was bedoel vir ’n spesifieke gehoor in sy tyd. Die oorpronklike menslike outeur se eie konteks, en dei konteks van sy beoogde gehoor moet in ag geneem word wanneer ’n teks ontleed word.
Met beide a) en b) in gedagte is dit moontlik om ’n legitieme interpretasie van ’n teks te maak.
Die probleem met post moderne hermeneutiek is twee ledig:
a) Dit ontken a priori die outeurskap van die Heilige Gees.
b) Dit ontken die bestaan van gedeelde werklikheid tussen die oorspronklike (menslike) skrywer en die 21ste eeuse respondent. Om hierdie rede is dit bykans onmoontlik vir ons om die orspronklike bedoeling van die skrywer te verstaan.
Wat mens dus mee sit nadat jy postmoderne hermeneutiek toegepas het is ’n ongeinspireerde onverstaanbare stuk teks.
Die manier waarop tekste dan verklaar word is deur die proses van dekonstruksie: Dit beteken, dat omdat die respondent nie toegang het tot die skrywer se konteks het nie, hy die teks lees vanuit sy eie konteks. Die gevolg is dat enige en alle interpretasies van ’n teks dus korrek is , al weerspreek die interpretasies mekaar heeltemal. Dit is hoekom iemand in die aangesig wan oorweldigende getuienis uit die Bybel met ’n reguit gesig kan verlkaar dat die Bybel leer dat die duiwel nie bestaan nie. Postmoderne denke maak dit moontlik om twee totale teenstrydighede bede as die ‘waarheid” te aanvaar. (Dit is hoekom ek glo post modernisme is ’n psigose, of ten minste ’n vorm van infantilisme.)
2) Die Bybel leen hom tot ’n wye reeks moonlike interpretasie. Baie van die interpretasies val nog steeds binne die grense van die Christelike godsdiens. Voorbeelde hiervan is die verskillende interpretasies van die doop.
Daar is egter interpretasies wat ondubbelsinnig buite die grense van die Christelike geloof val, ek verwys hier na bv die Jehovah getuies, mormonisme en Islam.
Die probleem is dat Emergent teologie ver buite die Christelike geloof val. Dit het net so min met Christus te doen as Jehovah getuies, Mormonisme of ISlam.
Wat my ontstel is dat die mense dit weet maar leuenagtig bly skree dat hulle Christene is.
 
Johann Perkins
2011-12-01
Herman jy stel die vraag oor ander mense se saligheid. Net so sterk soos Wynand voel oor die erkening van Satan net so sterk voel ek oor die Sondeval. Sodra jy die skepping verwyder en met die evolusie teorie vervang, jy is mos ’n teistiese evolusionis, verwyder jy ook die sondeval. Geen Teistiese evolusionis kon nog ooit vir my die sondeval metafories of histories volgens hulle verstaan van Genesis verduidelik nie. As daar geen sondeval was nie waarom is daar dan ’n verlossing of ’n Verlosser nodig. Nogal twee belangrikke konsepte vir ’n persoon se saligheid!
 
Herman Toerien
2011-12-01
Wynand
Omdat ek oor ’n artikel (wat nogal in ’n kerklike tydskrif geplaas was) uiteenlopend vir “nuwe hervormer” en “fundamentalis” uitgeskel is, is ek traag om iemand etikette om te hang. Ek is veral lugtig vir die term “post modernis” want ek het al te dikwels gesien dat mense wat nie eens as moderniste sal deurgaan nie, as post moderniste uitgemaak word.
Wat ek probeer verwoord het is bloot dit waarmee ons in alledaagse geloofsgesprekke met gewone mense te make kry. Dis soos ek Anna en van die ander se vrae verstaan het.
Ek is die laaste persoon wat sal sê dis moontlik om dit wat “creation science”-aanhangers glo, en dit wat die nuwe hervormers glo, met mekaar te versoen. As ons egter almal die gemene deler – die kernboodskap – van die aanvaarding van Jesus as Verlosser en saligmaker het, en daardeur so na as moontlik kom aan die dra van die goeie vrugte, sal ons nie gereed wees om mekaar te veroordeel nie – wat ons in elk geval nie mag doen nie.
(Juis vanoggend, in ’n ander konteks, dink ek aan ’n post-1994-“affirmative action”-aanstelling wat op proef was, wat ek tydig as bestuurder moes waarsku dat sy werk en gedrag die bekragtiging van sy proef in gedrang bring. Toe ek my oë uitvee loop hy siedend kwaad rond en raas dat ek hom ge-“threaten” het. My kop het gerol).
Oor die gesag van die Bybel: ’n Paar maande gelede was daar ’n interessante artikel in Die Kerkblad deur emeritus ds. Fanie Coetsee. Op die gevaar af dat my geheue my in die steek kan laat, dit kom daarop neer dat hy na God se twee Openbaringswyses verwys het, naamlik die Skrif en die Skepping / natuur / wetenskap. Ds Coetsee het na dieselfde verwys as wat Augustinus reeds verwys het – dat die twee tov die Skeppingsverhaal nie volkome versoenbaar is nie. Soos ek Augustinus en Thomas van Aquina se “oplossing” verstaan, is dit nie iets waarmee ek kan saamleef nie – ek verstaan hulle het gemeld van elkeen is waar in sy eie konteks. Ek sal weer neig om dit in die Bybel skynbaar wat met God se Skepping strydig is metafories te vertolk, mits die Bybel self die leidrade verskaf, soos gemeld Ps 90 en 2 Petrus 3. Ons sien immers sterre wat miljoene ligjare van die aarde af is, terwyl Genesis dit stel dat die aarde ouer as die sterre is.
Maar … het die verstaan hiervan werklik enige betrekking op saligheid, en die geloofsvrugte wat iemand sal dra?
Dankie Henriëtta
Ek het nie bedoel om wonderwerke af te maak nie. My fokus was bloot om te wys dat mense skynbaar aan ’n foutiewe vertaling sal klou om meer statuur aan die wonderwerk te gee (oor die Rooi See is ek al selfs eerstehands daarmee gekonfronteer). Daarom, na my mening, sal die Rietsee-deurtog (Skelfsee in van die vertalings) nie die deurtog deur die Jordaan beïnvloed nie. Ons gestremde outjie het die voorblad vir ons gemeente se 2012-alamank gedoen, en beeld die bespieders uit wat die reuse druiwetros op ’n stok oor hul skouers dra. Hy glo soos ’n kind oor daai druiwetros se grootte. Uit die voorbeeld waarvan hy gewerk het, het die bespieders uniforms gedra en al uniforms wat hy regtig ken is die Romeine se uniforms wat hy in sy Asterix-boeke sien. Hy vertel nou vir almal dis Romeine wat daai tros dra.
Ons het wel geleer dat argeologiese uitgrawings daarop dui dat van die “stede” wat die Israeliete met die banvloek getref en duisende doodgeslaan het, gehuggies was wat kewalik ’n paar inwoners gehad het. Weer eens, die Israeliete was baie metafories oor sekere getalle soos die duisend, bv “tot in die duisendste geslag.”
As iemand ’n natuurlike verklaring vir die opdroog van die Jordaan (bv uit ’n onafhanklike onverbonde bron) sou kry, gaan dit nie ’n duit verskil in my geloof maak nie, want God het dit steeds so gewil. Die geologie, veral in ’n skeurvallei, kan ’n hele klomp verklarings hiervoor aanbied, maar dit verander niks aan die boodskap wat die Bybel oordra nie.
By geleentheid was ’n afgetrede predikant bitter kwaad vir die Volksblad omdat hulle nie sy brief wou plaas waarin hy die “Kussiete” (swart mense) teologies van die liefde uitgesluit het nie. (Eintlik was brief hopeloos langer as die koerant se woordbeperking). Maar probeer hom nou oortuig dat dit wat hy glo op ’n wanvertolking van die Bybel neerkom!
Natuurlik is die Bybel nie die enigste wat so uiteenlopend verstaan word nie. Ek help eenkant my seun met ’n skripsie waarin die Haldaneleer ter sprake kom. En al het dit nou niks daarmee te make nie, is dit tog komies om te sien hoe die een klomp dit as bewys vir evolusie gebruik, en ander presies dieselfde leer as bewys gebruik dat evolusie nie kan plaasvind nie.
 
Wynand
2011-12-01
Herman
Ek het niemand hier uitegeskel as enigiets nie. Ben du Toit het aan BEELD verklaar dat hy nie in die bestaan van die duiwel glo nie. Ander hier maak hulle self verdag omdat hulle weier om te sê wat hulle glo.
Soos ek gesê het, sekere interpretasies van die Bybel is nie legitiem nie, bloot omdat dit nie logies en konsekwent met die bronmateriaal te werk gaan nie. Ander interpretasies van die Bybel is nie legitiem nie, omdat dit Goddelike openbaring by voorbaat uitsluit.
Emergent bybeluitleg is om alby redes nie legitiem nie.
Ek was lank ’n geredde teïstiese evolusionis. AS wetenskaplike het ek agtergekom evolusie is ’n wetenskaplike onmoontlikheid. Daarna het ek besef dat teïstiese evolusie totaal onbybels is, omdat evolusie per definisie deïsties, nie teïsties nie. Die term “teïstiese evolusie” is dus onsinnig, soos ’n “vierkantige sirkel”
Omdat ek self evolusie onderskryf het terwyl ek gered was, beweer ek nie dat dit jou buite die Christelike godsdiens plaas nie, dit is egter uiters gevaarlik: Omdat evolusie onverenigbaar is met Bybelse teïsme lei dit dikwels tot ongeloof. Ek weet van mense wat hulle geloof verloor het as gevolg van evolusie.
Die bestaan van die duiwel is ’n kernwaarheid van ons geloof, omdat Jesus seker aansprake oor die duiwel gemaak het. As Jesus verkeerd was stort sy aansprake dat hy God geïnkarneerd is n duie.
Ek moet net noem dat emergent die Jesus se versoeningsdood aan die kruis verwerp, omdat hulle die ewige oordeel verwerp en universalisties is. Van hulle (Mc Laren) noem selfs die kruis gebeure “kosmiese kindermishandeling”. Hulle verhef ook die mens tot god.
 
Stefaan de Jager
2011-12-01
@Albert: Jy sê dat jy nou aanbeweeg het. Waarheen? As jy sou glo en bely dat Jesus die Weg, Waarheid en die Lewe is, sou ek dit kon aanvaar dat jy saam met Hom aanbeweeg. Alle ander “aanbeweeg” is in `n geestelike moeras in. Dis dan soos die definisie van die fanatikus: Hulle weet nie waarheen hulle oppad is nie, maar hulle versnel hul pas.
 
Thomas
2011-12-01
Albert, jy rig jou ook tot my adres met jou: “Ek was baie jare lank ook daar. Ek het intussen aanbeweeg…(en) kan nie weer terugbeweeg na verouderde idees nie.”
Albert, ek is deel van die geledere van senior burgers, en ek dank die Here dat ek, soos so vele van my tydgenote, in huise kon grootword aan die hand van Godvresende ouers, aangevul deur die kerk en ook gelowige onderwysers op skool. Ek besef terdeë dat die wêreld sodanig agteruit gegaan het (wa vir jou dalk na progressie mag lyk; vandaar dat jy nie kan “terugbeweeg” nie) dat dit ’n belangrike rede is vir die geloofsafvalligheid wat ons vandag beleef.
As kinders het ons veel by ons ouers geleer; ook wyshede wat hulle aan ons oorgedra het, en so ook van sommige van ons onderwysers. Van my moeder onthou ek dat sy soms vir my gesê het: “My kind, waar jy nou is, daar was ek al. Waar ek nou is, moet jy nog kom.” Ek het dit vertolk as ’n positiewe “uitdaging” om ook dit te bereik wat sy bereik het. Dit wat sy gesê het, kan ek ook van toepassing maak op wat jy sê. Jy wil ook te kenne gee dat jy reeds daar was waar ek nou is, en dat ek nog nie daar is waar jy nou is nie. Jy is heeltemal reg, met dié verskil dat Sy Gees my daarvan sal bewaar dat ek NOOIT daar waar jy nou is, my mag bevind nie.
N.P. van Wyk Louw sê in sy gedig, “Ballade van die Bose”, onder meer die volgende: “Die veles meen hulle ken my gesig, maar ek skuil te glansryk, te na aan die lig…” Albert, het jy al dié ontdekking gemaak hoe naby die Bose wel skuil aan die Lig? Dit is juis daar in die grys gebied waar die Lig en die duisternis bymekaar kom, dat die Bose die grootste sukses met sy misleidingstrategie het.
 
Herman Toerien
2011-12-01
Johann
Ek het nogal moeite gedoen om nie die evolusie te betrek nie. Die opper van “teïstiese evolusie” en “deïstiese” evolusie was Wynand se inisiatief. Ek het ’n antwoord voorberei, maar dit toe liefs nie geplaas nie want dit sou op disrespek teenoor die web-eienaars neerkom. Let toe toevallig jou brief op.
Jou vraag is tegelyk een van die mees gereelde “argumente” teen evolusie, en terselfdertyd een van die teologies mees ongefundeerde. Kortom, die verhaal van Eva en die slang is nie deel van die skeppingsverhale van genesis se skeppingsgedeelte self nie. Dit is ’n verdere verloop na die eerste Skeppingsverhaal (Gen 2), wat in hoofstuk drie voortgesit word en na die Skepping afgehandel is.
Tegnies kan ’n mens argumenteer dat dit nie deel van tweede Skeppingsverhaal (Gen 1) uitmaak nie, maar ons laat dit daar.
Of ’n mens nou glo die sondeval het deur die eet van ’n vrug gekom, of deur die eintlike boodskap, ongehoorsaamheid aan God, die feit is almal is sondig. Daar is nie eens een wat sonder sonde is nie.
Ek dink ’n mens moet ook die sondeval mooi lees – die hele aanloop binne die skeppingsvehaalgedeelte dui op die boom van kennis (van goed en kwaad). Verskillende vertalings hanteer die kennis, en die kennis van goed en kwaad effens verskillend. Deur daardie ongehoorsaamheid het die mens die kennis van goed en kwaad gekry. Die mens het dus van ’n toestand van onkundigheid hieroor, oorgegaan na ’n mens wat wél kon onderskei, en dus, om ’n regsterm te gebruik, die ”opset” het om verkeerd te doen.
Weer eens is die Bybelse fokus op genade, liefde en redding, want op eie meriete kan die mens nie die koninkryk beërwe nie. (Ek is ongelukkig onkundig oor jou kerkverband se verstaan van die uitverkiesingsleer, behalwe dat dit nie ’n probleem met evolusie het nie).
Of ons die Genesis-skeppingsverhale metafories verstaan, of die teenstrydighede oorkom en dit letterlik verstaan, het nie een enige betrekking op die sondeval nie. Nog minder beteken dit dat iemand die Bybel as vals hieroor beskou.
Net so – as iemand Jona se verhaal metafories verstaan, beteken dit mos nie hy kan nie in God se genade en vergifnis glo nie, soos wat Ninevé te beurt geval het.
Nog minder verstaan ek hoe die vraag iets met dié forum se diversiteit te make het.
Ek kom wel meer en meer onder die indruk dat daar tussen die susterkerke en dalk ander ook, sekere dwarsliggende kwessies is waaroor sommige mense ’n reuse behoefte het om te praat en te skryf – soos oa uit die Steedshervormers se facebook bly waar basies dieselfde kwessie bespreek word.
Johann, ek stel voor dat jy in die toekoms die soort vrae wat jy hier aan my stel, liefs regstreeks met Rev. Coetzee opneem.
 
Johann Basson
2011-12-01
NET GELOUTERDE GOUD EN GELOUTERDE LEWENSOPVATTINGE
Ek verwelkom die blootstelling aan die denke van diverses of anderssoortige mense. Dit dwing my om te besin oor die sin en betekenis van my eie lewe en my verhouding met my Skepper, anderssoortiges en Moeder Aarde. Dit louter my waardestelsel en lewensopvattinge. En dit hou my nederig want ek word herhaaldelik daaraan herinner dat ek nie alle huidige en toekomstige, sienlike en onsienlike data, inligting, kennis en wysheid in pag het nie. Ons sien die lewe soos in ’n spieël.
Telkens vra ek myself: “Johann, wat is jou nie-onderhandelbares in die lewe? Het jy dalk onwetend ’n slaaf geword van bepaalde tradisie-gebruike en eie-soortigheid?”
Ek wil hande neem met alle eie-soortiges en anderssoortiges in ’n beskeie strewe om aan die huidige behoeftes van die mensdom te bevredig sonder om die vermoë van die nageslagte te benadeel om volhoubaar aan hul eie behoeftes te kan voldoen. En om te werk vir fundamentele transformasies van strukture, waardes en verwagtinge om ’n regverdige, volhoubare en insluitende groei vir almal te verseker, ook met die oog op die nageslagte se reg op volhoubare ontwikkeling. En om as ’n Christus-navolger saam met my medemens ’n opbouende verskil in die lewe te probeer maak. Diversiteit is die fokus van hierdie skrywe, nie Christus-navolgerskap nie.
En terwyl ek so skrywe, neem bevolkingsgroei, werkloosheid, armoede, honger en wanhoop in Suid-Afrika toe. ’n Mens se geloof bly onsigbaar as dit nie dade word nie. Net so geld dat geen outeursregte ontstaan in die vrugte van die denke as dit nie in materialistiese formaat vergestalt nie. Derhalwe, juis uit jou dade wys jy die anderssoortiges jou geloof en waardestelsel.
Waar is die geleenthede en hoe kan ons hulle benut?
 
Johann Perkins
2011-12-01
Beste Herman, die rede hoekom die sondeval een van die mees algemene argumente teen evolusie is, omrede dit so ’n sterk argument is. Tweedens is dit so ’n sterk argument omdat dit juis teologies van aard is. Ek verstaan jou argument dat die sondeval nie deel is van die Skepping nie, maar jy vergeet dat die straf op die sonde a.g.v die sondeval die dood is. D.w.s sou ’n mens aan die evolusie teorie glo, dit sou impliseer dat daar reeds dood in die wereld was voor die sondeval. Die Bybel leer ons egter anders. Ek respondeer op die oomblik direk van my selfoon af, maar sal dit waardeer as die forum my die geleentheid sou bied om later vannaand Herman meer breedvoerig oor hierdie diverse onderwerp te antwoord.
 
Philip du Toit
2011-12-01
@ Johann Basson
Ek is nog steeds nie seker wat jy met “Christus-navolging” bedoel nie. Waarom kies jy Christus bo ander soos Buddha of Ghandi?
Dit is goed en wel om dade vir geloof na te streef, maar geloof kan nie by dade begin nie, geloof moet by wedergeboorte begin en dade moet daaruit voortvloei. Om mense net in hulle fisiese nood of verontregte situasie te help bly tydelik en oppervlakkig. Om mense werklik te help en op te hef is om die evangelie van geloof in Christus te bring wat ons werklik nuut maak en ons wederbaar om ons in staat te stel om met krag van bo ’n werklike diepgaande en blywende verskil in ons en ander se lewe te maak. Anders bly al ons pogings tot sosiale opheffing net menslike pogings sonder enige geestelike krag. As ons mense net fisies help, sonder die geestelike, help ons hulle net tydelik, en sal dit spoedig weer tot niks kom nie. Trouens laasgenoemde is die werklike rede waarom armoede en verontregting net toeneem, omdat die red van siele ’n vloekwoord geword het binne die kerk. Sosiale opheffing is reg en is nodig! Maar dit kan nooit die egte produk voorafgaan nie, maar moet daaruit voortvloei.
Philip
 
Herman Toerien
2011-12-01
Johann
Die hele diskoers het begin by oa Anna Louw se vraag oor wie die Bybeltekste mag uitlê, en het nou erg afgedwaal. Daarom baie kort – oa ook omdat dit uit die reaksies blyk dat dit nou ’n tweegesprek geraak het. Ek sluit dus finaal af met die uitleg oor die dood waarna jy verwys: The Hebrew text (“dying you will die”) does not refer to two aspects of death (“dying spiritually, you will then die physically”). The construction simply emphasizes the certainty of death, however it is defined. Death is essentially separation. To die physically means separation from the land of the living, but not extinction. To die spiritually means to be separated from God. Both occur with sin, although the physical alienation is more gradual than instant, and the spiritual is immediate, although the effects of it continue the separation.
Kortom, hierdie verklaring uit die NetBible is nogal ’n goeie antwoord op Anna se vraag – as ’n mens van ’n vertaling af werk kan ’n mens sulke afleidings maak soos wat jy maak – ek het juis vroeër na die Rietsee-voorbeeld verwys.
Die NetBible is werklik uitstekend en word deurlopend bygehou soos wat navorsing vorder – laai dit gerus af. Dit help regtig baie.
 
Fanie van Emmenes
2011-12-01
Miskien kan Johann Basson sy drie Yorkies vra om kommentaar te lewer op die besluit van die kuratoruim van die Teologiese fakulteit op Stellenbosch oor die weiering om ’n gay afgestudeerde teologiese student te legitimeer.
Die weiering spruit blykbaar uit die student se weiering om ’n dokument te onderteken waarin sy onderneem om selibaat te bly.
Die Burger noem die besluit argaies. Kan die Yorkies ons dalk help?
 
Johann Perkins
2011-12-01
@ Herman Toerien, as ek jou skrywe reg verstaan impliseer jy dat die nagevolg van die sondeval slegs ’n geestelike dood was en dat fisiese dood reeds “bestaan het” voor die sondeval.
Sou ’n mens Rom 5:12 in konteks lees is dit duidelik dat Paulus hier van die fisiese dood praat. Let veral op Rom 5:8-10 waar Jesus se fisiese dood bespreek word en Romeine 5:14 waar na die fisiese dood van mense verwys word.
Rom 5:12 “Verder nog dít: Deur een mens het die sonde in die wêreld gekom en deur die sonde die dood, en so het die dood tot al die mense deurgedring, omdat almal gesondig het.”
Ons vind dieselfde vergelyking in 1 Kor 15:21-22 waar na ’n fisiese dood asook na ’n fisiese opstanding verwys word.
1 Kor 15 :21-22 “Aangesien die dood deur ’n mens gekom het, het die opstanding van die dooies ook deur ’n mens gekom, Net soos almal deur hulle verbondenheid met Adam sterf, so sal almal in Christus lewend gemaak word.”
In Numeri 26:65 word byna presies dieselfde Hebreeuse werk woorde en sins konstruksie as die in Genesis 2:17 gekry “Die Here het destyds vir daardie Israeliete gesê dat hulle beslis in die woestyn sou sterf. Nie een van húlle het toe oorgebly nie, behalwe Kaleb seun van Jefunne, en Josua seun van Nun.” Weereens word hier na ’n fisiese dood verwys.
Daar bestaan by my geen twyfel dat Adam en Eva ook “geestelik gesterf” het na die sondeval nie, want hulle het hulleself weggesteek van God se aangesig, d.w.s die spesiale verhouding wat hulle met God gehad het was nie meer daar nie.
Die gevolg van die sondeval was dus beslis ’n fisiese sowel as geestelike dood en nie net ’n geestelike dood nie.
 
Stefaan de Jager
2011-12-01
GAY STUDENT NIE GELEGITIMEER
Die kweekskool op Stellenbosch het heeltemaal korrek opgetree deur me Lulani Vermeulen nie te legitimeer nie. Sy wou nie die dokument teken dat sy selibaat sal bly nie. Die voorlaaste Algemene Sinode het immers besluit dat alle gay predikante selibaat moet bly.
Ook al sou hierdie student besluit om met haar vriendin te trou, sou sy steeds nie gelegitimeer kan word nie aangesien die pas afgelope Algemene Sinode by die verslag oor saamwoon besluit het dat net die verhouding tussen man en vrou as huwelik erken word.
Dr Ralph Barnard het onlangs `n boek met die titel “Gays en God – `n onmoontlike vriendskap” die lig laat sien. Hy sê dat God se vriendskap met mense onvoorwaardelik is. Dit kan natuurlik nie beteken dat Hy hulle sonde onvoorwaardelik aanvaar nie.
Ek lees in die nuutste Kerkbode dat ons webmeester, dr Gerhard Bothma, die resensent is van die boek van Barnard. Hy lewer oa kommentaar:
“ Teksgedeeltes in Genesis, Levitikus en Paulus se literatuur – wat gereeld in gesprekke oor gays opduik – word vars en behoorlik behandel.” Nou wat sou hierdie “vars en behoorlik” beteken? Daar is volgens die Skrif tog net een vars en behoorlike beoordeling oor homoseksuele verhoudings, en dit is dat dit afskuwelik is in die oë van die Here.
Die besluit van die kweekskool op Stellenbosh oor die gay student lyk my na `n vars en behoorlike een.
 
Johann Perkins
2011-12-02
@ Herman Toerien, ek lees nou net weer vinnig jou laaste skrywe en merk op dat die gedeelte wat jy vanuit die NetBible aangehaal het dit ook duidelik stel dat beide die fisiese sowel as die geestelike dood plaasvind a.g.v sonde. Ek haal aan: “Both occur with sin, although the physical alienation is more gradual than instant, and the spiritual is immediate, although the effects of it continue the separation.” die v.g. stelling bevestig dus ook dat die dood hetsy geestelik of fisies (volgens die stelling) plaasvind a.g.v die sonde. Dus as die sondeval nie plaasgevind het nie, was daar geen sonde nie en ook geen straf op die sonde nie.
In Rom 8:10 kom die getuienis nog sterker na vore – “…… Omdat Christus in julle is, gee die Gees aan julle die lewe op grond van God se vryspraak, hoewel die liggaam vir die dood bestem is as gevolg van die sonde.”
As die sogenaamde “oermens dan moes doodgaan sonder dat hy sonde gepleeg het, maak nie een van hierdie of die vorige tekste wat ek geplaas het enigsins sin nie.
Die volgende voorbeeld kom uit Rom 8:23 “En nie net die skepping nie, maar ook ons wat die Gees ontvang het as die eerste gawe van God, ons sug ook. Ons sien daarna uit dat God sal bekend maak dat Hy ons as sy kinders aangeneem het: Hy sal ons van die verganklikheid bevry.’
Jy sien Herman dit is dus onmoontlik om die mens se verganklikheid voor die sondeval te verduidelik veral as jy die Evolusie Teorie aanhang. Ek se dit weer as jy nie ’n sondeval het nie, het jy ook nie ’n Verlosser nie. Teologies is dit ’n baie groot probleem!
 
Henrietta Klaasing
2011-12-02
@Stefaan se laaste plasing oor die “gay student”:
’n Klein kykie terug sal vir ons meer lig gee oor die saak: In 1986 het die Algemene Sinode vir die eerste keer amptelik standpunt ingeneem oor die saak van homoseksualiteit. In 2002 doen die Algemene Sinode ’n groot omkeer ten opsigte van homoseksualiteit wat NOG verder gevoer word in 2005 (dit word baie duidelik uiteengesit in die boek “Die Trojaanse Pers in die NG Kerk” – sien www.glodiebybel.co.za).
As mens dus so terugkyk na die eierdansies wat die AS deur die jare oor homoseksualiteit gemaak het, is dit nie verbasend dat hulle hul nou in ’n hoek vasgeverf vind nie en baie kritiek en spot op die hals gehaal het nie (sien kommentaar op die berigte oral).
Dit kon SO anders gewees het, as hulle maar net by die Skrif gebly het!
 
Matt Heyns
2011-12-02
1. The Christ and the Buddha are the same concepts within spirituality.
2. It is not a person but a State to which you aspire in your spiritual growth.
3. It is not about worshipping the Christ but becoming a Christ.
4. Things went wrong when Christian fundamentalists stopped reading the narratives as mythology.
5. That was a positivistic slip that mankind is paying for today!
 
[Herman Toerien]
2011-12-02
Johann
Ek wil hou by my geskrewe onderneming hieronder om af te sluit. Dié kwessies is al voorheen op die forum bespreek. Ek stel dus voor jy neem die kwessies met Rev.Coetzee op veral mbt hoe Christene die ewige lewe ervaar teenoor die ou-testamentiese begrip van dae wat verleng sal mword. Ek het aanvaar jy sou onthou dat ek dié bespreking in die kontekas van metaforiese verstaan gevoer het. NetBible, terloops, het ook ’n sterk fundamentalistiese inslag – dit aanvaar bv dat die boek Daniël wel tydens die Babiloniese ballingskap afspeel anders as waarskynlik die meeste teoloë vandag wat dit as kodeskrif van die Makkabeërs beskou, en dit spartel nogal om die bespieders se verwysing na die afstammelinge van dieselfde mense wat in ’n wêreldwye vloed moes omgekom het te verklaar. Sy taaluitleg, bv om in gegewe tydstippe ook na die betenisse van Edomitiese en Moabietiese woorde soortgelyk as die Hebreeuse of Aramese teks te verwys is werklik baie verrykend. Die vertalers het nie ten doel gehad om oordele oor metaforiese of letterlike vertolkings te maak nie.
Johann, ek bedoel werklik nie om kortaf te wees nie – ek het Dinsdag ’n “prosedure” op my rug ondergaan en teen dié tyd is al die hoeke om voor die rekenaar te sit pynlik. My hoofrede is egter dat ons hier ’n tweegesprek voer oor ’n aspek wat al tevore volledig gedebatteer is, en wat nie by die webwerf se doel pas nie. Ek glo daar sal wel ander forums wees waar mense oor hierdie kwessie debat sal wil voer.
 
Johann Perkins
2011-12-02
@Herman, ek wens jou ’n spoedige beterskap toe, jy noem baie punte ,maar om jou versoek te respekteer net kortliks 3 punte, Metaforiese sondeval = metaforiese Verlossing, die kodeskrif idee was aanvanklik uitgedink deur ’n ateis, as jy meer info hieroor soek stuur ek met graagte aan, Rev. Coetsee ken hom glad nie, beslis nie my gemeente predikant nie.
 
Philip du Toit
2011-12-02
Vir Johann Basson, Gerhard Bothma en Ben du Toit
Is Matt Heyns se gelykstelling van “the Christ” en “Buddha” (as dieselfde konsepte in spirituralitiet) verteenwoordigend van julle standpunt? Is dit reg met julle dat ons die grense tussen Boedhhisme en Christenskap kan uitvee op hierdie diversiteitsforum?
Laat weet asb. Ons is almal steeds in die duister oor julle standpunt hieroor.
 
Henrietta Klaasing
2011-12-02
Ben ek wil sommer aansluit by Philip se vrae aan jou. Op 2011-12-01 het ek verwys na Neels Jackson se berig “NG Kerk laat ruimte vir botsende sienings oor duiwel” (Beeld, 13 Oktober) en jou latere protes oor wat in die berig staan. Ek herhaal uit my plasing: Ek sou baie graag van jou sélf wou hoor wat presies jou siening van die duiwel is – onder andere die deel in die Skrif waar Jesus in woestyn deur die duiwel versoek word.
 
Wynand
2011-12-02
Laurie
Dit is tyd om die waarheid te praat.
God verwag van meer “straight” mense om selibaat te wees as van gay mense. Die Bybel leer baie duidelik dat geen seks buite die huwelik (tussen man en vrou) aanvaarbaar is nie. Daar is baie meer enkellopende straight mense in die kerk wat selibaat is omdat God en die Kerk dit van hulle verwag as wat daar gay mense is. Ek persoonlik ken meer as tien mense wat al lank, sommiges dekades lank, selibaat is omdat hulle nie getroud is nie. En ek belowe jou, hulle is nie uit eie keuse enkel nie.
Indien ’n straight leraar van die kerk owerspel pleeg sal hy in sy amp gestuit word of selfs geskors word. Daar word dus geensins teen gays diskrimineer nie.
Ek was nog nooit betrokke in die spesifieke sonde van gay seks nie, maar ek was al by feitlike elke ander sonde in die boek betrokke. En ek kan jou verseker: Daar is ’n rede hoekom God sonde verbied. Sonde is sonde omdat dit destruktief is en die sondaar en sy slagoffers vernietig. Miskien moet mens wonder hoekom so baie mense wat in homoseks betrokke raak selfmoord pleeg, selfs in ons huidige kultuur waar gay-wees opgehemel word, en gays bewonder word vir hulle seksuele orientasie.
Wat jy in effek bepleit, Laurie, is dat daar teen straight mense gediskrimineer word: Dat straight leraars wat saambly buite die huwelik steeds gestraf moet word maar dat gay leraars ’n vrypas moet hê om ’n sonde wat duidelik deur God verwerp word te pleeg.
Dit is ’n verfoeilike leuen dat die kerk teen gay mense diskrimineer. Die kerk het opdrag van God om teen sonde te diskrimineer. Jy is ’n teoloog. Jy ken die verskil.
Mag jy Jesus se genade ervaar.
Wynand Louw
 
Stefaan de Jager
2011-12-02
@Henrietta: Dit is waar dat die kerk in hul besluite oor homoseksualiteit eierdansies uitvoer. Soos met die besluit oor die duiwel gaan dit maar ook oor homoseksualiteit. Die Sinode wil by die waarheid bly, maar om die mens ter wille te wees, maak die sinode ruimte vir die leun.
Met eierdanse verf jy jou op `n stadium in `n hoek toe soos jy tereg opmerk. Die laaste Alg Sinonde het besluit dat net die verbintenis tussen man en vrou as huwelik aanvaar word. Nou weet ek van `n kollega iewers in die Weskaap, wat die babatjie van twee gay “ouers” (hoe siek is dit nie) gedoop het. Hy doop die kind en hulle lê `n belofte af dat hulle die kind vir die Here sal grootmaak terwyl nie die kerk of die Here hierdie “huwelik” erken nie. Met sulke “ouers” het hierdie kind geen kans in die lewe om normal groot te word nie. Laat my dink aan iemand wat `n kar steel, by die huis kom, op sy knië gaan en die Here belowe dat hy mooi na die kar sal kyk.
 
Wynand
2011-12-02
‘n Pel van my sê, ek haal hom hier sonder sy toestemming aan:
Ek sou heel te vinde wees daarvoor dat heteroseksuele voornemende predikante ook ’n onderneming moet teken dat hulle selibaat moet bly tot hulle getroud is.
Met by gespesifiseer dat die huwelik slegs vir man en vrou bedoel is.
 
Stefaan de Jager
2011-12-02
DIVERSITEIT EN UITSLUITING:
Laurie Gaum vra in vandag se Burger die volgende vraag aan dr Braam Hanekom: “Behoort die NG Kerk deur die duur lesse wat ons geleer het as gevolg van die mense wat ons in die verlede (gedurende apartheid) uitgesluit het, nie méér te wil wees as net “in lyn” met (die meeste) ander hoofstroomkerke nie?”
Hoe op dees aarde wil Laurie Gaum apartheid en homoseksualiteit gelykstel? Apartheid het gegaan oor die sondige uitsluiting van mense wat bymekaar hoort terwyl hulle saam in Christus glo. By homoseksualiteit gaan dit oor die uitsluiting homoseksuele verhoudings (let wel ek bedoel nie mense wat gay is en hulle onthou van homoseksuele verhoudings nie), wat nie in die kerk tuishoort nie.
Ek sou eerder wou sê, dat soos die kerk in die verlede sonde gedoen het om uitmekaar te hou wat bymekaar hoort, moet ons nie nou dieselfde sonde doen deur mense bymekaar te forseer wat nie bymekaar hoort nie.
 
gerhard bothma
2011-12-02
Wynand en Stefaan,
Lees. Pause. Luister. Dink. En integreer voor jy weer sommer net begin skryf.
 
Wynand
2011-12-02
Stefaan
Ek kom al hoe meer onder die indruk hoe seksuele sonde in die Bybel dikwels in verband gebring word met dwaalleer.
Dit is asof jy ’n dwaler kan uitken aan die feit dat hy seksueel permissief is.
Daar is dus ’n direkte verband op spirituele vlak tussen die sinode besluit om die dwaling oor demone in die kerk toe te laat en die besluit dat mense maar mag saambly buite die huwelik. Die hele gayseks kwessie pas ook daarby in.
Dit is verblydend dat die gay meisie legitimasie geweier is, ons sal nou moet sien of die kerk voor die geweldige onvermydelike aanslag van die liberale mafia en propaganda masjien gaan staan of val.
Laurie is maar een ratjie in die masjien. Soos my kommunistiese (liberale)kamerade sou sê: ’n useful idiot.
 
Wynand
2011-12-02
Gerhard
Is jy ontsteld oor my ope brief aan Laurie?
Jy verwar my Gerhard, want jy sê goed soos “Dink voor jy skryf” maar jy sê nie WAT ek geskryf het waarmee jy ongelukkig is nie.
Ek word or die kole gehaal maar ek het geen idee waarvoor nie!
Dankie tog jy’s nie my pa nie – ek sou nie weet waar om my te draai nie.
 
Maxie
2011-12-02
Liewe Hetta – jy het darem ’n sterk geloof om te dink dat Ben du Toit of enige van die “postmortemniste” op hierdie Forum en in die NGK ’n reguit antwoord sal gee.
Hul sien ’n sin of ’n teks geskryf en sal jou oortuig dat wat jy daar lees is nie wat daar staan nie of beteken iets anders.
En dan het die AS ook nog die vermoë om ’n besluit so te skryf dat daar honderd vertolkings kan wees – amper soos uitkomsgerigte onderwys.
Hulle kan nie besluit wat` hul besluit het nie!
Daar is nie ’n manier wat mens die mense reg kan “interpreteer” nie!
Wynand – jy behoort te weet dat die Gaums & die Du Toits die kerkleierskap voorskryf wat om te doen. En dan vra die leierskap hoe hoog moet ons spring?
Mens kan maar altyd kyk as die
AS (weereens ) ’n akkomoderende besluit neem, is dit gewoonlik omdat heelwat van hul reeds daarby betrokke is soos die kapokhaantjie(teoloog???)Gaum en die dame ter sprake.
Heel waarskynlik is daar reeds ’n klomp proponente wat saamwoon – daarom dat hul so “sag” is op saamwoners.
Mens wonder wat is volgende op die lys?
Wynand, jy tree reg op ,maar in die Bybel staan op hoeveel plekke die mense wou nie na Jesus luister of Hom glo nie. So hul bloed is nie aan jou hande nie – die keuse is hulle syne.
Mag hul die waarskuwing ter harte neem en betyds tot besinning kom.
 
Wynand
2011-12-02
Gerrit Brand sê op DinkNet: ” As NG Kerk-lidmaat vind ek daardie beleid teologies ondeurdag. Sterker nog: ek vind dit skreiend dat medelidmate op so ’n hardvogtige, gevoellose en onmenslike manier behandel word, en dat hul waardigheid as mense wat in die beeld en gelykenis van God geskape is só gruwelik vertrap word.”
Vraag 1: IS GOD GOED?
Antwoord: Ek glo God is nie net goed nie, Hy is Absoluut GOED!
Vraag 2: WAT IS SONDE?
Antwoord: “Die liefde doen die naaste geen kwaad nie, daarom is die liefde die vervulling van die wet.” Sonde is dus PER BYBELSE DEFINISIE enigiets wat die naaste kwaad doen.
Vraag 3: WAT Sê GOD OOR GAY SEKS?
Antwoord: Dit is sonde.
Vraag 4: WAT BETEKEN DIT AS GOD Sê GAY SEKS IS SONDE?
Dit doen die naaste kwaad.
OK Hoe durf jy sê gay seks doen die naaste kwaad? Jou verfoeilike homofoob!
Vraag 5: As gay seks goed is, hoe durf God sê gay seks doen die naaste kwaad?
Antwoord: As gay seks goed is is God boos, want dan verbied hy gay seks. Hy wil gay mense dus met opset weerhou van geluk en vervulling!
AS GOD GOED IS, DOEN GAY SEKS DIE NAASTE KWAAD AAN, EN IS DUS BOOS, WANT GOD Sê DIT IS SONDE.
AS GAY SEKS GOED IS, IS GOD BOOS.
Vraag 6: As God wel goed is, en gay seks doen die naaste kwaad aan, is dit liefde om gay mense te bemagtig om hulle naaste kwaad aan te doen?
Dwelms is destruktief. Is dit liefde om dwelms aan ’n verslaafde te verskaf?
Hoe durf Gerrit Brand sê die kerk vertrap mense, as hulle die mense juis in liefde waarsku teen iets wat God sê destruktief is?
Gerrit, volgens jou is die God van Jesus BOOS. Jy beweer dat God gay seks tot sonde verklaar het om gay mense van geluk en vervulling te weerhou, terwyl die Bybel baie duidelik verklaar dat God sonde verbied omdat Hy ons lief het en teen die destruktiewe gevolge van sonde te beskerm.
HOE DURF JY! HOE DURF JY BEWEER JY GEE OM VIR GAY MENSE AS JY HULLE BEMAGTIG OM SONDE TE DOEN?
Of as jy glo gay seks doen nie die naaste kwaad aan nie HOE DURF JY DAN BEWEER JY IS ’n CHRIST?
Ware liefde beskerm mense teen sonde.
Gerrit brand, jy maak my naar.
 
Albert Cruywagen
2011-12-02
Gerhard, verander hierdie forum se naam na eenvormigheidsplatform en dan glip ons stilletjies weg na werklike diversiteit. – daar waar God se liefde werklik te revare is, waar God se genade werklik te bespeure is, waar God se grootheid raakgesien kan word, en waar daar minder verdoeming, verwerping, hardvogtigheid en “korrektheid” is! Dit sal soos die hemel wees, en nie soos die hel blaak van woede nie.
 
Hennie Mouton
2011-12-02
Gerhard Bothma, jy het ’n paar dae gelede die volgende aan my geskryf:
‘Hennie Mouton, Jou opmerking “Albert, Thomas van die Bybel het aanvanklik getwyfel, maar toe hy Jesus weer ontmoet het, het hy gesê: “My Here en my God”. Ek dink meeste op hierdie forum wil jou nie beskuldig, veroordeel ens. nie, maar hoop en bid dat jy (weer?) geloof in God en sy Seun Christus sal vind” (28/11/2011) is uiters onvanpas, onsensitief en ook arrogant en onchristelik.
Ons gesels hier oor diversiteit en wil diversiteit bevorder en jy kom en speel God deur ’n oordeel oor ’n ander se geloof te maak.
Jy gaan jou uitspraak nou seker eerder verdedig as wat jy om verskoning gaan vra? Of gaan jy die christelike weg volg en om verskoning vra?’
Albert het al soveel keer vrae op hierdie forum geïgnoreer, amper net soveel keer soos jy, en toe ook hierdie geleentheid om sy geloof in Christus as God en enigste Verlosser te bely nie gebruik nie, dat ek dink die waarskuwing aan hom is uiters gepas.
As hy hier so ’n belydenis kan maak, sal ek hom met graagte om verskoning vra.
Maar dit help nie dat hy soos vantevore net antwoord dat hy glo nie, of met een of ander volgende omseiling van die saak kom nie.
Die vraag is in wie of in wat hy glo.
Glo hy soos Matt Heyns?
Hier is nog ’n vraag aan jou Gerhard.
Sou jy oordeel dat ’n Moslem en Hindoe se geloof verkeerd is en hulle daarom deur Christene gewaarsku behoort te word (weliswaar op die beste moontlike manier) en die enigste ware evangelie aan hulle gebring behoort te word?
Maar verkieslik moet jy ook “lees, pause, dink en integreer” voor jy antwoord, siende jou stelling aan my hierbo.
 
Stefaan de Jager
2011-12-02
@Gerhard: Wat moet ek integreer voor ek sommer net begin skryf? Ek kan jou verseker dat ek elke woord deurdink het voor ek dit geskryf het. As ek eningiets geskryf het wat nie waar is nie of wat volgens jou aanvegbaar is, laat ons daaroor praat en laat hoor van jou. Moenie sulke goed sê wat in die lug hang nie. Dis eerder hoe die postmoderniste dit sou doen omdat hulle nie `n norm het van wat reg en wat verkeerd is nie.
 
Stefaan de Jager
2011-12-02
@Albert: Jy skryf aan Gerhard “Dit sal soos die hemel wees, en nie soos die hel blaak van woede nie”.
Dit begin my tog klink of jy glo daar is `n plek soos die hel waar verlore mense heen gaan?
 
Wynand
2011-12-02
Albert
Ek verwys jou weer na Galasier 3: 26
Almal wat in Chrsistus is is EEN.
Daar is absoluut geen behoefta aan een vormigheid nie, slegs eenheid in Christus.
God sê in die Bybel sonde maak mense seer.
Mense vertel mense dat sonde goed is omdat hulle mense kammakastig lief het.
Die mense wat sê hulle het mense lief, maar sê sonde is goed: Het iemand wat die sonde bemagtig regtig mense lief? Of verwerp hulle dié God wat sê sonde maak mense seer?
Albert, Jesus het vir vir die moordenaars, diewe, prostitute, en homoseksverslaafdes gesterf om hulle te verlos van die sondes wat hulle lewens vernietig.
Hoekom dink jy het die prostitute na Jesus gestroom? Omdat hy vir hulle ter wille van “diversiteit” en “liefde” as prostitute in sy groep te neem. Dink jy hulle het hulle prostitusie in Jesus se kamp beoefen?
Is dit waaroor jou diversiteit gaan, Albert?
Die prostitute en tollenaars het na Jesus GESTROOM omdat Hy hulle ’n uitweg gegee het! Hy het dit vir hulle moontlik gemaak om hulle destruktiewe leefwyses te STAAK en as nuwe mense te leef. MEnse wat spritueel, emosioneel en psigies genees is!
En vandag durf mense beweer hulle het mense lief as hulle vir hulle naaste sê daar is geen uitkoms uit die gedragspatrone wat hulle lewens vernietig nie???
Diversiteit? Om aan te hou sondig???
Die Jesus wat ék dien sê: “Ek veroordeel jou nie. Gaan en moenie meer sondig nie.”
Julle diversiteits “Jesus” sê: “Ek veroordeel jou nie. Jou sonde is fantasties. KOm pleeg dit in die kerk sodat die wereld kan sien ons is divers”
En so word menselewens verder vernietig, en die boodskap gaan uit dat God boos is omdat Sy wet daar is om mense van geluk en vervulling te vind.
Verskoon my Albert, ek is fisies naar. Ek moet gaan braak.
 
Wynand
2011-12-02
Jammer, die laaste sin moet lees:
En so word menselewens verder vernietig, en die boodskap gaan uit dat God boos is omdat Sy wet daar is om mense van geluk en vervulling te WEERHOU.
(Dit kom van briewe tik en op die telefoon praat gelyk)
 
Johann Basson en sy 3 woewies
2011-12-02
ALLES IN DIE KOP
Yorkie Heidi krap met haar regter agterhand agter haar linker oor en sê: “Eish, as ek so al die lesers se briewe in die koerante se briewekolomme en internetforums lees, dan raak ek vreeslik benoud net om te dink wat alles moontlik in Homo sapiens sapiens se koppe aangaan”.
“Maar Heidi”, antwoord Yorkie Klara, “Die ergste is om te besef dat ek en jy en Bussie en Johann geen Homo sapiens sapiens se motiewe in hul koppe kan lees nie!”
“Ja”, sug Yorkie Bussie, “En om te dink nie een van ons vier of enige Homo sapiens sapiens verstaan naastenby ten volle hoe werk die elektrisiteit en bedrading en biochemie en motiewe en kreatiwiteite en sondighede en kriminaliteite en naasteliefde en sekshormone daar in die kop nie. Ons weet net dit gons en is alles daar in die kop”.
Seg ek, Johann: ” My liewe woewies, as ek self nie eens naastenby verstaan hoe die biochemie en elektrisiteit in my eie kop werk nie, hoe op dees den aarde sal ek kan verstaan hoe werk anderssoortiges se koppe, veral as ek nie eens uitreik na hulle nie?”
Seg ek verder: “Kom, ek gaan maak vir julle lekker aandete terwyl die edelagbares en superkundiges en hooggeleerdes probeer uitwerk hoe ons vier se koppe werk, om nie te praat van al die anderssoortiges se koppe nie!”
Stefaan de Jager
2011-12-02
Gerrit Brand skryf op Dinknet dat die besluit om die gay teologiese student by Stellenbosch nie te legitimeer nie, neerkom op sonde en dat dit die Here hartseer maak. Op grond waarvan sou hy dit sê? Volgens die Skrif sou dit eerder sonde gewees het om haar wel te legitimeer.
Verder beweer hy dat die kuratorium nie die reg het om die universiteit teë te gaan nie. Hierdie argument gaan ook nie op nie. Die kerk moet waak teen suiwerheid van die lewenswandel van die geroepenes. Gestel `n heteroseksuele student sou openlik met sy meisie saamwoon en dus ook afgekeur word vir die bediening, is dit mos die kerk se verantwoordelikheid om nie so `n student in `n gemeente los te laat nie. Ja, selfs al sou dit ook `n cum laude student wees.
Dit bring my by sy siening dat heteroseksuele studente dan ook so `n verklaring om selibaat te bly behoort te onderteken. Klink my heeltemaal aanvaarbaar. Daar is die een verskil en dit is dat die heteroseksuele leraar selibaat bly tot hy/sy hul lewensmaat vind en dan trou. Die gay leraar sal ongelukkig nie by daardie punt uitkom nie. Homoseksualiteit is `n doodloopstraat. Die enigste opsie is dat so `n leraar sy/haar emosionele pyn na die Here neem. By God is genesing daarvan moontlik. Al sou daar nie genesing kom nie en hulle dan vir die res van hul lewe ongetroud bly, word dit hul doring in die vlees wat hulle van die Here afhanklik hou. Ons almal het dorings in die vlees wat ons van die Here afhanklik hou.
 
Anna Louw
2011-12-02
Stefaan
Baie dankie vir jou bydrae dat by Die Here Jesus is genesing ook vir die homoseksueel – hy het dan gekom om ons van ons sonde te verlos.
Daar is baie sulke voorbeelde ook in Suid – Afrika maar ons hoor net nie daarvan nie.
Dis doodreg dat teologiese mansstudente wat saam met hul meisies woon ( en omgekeerd ) ook so ’n verklaring behoort te onderteken.
Die kuratorium moet dan juis namens die kerk waak oor die sake en het die volste reg om die Universiteit teë te gaan.
Dit het waarskynlik tyd geword dat die behoudende NGK moet dink aan ’n eie Teologiese Skool waar opleiding geskied om mense geestelik te begelei ipv alle filosofiese bog.
Albert dit sal wonderlik wees as ons op hierdie Forum kon deel oor die uitdagings van Wêreldevangelisasie en Bybelverspreiding. Ons kan ook dink aan diegene – Christene wat vervolg word o.m. in Moslemlande.
 
Stefaan de Jager
2011-12-02
@Anna: `n Leraar wat jare onder die Indiërs gewerk het, het die opmerking gemaak dat toe die teologie `n vakwetenskap aan die universiteite geword het, het ons die deur oopgemaak vir allerlei dwalinge. Ek stem saam dat ons soos bv die AGS ons eie kweekskool het wat totaal los staan van die universiteit. Die Evangelie is nie `n vakwetenskap nie.
 
Herman Toerien
2011-12-03
@Johann
Jammer, ek was nie bewus Rev. Norman Coetzee is nou in Vanderbijlpark nie. Hy ken jou terloops.
Die gedagte aan metaforiese verstaan van dele van die Bybel kom BESLIS nie van ateïste nie. Onder die vroegste Christen-voorbeelde tel Augustinus, wat in die derde en vierde eeu nC geleef het. Thomas van Aquina, sowat ’n duisend jaar later, was nog ’n vroeë voorbeeld.
Trouens, die literatuur neem dit terug na sekere Joodse “skole” van Skrifgeleerdes, wat in die Christelike era voortgesit is.
’n Interessante opmerking wat dikwels voorkom is, en ek haal een aan: It is argued that the ‘metaphor’ groups tend to be more tolerant and sophisticated, as the metaphorical interpretation of the Bible leaves room for some flexibility in doctrine. (Uit: The Bible in Perspective). (Interessant dat verskeie bronne ook na die onverdraagsame karakter van fundamentalisme verwys as rede hoekom vorige bewegings in die vorige eeu in die stof gebyt het). En dankie Henrietta dat jy bewys dat dié stelling hierbo nie absoluut geld nie.
So ver ek uit die literatuur kan vasstel is die argument dat die metaforiese verstaan van dele van die Bybel deur ateïste begin is ’n latere skepping van diegene wat alles letterlik wil verstaan.
Omgekeerd is daar bronne wat die jong aarde kreasionisme se ontstaan terugvoer na so onlangs as vyftig jaar gelede met die verskyning van The Genesis Flood. Voor dit, word aangevoer, was die gangbare kreasionisme die ou aarde kreasionisme (die enigste weergawe waarvan ek tot ’n paar jaar gelede van bewus was en die enigste weergawe wat ons in Admissie behandel het. (Ek dink dis meer akkuraat om na die boek as die geboorte van “creation science” te verwys. Die 7de Daagse Adventiste se aanhang van jong aarde kreasionisme is immers ’n bietjie ouer, en verder terug was daar die denkskole van die sg Neptuniste en Plutoniste.
Kortom, ek is al ’n paar keer gevra om “wetenskaplike bewyse” te gaan lees om my idees verkeerd te bewys en as ek die skakel volg, kom ek maar weer by “creation science”-webwerwe uit. Met min moeite kry mens dan weer hordes bronne wat daardie “wetenskaplikes” en dissidente-wetenskaplikes se idees nie net verwerp nie, maar verkeerd bewys, en is ek terug waar ek was.
By geleentheid het ene John my oor die verstaan van die woord “Yom” met ’n spesifieke bron gekonfronteer (lang deel aangehaal). Met min moeite stel ek vas daardie einste bron is tien jaar tevore deur ’n regte kundige onomstootlik verkeerd bewys. Die Mt st Helens lawatoets het dieselfde pad gevolg – waar trouens doelbewus ’n argontoets aangevra is om bedrog te pleeg omdat die argontoets net op stollings ouer as 2 miljoen jaar werk, en die ou wat die toets laat doen het geweet het sy lawa is “vars” en sou dus ’n foutiewe lesing kry. Nogtans word dié bedrog steeds as “bewys” gebruik.
Hierdie “debatte” is al voos elders gevoer, maar word uit verband bygesleep as ’n mens ’n bydrae maak wat niks daarmee te make het nie.
Dr. Ben het dit onlangs weer gestel dat die doel van hierdie forum beslis nie is om mekaar verdag te maak nie. Hierdie tweegesprek op ’n ontoepaslike forum het begin toe ek Anna se vraag of net teoloë Bybeltekste mag uitlê op ’n gebalanseerde wyse probeer antwoord het, omdat niemand anders blykbaar die vraag wou beantwoord word nie. En kyk waar draai dit op ’n forum waar ons beide gaste is.
En as gaste hulle nie kan gedra nie, moet hulle hul verskoon. Ek neem dus nie weer aan dié tweegesprek deel nie.
 
Johann Perkins
2011-12-03
@Herman dit bleik dat jy besig is om my woorde te verdraai. Ek is ’n baie sterk voorstaander dat die historiese gedeeltes in die Bybel histories gelees word, dat die metaforiese gedeeltes metafories gelees word en dat die poëtiese gedeeltes poëties gelees word. Ek het beslis nie gesê dat alle metaforiese gedeeltes in die Bybel deur Ateïste geskryf is nie, en ek haal my self aan “…..die kode skrif idee was aanvanklik uitgedink deur ’n ateïs” . Ek het hier na jou opmerking verwys en ek haal jou aan ”…dit aanvaar bv dat die boek Daniël wel tydens die Babiloniese ballingskap afspeel anders as waarskynlik die meeste teoloë vandag wat dit as KODE SKRIF van die Makkabeërs beskou”
In ieder geval wat sê die Woord van God rondom die skrywer van die boek Daniël. Ek stel voor jy lees Daniël 7:1; 7:28; 8:1; 9:2; 10:2; en 12:5 en jy sal sien daar word direk na Daniël verwys. Selfs in Matteus 24:15 verwys Jesus self na die woord wat deur die profeet Daniël gespreek is. Dit was eers in die derde eeu wat die boek Daniël bevraagteken was deur ’n Griekse Neo-platonis wat onder andere ’n hele volume geskryf het met die titel:”Against the Christians, attacking the evidences of Christianity”.
Herman jy het ook die opmerking gemaak dat die forum nie die platform is om die Evolusie/Skeppings debat te voer nie, tog is jy die een wat kort kort na Jong Aardse Kreasionisme verwys? Dit terwyl ek nog net die Bybel aangehaal het en nie eenkeer na enige “Creation Science” verwys of dit as bewys vir enige van my standpunte gebruik het nie. Ook nie alle ander bronne wat teenstrydig is met jou verstaan kom vanuit “Creation Science” studies of artikels nie. Ek kry die idee dat jy jouself die alleenreg tot akkurate en aanvaarbare verwysings toe-eien.
Ek het aan jou die uitdaging gestel en dit was ook waaroor die “aanvanklike skrywes” gegaan het om Teologies vir my die Sondeval vanuit ’n Teistiese Evolusionistiese perspektief te bewys. Iets wat jy duidelik moeilik vind om te doen, daarom die rede vir al die ander insette soos bv. Die boek Daniël en die kode skrif!
Jy verwys ook op ’n stadium na die ou Testamentiese verstaan van die Ewige lewe, as jy my skrywe gelees het sal jy sien 90% van my die bewyse kom vanuit die Nuwe Testament. Die uitdaging staan dus nog steeds en ek is nog nie in die minste oortuig nie!
Ek wil ook voorstel dat jy liewer die opmerking rondom Creation science en bedrog van die tafel af vee, want ek sal die Diversiteits Forum die hele naweek besig hou met honderde bewyse van bedrog binne die Evolusie Teorie. “So let’s not go there!”
 
Herman Toerien
2011-12-03
Ag nee Johann – gaan net bietjie terug en kyk wie het voor my na evolusie verwys: Jy.
Net terloops, gaan lees bietjie die appokriewe boeke wat na dieselfde tyd as Daniël verwys, en wat ongetwyfeld Makkabese kodeskrifte was. En hoe die boek Daniël amper daarom ook nie die Bybel gehaal het nie. Niks met ateïsme te doen nie.
Natuurlik was daar bedrog rondom evolusie. Gewoonlik is dit deur evolusioniste self uitgewys omdat die “vondse” nie in die prentjie ingepas het nie, bv die Britse gruisgroefskedel.
 
Hennie Mouton
2011-12-03
Hierdie opmerking van Herman Toerien “Die Mt st Helens lawatoets het dieselfde pad gevolg – waar trouens doelbewus ’n argontoets aangevra is om bedrog te pleeg omdat die argontoets net op stollings ouer as 2 miljoen jaar werk, en die ou wat die toets laat doen het geweet het sy lawa is “vars” en sou dus ’n foutiewe lesing kry. Nogtans word dié bedrog steeds as “bewys” gebruik.” is nie net ’n totale wanvoorstelling van wat werklik gebeur het nie, maar dit wys dat hy skynbaar nog steeds nie die argument verstaan nie.
Ek stem saam met Johann Perkins – Herman probeer homself ewe vroom verontskuldig van skepping/evolusie op hierdie forum te bespreek, maar dis hy wat sulke uitlatings soos hierbo genoem hier maak!
 
Stefaan de Jager
2011-12-03
@Hermann Toerien: Het jy nie gesê dat jy jou verder van die tweegesprek oor evolusie gaan onttrek nie? Nou antwoord jy weer vir Johann. Hou nou jou woord man.
 
Johann Perkins
2011-12-03
Herman ek sal nie ontken dat ek die eerste persoon is wat die woorde Evolusie/Skepping gebruik het nie, maar jy sal ook lees in dieselfde skrywes het op meer as een keer dit gestel dat ek dit slegs as voorbeeld gebruik en dat ek nie die Evolusie debat hier wil open nie ek verwys bv. na my skrywe van 2011-11-29 en 2011-11-30.
Jy het egter op verskeie gekere geskrywe dat dit jou finale opmerkings sal wees rondom die onderwerp, en steeds is dit einde niet.
Ek wil jou dan graag ook sommer aan Artikel 6 van die NGB wil herinner rondom jou opmerking oor die Apokriewe boeke. As ek reg kan onthou behoort jy aan die NHK? Ek is dus nie seker of die NGB deel van julle Reformatoriese Belydenisskrifte vorme nie?
Artikel 6:ONDERSKEID TUSSEN DIE KANONIEKE EN APOKRIEWE BOEKE
Hulle het egter geensins sodanige krag of gesag dat iemand deur hulle getuienis enigiets van die geloof of van die Christelike godsdiens sou kan bevestig nie. Hulle mag nie in die minste aan die gesag van ander, die heilige boeke, afbreuk doen nie.
Jou opmerking rondom die Evolusie bedrog wat self deur Evolusioniste uitgewys word is om die minste se lagwekkend. Daar is verskeie reeds bewysde evolusie-bedrog wat tot vandag toe nog in handboeke op skole en in Universiteite as die waarheid voorgehou word.
 
gerhard bothma
2011-12-03
Albert, ons kommissie se werksaamheid is sedert die Algemene Sinode se sitting nou op menswaardigheid gefokus. Sover ek weet sal die forum se naam ná die vrystelling van die notule en eerste rondte vergaderings verander.
Om diversiteit betekenisvol te kan bestuur is dit nodig dat ons as mense waardig optree en dat ons ander mense met waardigheid behandel.
Hopelik sal van die bydraers hier ophou vashaak by ‘ontken diversiteit of staan dit teen’ tot by die bestuur van diversiteit groei sodat ons aan menswaardigheid kan aandag gee. Christus is ons mos altyd ’n aantal treë voor, maar nie almal van ons sing saam “Jesus, U gaan voor -/ ons volg in u spoor / ook waar niemand dit wil waag nie / waar niks anders ooit sal slaag nie / …” (LB 505:4) nie. Te veel Christene haak by die tweede strofe vas: “Ons wil soms bly staan / as U voorwaarts gaan”, lyk dit my.
 
Johann Basson
2011-12-03
‘N OPE BRIEF AAN MY YORKIES
My liewe drie Yorkies,
Waarop moet ons vier nou weer op hierdie D-I-V-E-R-S-I-T-E-I-T-Sforum fokus en fokus en fokus?
Liefde groete,
Vlakvark Johann
 
Stefaan de Jager
2011-12-03
Gerhard, dis so `n voorreg om Jesus in Sy spoor te volg waar niks anders tog sal slaag nie.
 
Johann Perkins
2011-12-03
@ Herman, om terug te kom na die boek van Daniël. Ek sal graag weer na die volgende wil verwys veral a.g.v die volgende opmerking wat jy gemaak het en ek haal aan:”Net terloops, gaan lees bietjie die Apokriewe boeke wat na dieselfde tyd as Daniël verwys, en wat ongetwyfeld Makkabese kode-skrifte was. En hoe die boek Daniël amper daarom ook nie die Bybel gehaal het nie. Niks met ateïsme te doen nie.”
Nou ek het reeds vir jou bewyse vanuit die boek Daniël self, asook uit die boek Matteus en die NGB gegee oor die outoriteit van die Boek Daniël. Ek het egter ook vir jou bewys dat dit ’n Neo-platonistiese student van Plotinus was wat aanvanklik die eerste vraagteken rondom die boek Daniël geopper het. Vandaar my opermking oor die Ateïsme. Neoplatonisme is ’n filosofiese en godsdienstige sisteem wat ontwikkel is deur Plotinus en sy volgelinge. Hiermee ’n definisie vir Neoplatonisme:” a school of philosophy developed by Plotinus in Rome, based on a modified Platonism, and postulating a single source from which all forms of existence emanate and with which the soul seeks mystical union “
So wat glo persone wat Neoplatonisme aanhang: “Neoplatonism is a form of idealistic monism or theistic monism and combines elements of Polytheism, Neoplatonists believed human perfection and happiness were attainable in this world, without awaiting an afterlife. Perfection and happiness— seen as synonymous— could be achieved through philosophical contemplation.They did not believe in an independent existence of evil.” Nou ek weet nou nie van jou nie Herman, maar klink hierdie nie baie na New Age nie? Herken jy nie dalk selfs van die opmerkings wat alreeds op hierdie forum gemaak is nie vanuit die b.g aanhalings nie? Neoplatonsime stop egter nie net hier nie;” Neoplatonism may be described as a species of dynamic panentheism” Jy kan gerus gaan oplees oor die invloed van panenthesim op ’n geloof soos “Process Theology”.
Weerens sal jy baie van die “nuwe gedagtes” waarvan ons hier op die forum lees daar herken.
Jy is in een opsig korrek Herman en dit is dat ek die woord Ateïs verkeerdelik gebruik het, per tegniese definisie was die aanvanklike ideë van Daniël as Kode-skrif nie Ateïsties van aard nie, as ek so na die getuienis hierbo kyk was dit sommer “plain” Satanisties van aard!
 
Hennie Mouton
2011-12-03
Terwyl Gerhard hieronder nou ’n onderskeid probeer maak tussen mense wat in Jesus se spoor volg (die onbegrensde diversiteitsaanhangers) en die res, moet ek hom op die volgende wys. Ek is baie seker dat Jesus nooit die volgende sou sê wat Gerhard Bothma op 2010-07-06 op hierdie forum geskryf het nie, selfs nie in ’n stel van ’n karikatuur as ’n verskoning nie. Daarvoor was respek vir sy hemelse Vader en die voorbeeld wat Hy daaroor vir ons gestel het, ver te groot:
‘Wanneer ons “die versoening aanvaar” – as deel van ons reaksie daarop – doen ons dit nie om verlos te word nie. In die praktyk beteken dit dat mense kan ophou om hulle te verknies oor God se houding jeens hulle. Hulle hoef nie asof met ’n blommetjie te sit en blaartjies uittrek terwyl hulle sê “He loves me … He loves me not … He loves me … He loves me not …” nie. Hulle kan hulle energie aanwend om – soos Jesus die hongeres te voed, blindes en lammes by te staan en gevangenes te besoek. Daar is fricken baie werk wat gedoen moet word. Is die eksterne motivering wat die Kerk dikwels aan mense voorhou (“As jy nou mooi nice is teenoor God en sy geskenkie vat, gaan Hy nie sy moer strip, ’n tantrum gooi en jou hel toe stuur nie” – ek stel hier doelbewustelik ’n karikatuur om die absurditeit van dié verlossingsmodel te illustreer) nie een van die redes waarom mense nie volhoubaar “goeie werke” verrig nie? ’n Innerlike motivering – soos byvoorbeeld dankbaarheid vir die versoening/ verlossing/genade/liefde/gawes/… – behoort mense myns insiens baie verder te bring. In die paradigma van hierdie perikoop is God se versoening met mense – en nie sonde, die hel of enigiets anders nie – die gelowiges se motiveringsbron.’
Gerhard het nou nog nie verskoning gevra vir hierdie skreiende skrywe van hom nie.
 
Wynand
2011-12-04
Gehard
Jy sê: “Albert, ons kommissie se werksaamheid is sedert die Algemene Sinode se sitting nou op menswaardigheid gefokus.”
Ek wil graag vir die soveelste keer noem dat die kwessie van “diversiteit” wat om menswaardigheid gefokus is onnodig om te bespreek omdat die Bybel ondubbelsinnig is daaroor. Maak nie saak wie jy is, wat jy is, wat jy gedoen het nie, wat jou geslag, ras, seksuele orientasie of watookal is nie nie, almal is een –
IN CHRISTUS
Die probleem is wat julle doen is om die “IN CHRISTUS” uit die Bybel te vee. (Dit blyk uit so baie goed wat julle hier sê, maar as ek verkeerd is – stel my asb reg en sê ook hoekom ek verkeerd is)
Dit beteken: Dwaalleeraars kan aanhou dwaalleer pleeg, en is welkom in die kerk. Owerspelers kan aanhou owerspel pleeg, en is welkom in die kerk. (Sien die sondebesluit oor saambly) Homoseksverslaafdes kan aanhou homoseks pleeg, en is welkom in die kerk. (Sien Laurie Gaum se onlangse brief in dei pers)
Dit het absoluut niks met diversiteit uit te waai nie. DIt het alles uit te waai met die vernietiging van die Evangelie wat leer dat God ons verander deur Sy Gees en Sy genade sodat ons as nuwe, geneesde mense die lewe in volheid kan hê.
Wat julle leer is dat dit onmoontlik is vir God om mense te verander. Ons is dus gedoem om verslaaf te bly aan die gedragspatrone wat onsself en die mense naaste aan ons vernietig.
Wat ’n bose, hoop lose teologie.
Soos ek sê, Gerhard, as ek verkeerd is, vertel my dan waarom dwaalleer skielik aanvaarbaar is in dei kerk, waarom saambly skielik aanvaarbaar is in die kerk, en waarom gay mense moet voortgaan met homoseks terwyl God sê dit is vernietigend.
 
Wynand
2011-12-04
Oor die metaforiese verstaan van die Bybel.
Die probleem is nie dat die Emergents die Bybel metafories interpreteer nie. Soos iemand hieronder opgemerk het daar is metaforiese dele van dei Bybel wat so verstaan MOET word.
Die probleem is dat hulle die outeurskap van die Heilige Gees ontken, en die leer dat die Heilige Gees die Bybel inspireer het millitant aanval om dit te probeer vernietig.
Ek verwys jou na hierdie ongelowige anti-Christelike werknemer van die teologie departement by Tukkies se virulente, agressiewe aanval op die openbaringsgrondslag van die Bybel.
Ek haar aan uit Gerda de Villiers se onlangese resensie van Johan Janse van Rensburge se boek:
“Meer ontstellend is egter Janse van Rensburg se vermoë om Jesus wel in die Ou Testament te vind! Op bladsy 28 skryf hy: ‘Jesus is die vervulling van die profesie van Psalm 118:22.’ Die uiters problematiese teks in Job 19:25 is ’n bewys van geloofsekerheid in Jesus Christus (p 36). Jesaja 40:3-5 se profesie het betrekking op Johannes die Doper (p 37), en op bladsy 38 is die wondergenesings in Matteus 11:5 die vervulling van Jesaja se beloftes (28:18-19; 35:5-6; 61:1-2). So wil Jesus vir Johannes die Doper wys dat die beloftes van profete in Hom vervul is. Hierdie teologie is hopeloos verouder, en totaal onwetenskaplik. Jesus word nêrens in die Ou Testament voorspel nie, en al is Janse van Rensburg nie ’n Ou Testamentikus nie, behoort hy as ’n professor in teologie ten minste hiervan bewus te wees!”
Omdat emergents ’n mistiese godsdiens aanhang (die doel is om te ontdek jy is homo christos) kan hulle nie aanvaar dat die Bybel Goddelik inspireer is nie. DIe Bybel is dus mites soos die Uphanishads en die Sumeriese geskrifte. Die Bybel is dus volgens hulle ’n toorboek om te gebruik om mistiese ervarings te produseer, soos musiek, kerse, wierook, die chant van mantras ens.
Die Bybel is die enigste godsdiensboek in die wereld wat verifieerbare historiese feite bevat, en die emergents doen alles in hulle vermoe om dit te vernietig.
AS die Bybel mites is soos Baghavat Ghita, is alle godsdienste mos reg?
Een wereldgodsdiens, aanbidding van die dier, hier kom ons met ’n stink spoed.
 
gerhard bothma
2011-12-04
Waarop fokus jy: op God of op mense?
Waarvoor moet ek om verskoning vra, Hennie (Hennie Mouton 03/12/2011)? Ek het die stuk wat jy soos ’n ou koei uit ’n sloot gaan grawe geskryf as deel van ’n gesprek waarbinne die konteks daarvan die intensie daarmee duidelik maak. Uit jou plasing lei ek af dat jy nog steeds nie hieroor herbesin het sedert julle dit in julle “Trojaanse Perd” misbruik het nie? ’n Wenk: ek wou uitwys hoe skreiend die persone wat destyds saamgesels het se degradering van God se versoening in Christus is en hoe humanisties h/julle in h/julle godsdiens is: God kan sy versoening maar aanbied … as mense dit nie aanvaar nie is Hy magteloos. Julle verhef dus die mens se keuse bo God en sy werksaamheid in en deur ons.
 
gerhard bothma
2011-12-04
VOLG CHRISTUS OOR GRENSE HEEN
Wynand (04/12/2011), jy maak ’n totale wanvoorstelling van standpunte en dan skiet jy dít af. Dis juis die ín Christus wat ons as diverse gemeenskap van gelowiges laat hande vat. Uit jou (en ’n aantal ander se) skrywes lei ek af dat julle wil hê dat Christus júlle moet vashou, maar dié wie se hande julle nie wil vashou nie, moet laat los. Jy maak geen enkele positiewe bydrae tot die bestuur van diversiteit nie, maar soek telkens iets in iemand se bydraes uit en probeer dit dan aan flarde skeur. Jy veralgemeen en veroordeel almal wat ’n ander standpunt as jy oor iets het. As voorbeeld: Jy verwys na die gerespekteerde en hoog aangeskrewe ou-Testamentikus en teoloog, dr Gerda de Villiers, as “ongelowige anti-Christelike werknemer van die teologie departement by Tukkies.” Hoe bevorder jy hierdeur die bestuur van diversiteit? Hoe is dit menswardige optrede? Nog ’n voorbeeld: jy verwys gedurig na “Emergents” en foeter hulle dan met jou woordsambok. Net soos wat ons in die NG Kerk deel van die “gereformeerde christendom” is, is daar christene wat huidig as “emerging christians” (die sogenaamde ‘ontluikende christendom’) getipeer word. Dit is so omdat dit ’n tendens onder christene is wat nog nie finaal beskryf of “ge-etiketeer” kan word nie omdat hierdie stroom binne die christelike tradisie nog jonk is en uit baie eksponente bestaan. Jou verwysing na hierdie sambreelterm laat jou onkunde en veroordelende geaardheid blyk eerder as dat dit werklik ’n skaduwee oor ons broers en susters wat ánders as ons na ons “basisdokument”, ons “rigsnoer”, ons “heilige tekste” kyk. Ons kan alreeds baie by die ontluikende christendom leer.
Jou aantyging dat die NG Kerk sê “Dwaalleeraars kan aanhou dwaalleer pleeg, en is welkom in die kerk. Owerspelers kan aanhou owerspel pleeg, en is welkom in die kerk en Homoseksverslaafdes kan aanhou homoseks pleeg, en is welkom in die kerk”, en “Dit het absoluut niks met diversiteit uit te waai nie. DIt het alles uit te waai met die vernietiging van die Evangelie wat leer dat God ons verander deur Sy Gees en Sy genade sodat ons as nuwe, geneesde mense die lewe in volheid kan hê”, is nie net heeltemal misplaas nie, maar ook ’n growwe wanvoorstelling van ons kerk se besluite en die intensie van ons forum.
Mense wil dikwels bly staan wanneer Jesus vorentoe gaan. Ten spyte van al die kritiek, aanvalle en pogings om ons van stryk te bring, glo ons – soos Stefaans sê – “dis so ’n voorreg om Jesus in Sy spoor te volg waar niks anders tog sal slaag nie.” Waarom volg jy nie maar saam met ons in sy spoor nie? Ons wil die Evangelie nie vernietig nie, maar oor grense heen in elke hoekie in en om elke draai neem. Te veel mense het nog nie van God en sy liefde en genade gehoor nie. Te veel mense sit met verdraaide opvattings hieroor. Ons het werk om te doen. Help ons eerder om te vorder as om te byt, te vertrap en te verskeur, asseblief.
 
Johann Perkins
2011-12-04
@Gerhard, beste Gerhard ek het iets op die hart en julle mag my vrae dalk verkeerd interpreteer, maar ek voel dit is iets wat ek moet vra.
U stel aan Wynand die volgende vraag:”Waarom volg jy nie maar saam met ons in sy spoor nie? “
1)Wie is die ONS waarna u in die b.g. vraag verwys?
2)U maak dan die volgende stelling;”Ons wil die Evangelie nie vernietig nie, maar oor grense heen in elke hoekie in en om elke draai neem”
Die Evangelie waarna u hier verwys is dit dieselfde Evangelie as wat ons in Johannes 3: 1-36 kry?
3)My laaste vraag het betrekking tot die stelling/vraag :”Waarom volg jy nie maar saam met ons in sy spoor nie?”
Ek neem aan die “sy” waarna u in die vraag verwys is Jesus, hoe seker is u dat dit in Jesus se spoor is wat u/julle volg?
 
Wynand
2011-12-04
Gerhard
Jy sê: “As voorbeeld: Jy verwys na die gerespekteerde en hoog aangeskrewe ou-Testamentikus en teoloog, dr Gerda de Villiers…”
Sy sê: “Hierdie teologie is hopeloos verouder, en totaal onwetenskaplik. Jesus word nêrens in die Ou Testament voorspel nie, en al is Janse van Rensburg nie ’n Ou Testamentikus nie, behoort hy as ’n professor in teologie ten minste hiervan bewus te wees!”
Die Bybel (Jesus self) sê Jesus word voorspel in die Ou Testament. (Kyk na die versies hieronder)
Gerhard. Stem jy saam met die “hoog aangeskrewe antichristelike ou-Testamentikus dat Jesus psigoties was toe Hy beweer het die Ou Testament getuig van Hom, en dat Paulus onder ’n waan verkeer het dat die Ou Testament Jesus voorspel?
De Villiers se aanval op Jesus se evangelie (teenoor Johan Janse van Rensburg) is so ooglopend agressief. In die lig van die getuienis hieronder, is daar enige ander beskrywing vir haar tirade as antichristelik?
Wees versigtig Gerhard: Want as jy aanhou beweer de Villiers is gerespekteerd en hoog aangeskrewe moet ons aanneem jy onderskryf haar verwerping van die Bybel as Woord van God.
GERHARD, EK VERSOEK JOU OM REGUIT TE ANTWOORD. AANVAAR JY DAT GOD DIE BYBEL INSPIREER HET EN DAT JESUS DIE WAARHEID GEPRAAT HET TOE HY GESê HET DIE OUTESTAMENT HET HOM VOORSPEL, OF VERWERP JY DIE BYBEL?
Ek dink jy is ’n antwoord aan die forum, die kerk en jou gemeente in Bendorpark verskuldig:
Stem jy saam met de Villiers en verwerp jy die dus Bybel as Godsgeïnspireede skrif, of is jy bereid om hier in die openbaar te verklaar dat haar skrifbeskouing direk indruis teen Christus se eksplisiete lering, en dus antichristelik is?
Wees ’n man Gerhard. Dit is tyd dat ons weet wat jy glo.
Christene is aan die brandstapel verbrand omdat hulle bereid is om te se wat hulle glo. Moenie hulle nagedagtenis oneer aandoen nie.
Matthew 26:53-55
New International Version 1984 (NIV1984)
53 Do you think I cannot call on my Father, and he will at once put at my disposal more than twelve legions of angels? 54 But how then would the Scriptures be fulfilled that say it must happen in this way?”
Luke 24:26-28
New International Version 1984 (NIV1984)
26 Did not the Christ[a] have to suffer these things and then enter his glory?” 27 And beginning with Moses and all the Prophets, he explained to them what was said in all the Scriptures concerning himself.
Luke 24:44-46
New International Version 1984 (NIV1984)
44 He said to them, “This is what I told you while I was still with you: Everything must be fulfilled that is written about me in the Law of Moses, the Prophets and the Psalms.”
45 Then he opened their minds so they could understand the Scriptures. 46 He told them, “This is what is written: The Christ will suffer and rise from the dead on the third day,
John 5:38-40
New International Version 1984 (NIV1984)
38 nor does his word dwell in you, for you do not believe the one he sent. 39 You diligently study[a] the Scriptures because you think that by them you possess eternal life. These are the Scriptures that testify about me, 40 yet you refuse to come to me to have life.
Acts 17
In Thessalonica
1 When they had passed through Amphipolis and Apollonia, they came to Thessalonica, where there was a Jewish synagogue. 2 As his custom was, Paul went into the synagogue, and on three Sabbath days he reasoned with them from the Scriptures, 3 explaining and proving that the Christ[a] had to suffer and rise from the dead. “This Jesus I am proclaiming to you is the Christ,[b]” he said.”
Acts 18:28
For he vigorously refuted the Jews in public debate, proving from the Scriptures that Jesus was the Christ.
Romans 1
1 Paul, a servant of Christ Jesus, called to be an apostle and set apart for the gospel of God— 2 the gospel he promised beforehand through his prophets in the Holy Scriptures 3 regarding his Son, who as to his human nature was a descendant of David,
1 Corinthians 15:3
For what I received I passed on to you as of first importance : that Christ died for our sins according to the Scriptures, that he was buried, that he was raised on the third day according to the Scriptures,
 
Thomas
2011-12-04
Gerhard, na aanleiding van jou geskrif onder, “VOLG CHRISTUS OOR GRENSE HEEN”, die volgende twee vrae ter verheldering van wat jy beweer en wat maklik anders vertolk kan word:
1. Jy sê: “Ons kan alreeds baie by die ontluikende christendom (met klein letter gespel! Is dit ’n aanduiding van iets spesifieks?) leer.”
Noem asseblief enkele voorbeelde van wat ons by hulle kan leer.
2. Jy sê: “Mense wil dikwels bly staan wanneer Jesus vorentoe gaan” (oor grense heen volgens jou beredeneringslyn).
(a) Hoe beskryf jy dié Jesus wat vorentoe gaan en (b) verskaf asseblief enkele voorbeelde van wat jy verstaan onder Jesus se “vorentoe gaan”, sowel as die “grense” waaroor heen Hy beweeg en ons Hom “grensoorskrydend” moet volg.
Baie dankie.
 
Liza-Nel
2011-12-04
Gerhard miskien is dit tog raadsaam om soms wel te “wil bly staan” en te besin oor wie se spoor jy nou eintlik besig is om te volg…
Spoorsny, soos diegene sal weet wat baie met die natuur te doene het, is ’n fyn kuns van kyk en luister, dis nie sommer maar net spoor vat en daar gaan jy nie. Jy moet presies weet hoe die spoor lyk wat jy volg en ook presies weet wie se spoor dit is wat jy volg – is dit ’n bosbok, koedoe of dalk ’n eland s’n – die verkeerde keuse kan jou baie maklik op ’n dwaalspoor laat beland.
Met die vele interpretasies van wie Jesus nou eintlik sou wees raak die eintlike Bloedspoor soms baie vaag en uitgetrap om te volg. Dus moet jy oral fyn trap en versigtig sif – alle spore/weë lei jou nie noodwendig in die spore van Joh 14:6 se Jesus nie.
 
gerhard bothma
2011-12-04
Ai, Johann, Wynand en Thomas. Wanneer gaan julle net ’n bietjie luister en probeer hoor en verstaan voordat julle julle rekenaars se sleutelborde met julle vingers stromloop. En dis regtig nie nodig om te skree nie. Letters is geduldig.
Ja, Wynand, “Christene is aan die brandstapel verbrand omdat hulle bereid is om te se wat hulle glo.” En vandag word ons steeds verketter, verskree, verdag gemaak, beledig ensomeer – soos wat julle dikwels hier met my en ander christene doen. Maar ons sal nie stilbly nie. Ons die diversiteit wat God aan ons geskenk het eerbiedig, dit met respek bestuur en menswaardig met mense omgaan – of ons van mekaar verskil of nie. Onthou: dit was christene wat mede-christene op die brandstapel verbrand het. Die geskiedenis het baie van hulle wat verbrand is intussen as reg bewys. Jesus het juis gesê: “Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.
Geseënd is dié wat vervolg word omdat hulle doen wat reg is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel. “Geseënd is julle wanneer die mense julle ter wille van My beledig en vervolg en valslik al wat sleg is van julle sê” (Matt 5:9-12). Julle kan maar aanhou om die NG Kerk se pogings om die vrede wat God met ons gemaak het – en deur hierdie forum bevorder wil word – te versteur, ons sal aanhou om te doen wat in God se oë reg is. Julle kan aanhou om ons valslik sleg te sê, ons sal aanhou om te doen waartoe God ons geroep het.
Dis teen my beterwete in wat ek julle sal antwoord, want ek weet dat julle nie gaan luister nie, maar net iets soek waarop julle kan toeslaan. (1) Wanneer ek “ons” gebruik, sluit ek julle en almal wat hulleself as Christene beskou – en deur Christus as Sýne beskou word – in. (2) “Evangelie” is natuurlik daardie gedeelte ingesluit die goeie nuus (na die Griekese ‘euangellion’) oor Jesus, en die Evangelie soos wat Jesus dit verkondig het. (3) Ek volg natuurlik in Jesus se spoor, net soos wat ons kerk ook in sy spoor wil loop en daarom tot besluite kom langs die weg wat ons daartoe volg. En ek is seker dat ek dit doen, want dis my enigste hartsbegeerte, die rede waarom ek ’n loopbaan in die regte prysgegee het, teologie bestudeer en my vir God en sy koninkryk beywer. (4) Ek aanvaar nie net dat die tekste wat in die Bybel opgeneem is deur God geïnspireer is nie, maar gló dit. Daarom het ek dit as my lewenstaak aanvaar om dit te bestudeer, my lewe daaruit in te rig en daaruit te preek, te lei, te bemoedig, te werk. Jy versterk nie jou argumente deur geïsoleerde tekste in Engels aan te haal of te kopieer en plak nie. (5) Jou verwysings na Ou Testamentiese tekste uit Jesus se mond getuig teen jou dat jou kennis van die aard, herkoms en groei van die Bybel as teks(te) gebrekkig is. En waar kom jy aan die twak dat “Jesus psigoties was” en Paulus “onder ’n waan verkeer het”? (6) Oor die resensie van prof Janse van Rensburg se boek kan ek nie saampraat nie want ek het nie dít of die boek gelees nie. Ken jy dr Gerda de Villiers persoonlik, of val jy haar aan omdat jy nie hou van wat sy sê nie? Ek het reageer op hoe na haar verwys is. En dis onaanvaarbaar. Julle manier van na mense verwys is heeltemal teen die gees van ons forum in en julle word nou al baie lank getolereer. Sal ek in Wynand se trant sê: “Wees ’n man en tree op soos ’n gentleman?” (7) Jammer dat jy te na gekom voel omdat ek Christendom vroeër met ’n kleinletter gespel het, Thomas. Daar is heelwat wat ek al by hulle geleer het, maar jy sal weer – net soos enige ander persoon – weer iets anders leer. Twee voorbeelde: ek’t vroeër redelik maklik oor mense geoordeel en doen dit vandag nie meer so vinnig nie – daarom dat ek hierdie moeite doen om op ’n Sondagmiddag hierdie reaksie te tik – omdat ek by persone soos Len Sweet en Brian McLaren iets van Jesus raakgesien het wat ek nog nie vroeër tussen ons “eie Afrikaner-Christene” raakgesien het nie: onvoorwaardelike liefde vir God en mense en ’n bereidheid om te waag omdat hulle God volkome vertrou (en nie net om eendag hemel toe te gaan nie). By dié beweging het ek ook ’n herwaardering vir ons eie identiteit in Christus en ons tradisie gekry. (8) Jesus roep ons saam met Hom die toekoms binne en ons sien telkens in die evangelies dat hy sy dissipels vooruit iewers heen gaan. Hy stuur sy getroue volgelinge ook uit: “Gaan dan …” (Matt 28:19). ’n Christen se plek is – soos wat ek dit verstaan – nie binne ’n “gemaksone” of ’n “veilige boksie” nie, maar daar waar die nood en die seer en die vrae is: bý mense. Anders as die Fariseërs wat net oor tekste, sonde en ander dinge wat hulle met godsdiens in verband gebring het, gepraat het, en die Jode wat mense baie vinnig uitgeban het, het Jesus homself met mense bemoei en sy hande vuilgemaak om hulle te help (bv Joh 9). Dís wat ek bedoel met die navolg van Jesus oor grense heen. In baie dokumente van die NG Kerk en boeke wat al oor die oorsteek van grense geskryf is sal jy meer hieroor kan lees.
Dis julle elkeen se eie keuse of julle nou gaan soek na foute in dit wat ek geskryf het en of julle sáám met ons oor die bestuur van diversiteit en menswaardigheid gaan gesels.
 
Wynand
2011-12-04
Gerhard
Baie dankie vir jou persoonlike getuienis. Ek waardeer dit.
Jy sê:”(5) Jou verwysings na Ou Testamentiese tekste uit Jesus se mond getuig teen jou dat jou kennis van die aard, herkoms en groei van die Bybel as teks(te) gebrekkig is.”
Bedoel jy dus Jesus het NIE beweer die Ou Testment getuig van Hom nie? Ja of nee?
Jy sê: ” Ek het reageer op hoe na haar verwys is. En dis onaanvaarbaar. Julle manier van na mense verwys is heeltemal teen die gees van ons forum in en julle word nou al baie lank getolereer. Sal ek in Wynand se trant sê: “Wees ’n man en tree op soos ’n gentleman?””
Gerhard: Wat sy sê in haar resensie van Johan se boek is 1) ’n Direkte weerspreking van Christus se woorde, en dus ANTI -Christelik. en (2) getuig van ongeloof dat die Bybel deur God geïnspireer is.
My beskrywing van haar as ongelowig en antichristelik is dus feitelik korrek.
Ek sal dit waardeer as jy kan verduidelik hoe (1) sy nie Jesus weerspreek nie, en (2)geloof in die Bybel of Jesus van die Bybel kan hê as sy die Goddelike inspirasie van die Ou Testament verwerp.
Jy sê: “is julle elkeen se eie keuse of julle nou gaan soek na foute in dit wat ek geskryf het en of julle sáám met ons oor die bestuur van diversiteit en menswaardigheid gaan gesels.”
En ek herhaal vir die soveelste keer: Daar is geen kwessie omtrent diversiteit IN CHRISTUS nie. Dit gaaan my verstand te bowe dat mense dit nie kan verstaan nie. Almal is een wat IN CHRISTUS is! Wat meer moet ons sê??
Wil jy hê ons moet begin praat of oor swart mense of vrouens of gays ook Christene kan wees? Is dit waaroor jy wil hê die forum moet gaan?
Die Bybel is baie duidelik: ALMAL het gesondig, ALMAL is oppad hel toe, tensy hulle gered word. DIE wat gered word is IN CHRISTUS. Die BEWYS dat iemand IN CHRISTUS is is sy vrugte wat hy dra: Hy is dus nie meer RASSISTIES, SEKSISTIES, OWERSPELIG, ’n DWAALLERAAR, verslaaf aan homoseks ensovoorts nie.
OMDAT die Heilige Gees die wat IN CHRISTUS is verander om HEILIG te leef!
Wat meer is daar om te sê oor diversiteit?
Die vraag is: As iemand soos Gerda de Villiers die Goddelike openbaring van die Bybel verwerp, is sy IN CHRISTUS?
Ek dink die Bybel se antwoord is ’n dawerende NEE.
 
Wynand
2011-12-04
AFR 33/53:
39 Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle meen dat julle daarin die ewige lewe het; en tdit is dié wat van My getuig.
40 En tjulle wil nie na My kom om die lewe te hê nie.
AFR 83:
39 Julle ondersoek die Skrif, omdat julle dink dat julle die ewige lewe daarin kry. En dit is juis die Skrif wat oor My getuig. 40 Tog wil julle nie na My toe kom sodat julle die lewe kan kry nie.
NLV:
39 Julle bestudeer die Skrifte omdat julle meen dat julle daarin die ewige lewe sal kry. Dit is juis daardie Skrifte wat oor My getuig.
Staten Bijbel
39 Onderzoekt de Schriften; want gij meent in dezelve het eeuwige leven te hebben; en die zijn het, die van Mij getuigen. 40 En gij wilt tot Mij niet komen, opdat gij het leven moogt hebben.
NIV 84:
You diligently study the Scriptures because you think that by them you possess eternal life. These are the Scriptures that testify about me,
40 yet you refuse to come to me to have life.
KJV:
Search the scriptures; for in them ye think ye have eternal life: and they are they which testify of me.40 And ye will not come to me, that ye might have life.
 
Liza-Nel
2011-12-04
Maar ons weet en doen dit mos al vir baie lank…hoeveel welsyns- en barmhartigheidsorganisasies word nie alreeds deur die kerk geloods nie. En ja ek weet ons kan en moet nog meer, maar is ons nie besig om die wa voor die perde in te span nie? Wat van die mens se geestelike welsyn, behoort daaraan nie ook met net soveel ywer gewerk word nie? Van brood alleen kan ons tog nie leef nie… sosiale opoffering om euwels soos ongelykhede, diskriminasie, armoede, siektes en ongeletterdheid in ons verskeie gemeenskappe uit te skakel is beslis nodig, maar as dit nie met duidelike Bybels gefundeerde evangelisasie gepaard gaan nie, is die eindresultaat ’n moderne heidendom. En ek verstout my om te se dis hoe ek McLaren en kie se koninkrykshervorming verstaan – ’n humanistiese rasionalisering van God en sy Woord…
 
Liza-Nel
2011-12-04
Wynand was vinniger as ek…my pos verwys na die laaste gedeelte van Gerhard se skrywe – ” …maar daar waar die nood en die seer en die vrae is: bý mense”
 
Johann Perkins
2011-12-04
Gerhard dit is jammer om te hoor dat u my en van die ander persone teenwoordig op die forum sien as ’n bedreiging. Wynand maak ’n baie geldige punt deur te vra waaroor julle eintlik wil hê die forum moet handel en ek haal Wynand aan:”Wil jy hê ons moet begin praat of oor swart mense of vrouens of gays ook Christene kan wees? Is dit waaroor jy wil hê die forum moet gaan?”
Ek dink nie enige van ons wil verhoed dat alle persone nie die geleentheid kry om Jesus in sy/haar hart in te neem nie. Dit beteken egter nie dat wanneer jy Jesus aangeneem het dit jou die reg gee om maar net aan te hou met dit wat verkeerd was nie. Hier moet ek weer Wynand gelyk gee met sy stelling:”OMDAT die Heilige Gees die wat IN CHRISTUS is verander om HEILIG te leef!”
Nie een van ons op die forum is sonder sonde nie – Joh 8:7 “Laat die een van julle wat ’n skoon gewete het, eerste ’n klip op haar gooi.”…..ons lees egter verder in dieselfde hoofstuk:“Gaan maar en moet van nou af nie meer sonde doen nie.” Beteken diversiteit dan dat ons die Evangelie aan mense verkondig, maar hulle nie waarsku dat die aanvaarding van die Evangelie ook beteken dat hulle hul lewens en hul lewenswyses moet verander nie?
Dit is egter nie waaroor hierdie Diversiteits forum gaan nie is dit? Want sou dit die geval wees, iscons “probleme en uitdagings” eintlik maar minimaal. Die gevaartekens skiet egter links en regs op, wanneer ons hoor en selfs op die einste forum lees dat mense Jesus nie meer as God erken nie, wanneer mense die Bybel en die integriteit van die Bybel begin bevraagteken, wanneer mense begin beweer dat Satan slegs ’n fabrisering van ons eie gewetens is, wanneer Jesus en afgode op dieselfde platform geplaas word, wanneer daar beweer word dat ons nie God moet dien maar dat ons ’n godheid in onsself is.
Julle kan “Diversiteit” soveel sowat julle wil, die feit bly staan dat God ons waarsku in Sy Woord oor presies die dinge wat ek hier bo genoem het en ek haal aan vanuit 2 Petrus 2:1 “Maar daar was ook vals profete onder die volk, en so sal daar ook onder julle vals leraars kom. Hulle sal verderflike dwaalleer insmokkel en die Here wat hulle vrygekoop het, verloën. So sal hulle hulleself baie gou in die verderf stort.”
As dit is waaroor Diversiteit gaan wil ek liewer niks daarmee te doen hê nie. Pasop dat dit nie “Diversiteit” is wat hom voordoen as die “Engel van die Lig” nie!
 
Diversiteitsforum assistent adjunkhoof leerklerk projekbestuurder-in-opleiding Yorkie Bussie Basson
2011-12-04
VOORWAARTS MARS!
Welke hoofaktiwiteit (boustene) is nodig om fundamentele transformasies van strukture, waardes en verwagtinge vir ’n regverdige, volhoubare en insluitende groei vir almal, insluitende ANDERSSOORTIGES en ANDERSDENKENDES te verseker, ook met die oog op die nageslagte se reg op volhoubare ontwikkeling?
Lys asseblief op hierdie forum die tien belangrikste hoofaktiwiteit, sonder orde van belangrikheid of volgorde van implementering.
Byvoorbeeld: Is evangelisasie dalk ’n hoofaktiwiteit?
 
Stefaan de Jager
2011-12-04
@Gerhard: Jy noem dat Christene aan die brandstapel verbrand is omdat hulle bereid is om te sê wat hulle glo.
Ek lees dat Wurmbrand en sy vrou in die laat veertigerjare op `n plein gestaan het toe meer as vierhonderd predikante, biskoppe en geestelike leiers van allerlei denominasie vir Stalin verkies het as die erepresident van die kerk. Sy vrou het aan hom gevra of hy nie iets hieraan gaan doen nie want hulle is besig om Christus in Sy gesig te spuug. Hy het aan haar gesê dat as hy hulle openlik sou teengaan, sy nie meer `n man sou hê nie. Haar antwoord is dat sy nie `n lafaard vir `n man wil hê nie.
Christus word steeds in Sy gesig gespuug waar die kerk Sy Godheid ontken en Sy verlossingswerk ongedaan probeer maak asof Hy nie die enigste Verlosser van die wêreld is nie. Ek weet een ding en dit is dat die “emergent” kerk waarskynlik nie martelare sal oplewer nie. Wat mens by hulle kan leer is hoe die kerk nie moet wees nie.
 
Philip du Toit
2011-12-04
Onderskeiding
Ek dink mens moet twee dinge hier van mekaar onderskei:
1) Om te bepleit dat ons as Christene “oor grense heen” die evangelie van liefde en verlossing in Christus moet bring, is een ding
2) Om te impliseer dat Christus se liefde “oor grense heen” beteken dat alle gelowe gelyk is, dat Christus nou sonde goedkeur, dat grense tussen reg en verkeerd vervaag, ens., is ’n ander ding.
Ons liefde vir die wêreld kan nooit beteken dat ons in dieselfde juk trek met ongelowiges nie. Dit kan nie beteken dat ons byvoorbeeld New-Age-, Buddhistiese denke, of enige seksualiteit buite die huwelik goedsmoeds moet akkommodeer nie.
My gevoel is dat baie hierdie twee dinge (1 en 2 hierbo) vermeng. Diversiteit bring die evangelie oor grense heen, ’n evangelie wat ons wesenlik kom verander, heilig, wederbaar, en in ’n posisie van geregtigheid plaas. Die evangelie kom sê nie “anything goes” nie. Mens sou dalk laasgenoemde met liefde kan verwar, maar al wat dit doen is dit vermeng dit wat heilig is met dit wat onheilig is, en verloën daardeur die unieke, onderskeidende karakter van die Christelike geloof.
 
Albert Cruywagen
2011-12-04
Hier is ’n hele paar Bybelboelies besig om hierdie forum te kaap vir hulle eie selfgeregverdigde, fundamentalistiese gedagtes. Hulle dink net hulle is reg. Daar om sal ek aanhou om te betoog vir nog ’n opinie.
 
Thomas
2011-12-04
Dankie, Gerhard, vir jou kommentaar op my vrae. Ek vind jou opmerking: “Dis julle elkeen se keuse of julle nou gaan soek na foute in dit wat ek geskryf het en of julle sáám met ons oor die bestuur van diversiteit en menswaardigheid gaan gesels” interessant, indien nie besonder betekenisvol nie. Volgens jou moet ons kies tussen (a) foute in dit wat jy geskryf het of (b) saam soek na die bestuur van diversiteit en menswaardigheid. Vir my is dit ’n vreemde keuse wat, by die kies van die een, die ander uitsluit. Dit kan tog seker nié jou bedoeling wees nie. Kies ek (b) impliseer dit dat ek van mening is dat jy “foutloos” in jou skrywe is (en wie van ons kan hoegenaamd aanspraak maak op foutloosheid, dit wil sê selfs nie jy nie, Gerhard). Kies ek (a) impliseer ek daarmee dat ek aan die “bestuur” van diversiteit en menswaardigheid wil meedoen en, doenende so, my oë maar sal sluit vir enige moontlike foute van die “hoofbestuurder(s)” (persone soos jy, Gerhard) asook foute van myself as potensiële “medebestuurder”. Gerhard, dit is dus nié ’n kwessie van kies tussen (a) of (b) nie, maar wel deeglik oor albei besin.
Gerhard, jy beweer ook: “Julle manier van na mense verwys is heeltemal teen die gees van ons forum in en julle word nou al baie lank getolereer.” Met die “julle” verwys jy seker na “Johann, Wynand en Thomas”. Gerhard, is dit darem nie ’n bietjie té veralgemenend van aard nie? Ek sou baie graag van jou wou weet hoe my (Thomas se) “manier van na mense verwys is”. Dalk kan ons met ’n analitiese oefening begin oor die wyse waarop deelnemers na mekaar op hierdie forum verwys, jy ingesluit, Gerhard. En dan kan jy besluit waar die toleransiestreep getrek word, maar om net te sê: “…julle word nou al baie lank getolereer”, bring ons nêrens nie – allermins nie nader aan die bestuur van diversiteit en menswaardigheid nie.
In bogenoemde aanhaling maak jy ook melding van “teen die gees van ons forum in”. Help my asseblief, Gerhard, deur vir my die “gees” van hierdie forum te beskryf soos wat jy dit sien as die (a) geïdealiseerde gees en (b) die heersende gees waardeur die forum gekenmerk word. Dalk kan jy ook jou verklaring aanbied waarom daar nié by die “gees” van (a) uitgekom kan word nie. Ek verneem graag van jou.
 
Thomas
2011-12-04
Albert verwys na “‘n hele paar Bybelboelies”. Is dit nie ’n baie toepaslike voorbeeld van wat ek so pas gesê het toe ek gesê het: “Dalk kan ons met ’n analitiese oefening begin oor die wyse waarop deelnemers na mekaar op hierdie forum verwys…en dan besluit waar die toleransiestreep getrek word…” Raak sulke opmerkings, soos dié van Albert, dan nie ook deelnemers se menswaardigheid nie? Moet ek tot die gevolgtrekking kom dat Albert maar ’n uiters swak “bestuurder” van “menswaardigheid” is?
 
Liza-Nel
2011-12-04
Jy’s welkom Albert. As daar nie iets soos ’n opinie was nie sou gesprekke nie kon plaasvind nie…
 
Wynand
2011-12-04
Albert, ons verwelkom jou opinies, dit word waardeer.
Dus wil ek graag weet wat jou opinie is oor Gerda de Villiers se stelling dat Jesus nie in die Ou Testament te vinde is nie.
1) Sou jy saamstem dit is ’n verwerping van die Goddelike inspirasie van die Ou Testament?
2) Sou jy sê dit is ’n weerspreking van Jesus se uitsprake dat die Ou Testament van Hom getuig? Was Jesus dus verkeerd / mal / ’n leuenaar?
3) Sou jy se Phillipus was verkeerd toe hy vir die ontmande bewys het dat Jesus die Messias was nav van Jessaja?
4) Was Paulus verkeerd elke keer wat hy in die sinagoges bewys het Jesus is die Messias uit die Ou Testament
5) Dink jy iemand wat die goddelike openbaring van die OU Testament op so ’n manier verwerp is IN CHRISTUS?
6) Dink jy iemand wat beweer Jesus was verkeerd / onder ’n waan / ’n leuenaar tov van die feit dat die Ou Testament oor Hom getuig is IN CHRISTUS?
Hoort mense wat die Goddelike openbaring van die Bybel verwerp binne die grense van diversiteit in die NG kerk?
Weereens dankie dat jy jou opinie oor hierdie sake met ons deel!
NGB Artikel 3
Ons bely dat hierdie Woord van God nie deur die wil van ’n mens gestuur of voortgebring is nie, maar die heilige mense van God het dit, deur die Heilige Gees gedrywe, gespreek, soos die heilige Petrus sê (2 Pet 1:21). Daarna het God deur sy besondere sorg vir ons en ons saligheid sy knegte (profete en apostels) beveel om sy geopenbaarde Woord op skrif te stel en Hy self het met sy vinger die twee tafels van die wet geskrywe. Daarom noem ons sulke geskrifte die heilige en Goddelike Skrif.
 
Stefaan de Jager
2011-12-04
Ek het vroëer verwys na Evangelis Josef Chauke wat gesê het dat mens drie grade nodig het om in die hemel te kom. `n BA (born again), MA (most annointed) en `n DD (down to dust). Die ontstellende is dat daar soveel ouens met `n hele paar grade agter hul name deurgaan as hoogaangeskrewe teoloë , terwyl daar eintlik maar net een ding van hulle gesê kan word, nml dat hulle dwaal omdat hulle die Skrif nie ken nie en ook nie die krag van God nie. As Christus dan lering gee van die Ou Testament wat op Hom van toepassing is, en `n klein stofmensie kom verklaar Hom uit die Ou Testament uit, is dit heiligskennis.
 
Wynand
2011-12-04
Welke hoofaktiwiteit (boustene) is nodig om fundamentele transformasies van strukture, waardes en verwagtinge vir ’n regverdige, volhoubare en insluitende groei vir almal, insluitende ANDERSSOORTIGES en ANDERSDENKENDES te verseker, ook met die oog op die nageslagte se reg op volhoubare ontwikkeling?
Lys asseblief op hierdie forum die tien belangrikste hoofaktiwiteit, sonder orde van belangrikheid of volgorde van implementering.
1) Keer terug na die Evangelie van Christus. Paulus het gesê “Ek het my voorgeneem om niks anders onder julle te weet, behalwe van Jesus Christus, en wel Hom as die Gekruisigde.” Sola Scriptura, Sola Gratia, Sola Fide, Solus Christos! Sonder die Evangelie is daar geen Kerk nie, en dus ook geen diversiteit nie. Vestig weer die beginsel van die Uniekheid van Christus, en die Eksklusiwiteit van die Evangelie.
2) Keer terug na die reformasie beginsel dat die Woord van God deur gewone mense verstaanbaar is. Hier is te veel “wetenskaplike teoloë” soos Dr BEn du Toit en ander op hierdie forum wat vir leke soos ek sê dit is vir my onmoontlik om die Evangelie en die Bybel te verstaan omdat ek nie 3 PhD’s in Sumeriese Spykerskrigf het nie. So word die evangelie uit die hande van gewone mense geruk en slegs die elite het toegang tot Gods Woord. Diversiteit word so vernietig.
3) Keer terug na die evangelie-ywer van die protestante van die vorige eeue, manne soos Hudson Taylor wat oor kulturele grense heen die binneland van China in beweeg het. Manne soos William Wilberforce, wat die menswaardigheid van slawe en so alle ander mense herstel het in die naam van die Jesus. Manne soos John Wesley wat oor klasse en ekonomiese grense die uitgeworpenes van die industriele revolusie gaan evangeliseer het. Manne soos William Booth wat die Evangelie aan haweloses, alkoholiste en opiumverslaafdes verkondig het.
OK Ek het 33.3% van die opdrag uitgevoer. Nou kan die brakke ook bietjie werk.
 
Johann Perkins
2011-12-04
Ek weet nou nie of ek dit as ’n belediging of as ’n kompliment moet sien as iemand my ’n Bybelboelie noem nie. Is dit dan so verkeerd om alle “nuwe denke” aan die hand van die Bybel te toets? Laat ek dan nou nie die andersdenkendes teleurstel nie, en ek laat julle graag met die volgende gedeelte – Judas 1:3 “Geliefdes, ek was vas van plan om aan julle te skrywe oor die verlossing waaraan ons almal deel het. Maar nou voel ek my verplig om julle met my brief aan te spoor om te stry vir die geloof wat een maal oorgelewer is aan dié wat God vir Hom afgesonder het.”
 
Anna Louw
2011-12-05
Aan die “BYBELBOELIEBENDE”
Dis ’n fyn taktiek van die OK
(Ontluikende Kerk) span om as ’n iemand uit die Bybel aanhaal (om te waarsku) diegene as BB’s te etiketteer en te probeer intimideer.
Wat hul eintlik sê, is “hierdie woorde uit die Bybel pas my beslis nie en ons is kwaad vir die Bybel”, maar hul sal dit nie hier openlik erken nie en haal dit op jou uit!
Die bewys is die boek met die inhoud van die 5 Anonieme Predikante wat onlangs op die rak verskyn het. Daar is seker nog baie meer “anoniemes”.
Dis tog logies, want hul het al 9 jaar gelede die Skrifgesag verwerp by die Sinode van Hartenbosch.
Eintlik moet mens op ’n manier dankbaar wees want,hul bevestig net hoe waar is die Woord en dat Paulus se waarskuwing so tydig was!
Die OK stories is horingoud.
Paulus sê aan Timotheus heel gepas;
2Tim 4:1 Ek besweer jou dan voor God en die Here Jesus Christus, wat die lewende en die dode sal oordeel by sy verskyning en sy koninkryk:
2Tim 4:2 verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering;
2Tim 4:3 want daar sal ’n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ’n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede,
2Tim 4:4 en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels.
Johann vir my is dit ’n wonderlike kompliment & seën as ek ’n fundamentalis genoem word omdat ek my onderwerp aan en bly by die Gesag van Jesus Christus en Sy Woord.
Paulus was omtrent ’n “Bybel boelie”! “Gal 1:9 Soos ons vantevore gesê het, sê ek nou ook weer: As iemand julle ’n evangelie verkondig in stryd met die wat julle ontvang het, laat hom ’n vervloeking wees!”
Jesus het ook die Woord aangehaal – so dan moes Hy ook ’n “Bybelboelie” gewees het of hoe?
So laat die etiket jul tot seën wees!
 
Henrietta Klaasing
2011-12-05
“ONS WIL DIE KERK VERANDER” – Laurie Gaum
Lees op hierdie plekke oor nog mense wat die kerk wil “verander”:
http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus /Fluit-fluit-is-die-NG-Kerk-dalk-uit-vra-Frits-Gaum-20110312
Volgens Nico Geldenhuys wil “ons” : ” help om oplossings vir hierdie krisis te vind sodat die kerk sy profetiese stem kan terugkry in ’n land wat na profete smag.”
Ieder woelt hier om verandering…. Ook hier op Diversiteitsforum sug mense blykbaar na verandering, maar hierdie is nie sommer net “iemand se blog” nie. Hierdie forum is gekoppel aan die Tuisblad van die NG Kerk. Om by hierdie Diversiteitsforum uit te kom, moet mens dus eers klik op die Tuisblad van die Nederduits Gereformeerde Kerk. Heel bo-aan is ’n keuse-lysie , onder andere “Belydenisgrondslag”. Wanneer mens daarop klik , kry mens ’n duidelike uiteensetting van wat die “visie en missie” van die NG Kerk.
Miskien moet die Gaums , Geldenhuyse en andere in die NG Kerk wat graag “die kerk” wil verander daarop gaan klik (hier: http://www.ngkerk.org.za/index.asp?bodyType=belydenis )
Daar word kortliks verklaar:
“Dit (dus dit wat alles op hierdie spesifieke blad aangedui word) vorm ook die belydenisgrondslag van die NG Kerk, omdat dit in ooreenstemming met die Bybel is. Daarin word ons gereformeerde verstaan van die Christelike geloof geformuleer.”
Mense WIL die kerk verander, maar MAG hulle, en indien wel, waarnatoe?
 
Professor doktor skoud-admiraal Yorkie Heidi Basson
2011-12-05
HOOF AKTIWITEITE (boublokke) VIR ‘N REGVERDIGE, VOLHOUBARE EN INSLUITENDE GROEI VIR ALLE SUID-AFRIKANERS
Beste Yorkie Bussie Basson,
Na my mening gaan Suid-Afrikaners ’n toenemende wêreldkompetisie tegemoet. Om ’n regverdige, volhoubare en insluitende groei vir alle Suid-Afrikaners te verseker, sal Suid-Afrikaners ingrypend anders moet begin dink oor menswees. Suid-Afrikaners sal moet besef dat dit nie net gaan om die leer om ’n vis te vang nie, maar ook om die dam te vergroot sodat meer visse aangehou kan word vir kompeterende en winsgewende visuitvoer om buitelandse valuta te verdien vir Suid-Afrikaanse welvaartskepping.
Die groot vraag is: “Wat sal gedoen moet word om mense tot NUWE KREATIEWE DENKE oor menswees te beweeg wat sal lei tot ’n regverdige, volhoubare en insluitende groei vir alle Suid-Afrikaners sonder om hul nageslagte se reg op volhoubare ontwikkeling te benadeel?”
Ek wonder welke kreatiewe voorstelle gaan uit die Diversiteitsforum-Voorwaarts-Mars!-dinkskrum kom …
Groetnis.
Yorkie Klara
 
Johann Perkins
2011-12-05
Ek sal graag wil weet “waarteen” het die andersdenkendes hulle nuwe denke getoets? Ek neem nou iets soos bv. Matt Heyns se stellings – 1)The Christ and the Buddha are the same concepts within spirituality.
2.)It is not a person but a State to which you aspire in your spiritual growth. 3.) It is not about worshipping the Christ but becoming a Christ. Ek dink nou toevallig aan Exodus 20:3 Hoe kry hulle die kloutjie by die oor?
 
Henrietta Klaasing
2011-12-05
DIE VERHAAL WAT ELKE HONDE-HART SAL ROEEERRR . . .
Goeie môre julle hônne-kinders, my naam is oom Johann Basson. Met vanoggend se storie-sessie het ek ’n hondjie-kouspop vir elke hand. Aan my linkerhand het ek vir Yorkie Klara Basson en aan my regter hand vir Yorkie Heidi Basson. Julle moet mooi luister want hierdie twee Yorkies gaan sommer lê…êkkkkerrr met mekaar gesels….
 
Bruce
2011-12-05
Ons “lesser mortals” moet maar saggies trap, anders begeef ons ons op terreine wat eenvoudig te ver bo ons is.
Ek is dus genoodsaak om die opinies van ander ernstig te oorweeg alvorens ek waag om iets te se.
So dan nou ook dit wat Johann vra oor Matt Heyns. Wat is die VASTE PUNT (meer as net ’n norm) waarvandaan ons uitgaan om die drie stellings te toets. AS BB’s is daar so ’n enorme klomp tekse wat die stellings weerspreek, maar hoekom gebruik ons nie net die voorbeeld in Hand.17:11(b): “Hulle het met groot belangstelling na die woord geluister en elke dag die Skrif ondersoek om te sien of dit is soos Paulus se.” Die mense van Berea was gemene BB’s !!
Lord, grant me the ability to be Christlike – not a christ
 
Wynand
2011-12-05
Beste Heidi
My leuse was nog altyd:
Give a man a fish, and he’ll eat for a day.
Teach him to steal fish, and he’ll eat every day.
 
Albert Cruywagen
2011-12-05
Diversiteit in die kerk beteken om te besef dat die ou-ou tyding – op grond van ’n destydse Bybel-vertolking ’n NB plek en rol gehad het. Diversiteit beteken ook daar intussen nuwe vertolkingsmoontlikhede opgekom het.
 
Wynand
2011-12-05
Hallo Albert
Albert Cruywagen 2011-12-05
Diversiteit in die kerk beteken om te besef dat die ou-ou tyding – op grond van ’n destydse Bybel-vertolking ’n NB plek en rol gehad het. Diversiteit beteken ook daar intussen nuwe vertolkingsmoontlikhede opgekom het.
Ek stem saam met jou. Die manier waarop Mohamed Arrasoolullah, Charles Russel en Joseph Smith die Bybel vertolk behoort ook aanvaar te word.
My persoonlike gusteling vertolking van die Bybel is natuurlik die van die wonderike en bekende Jim Jones van die dorpie Jonestown.
Op grond waarvan sal ons tog kan sê hulle Bybelvertolkings is nie aanvaarbaar nie?
Wil ons regtig hulle volgelinge so alienate en seermaak?
 
Hennie Mouton
2011-12-05
Nee Albert.
Gal 1:8 Maar al sou ons of ’n engel uit die hemel julle ’n evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom ’n vervloeking wees!
Gal 1:9 Soos ons vantevore gesê het, sê ek nou ook weer: As iemand julle ’n evangelie verkondig in stryd met die wat julle ontvang het, laat hom ’n vervloeking wees!
 
Stefaan de Jager
2011-12-05
@Albert: Mits die nuwe vertolkingsmoontlikhede die ou-ou tyding verhelder en nie eenkant toe skuif nie. “Jesus Christus is dieselfde, gister, vandag en tot in ewigheid (Hebr).”
 
Liza-Nel
2011-12-05
Agge nee wat Albert moet nou nie met “nuwe vertolkingsmoontlikhede” sukkel nie, dis moeilikheid soek – oor ’n honderd jaar moet julle weer ander storietjies uitdink om die massas te mislei. Hier’s ’n beter opsie koop ’n Emergent Bybel en maak jou eie storie op:
First, there was the Living Bible, then the NIV, now B.L.Z. Bubb Publishing House introduces the Emergent Bible! This baby is blank from page 1 to page 659. You don’t have to worry about giving up anything when you follow this version. When approached by a Calvinist concerning the total depravity of man, you can truthfully say that your Bible doesn’t mention depravity. Help an Arminian friend who is concerned about losing his salvation (again). Your Bible doesn’t mention salvation at all. Better yet, write your own text! Divorce, adultery, fornication… no problem! For only $19.95 you can make it up as you go along with the Emergent Bible.
Klink na ’n goeie ‘deal’…
 
Thomas
2011-12-05
Maar, Wynand, sal jy ophou om jou so stuitig te gedra! Jy hoor mos Skrifgeleerde Albert sê vir ons daar het “intussen nuwe vertolkingsmoontlikhede opgekom” (soos dié van Vlakvark Johann – Basson 2011-12-03 – ) en sy drie brakke van Vlakvarkfontein. En blykbaar is Gerhard se “toleransiedrempel” ook sodanig hoog dat hy nooit vir Vlakvark en sy drie kêffers agterplaas toe sal stuur waar hulle hoort nie, nie eers ’n sweem van ’n “dreigement” soos wat hy al met my gemaak het nie! Hierdie vier “diere” se bydraes tot diversiteit is skynbaar van veel groter waarde as joune, myne of enigiemand anders s’n. Bied dit nie groter insig in wat ons onder “diversiteit” op hierdie forum moet verstaan nie?
 
Wynand
2011-12-05
Thomas
Ek is geskok omdat jy hier, op die diversiteitsforum van alle plekke DAARDIE woord durf gebruik!
Ek haal jou aan as bewys (natuurlik gesensor) :”… hy nooit vir Vlakvark en sy drie xxxxxx agterplaas toe sal stuur waar hulle hoort nie…”
Ek skud van ontsteltenis, Thomas!
Onthou, daar is net een onvergeefbare sonde en dit is gebrek aan toleransie! En om die Bybel aan te haal. OK, Onthou, daar is net TWEE onvergeefbare sondes, en dit is gebrek aan toleransie en om die Bybel aan te haal. Nee wag, om te glo in die bestaan van die hel… Reg! Daar is net DRIE onvergeefbare sondes…
Erm… Anyway. As daar so iets soos ’n hel was was jy nou beslis daar!
 
Liza-Nel
2011-12-05
Ja daar is!! Die pad is hel na die Hel, maar die Hel is n paradys! Gamkaskloof.
 
gerhard bothma
2011-12-05
Wynand en Thomas,
Gelukkig vir ons almal is God se “tolleransiesdrempel nóg hoër as myne.
Julle laat my al die afgelope paar dae baie aan die staaltjie wat aan prof Piet Strauss toegeskryf word dink. Daar word vertel dat toe hy nog geswot het, ’n student van ’n ander kerk hom die heeltyd wou bekeer. Hoe meer Piet hom glo vertel het hy misbruik die Bybel met sy kontekslose aanhaal van tekste, hoe meer het die ou aangehou. Eendag terwyl Piet geswot het, het die ou weer daar met ’n paar verse opgedaag. Piet sê toe glo vir hom dat hy vir hom net twee tekste het en as hy dit klaar gelees het, sal hy weer na hom luister.
Hy gee toe vir hom Handelinge 1:18 en Lukas 10:37. Julle weet seker wat staan daar, ne?
Hd 1:18 Met die geld wat Judas vir sy misdaad gekry het, het hy ’n stuk grond gekoop. Daar het hy vooroor geval en oopgebars, en al sy ingewande het uitgepeul.
Luk 10:37 Toe sê Jesus vir hom: “Gaan maak jy ook so.”
En Thomas, ek het jou nie gedreig nie, hoor.
 
Wynand
2011-12-05
Gerhard
God se toleransie het baie spesifieke grense. Dit is wat ons probeer sê.
“Daarom,” sê die Here my God, “omdat jy jou verbeel het jy is ’n god, 7 daarom gaan Ek ander nasies, wrede volke, teen jou laat optrek. Hulle sal die prag wat jou wysheid vir jou gebring het, met die swaard aanval en jou prag skend. 8 Hulle sal jou in die graf in laat stort, jy sal die dood van ’n gesneuwelde sterf daar op jou eiland in die see. 9 Sal jy vir dié wat aan jou ’n einde gaan maak, nog kan sê jy is ’n god? Vir dié wat vir jou dood gaan sorg, sal jy ’n mens wees, nie ’n god nie. 10 Ander volke gaan jou ’n eerlose dood laat sterf. Ek het gepraat,” sê die Here my God.
Daar is mense in ons kerk (die emergents is panenteïste) wat hulleself verhef tot god. “Homo Christos”.
Ons probeer hulle in liefde waarsku om nie die grense van God se toleransie te oorskry nie.
Dit is skrikwekkend om in die hande van die Lewende God te val.
 
Albert Cruywagen
2011-12-05
Een van die uitstaande punte van diversiteit is dat die “profesiee” van Jes 7 en 8 nie Jesus se koms voorspel het nie, maar eers later ingespan is om Jesus se optrede as Messias wonderlik te versterk.
 
Stefaan de Jager
2011-12-05
@Albert: Dit help nie ons redeneer oor en weer nie. As jy Jesus uit die Ou Testament haal, haal jy Hom later in Sy Godheid uit die Nuwe Testament en nog later haal jy Hom uit jou lewe uit en gaan verlore.
 
Stefaan de Jager
2011-12-05
@Gerhard: As ek `n fundamentalis was sou ek ook dalk vir jou gesê het “Gaan maak jy ook so”. Soos jy tereg daarop wys, so gaan mens nie met die Woord om nie. Gelukkig is Piet Strauss een van ons behoudende teoloë wat mens ernstig kan opneem.
 
Hennie Mouton
2011-12-05
Philip du Toit skryf op 2011-12-04 onder “Onderskeiding”:
“Ek dink mens moet twee dinge hier van mekaar onderskei:
1) Om te bepleit dat ons as Christene “oor grense heen” die evangelie van liefde en verlossing in Christus moet bring, is een ding
2) Om te impliseer dat Christus se liefde “oor grense heen” beteken dat alle gelowe gelyk is, dat Christus nou sonde goedkeur, dat grense tussen reg en verkeerd vervaag, ens., is ’n ander ding.
Ons liefde vir die wêreld kan nooit beteken dat ons in dieselfde juk trek met ongelowiges nie. Dit kan nie beteken dat ons byvoorbeeld New-Age-, Buddhistiese denke, of enige seksualiteit buite die huwelik goedsmoeds moet akkommodeer nie.”
Dankie Philip. Ek het hierdie saak wat jy nou goed hier opsom ook al aan die diversiteitsbestuurder(s) en hul onbegrensde diversiteitsaanhangers probeer oordra.
Maar tog het hulle dikwels aangehou om ons wat ’n probleem het met 2), te beskuldig asof ons 1) nie wil doen nie.
Na my mening is dit ’n doelbewuste misverstaan omdat hulle eintlik 2) wil bevorder, maar dit nie wil erken nie.
Albert se beskuldiging van Bybelboelies is ’n bekende tegniek.
Na alle waarskynlikheid wil hy en ander wat dit graag skryf, eintlik net nie hoor wat in die Bybel staan nie.
Ek wonder of die Satan, as hy daaraan gedink het, nie daardie een ook aan Jesus in die woestyn sou probeer noem het toe Jesus hom na die Skrif verwys het nie.
Die volgende een is Gerhard se poging – beskuldig mense wat die Bybel gebruik in hul argumente, dat hulle dit buite konteks doen.
Sy voorbeeld is egter sinneloos want dit is nie toepaslik op enige verwysing hierbo nie, behalwe miskien op sy eie poging om ons te oortuig dat om Jesus te volg beteken om oor grense te klim wat die Bybel stel.
Dit is nie net buite konteks nie, dis sommer doodgewoon ’n leuen.
Ons probeer immers diversiteitsgrense stel volgens die Bybel, maar hulle kom voortdurend met voorstelle buite hierdie grense, soos Albert met sy nuwe vertolkingspoging om die ou-ou evangelietyding te vervang.
 
Wynand
2011-12-05
Albert
Kom ons voer genuanseerde teologiese debat.
Die maagd / jong getroude vrou sal swanger sord en ’n seun baar in Jes 7. Die seun se naam is “God is by ons”. In Jesaja 8 word Jesaja se eie seun gebore, sy naam is Plunder-en-Roof is by ons”
Volgens die wette van logika is “God” dus “Plunder en Roof”. ???
Of is Immanuel dalk ’n destydse koning se kind? Of dalk iemand anders?
OK, in die volgende hoofstuk (Hoofstuk indeling NIE deur Jesaja verskaf nie)word NOG ’n kind gebore. En hy word genoem “Sterke God”
5 Vir ons is ’n Seun gebore, aan ons is ’n Seun gegee; Hy sal heers, en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors.
Kom ons verreken bietjie Jesaja se konteks.
Jesaja is ’n Israeliet. As hy iemand sou aanhits om ’n ander god as YHWH te aanbid sal hy dood gestenig word.
“Dit kan gebeur dat jou broer, jou ma se seun, of jou seun of jou dogter of jou eie vrou of jou boesemvriend jou in die geheim wil verlei en vir jou sê: ‘Kom ons gaan dien ander gode.’ Dit kan gode wees wat jy en jou voorvaders nie geken het nie, 7 gode van die volke in jou omgewing, gode wat naby is of ver, gode in die een uithoek van die land of in die ander uithoek. 8 Dan mag jy nie voor hom swig en na hom luister nie. Jy mag hom nie jammer kry nie. Moet hom nie verskoon en wegsteek nie. 9 Jy moet hom sonder meer doodmaak. Jy moet daarmee begin en dan moet die volk jou daarin bystaan. 10 Jy moet hom met klippe doodgooi, want hy wou jou verlei om ontrou te word aan die Here jou God wat jou uit Egipte, uit die plek van slawerny, bevry het.
Sal hy sommer sê enigiemand se kind is “Sterke God” as die kans goed is dat hy dan gestenig sal word?
Dit lyk asof Jesaja hom bemoei met die onmiddelike politieke situasie. Dit is beslis so, maar is daar dalk ’n 2e, dieper vlak aan wat hy sê?
En hier kom die verskil tussen die vertolkings van die Bybel in, Albert. Party van ons ontken a priori dat die Bybel deur God geïnspireer is, en verklaar dat Immanuel nie Jesus is nie. Diesulkes sal deur geen logiese redenasie tot ander insigte oortuig word nie, omdat hulle bevooroordeeld is.
Niemand is so blind soos die wat nie WIL sien nie.
Ander besef dat Jesaja ’n Jood was en NOOIT ’n koning se kind tot god sou verklaar sonder om vir sy lewe te vrees nie. Dit sou beteken dat hy sy totale herkoms en identiteit sou verloën! Onthou dit was algemeen vir konings om hulle self tot god te verklaar. Daar is dus geen logiese manier waarop ons kan beweer dat Jesaja na sommer enige kind verwys nie, indien ons sy konteks as Jood verreken nie.
Wie is Immanuel?
Die antwoord wat jy gee sal wys wat jy glo: Of God die Bybel inspireer het of nie.
 
Thomas
2011-12-05
Gerhard:
Gerig aan die adresse van Wynand en Thomas sê jy spesifiek vir my: “En Thomas, ek het jou nie gedreig nie, hoor.”
Gerhard, op 2011-11-29 sê jy vir my: “Thomas, ek gaan jou venynigheid nie nou uitredigeer nie, maar…” Op dieselfde datum vra ek jou: “Gerhard, is dit bedoel as ’n dreigement of vorm van intimidasie…?” Ek wag nog steeds op jou antwoord op my vraag. So, wat is dit dan indien dit nie ’n dreigement is nie – ’n waarskuwing? ’n “geel kaart”
‘n wat?
Wynand:
Wynand, my verskoning indien ek jou geskok het met die gebruik van die woord “keffers” (wat ek verkeerd gespel het met ’n kappie-leesteken!). Die prognose om van dié skok te herstel lyk egter heel belowend indien jy my voorskrif sou volg en hierdie woord in die HAT sou naslaan. Kies vir jou enigeen van die betekenisvariasies wat dit daar aangee. Vir ’n oomblik het jy my egter groot laat skrik en erg bekommerd gehad, gedagtig aan die uitwerking wat skok op Jackie Selebi gehad het.
 
Wynand
2011-12-05
Thomas
Onthou, daar is net een onvergeeflike sonde…
 
Stefaan de Jager
2011-12-05
Wynand
O ja, een onvergeeflike sonde… soos die laster teen die Heilige Gees, wanneer jy Maria se swangerskap wat van die Heilige Gees gekom het (soos die Skrif sê) minag en sê dat dit nie waar is nie.
 
gerhard bothma
2011-12-05
Wynand, Hennie en Stefaan,
Jammer om dit so kras te stel, maar dis van die mees oppervlakkige en onoortuigende pogings wat julle tot nog toe op hierdie forum geplaas het.
Julle sameflansing van tekste en julle breingimnastiek het nou wraggies ’n laagtepunt bereik. Al wat julle met hierdie plasings bereik het is om aan lesers te toon dat julle geen benul van die chronologiese volgorde van die ontstaan van tekste, die verhouding tussen die Ou en die Nuwe Testament hermeneutiese aktiwiteit en die verhouding tussen God en die Bybel het nie. Gaan lees gerus die verslag oor Skrifbeskouing en -gebruik van die 2007 Algemene Sinode.
En, asseblief tog, dra iets positief by tot die bestuur van diversiteit.
Terloops, ek laat my eerder deur God oordeel as deur julle. Waarom haal jy dáárdie teks aan? Waarom nie eerder “Maar hoe kan Ek jou prysgee, Efraim? Hoe kan Ek jou laat vaar, Israel? Hoe kan Ek jou vernietig soos Adma, met jou maak soos met Sebojim? Ek kan dit nie oor my hart kry nie. My liefde brand te sterk. Ek sal my gloeiende toorn bedwing, Ek sal nie so ver gaan en Efraim uitwis nie, want Ek is God, nie ’n mens nie. Ek is die Heilige wat by jou is, Ek sal nie met woede ingryp nie” (Hos 11:8-9)? Is jy bang dat God aan mense genade betoon eerder as om hulle te verwerp? Sal jy ook soos Jona “baie ontevrede” en “baie kwaad” word wanneer jy eendag besef dat God “lankmoedig en vol liefde” is en maklik afsien van die straf wat Hy volgens jou vroeër aangekondig het (Jona 4:1-2)?
Anders as julle – wat vir God se oordeel kans sien – is daar mense wat weet dat ons van God en sy genade afhanklik is. “Alles, alles is genade, onverdiende guns alleen …” (LB 244) is ons lied. Waarom wil julle God se genade beperk? Waarom wil julle dit binne ons kleine kringetjie hou? Waarom nie uit dankbaarheid gehoorsaam wees aan God se opdrag om grense oor te steek nie? Waarvoor is julle bang? Dat mense van wie julle nie hou nie tot bekering kom? Of dat God aan mense wie julle verwerp genade betoon?
En, Thomas, dit was nie ’n dreigement nie, maar ’n appel op jou christenskap om by die ooreenkomste van ons forum te hou.
 
Thomas
2011-12-05
Dankie, Gerhard, vir die opklaring van die dreigementonsekerheid. Mag ek egter net vra of Johann Basson se herhaalde bydraes, en dié van sy drie honde, “by die ooreenkomste van ons forum” hou? Is ’n “appél” op sy “Christenskap” ongewens? Dit is regtig vir my baie moeilik om te sien hoe sy “bydraes” as bydraes tot diversiteit, en ook die bestuur daarvan, dien, terwyl jy vir Wynand, Hennie en Stefaan sê: “En, asseblief tog, dra iets positief by tot die bestuur van diversiteit.” Mag ek daaruit die afleiding maak dat jy wel Johann Basson en sy drie honde sy “bydraes” as positiewe bydraes tot die bestuur van diversiteit beskou? Iets maak beslis nie sin nie. Kan jy dalk help deur te verduidelik hoe om die kloutjie by die oor te kry?
 
Stefaan de Jager
2011-12-05
Gerhard
Jy het waarskynlik gelees wat ek sopas oor die maagdelike geboorte geskryf het. Teen hierdie tyd veronderstel ek dat jy nie in die maagdelike geboorte glo nie. Indien ek jou verkeerd lees, laat weet ons. Ek sal die eerste wees wat jou verskoning vra. Dit sal egter minstens beteken dat ons vorder omdat ons dan oor een ding seker sou wees oor wat jy wel glo. As jy dit nie glo nie (dat Maria se swangerskap van die Heilige Gees en nie deur Josef was nie) en voortgaan om te laster teen die Heilige Gees, hoe kan jy dan ooit van die genade van God praat en terselfdertyd die werking van die Heilige Gees teenstaan? So maak jy `n bespotting van genade.
As iemand nie kan glo dat die Heilige Gees die baarmoeder van Maria met Jesus bevrug het nie, sal jy `n nog groter wonderwerk nie verstaan nie. Dit is dat die Heilige Gees jou hart met Jesus kom bevrug het. Hiersonder versmoor jy die genade en maak dit mensewerk.
 
Wynand
2011-12-06
Gerhard
Want God is Liefde.
Liefde wat nie Heilig is nie is nie liefde nie maar permissiwiteit en promiskuïteit.
Daarom beteken God se liefde dat Hy ons onverdeelde trou eis. Dit beteken as ons nie getrou is aan Hom nie, ons van Hom verwyder raak. Die einpunt van verwydering van God is die hel.
Liefde wat nie Genadig is nie is nie liefde nie maar tirannie.
As jy God se Genade verkondig sonder om Sy Heiligheid te verkondig jy nie liefde nie maar permissiwiteit en promiskuïteit.
As jy God se Heiligheid verkondig sonder om sy Genade te verkondig verkondig jy nie Liefde nie maar tirannie.
Jy kan nie Liefde hê sonder Heiligheid nie, en jy kan nie Liefde hê sonder Genade nie.
Die Emergent teologie verkondig God se genade sonder sy heiligheid, en verkondig dus permissiwiteit en promiskuïteit.
Dit is hoekom ek versies aanhaal wat op God se Heiligheid wys. Maar soos nodig haal ek ook versies aan wat op God se Genade wys. Die een sluit nie die ander uit nie. Die een KAN NIE SONDER die ander nie!!
“Dit is nie my wil dat die sondaar sal sterf nie. Dit is my wil dat hy tot bekering sal kom en sal leef!”
God se Genade gaan altyd gepaard met bekering. En bekering is ’n erkenning van God se Heiligheid.
Wie dit ontken verkondig ’n vals evangelie.
 
Wynand
2011-12-06
En Gerhard
Wat my verduideliking van Jesaja betref: In plaas van om vir my tê sê DAT ek verkeerd is, vertel asb vir my HOEKOM ek verkeerd is.
(Ek hoop eintlik Albert sal, maar my ondervinding is dat hy nie bereid is om debat te voer nie.)
 
Wynand
2011-12-06
En laastens: Ek dink my 33.3% bydra tot die Basson Brakkies se opdrag oor die bestuur van diversiteit was baie positief…
 
Evert Meyer
2011-12-06
Gerhard, baie dankie vir jou laaste bydrae, veral die gedeelte wat handel oor bekering. Dit is wel verblydend om te sien dat daar wel nog mense in senior (of ten minste sigbare) ampte in die NG Kerk is wat glo dat ons ongeredde mense moet bekeer. Dit impliseer darem dat die “alle paaie lei na God toe” doktrine darem nog nie so pos gevat het as wat dit op ’n stadium geblyk het nie.
Die vrae nou vir diversiteitsdoeleindes:
1. Om welke rede beskou ons hulle as ongered en het hulle bekering nodig?
2. Waartoe moet hierdie ongeredde mense hulself bekeer? Met ander woorde, wat moet hulle as ’n minimum aanvaar alvorens hulle as bekeerd beskou sal word?
 
Anna Louw
2011-12-06
Oor genade – God se genade is verniet ,maar nie goedkoop nie.
Ek wens die NGK wil meer klem lê op die prys wat Jesus vir jou & my betaal het aan die Kruis vir Sy genade..
Hy het Sy Bloed ryklik gestort & moes die spot en hoon verdra. Die ergste was dat Hy van God verlate was – ter wille van my en jou om ons van sonde te verlos!
Besef ons hoe aaklig die sonde is dat Hy so ’n duur prys moes betaal!
Ons moet hieroor ernstig begin nadink!
En dan het sekere kerkleiers Ben du Toit en kie nog waaragtig die vermetelheid om te beweer daar is nie ’n duiwel nie!
Mag ons terugkeer tot ’n heilige ontsag en respek vir die Here. Hy is nie ons almal se pêl nie. Hy alleen is die Koning van die Konings en Heer van die Here.
Sy Genade is DUUR gekoop!
 
Evert Meyer
2011-12-06
Albert, jammer as dit klink of ek op jou pik, maar ek het ’n hele rukkie terug ’n vraag vir jou gevra wat jy tot nog toe nie beantwoord het nie. Ek neem aan Herman Toerien se bydrae het probeer om dit te beantwoord, maar, met alle respek, dit was hopeloos onvoldoende in terme van teologiese begeleiding en het in elk geval nie die vraag rondom Genesis aangespreek nie.
Verskoon my dus as ek weer die vraag vra. Hierdie is ’n hulpkreet, want ek is verward na aanleiding van ’n paar van jou vorige bydraes.
Ons lees in 2 Tim 3:16 dat die Skrif (OT en veral Pentateug) deur God geinspireer is (party Engelse vertalings gebruik die pragtige God-breathed). Ons word egter vertel dat die skeppingsverhaal (of verhale), asook die vloedverhaal bloot mites of kampvuurstories is wat die Jode by onder andere die Babiloniers geleen het en ook wetenskaplik vals is. Hoe kan mens dan glo dat hierdie foute, kampvuurstories en geleende mites deur God geinspireer is? Hoe versoen mens dit teologies? Ek kan eenvoudig nie.
Jou hulp sal dringend en opreg waardeer word.
 
Henrietta Klaasing
2011-12-06
AANHALING UIT DIE OT in die NT
God se Groot Plan met die mens en sy wêreld maak net ten volle sin wanneer mens die Bybel as ’n eenheid sien.
Meer as 200 Ou Testament- tekste word in die Nuwe Testament aangehaal. Jesus self het uit 24 OT bóéke (nie tekste nie) aangehaal – selfs meer tekste.
Daar is net 5 OT boeke wat nie in die NT aangehaal word nie: Esra, Nehemia, Ester, Prediker en Hooglied – wat nie beteken dat dit nie deur die Heilige Gees geïnspireer is nie.
Genesis alleen word meer as 25 keer in die NT aangehaal en baie meer as mens “dubbelle” aanhalings ook tel. Hier is sommige van Genesis, die sg. mitiese boek, se aanhalings in die NT (Kyk hoeveel keer word Gen. 2:24 aangehaal!):
Gen 1:27 in Matt 19:4; Gen 5:2 in Mark 10:6; Gen 2:2 in Heb 4:4; Gen 2:7 in1 Cor 15:45; Gen 2:24 in Matt 19:5, Mark 10:7-8,1 Cor 6:17, Eph 5:31 ; Gen 5:24 in Heb 11:5; Gen 12:1 in Hand 7:3; Gen 12:3 in Gal 3:8; Gen 12:7 in Hand 7:5; Gen 13:15 in Gal 3:16; Gen 14:17-20 in Heb 7:1-2; Gen 15:5 in Rom 4:18; Gen 15:6 in Rom 4:3,9,22, Gal 3:6, Jas 2:23; Gen 15:13-14 in Hand 7:6-7; Gen 17:5 in Rom 4:17; Gen 17:7 in Gal 3:16; Gen 17:8 in Hand 7:5; Gen 18:10 in Rom 9:9;; Gen 18:14 in Rom 9:9; Gen 21:10 in Gal 4:30; Gen 21:22 in Rom 9:7, Heb 11:18; Gen 22:16-17 in Heb 6:13-14; Gen 22:18 in Hand 3:15; Gen 25:23 in Rom 9:12; Gen 38:8 in Lukas 20:28; Gen 47:31 in Heb 11:21.
 
Hennie Mouton
2011-12-06
Ai Gerhard, daar trap jy weer daarin.
Jy skryf: “Waarom nie uit dankbaarheid gehoorsaam wees aan God se opdrag om grense oor te steek nie? Waarvoor is julle bang? Dat mense van wie julle nie hou nie tot bekering kom? Of dat God aan mense wie julle verwerp genade betoon?”
Gerhard, lees of verstaan jy nie wat mense met ander opinies as joune skryf nie?
Lees veral die deel in blokletters hieronder.
Hier is dit weer:
Philip du Toit skryf op 2011-12-04 onder “Onderskeiding”:
“Ek dink mens moet twee dinge hier van mekaar onderskei:
1) Om te bepleit dat ons as Christene “oor grense heen” die evangelie van liefde en verlossing in Christus moet bring, is een ding
2) Om te impliseer dat Christus se liefde “oor grense heen” beteken dat alle gelowe gelyk is, dat Christus nou sonde goedkeur, dat grense tussen reg en verkeerd vervaag, ens., is ’n ander ding.
Ons liefde vir die wêreld kan nooit beteken dat ons in dieselfde juk trek met ongelowiges nie. Dit kan nie beteken dat ons byvoorbeeld New-Age-, Buddhistiese denke, of enige seksualiteit buite die huwelik goedsmoeds moet akkommodeer nie.”
Dankie Philip. Ek het hierdie saak wat jy nou goed hier opsom ook al aan die diversiteitsbestuurder(s) en hul onbegrensde diversiteitsaanhangers probeer oordra.
Maar tog het hulle dikwels aangehou om ONS WAT ’n PROBLEEM HET MET 2), TE BESKULDIG ASOF ONS 1) NIE WIL DOEN NIE.
Na my mening is dit ’n doelbewuste misverstaan omdat hulle eintlik 2) wil bevorder, maar dit nie wil erken nie.
Gerhard, is ons oppervlakkige pogings volgens jou, nog steeds te ingewikkeld vir jou om te verstaan?
 
Johann Basson
2011-12-06
INTERPRETASIE (UITLEG) VAN DIE BYBEL
Is daar twee mense wat onafhanklik van mekaar die Bybel presies 100% dieselfde interpreteer?
Is daar twee mense wat onafhanklik van mekaar die Bybel én die Drie Formuliere van Enigheid presies 100% dieselfde interpreteer?
Is daar twee mense wat onafhanklik van mekaar die Bybel én die Drie Formuliere van Enigheid én die Belydenis van Belhar presies 100% dieselfde interpreteer?
 
Philip du Toit
2011-12-06
God se liefde en genade
God se liefde en genade is inderdaad baie meer en baie groter as wat ons ooit sal kan besef. Sy liefde en genade is daar vir die gehardste sondaar, sonder onderskeid. Sy genade en liefde ken inderdaad geen grense nie.
Maar hoe verstaan ons God se liefde en genade? Los dit die mens net soos hy/sy is? Sê God: Ek akkommodeer jou met al jou idees oor My (jou wêreldbeeld en filosofie)en jouself (jou identiteit of jou oriëntasie) – en niks daarvan hoef te verander nie?
Nee, beslis nie! God se liefde los ons nie waar ons is nie. God kom maak hom nie pas by ons idees oor Hom nie. Hy verander ons, hy trek ons na Hom toe, Hy bring ons oor van die koninkryk van die duisternis na die koninkryk van die lig, Hy heilig ons en sonder ons af: in die wêreld maar nie van die wêreld nie, Hy wederbaar ons. Sy opdrag is: word verander deur die vernuwing van julle gemoed. In Christus is daar nie meer Jood/Griek/slaaf/vryman/man/vrou nie. Almal is een in Jesus Christus. Dit kondoneer nie ons natuurlike identiteit nie, maar transformeer dit tot ’n nuwe identiteit in Christus.
Diversiteit sonder goddelike transformasie kan dus nie ’n Bybelse konsep wees nie, en nog minder ’n evangeliese konsep.
Groete
Philip
 
Hennie Mouton
2011-12-06
Ja Johann Basson, ons as mense sal dinge verskillend vertolk, maar die belangriker vraag is wat God vir ons deur Sy Woord probeer sê.
En ja, ek glo dat Hy verskeie dinge deur dieselfde Skrifgedeelte sê, maar dit kan nie teenstrydig met mekaar wees nie.
Maar as iemand glo dat die Bybel maar mensewoorde is oor wie die skrywers gedink het God is, gaan ons baie van die vertolkings hoor wat al hier uitgekom het, soos dat daar ’n nuwe vertolkingsmoontlikheid ten opsigte van die evangelie is.
En as mense hul eie vertolkings sover wil vat, kan hulle maar net sowel hul eie nuwe bybel skryf.
Dankie Philip vir jou glashelder bydrae.
 
Herman Toerien
2011-12-06
@ Evert
Ek is jammer dat my “uitlegte” teologies tekort skiet. Vir die teologiese argumente put ek uit die werke van teoloë.
Persoonlik het ek nog nie gehoor of gelees iemand het gesê die Genesis-skeppingsverhale is vals nie, behalwe natuurlik deur selferkende ateïste wat ’n probleem met veel meer in die Bybel het as die skeppingsverhale. Uit die teologiese oorde wel verskeie voorbeelde van verwysings na metafories en verwant.
Beide skeppingsverhale dateer ook nie uit die Babiloniese ballingskap nie. Die eerste Skeppingsverhaal, wat tweede in die Bybel geplaas is, dateer uit die tyd van Dawid en Salomo (volgens die laaste wat ek verneem het).
Prof. Van Rooyen, toe hy die NH Kerk se evolusiestandpunt in die e-Hervormer gestel het, het na die voor-historiese (voor Abraham) en die historiese tyd verwys.
Dis Fanie Coetsee (emeritus) het in die GKSA se Die Kerkblad geskryf oor God se twee soorte openbaring, die Skrif en die Skepping (natuur en wetenskap).
Die GKSA is juis in ’n interessante twis gewikkel oor welke Psalms as Messiaans beskou kan word, en watter wat in die verlede as sodanig beskou is, nie meer so beskou kan word nie. Ek opper dit aan die hand van verwysings hier na tekste in die Nuwe testament wat na gebeure en tekste in die Ou Testament verwys, en omgekeerd.
Soms is dit betreklik maklik om te weet welke is nie veronderstel om Messiaanse tekste te wees nie, ander is komplekser. ’n Goeie voorbeeld is Psalm 110, en die teks: “Die Here het vir my Here gesê.” Inderdaad verwys Jesus na die teks, juis toe Hy besig was om sy Goddelike karakter te openbaar. So lyk dit dus eerder, en maak dit sin, dat die een Here na God-drie-eenheid verwys, en die ander na die Dawidiaanse koning. So ’n koning sou God (wat Jesus insluit) immers nie as “Here” aanspreek as Jesus sy kind was nie.
Word die teks anders uitgelê, naamlik dat die een Here na Jesus en nie ’n Dawidiaanse koning verwys nie, het ons die lastigheid dat Jesus sy vyande so verslaan dat hul lyke die valleie vol lê. ’n Mens word dus met ’n karakterskepping van God gekonfronteer. Die beswaarmakers van diegene dat sommige tekste nie meer as Messiaans beoordeel word nie, is juis dat God so Sy vergeldingskarakter ontneem word. Jesus se boodskap was egter “vrede op aarde en in die mens ’n welbehae.”
Wat my terugbring by die tema van ’n reeks preke ’n ruk gelede in ons gemeente: “In die begin het God die mens geskep, maar sedertdien skep die mens God.”
Die Here verwag werklik nie van ons om “namens” Hom te debatteer op manier wat Hy self afkeer nie. (Die eienskappe van die goeie vrugte is maar een voorbeeld van wat van ons verwag word). Toevallig het ek die naweek per e-pos foto’s gekry van ’n redakteur wat dit weer uit Nederland gekry het, wat wys hoe die skelette van yslike reuse opgegrawe word. Sy wou weet of dit gedokterte foto’s is (wat dit ooglopend was). Ek gaan maak egter seker, en dit is so. Dieselfde foto’s word vir “opgrawings” in “Arabië,” Indië en Griekeland gebruik om maar ’n paar te noem. Dis al jare gelede as gedokterde foto’s uitgewys. Wat egter meer ontstellend is, is om te sien hoeveel webwerwe gebruik daardie selfde foto’s, met een van die storie-variasies, as “bewys” dat die Bybel reg is in sy verwysing na reuse.
(Wat natuurlik nie beteken daar was nie reuse nie. Die bison het ’n prehistoriese reuse subspesie, en ’n meer onlangse reuse subspesie gehad, en die Afrikabuffel ook ’n pre-historiese reuse spesie).
Die punt is dis verkeerd om bedrog “namens” die Here in te span.
Om af te sluit – ek is nie seker of die Diversiteitsforum die regte plek is om hieroor klinkklare antwoorde te kry nie. Die kundiges neem in elk geval nie hier deel nie, en dit is al baie beter en deur kundige mense in ander kerklike publikasies behandel. My enigste natuurwetenskaplike invalshoeke is die geomorfologie en die Bybelse argeologie, en dit laat die Skeppingsverhale soos musiek klink as mens ook hierdie openbaringswyse van God vir die verstaan en uitleg inspan.
 
Stefaan de Jager
2011-12-06
Herman, hierdie opmerking het my nogal aangespreek: “In die begin het God die mens geskep, maar sedertdien skep die mens God.” Die oortreding van die tweede gebod is juis daar waar die mens probeer om `n beeld van God te skep wat nie bestaan nie. Om God te draai tot Hy my pas.
God is liefde en God is heilig. Die een kan nie sonder die ander nie. Die rede waarom daar op hierdie forum so baie klem gelê word op die heiligheid van God, is omdat ons in ons kerke eintlik bitter min hoor van sonde, berou en lewens gaan regmaak met die Here. Ek hoor die ander dag `n “emergent” ds, wat met die storie loop dat Christus 2000 jaar gelede reeds al sy sonde vergewe het. Waar hy intussen besig is om met sy buurman se vrou te lol is vir hom hopelik deel van die pakket van 2000 jaar terug. Dis blykbaar nie vir hom so erg nie. Dalk het die man maar net `n kort aandagspan of hy is aandag afleibaar, maar sonde mag dit nie genoem word nie.
 
Bruce
2011-12-06
God se genade is so groot dat Hy my aanvaar net soos ek is, maar Sy liefde is so groot dat Hy my nooit sal laat net soos ek is
 
Henrietta Klaasing
2011-12-06
Tony Jones , een van die leiers van die Emerging Church, se boek “The church is flat: the relational ecclesiology of the emerging church movement”, word deur Kerkbode aanbeveel op hul muur by Facebook. Omdat my kerk dit op hul Facebookblad aanbeveel , het ek bietjie gaan nalees.
Lees wat sê ’n ou vriend van Tony oor hom, hier:
Dit lyk my Tony Jones se vriend is oor presies dieselfde dinge aangaande die “emergents” bekommerd as sommige van ons hier . . .
 
Wynand
2011-12-06
Phillip
Jy sê: “Diversiteit sonder Goddelike transformasie kan dus nie ’n Bybelse konsep wees nie, en nog minder ’n evangeliese konsep.”
Al wat ek kan sê is Amen en Amen
 
Wynand
2011-12-06
Herman
Jy sê “Word die teks anders uitgelê, naamlik dat die een Here na Jesus en nie ’n Dawidiaanse koning verwys nie, het ons die lastigheid dat Jesus sy vyande so verslaan dat hul lyke die valleie vol lê”
Ek wonder of ek jou verkeerd verstaan, sê maar as dit die geval is.
Ek voel bietjie verlee om aan ’n teoloog uit te wys dat Jesus ’n eerste keer gekom het maar ook weer sal kom.
 
Wynand
2011-12-06
Johan
Daar is baie interpretasies van die Bybel.
Aanvaar jy Jim Jones van Jonestown se interpretasie?
Indien nie, waarom nie?
Indien postmodernisme korrek is, is sy interpretasie van die Bybel most net so geldig soos joune.
 
Johann Basson
2011-12-06
DIE KERNVRAAG
Die kernvraag is: “Wat moet gedoen word om mense tot NUWE KREATIEWE DENKE oor menswees te beweeg wat sal lei tot ’n regverdige, volhoubare en insluitende groei vir ALLE Suid-Afrikaners, EIESOORTIG EN ANDERSSOORTIG, sonder om hul nageslagte se reg op volhoubare ontwikkeling te benadeel?”
•             Is hierdie uitdaging nie ’n ongelooflike geleentheid om deur ’n gedeelde en gemeenskaplike “visie vir ’n regverdige, volhoubare en insluitende groei vir alle Suid-Afrikaners, sonder om hul nageslagte se reg op volhoubare ontwikkeling te benadeel” na anderssoortiges uit te reik nie? En daardeur ook ’n mens se geloofsoortuiginge en waardestelsel met andere te deel nie?
•             Is dit nie ’n ongelooflike geleentheid om ’n mens se geloofsoortuiginge te toets en te louter nie?
•             Is dit nie ’n ongelooflike geleentheid om op ons blink vos perde uit die voortdurende reformerende lager te galop en die geleenthede tot suksesse te omskep nie?
•             Yorkies Heidi, Klara en Bussie stuur groete. Hulle is by die perdestal besig om die saals en tooms te versorg vir die groot galop!
 
Albert Cruywagen
2011-12-06
Ek kyk laas week na ’n dokumentêre TV-program oor die kro-magnon mense. Dis die eerste homo sapiens sapiens in Europa 15 000 jaar gelede. Talle geografiese, paleontologiese, ens getuienis is aangebied. Diversiteit is (o.a.) om na te dink oor hulle “geestelike” lewe.
 
Wynand
2011-12-06
Johann, hoekom gaan staan jy nie vir ’n politieke party nie?
Daar was eendag ’n seuntjie wat sy pa gepla het terwyl probeer werk het.
Die pa het uiteindelik ’n wereldkaart uit die Huisgenoot geskeur, dit is stukkies geskeur en vir die kind gesê: Hier, bou hierdie legkaart.
5 Minute later het die seun sy pa geroep, die wêreldkaart perfek gebou.
Die pa was verbaas. “Hoe het jy dit so vinnig reggekry”
Die seuntjie lag “Daar is ’n prentjie van ’n man op die agterkant van die wêreld. Ek het gedink as die man reg is sal die wêreld ook reg wees.”
Die probleem met die sosiale evangelie is dat dit die wêreld probeer regmaak sonder om die man reg te maak. Dit sal altyd faal.
Die antwoord op jou vraag oor wat gedoen moet word? Begin met die verkondiging van die evangelie, sodat jou sosiale aksies outentiek kan wees.
 
Wynand
2011-12-06
Albert
Dit is ’n baie interessante onderwerp. Vertel ons bietjie meer!
 
Albert Cruywagen
2011-12-06
Diversioteit is om ernstig en filosofies na te dink oor die moontlikheid van nog ’n bewoonbare planeet, soos vanaand in die nuus berig. Hoe raak dit die geloofslewe? Wat maak dit met ’n godsbegrip? Hoe werk dsie verlossing daar? Ens. Ens. Ens.
 
Evert Meyer
2011-12-06
Herman, baie dankie vir jou terugskryf. Ek waardeer dit. Jy skryf egter baie, maar raak slegs bitter liggies aan my vraag aan Albert.
Ek verstaan nie heeltemal jou stelling oor niemand wat Genesis ass vals sien nie. Dit is vir my ’n redelike verstommende stelling. Ons leer van vroeg op skool af dat die aarde nie in ses dae geskape is nie en beslis nie in die volgorde soos gegee in die skeppingsverhal(e) nie. Ons leer ook dat daar beslis geen manier was dat ’n vloed die hele aardbol oortrek het nie, soos ons lees in Noag se verhaal.
Hoe moet mens dit anders vertolk as vals? Die Bybel verkondig onwaarhede. Onwaarhede is valshede. Ek weet regtig nie hoe mens dit anders kan interpreteer nie.
Myns insiens is dit wel relevant tot diversiteit, aangesien diverse interpretasies kan aanleiding gee tot diverse sienings en diverse teologie.
 
Wynand
2011-12-06
‘n Klein regstellingtjie:
‘n Vriend het my aangevat oor my gebrekkige eksegese van Jesaja 7: Immanuel was WEL Jesaja se kind ook, en Jesaja se kind Immanuel was die voorteken van die Kind van Jesaja 9, die Magtige God, wat “God met ons” is.
Jes 8:18 Hier is ek en die kinders wat die Here my gegee het — tot tekens en sinnebeelde is ons in Israel, vanweë die Here van die leërskare wat op die berg Sion woon.
En in Jesaja 8:19, die volgende vers, begin die profeet om die geestelike duisternis van die volk te beskryf. Ses versies verder begin Jesaja 9 se beroemde Messiaslied. “Die volk wat in duisternis wandel het ’n groot lig gesien!”
Immanuel is Jesaja se seun. Jesaja se seun is ’n “teken en sinnebeeld” van die Messias, ook Immanuel volgens Mat 1:23!
So die antwoord bly steeds: Jesaja 7 en 8 voorspel wel die Messias!
Ek vra om verskoning vir al die konnipsie fits wat ek veroorsaak het met die fout. Die uiteindelike uitkoms is egter dieselfde!
Petrus het ook foute gemaak, en kyk waar sit hy nou deur die Genade! 😀
 
Wynand
2011-12-06
Albert
Dink jy regtig mense dink nie oor die vrae wat jy pos nie?
Dit is egter nie nodig om tot die gevolgtrekking te kom dat Esegiël na die nuut ontdekte planeet gevlieg het in ’n wiel-binne-‘n-wiel UFO, soos Erich von Daniken beweer het nie. Dit is ook onnodig om tot die gevolgtrekking te kom dat evolusie waar is. As biologiese wetenskaplike weet ek dit is ’n onmoontlikheid.
Spekulasie is een ding. Wetenskaplike ondersoek nog iets anders. Daar is baie dinge omtrent God en die skepping wat ons nie weet nie.
Maar
Die Bybel gee ons al die kennis wat ons nodig het om God te ken, en in ’n liefdes verhouding met Hom te staan.
 
Stefaan de Jager
2011-12-07
Albert
Oor die moontlikheid van nog `n bewoonbare planeet. Gestel daar sou wesens wees soos ons. Dit bly ondenkbaar groot dat God besluit het om as `n mens na hierdie klein aardetjie van ons te kom sodat ons Hom kon leer ken. Waarom sou God nie ook na sulke ander planete kon gaan en daar vir hulle soos hulle word nie? So baie verwonder ek my daaroor dat ek met Jesus kontak het wanneer ek bid, asof ek op daardie oomblik die enigste mens op aarde is. Dat Hy uit die ewigheid op my “inzoom”. Dis soos wanneer jy op die strand lê en “tan”. Dit voel vanaad vir jou by die huis asof die son net op jou geskyn het. Die ou wat verder af op die strand was beleef dit weer asof dit net op hom was. Dis die wonder van die Heilige Gees se koms, dat elke gelowige daardie kontak met die Here het. Dit maak gebed lewend.
Ek onthou die aand toe ek “The passion of the Christ” gaan kyk het. Die ongelooflike ervaring toe ek later die aand in die tuin met die Here praat en Hom dank dat Hy hier by my net so werklik in die tuin is as destyds saam met Sy dissipels. Net die Heilige Gees kan dit aan mens openbaar. Ons rede het nie hierdie vermoë nie.
Dalk is daar ander wesens op ander leefbare planete wat die Here Jesus ook vanaand aanbid. Hoe sal ons weet?
 
Henrietta Klaasing
2011-12-07
Dankie Stefaan vir jou laaste plasing. Jou paragrafie “Dalk is daar ander wesens op ander leefbare planete wat die Here Jesus ook vanaand aanbid. Hoe sal ons weet?” het my laat dink: Het dit enigiets met my of ander mense se saligheid te doen – moet ons nie liewer hieraan iets doen nie?
 
Henrietta Klaasing
2011-12-07
@ Wynand: En daar is net één Plek waar “die man” reggemaak kan word: aan die voet van die Kruis van Jesus Christus
 
Albert Cruywagen
2011-12-07
Diversiteit is om te waak daarteen om nie van (antieke) kultuur in die Bybel, ’n stuk kanon te maak nie. Die destydse kultuur kan mos nie vir ons vandag in ons godsdiensbeoefening steeds voorskryf nie. Ons moet na die werklike boodskap in die Bybel kyk. Gelukkig help teologie die kerk daarmee.
 
Stefaan de Jager
2011-12-07
Albert
Die Heilige Gees maak die antieke geskrifte van die Bybel kanon. Die Heilige Gees slaan die brug van die verlede na die hede. Die teologie alleen kan dit nie doen nie dis maar net `n handige hulpmiddel om verbande te help lê. Die teologie alleen, sonder die Heilige Gees se inwerking op `n mens, kan nie die sluier wegneem nie. Israel in die Ou Testament se verstand was met `n sluier toegemaak. “Hulle verstand was ook toe, en vandag nog bly hulle verstand met dieselfde sluier toegemaak as hulle die Ou Testament lees, maar die sluier word deur Christus weggeneem vir iemand wat in Hom glo (2 Kor 3)”. Dit is natuurlik ook die rede waarom mense nie vir Jesus in die Ou Testament kan raaksien nie want hul verstand is nog met `n sluier toegemaak. Vers 17 sê dat dit die Heilige Gees is wat die sluier wegneem.
Teologie sonder die verligting van die Heilige Gees is boos. Dis geen kennis meer van God nie, alleen maar godsdienstige truuks.
 
Stefaan de Jager
2011-12-07
Albert
Ek kan my glad nie indink hoe “godsdiensbeoefening” moet lyk sonder die Bybel as kanon nie. Dan lê dit maar op dieselfde vlak as die meditasie van die Budhiste. Wat sou volgens jou die werklike boodskap van die Bybel dan wees? Ek dink nie jy weet self nie. As die Bybel nie die kanon is nie hoor jy heeldag maar net die klanke van jou eie hart.
 
Bruce
2011-12-07
Dankie Stefaan. Dis baie waar mbt die Heilige Gees – 1 Joh.2:27.
Die “antieke geskrifte” en die wyer lees daarvan, maak ook die agtergrond van die Boodskap duideliker, maar verander nie die Boodskap nie.
Wat ek egter nie verstaan nie, is dat ons die Genesis verhaal bevraagteken en dan stellings maak soos “die Bybel verkondig onwaarhede” en dat dit noodwendig lei tot “diverse teologie”
Praat van die baba met die badwater uitgooi !! Ekskuus, maar ek het lanklaas so ’n pot bollie gehoor !!
Dankie Here dat die Evangelie Boodskap geensins deur Genesis, Job, Jona, Daniel, ens. verander word nie en dat die goue draad van U liefde selfs in daardie ” onwaarhede” so duidelik sigbaar is deur die openbaring van U Heilige Gees in my.
Prys sy Naam !!
 
Herman Toerien
2011-12-07
@ Evert. Elke soort genre moet teen die karakter van die betrokke genre gemeet word – dat ’n gelykenis deur Jeusus metafories is maak dit nie vals nie, en nog minder die Bybel vals. Min geskryf die keer.
 
Johann Perkins
2011-12-07
@ Bruce, ek stem met jou saam, maar en persoonlik vir my is dit ’n groot MAAR moet ’n mens mooi kyk watter eksterne bronne ’n mens gebruik, (die wyer lees waarna jy verwys), ironies dat jy boeke soos Genesis, Daniel en Jona noem. As ’n mens mooi dink oor die boeke, wat het hulle in gemeen. Antw. Jesus! Dit is hoekom daar so ’n groot “aanslag” op die interpretasie is. As jy Jesus uit die begin van die Bybel verwyder, moet jy hom ook uit die einde verwyder. Jy bietjie na die drie boeke, Genesis = Verlossing, Jona = Jesus se opstanding uit die dood, Daniel = wederkoms van Jesus. Sien hoe maklik die verkeerde interpretasie van die boeke die geloowaardigheid van die NT kan aantas. En ek dink dit is presies wat Evert ook bedoel het. Net my opinie, ek hoop nie jy gaan ook noe predikante inn Vanderbijl bel om ’n agtergrond check op my te doen nie? :)……net ’n grappie…..
 
Wynand
2011-12-07
Vraag:
Die emergents praat van “Emergent Conversation.”
Waarom weier hulle altyd om te sê wat hulle glo?
Hoe is conversation enigsins moontlik as een party weier om te praat?
 
Stefaan de Jager
2011-12-07
Wynand
Hulle weet regtig nie wat hulle glo nie. Dis wat waarskynlik met die anonieme vyf dominee`s gebeur het. Al waarvan hulle seker is, is dat hulle nie meer die fundamentele waarhede van die Evangelie glo nie.
 
Hennie Mouton
2011-12-07
Stefaan, hier is ’n paar dinge wat jy kan oorweeg.
As daar in die Bybel van die skepping gepraat word, word na meer verwys as net die aarde.
Dit sluit tenminste die heelal ook in, soos bevestig deur die gebeure in die skeppingsweek.
Verder stel die Bybel dit dat die sondeval van Adam en Eva nie net hulle en hul nageslag uiters nadelig geraak het nie, maar ook die hele skepping, dus ook die res van die heelal.
Gegewe dit, sal dit vreemd wees as daar ander wesens, selfs naastenby gelyk aan die mens, op ander plekke in die heelal is, en hulle benadeel word deur gebeure wat geweldig ver van hulle verwyder is.
Het hulle toe ook in sonde verval?
Sou Christus, die enigste Seun van God en self God, dan ook vir hulle sondes gesterf het?
Christus se kruisdood en opstanding word in die Bybel weergegee as ’n heeltemal unieke gebeurtenis.
Intelligente lewe, soos ons, op ander plekke in die heelal, sou die teologie baie moeilik en onverstaanbaar gemaak het, as mens enigsins die Bybel as riglyn wil gebruik.
Sonder die Bybel as basis, kan enigiets natuurlik bedink word, maak nie saak hoe sinneloos nie, selfs al is dit dalk bloot menslik gesproke logies.
Die Christelike geloof, beginnende by Genesis, is immers deur God geopenbaar, nie deur mense bedink nie.
Die mens as “die kroon van die skepping” dui ook op die onwaarskynlikheid van ander intelligente fisiese lewe.
Verder gaan die mens op aarde en sy uiteindelik geskiedenis lei tot die oprol van die heelal soos ’n doek, en God se nuwe skepping van ’n “nuwe hemel en ’n nuwe aarde”.
Weereens sou dit onregverdig teenoor intelligente fisiese wesens op ander planete wees, as hulle toekoms bepaal word deur ontsaglike veraf aardse wesens.
So wat van die wetenskap?
Ja, in die laaste paar dekades is heelwat ekso-planete (buite ons sonnestelsel) ontdek.
Meeste is sodanig dat dit nie eers amper lewe soos ons dit ken kan bevat nie.
Selfs die enkeles wat naastenby vergelykbaar met die aarde is, is nie in genoeg eienskappe vergelykbaar met die aarde nie.
So byvoorbeeld is dit onbekend of die nuutste een lopende water bevat.
Geen lewe van enige aard is al in die buiteruim ontdek nie – daar was ’n paar kandidate, maar verdere studie het hulle almal verwerp of tot onwaarskynlikhede gedegradeer.
Die aarde bevat soveel besondere eienskappe wat in baie nou toleransiebande reg moet wees om lewe te onderhou, dat die statistiese kans om nog so een te vind, of dat daar selfs nog so een bestaan, baie laer is as wat sommige wetenskaplikes graag verkondig.
Laasgenoemde word dikwels verkondig om finansiële ondersteuning te probeer kry vir die grotendeels sinnelose SETI-programme (Search for Extra-Terrestrial Intelligence).
Elke nuwe enigsins aard-vergelykbare planeet wat ontdek word, en wat later blyk tog geen lewe bevat nie, is eintlik ’n bevestiging van die Bybelse gegewe dat lewe nie toevallig of natuurlik ontstaan het nie, maar deur die Skeppergod op bonatuurlike wyse geskep is.
 
Johann Basson
2011-12-07
‘N EVANGELIE VIR HONDER MAE?
En die bevolkingsgroei, werkloosheid, armoede, hongerte en wanhoop in Suid-Afrika verder toe.
Waarom enigsins in die Evangelie glo as ek werkloos, verarm en verhongerd is?
Wat het eerste gekom – die hoender of die eier? Wat moet eerste kom: die Evangelie of die vol maag?
Wys my deur jou woord en daad dat jy inderdaad vir my as werklose / verarmde, verhongerde omgee, wys my die vrugte van jou geloof, wys my wat dit beteken om ’n ware Christen, ’n Christus-navolger, te wees. En ek sal jou dan heel waarskynlik uitvra na jou waardestelsel en geloofsopvattinge en wat jou daartoe dryf om in my welsyn sonder bymotiewe belang te stel.
Allerhande eindlose debatte en filosoverings en etiketerings vul nie die honger maag nie.
“Haai Johann, onthou om die Diversiteitsforumgebruikers te vra waarom so min Reformerende Kerk-lidmate deelneem aan die d-i-v-e-r-s-i-t-e-i-t-s-gesprek,” roep Yorkie Bussie daar uit die swembad. Dit is ’n warm middag en ek gaan nou swem.
 
Johann Perkins
2011-12-07
As Yorkie Bussie dalk minder tyd in die swembad spandeer en meer tyd om te “practise what he preach” sal hy dalk op die antwoord afkom!
 
Stefaan de Jager
2011-12-07
Hennie
Dalk moet ek volstaan wat Henrietta sê nav of daar nie dalk ander wesens op ander planete is wat ook die Here aan bid nie: “Het dit enigiets met my of ander mense se saligheid te doen – moet ons nie liewer hieraan iets doen nie?” Ek voel my egter nie geroepe om so `n moontlikheid as onmoontlik te probeer verdedig nie. Ek ken die Here en alle ander nuwe uitvindings van die wetenskap is `n avontuur.
 
Henrietta Klaasing
2011-12-07
@Die drie Yorkies
Jong lyk my julle smokkel met jul baas se kop — lees mooi wat skryf hy hier:
“‘N EVANGELIE VIR HONDER MAE?”
 
Albert Cruywagen
2011-12-07
Na aanleiding van ’n facebook-post na vanoggend se (noordelike) roudiens vir Hendrik Venter: GOd woon nie in die hoogtes nie, Hy woon onder by die mense. Dis hoekom ek aanklank vind by ’n nie-teistiese godsbegrip.
 
Wynand
2011-12-07
Johan
Wys my deur jou woord en daad dat jy inderdaad vir my as werklose / verarmde, verhongerde omgee, wys my die vrugte van jou geloof, wys my wat dit beteken om ’n ware Christen, ’n Christus-navolger, te wees. En ek sal jou dan heel waarskynlik uitvra na jou waardestelsel en geloofsopvattinge en wat jou daartoe dryf om in my welsyn sonder bymotiewe belang te stel.
Jy maak jou skuldig aan vals antiteses. Dit is eenvoudig ’n leuen dat verkondiging van die evangelie en maatskaplike betrokkenheid en opheffing mekaar uitsluit. Waarom dink jy was al die skole en hospitale op die Afrika vasteland tot een honderd jaar gelede seur sendelinge gestig?
Hê?? !!
Hoeveel sendelinge was dokters, verpleegsters, en onderwysers wat hulle lewens en hulle kinders se lewens in Afrika gegee het?
Hoe vals, boos en wreed is dit om vir iemand kos te gee maar vere te voel of hy hel toe gaan of nie? Om te beweer, soos van die emergent guru’s “Ons respekteer hulle kultuur en godsdiens te veel om vir hulle te vertel hulle is verlore sonder Christus”?
Sal dit ooit moontlik wees om alle lyding die kant van die graf uit te skakel? HOE DURF JY DAN MENSE ONTNEEM VAN DIE ENIGSTE KANS OP NUWE LEWE IN CHRISTUS DEUR DIE EVANGELIE TE WEERHOU?*
Ek het sendingwerk gedoen in Afrika as dokter, en ’n jong Moslem man het vir my gesê: “Wynand, as jy regtig glo ek gaan hel toe omdat ek ’n Moslem is, EN JY IS MY VRIEND, sal jy alles in jou vermoë doen om my te probeer oorreed!”
Vir hom was die bewys van ons vriendskap die feit dat ek die evangelie aan hom verkondig het. (Hy het die Evangelie steeds nie geglo nie)
(* Ek praat nie van jou, Johan nie. Ek praat retories van die emergent gurus)
 
Wynand
2011-12-07
Albert
Wikipedia:
Theism, in the broadest sense, is the belief that at least one deity exists.[1] In a more specific sense, theism refers to a doctrine concerning the nature of a monotheistic God and God’s relationship to the universe.[2][3] Theism, in this specific sense, conceives of God as personal, present and active in the governance and organization of the world and the universe.
Dus glo jy nie in ’n persoonlike God nie?
Hierop het Moses tot God gespreek: Maar as ek by die kinders van Israel kom en aan hulle sê: Die God van julle vaders het my na julle gestuur, en hulle my vra: Hoe is sy naam? — wat moet ek hulle antwoord?
14 En God sê vir Moses: Ek is wat Ek is. Ook sê Hy: So moet jy die kinders van Israel antwoord: tEk is het my na julle gestuur.
15 Toe sê God verder vir Moses: Dit moet jy aan die kinders van Israel meedeel: Die Here, tdie God van julle vaders, die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob, het my na julle gestuur. Dit is tmy Naam vir ewig, en dit is my gedenknaam van geslag tot geslag.
Dus verwerp jy die God van Abraham, Isak en Jakob, wat duidelik persoonlik en radikaal betrokke by Sy mense is?
Of aanbid jy ook die patetiese klein agtersak godjie van panenteïsme?
Ek dink jy behoort jou gemeente in te lig en onmiddelik uit die bediening te bedank, Albert. As jy die radikaal transendente maar ook radikaal immanente persoonlike God van die Bybel verwerp en jy bedank nie uit jou bediening nie het jy geen integriteit nie.
 
Albert Cruywagen
2011-12-07
DIe inleiding van Richard Dawkins se boek The magic of reality is amper ’n volledige preek!
 
Johann Perkins
2011-12-07
@ Albert, ek wonder of u mooi gedink het oor wat u geskryf het:
“Die inleiding van Richard Dawkins se boek The magic of reality is amper ’n volledige preek!
,en of u dit net skryf om reaksie te kry. Hiermee u gedeelte van ’n oorsig deur Tim Radford rakende die boek waarna u verwys. Ek het die gedeeltes wat vir my uitgestaan het in HOOFLETTERS geskryf.
“Myths and fables are the first Just So stories; they tell us what we would like to know. SCIENCE tells us what we MAY know, along with why and how we MAY know it. Myths endure because, at their best, they are great stories. The NARRATIVE of SCIENCE is always INCOMPLETE, continuously under REVISION, and SELDOM DELIVERS a neat ending or a consoling moral.”
As ek so na die “moontlikhede” en “miskiens” van die wetenskap kyk soos in die oorsig uitgewys, speel u maar ’n redelike gevaarlike dobbelspel met u siel!
 
Thomas
2011-12-07
Johann, waarom onderskei jy nie tussen ’n liggaamlike en ’n geestelike honger nie? Pas dit jou agenda waarmee jy hier deurgaans besig is? Meen jy dat liggaamlike versadiging sal lei tot die aanvaarding van die Evangelie van Jesus Christus? As dit so eenvoudig was, dan was die hele wêreld waarskynlik ’n Christenwêreld. Beslis nie! Jy kan iemand se liggaamlike honger stil, maar as daar nie ook ’n geestelike honger na die Evangelie bestaan nie, sal jy geen duim met hom/haar vorder nie. Johann, ek vermoed lank reeds dat jy baie subtiel besig is om skuldgevoelens by Christengelowiges te wek waarin jou jongste poging is om ’n valse verband te probeer lê tussen liggaamlike honger en die aanvaarding van die Evangelie. Johann, jy ken tog sekerlik ook die uitdrukking van om die hand te byt van dié een wat jou kosgee. Voorbeeld: In ’n ontleding van die moordstatistiek van ons land sal ons beslis ook so ’n kategorie aantref. En hoe nou gemaak met jou valse verband tussen die stel van ligaamlike hongerversadiging en die aanvaarding van die Evangelie in sulke gevalle?
 
Henrietta Klaasing
2011-12-07
@Thomas (en indirek ook Johann):
Jou verwysing na fisiese en geestelike honger het my laat dink aan wat Augustinus gesê het in verband met ons diep verlangens, ons dors na God. Volgens Augustinus het elke mens ’n holte wat deur God geskape is : “Each of us has a Hollow Core in our personality, a central part that is empty but yearns to be filled”. Hierdie “innermost being” soos hy dit ook noem, is òf die plek waar God se Gees ons vul, òf dit word ’n “monstrous power that relentlessly contols the core direction of our lives.”
 
Evert Meyer
2011-12-07
Herman, baie dankie vir jou kort en bondige terugskryf. Soos jy dit daar verwoord het, is hoe ek dit ook geleer het sedert kindsbeen. Jesus se gelykenisse, wat ooglopend metafories is, kan nie regtig vergelyk word met Genesis nie. Jesus se gelykenisse kan enigeen wat in staat is om te lees sien is ’n storie met ’n boodskap. Genesis leer mens is eers ’n storie as een of ander teoloog vir mens vertel dis nie die waarheid of werklike geskiedenis nie. Dit is geskryf as geskiedenis en daar is geen tekens of ooglopende leidrade dat dit as iets anders gelees moet word nie.
Hoe kan mens eerlik met jouself wees en glo dat ander kulture se fabels God-geasem is? As God nie geskep het soos aangedui in Genesis nie (en ook verskeie kere elders in die Bybel), hoekom het Hy dan nie eerder die waarheid in sy Woord gesit nie? Hy het immers die Woord geinspireer.
Ek wag nog steeds vir Albert se antwoord hierop, wat opgelei is in hierdie sake.
 
Albert Cruywagen
2011-12-07
Ek wonder wat die inhoud Neanderthal-mense se spiritualiteit was? Die laaste een het blykbaar 24 000 jaar gelede geleef. Hulle het hulle dooies begrawe met voorwerpe vir die reis na afsterwe.
 
Thomas
2011-12-07
Albert, waarom verkwis jy jou tyd en energie met so ’n sinnelose vraag oor Neanderthalmense se spiritualiteit? Vorm dit deel van die opdrag wat ons van Jesus Christus ontvang het om op so ’n wyse te wonder oor die verlede dat ons ons opdrag met betrekking tot die hede en die toekoms verwaarloos toe Hy vir ons gesê het: Gaan dan heen en maak dissipels van al die nasies?
 
gerhard bothma
2011-12-07
ONTHOU:
Op hierdie forum wil ons baie graag ’n oop gesprek oor diversiteit – en nou ook menswaardigheid – stimuleer. Daar is geen sprake van sensuur nie en alle boodskappe word aanvanklik geplaas, maar vanselfsprekend moet die gesprek op ’n hoë vlak gevoer word.
Slegs boodskappe oor diversiteit en menswaardigheid geloofsake nie, moet hier geplaas word. Daar is baie ander forums waarop oor algemene en spesifieke geloofsake gesels kan word.
Maak gerus bydraes rakende menswaardigheid. Hoe sou jy hierdie konsep omskryf? Wat is dit om menswaardig te wees? Wat is nodig om menswaardigheid te bevorder? Hoe behandel ons iemand anders menswaardig?
‘n Kort opskrif oor die tema sal lesers help.
 
gerhard bothma
2011-12-07
Albert, dankie vir jou vraag oor die spiritualiteit van Neandertallers.
Alhoewel dit bloot kon wees om die reuk vir skerptand-aasdiere te verbloem dat hulle hulle afgestorwenes begrawe het, is daar tog tekens van spiritualiteit by Neandertallers. Godsdiens en simboliese denke het saam met mekaar deel van die mensewereld geword. Dit blyk dat dit met verband hou met ontwikkeling in die “neurale harde- en sagteware” van hierdie mense. Ontwikkelinge in die brein het meegebring dat die mense nie net byvoorbeeld voor ’n jagtog die jagproses in ’n ‘proeflopie’ kon visualiseer nie, maar ook dat taal hiermee saam ontwikkel het en ’n aanvoeling vir die “meer as” begin ervaar het.
‘n Populêre werk wat lekker lees, is Charles Foster se “Wired for God? The biology of spiritual experience” (Hodder, 2010). In hoofstuk 11 (p195-230) skryf hy oor “Religious experience and the origin of religion”
 
Hennie Mouton
2011-12-07
Albert, jy is reg om Neanderdallers mense te noem want hulle was soos alle ander mense na die Vloed afstammelinge van Noag, sy 3 seuns en hul 4 vrouens. Jy erken dus hul menswaardigheid en voldoen dus aan Gerhard se jongste versoek. Ja, Neanderdallers het hul dooies begrawe, het kos in vuurherde gaar gemaak, het wapens gemaak, het musiekinstrumente gemaak, het ondertrou met mense met moderne morfologie en was nie as sulks die moderne mens se voorganger nie, want hulle het gelyktydig met modernlykende mense geleef. Omdat hulle van Noag afgestam het, het hulle oorspronklik, soos enige ander nasie op aarde, kennis van die ware God in hul voorgeslagte gehad. Verdraaiings daarvan, soos by baie ander nasies om verskeie redes, het waarskynlik ook by hulle plaasgevind. Hul morfologie was kenmerkend, maar nie buite die variasie wat onder mense moontlik was nie.
Verdraaiing van die ware geloof is natuurlik vandag ook nie vreemd nie, soos post-teïsme, panenteïsme, boeddhisme ensovoorts demonstreer.
 
Wynand
2011-12-08
Ek dink Albert faal die Turing toets.
Hy is eintlik ’n webbot wat programmeer is om met tussneposes stellings hier te pos. Dit is hoekom hy net stellings maak maar aan geen gesprekke deelneem nie.
Gerhard, Ek wil ook graag ’n webbot hê. Waar kan ek een kry?
 
Wynand
2011-12-08
O, en my pos hieronder het betrekking op diversiteit.
Hoe pas webbotte in in die nuwe soeperdoeper diverse NGK?
 
Gert Brynard
2011-12-08
Die webmeester sal genoodsaak word om n ‘skadebeheerder’ aan te stel en twee ambulanse in te bring; gemerk “Hemel” en “Hel” respektiewelik. Daar is egter nie sulke bestemmings nie en dus is die enigste oplossing oënskynlik om die slagveld te sluit voordat dit nog erger word. Voordat dit gebeur; kom ons probeer iets anders. (n Voorstel; nie oorname van die forum nie.)
Ons moet eers die definisies/reëls vir die volgende rondes bepaal:
1.            Wat bedoel’fundamentalisme’? Dit beskryf diè wat voel dat hulle stry teen magte wat hul heiligste waardes bedreig. Die grondoorsaak van fundamentalisme is verandering as gevolg van “modernisering”. Fundamentalistiese Christene sal bv. bely dat die Bybel letterlik deur God geïnspireer en dus onfeilbaar is, maar sal nie Ou Testamentiese voorskrifte i.v.m. dieet, offerandes of steniging ens. gehoorsaam nie. Dit word gemotiveer deur angste, vrese en begeertes wat betreklik normale reaksies is op probleme om aan te pas in ’n moderne wêreld.. Sulke beginsels en slagspreuke lei die aandag af van die kompleksiteit van verskynsels en situasies en stuur die denke van aanhangers weg van ’n oop gesprek met diegene wat sake anders sien. n Ander baie algemene kenmerk is ’n aggressiewe, onchristelike onverdraagsaamheid teenoor ander standpunte. Dit kan verskillende vorme aanneem: beskuldigings van leerdwaling, Godslaster of kettery en so meer.
Herken julle diè scenario?
Onthou dat dit ook geldig is vir die ‘opposisie’!
[“Waarom baklei hulle so venynig en soms vieslik- kaalvuis-onvroulik – om dit wat hulle kwansuis as die waarheid beskou, te verdedig, terwyl almal eintlik veronderstel is om te weet dat niemand eintlik weet wat die waarheid is nie”]
2.            Besef dat alles, letterlik alles, wat ons herken/sintuiglik waarneem, ervaar, kan beskryf, glo, weet ens. ens. in die menslike brein gebore en ontwikkel is. So ook die idee om alles wat jy nie kan verstaan nie aan die onsigbare ,onbegryplike, misterieuse bron van ontstaan toe te skryf en dit “n god” te noem. Dat ons slegs handel,dink ens. deurmiddel van n altyddurende proses van leer en navolging.
3.            Daar kan slegs EEN Skeppergod wees wat die heelal en alles ‘daarin’ geskep het en nie net die Christengelowiges nie en die ander miljarde mense verdoem het nie.
4.            Dat die Jode n klompie duisend jare gelede eers vir Elohim/JHWH in plaas van Marduk as hulle EEN god gekies het.{Let op dat hulle besit van n vrye wil – (soos die oer-eva) – vertoon het}
5.            Dat ons nie regtig meer ons “Gereformeerde Identiteit” kan onderskryf nie. Dit sê mos dat ons nie met n gestolde waarheidsbegrip werk nie en dit volgens die noodsaak van n suiwer leer, gedurig aanpassing vereis.[“Die boodskap moet telkens nuut verstaan word teen die agtergrond van die eise van die tyd”.] (Aanpassings is lank verby verval datum.) Dit beteken ook dat die “glo in” met die “weet” (van nuwe kennis) aangepas sal word om leuens te vermy.
6.            Dat ons deur alles wat ons uit bostaande kan leer,sal gebruik om die verlede te analiseer vir die opbou van nuwe aangepaste insigte/interpretasies en konstruksie van presies dieselfde basiese geloofs-/godsdienswaardes uit dieselfde Bybel (die boodskap van God) en met die toepassing van die morele waardes (kennis van goed en kwaad) waarmee ons geskep is. (Waar ons nie leiding direk uit die Bybel kan kry nie, moet ons eie ontwerpte en toepasbare wette daarstel. Daar kry ons dan klarigheid oor “letterlik” (die geskiedenis/stories van en bemoeienis van Israel met JHWH) en “metafoor,” die godsdiens wat ontwikkel word. Kry stryery tussen teoloë en gevolglike verwarring ook sommer einde en almal verstaan beter wat bv. opstanding regtig beskryf.
Uitgedruk interme van my gebrekkige taalgebruikvermoëns, beteken dit dat ons sal kan insien- met behulp van n deeglike studie van alle nuwe kennis soos deur die teologiese navorsing op hierdeie gebied reeds vrygestel – hoe die inspirasie toegepas was. Die samestelling van mites/verhale/geskrifte uit verskillende streke rondom Mesopotamië, die terugskrywings, die interpretasies/idiologië (Konstantyn, Tertulianus, Augustinus ens.) aan sekere woordgebruike, die inbring van n scapegoat/erfsonde om God van sekere dinge wat nie pas by “goed”, “alwetend”, “almagtig”, ens. nie, te vrywaar, vereis voorwaar “inspirering”.
Die poging om Ou Testament (onverdraagsaanheid,moord en doodslag,God se volk,wette) en Nuwe Testament (liefde, deernis, verdraagsaamheid, kruis, Christus, Drie-Eenheid) te konstrueer en aanmekaar te skakel en dit nog altyd onfeilbaar te noem, slaag nie nou meer goed nie, want die kennis en omstandighede het evolusie ondergaan. Dit bring die begrensing teen dwaling (belydenisse/dogmas/so sê die God van Israel) ook onder onhoubare druk.
Die inspirasie het nou al vernuwing ondergaan.
“Mense hou daarvan om vir hulleself ’n fiktiewe wêreld te skep deur aannames te maak, drome te konkretiseer en utopias te verletterlik, en om dan rustig binne hul selfgeskepte gemaksone te “eksisteer”. Maar dalk is dit nodig om na ander te luister. Om na soveel as moontlik wat anders dink, te luister. Dit is dalk nodig om ander se waarhede te oordink en om oop te wees vir lig wat daarin mag skyn.”
Hier lê baie harde werk en n drang om nie jou godsdiens en geloof later prys te gee omdat jy besef jy verstaan nie regtig hoekom jy nog klou aan onverstaanbare geïndoktrineerde dinge (“massahipnose”/opsweping?) uit die verlede nie.
As jy nie meer aan Rooi Kappie of die tandmuis en sommer ook aan Tarzan die aapman glo nie, sal jy verstaan wat hier die onderliggende bedoeling/boodskap is.
Net nog die volgende paar gedagtes.
n Wakkerword proses is pynlik en kan eers volg na n slagveld van teenstribbel. Die slagveld was/is egter nie sonder waarde nie. n Mens leer baie en al meer deur te luister en te oorweeg, want niemand het n hele waarheid in pag nie. Mens ondek dalk net dat waarhede nie noodwendig mekaar uitsluit nie.
Die enigste ewige waarheid is steeds net die sekerheid van die ontstaan, ontwikkeling/groei van nuwe lewe en die sekerheid van die dood/terug na stof (materie)en energie (‘gees’) en die feit dat die soeke na waarheid die beste vorm van sekerheid bly.
Die enigste naam wat ek wil noem, is die van Ben omdat ek saamstem met sy gedagte en hy waarskynlik sal onthou dat ek lankgelede reeds persoonlike gespreksgroepterapie – veral in my eie gemeente – gepropageer het. [Daar is nog ander forums waar dieselfde stryd ewe vel heers en ook sonder enige teken van vordering na die visie (en missie) waar jy kan aanhou met afstand skermutselings.]
Ongelukkig is die reël van sy voorgestelde privaat groepe, moeiliker uitvoerbaar. Gemeentes – soos myne – is nie te vinde vir enige interne reëlings nie. Ek mag hulle nie sommer net swartsmeer nie. As Christen moet ek vergewe; as seergemaakte is dit net moeiliker. Die konsekwensies sal net nog n erger slagveld veroorsaak. Dit kan net Christenkerkgedrewe wees. Ek het wel moeite om die betrokkenes se selfopgelegte integriteitswroeging vir hulle te verwerk.
Onthou dat interpretasie nie as geldig aanvaar kan word as dit nie deur die meerderheid van n groep ‘deskundiges’ aanvaar word nie.
Dit is die werklike grondslag van my inset hier.
Sterkte met die verwerking en verstaan-met-geloofbehoudingproses wat hier betrokke is en n geseënde Christusfees vir almal wat aan Elohim, ons Een God, glo en Hom wil dien.
 
Philip du Toit
2011-12-08
@Gert B.
As ek reg verstaan, bepleit jy dus fisikalisme, positivisme en naturalisme?
Hier is iets in verband hiermee om aan te herkou:
Kyk gerus na hierdie artikel, geskryf deur Callie Joubert (2 X PhD’s in filosofie):
 
Albert Cruywagen
2011-12-08
Brief in vandag se Beeld: Woorde soos “ateis”, “liberaal”, “godslasterlik”, “bedrieg”, “onbybels”, “gee pad uit die kerk”, “sonder integriteit” (my byvoeging) is tekenend van ’n verskynsel wat reeds uit die eerste eeue van die Xtendom spruit. Na 2000 jaar kon fundamentaliste en ruimdenkendes mekaar nie vind nie. G’n wonder so baie mense het oor die wêreld heen reeds die kerk verlaat nie, hoewel meeste van hulle hulleself steeds as gelowig beskou.
Herman Toerien
2011-12-08
@ Evert. Ek het verwys na die verskillende maniere verwys waarop verskillende genres verstaan moet word.
 
Wynand
2011-12-08
Albert
Die rede hoekom daar van die begin af gestry word teen dwaling is omdat die die Here self se opdrag is. Sien dei teksverwysings hieronder.
Jy het hieronder bely dat jy nie in God glo nie, jy is ’n nie-teïs.
Weet jou gemeente dat jy elke sondag op die preekstoel staan en preek terwyl jy nie in God glo nie?
Wat sê dit van jou integriteit dat jy so vir hulle lieg?
Of is integriteit ook een van die woorde wat “uit die moderne era” kom en dus geen plek het in ons tyd van postmodernisme nie?
Hoekom wil jy in elk geval deel wees van die NG Kerk as jy die God van die NG Kerk verwerp? Is dit vir jou salaris pensioen? Besef jy dan dat jy jou geld oneerlik verdien, en jy moreel op die selfde vlak as ’n bankrower is?
As ek jou verkeerd opsom Albert, versoon my en stel my dan reg.
Maar ek dink regtig ek moet jou gemeente kontak en inlig oor wat jy glo. Jy doen onskuldige mense onberekenbare skade aan met jou oneerlikheid. Daar is ’n rede hoekom Jesus jou ’n “wolf in skaapsklere” noem.
Weereens, as ek verkeerd is, stel my reg. Daar is egter geen ander manier waarop ek jou geloofsbelydenis as Nie-teïs kan interpreteer nie.
Ten spyte van wat postmoderniste beweer het woorde wel betekenis. Die woorde Nie-teïs het dus ook betekenis.
Ek bid dat jy Christus se genade sal ervaar en tot bekering sal kom, en dat die katastrofe wat andersins onvermydelik in jou gemeente sal kom daardeur afgeweer kan word.
Mat. 7:15: “Pas op vir die vals profete. Hulle kom na julle toe in skaapsklere, maar in werklikheid is hulle verskeurende wolwe.”
Hand.20:28 Pas julle self op en die hele kudde wat die Heilige Gees onder julle sorg gestel het. Soos wagters ’n kudde versorg, so moet julle die gemeente van God versorg wat Hy vir Hom verkry het deur die bloed van sy eie Seun. 29 Ek weet dat daar ná my vertrek wrede wolwe onder julle sal indring, en hulle sal die kudde nie ontsien nie. 30 Ja, uit julle eie geledere sal daar mense na vore kom wat met leuens die gelowiges agter hulle aan sal probeer verlei. 31 Wees waaksaam.
1 Tim. 1:3 Soos by my vertrek na Masedonië toe, dring ek nou weer by jou daarop aan om in Efese te bly. Daar is sekere mense wat vals leerstellings versprei, en jy moet hulle dit verbied.
2 Pet.2:1 Maar daar was ook vals profete onder die volk, en so sal daar ook onder julle vals leraars kom. Hulle sal verderflike dwaalleer insmokkel en die Here wat hulle vrygekoop het, verloën. So sal hulle hulleself baie gou in die verderf stort. 2 Baie mense sal hulle losbandigheid navolg, en deur hulle toedoen sal mense kwaad praat van die Weg van die waarheid. 3 In hulle hebsug sal hulle julle met allerhande stories uitbuit. Maar hulle vonnis is lankal gevel, en hulle ondergang is onafwendbaar.
 
Hennie Mouton
2011-12-08
Gert Brynard, jy skryf: “Die enigste ewige waarheid is steeds net die sekerheid van die ontstaan, ontwikkeling/groei van nuwe lewe en die sekerheid van die dood/terug na stof (materie)en energie (‘gees’) en die feit dat die soeke na waarheid die beste vorm van sekerheid bly.”
Terwyl jy nou so seker is dat onder andere “die sekerheid van die ontstaan van nuwe lewe” die “enigste ewige waarheid” is, wil jy nie vir ons verduidelik hoe jy glo (of dink jy weet) dit gebeur het nie? Of praat jy nie van die ontstaan van die eerste lewe nie?
Gert, ek lei af jy is ’n predikant. Dink jy nie jy is ’n tragiese voorbeeld van die situasie in tenminste dele van die NG Kerk as bogenoemde jou idee van die enigste ewige waarheid is nie?
Daar is tog sekerlik nie ’n manier dat jy nog kan verklaar dat jy die Bybel of die belydenisskrifte glo nie, tensy jy omtrent alle woorde se betekenis verdraai soos Wynand uitgewys het postmoderniste knaend doen?
 
Stefaan de Jager
2011-12-08
Wynand
Kontak maar daardie gemeente en lig hulle in. Ek het onlangs self `n gemeente se dagbestuur moes kontak oor `n dominee wat nie sy doktersrekening wou betaal op die plek waar hy vakansie gehou het nie. Daarna het hy vinnig gespring en betaal. Hierdie saak van Albert gaan veel dieper. Hy neem sy gemeente op `n dwaalspoor, tensy hy natuurlik vir ons kan verduidelik dat ons hom verkeerd verstaan het. Gee hom die krediet dat hy minstens nie lafhartig is soos die anonieme vyf nie.
 
Stefaan de Jager
2011-12-08
#Gert Brynard
Ek glo dat selfs die webmeester nie eers met jou sal kan saamstem nie. Of altans ek hoop nie so nie. Oor jou definisie van fundamentalisme mag hy dalk soos jy dink, maar seer sekerlik tog nie as jy beweer “Fundamentalistiese Christene sal bv. bely dat die Bybel letterlik deur God geïnspireer en dus onfeilbaar is, maar sal nie Ou Testamentiese voorskrifte i.v.m. dieet, offerandes of steniging ens. gehoorsaam nie.” Ons weet mos darem dat die seremoniële wette van die Ou Testament mos in Christus vervul is.
#Albert
Interessante teenpool wat jy stel. Teenoor fundamentaliste stel jy ruimdenkendes. Die ware ruimdenkendes is diegene wat die fundamentele waarhede van die Skrif verkondig. Jy kan aan die anderkant fundamentalisties met jou dwaling omgaan en die Satan glo wat jou laat verstaan dat jy ruim dink. Dis soos om van perverse seks te praat as sg “vrye liefde”.
 
Henrietta Klaasing
2011-12-08
@Albert – ek neem aan jy het in dieselfde Beeld ook hierdie brief gelees:
Woord verdraai om situasie te pas
C.J. Pienaar van Gauteng skryf
Ná 15 jaar in Mosambiek, waar ek ’n plaas ontwikkel het en evangelisasiewerk gedoen het, is ek terug in my geliefde Suid-Afrika.
In afsondering diep in die bos was ons nie altyd op hoogte van die daaglikse gebeure in SA nie.
Ons het egter af en toe ’n Beeld, asook ’n weeklikse gesinstydskrif gelees wat familie en vriende vir ons op die plaas aangebring het. Twee berigte wat ek in dié tyd gelees het, het my hewig ontstel.
Die eerste was ’n berig oor ’n ma wat gepraat het oor haar dogter wat ’n normale jong lewe op skool gelei het. Die dogter is ná matriek Kaapstad toe en by haar terugkeer vertel sy haar ma dat sy nou haar ware seksualiteit ontdek het, naamlik dat sy eintlik seksueel aangetrokke is tot haar eie geslag.
Die ander geval was dié van ’n gesiene teoloog wie se seun (toevallig ook ’n teoloog) ook ’n belangstelling in sy eie geslag het.
In albei dié gevalle haal die ouers Matt. 19:12 heeltemal uit verband aan. Die vers lees in die oorspronklike vertaling van die Bybel so: “Want daar is persone wat onbekwaam is om te trou, wat van die moederskoot af so gebore is … ” Die bewering is dat sommige gebore is met ’n belangstelling in hul eie geslag.
Gesiene teoloë mislei gewone lidmate deur die Woord van God te verdraai om hul eie situasie te pas.
Ons moet onthou dat ons almal gebore homoseksuele, moordenaars, diewe, leuenaars, ensovoorts, is. Alleen deur die genade van God word ons verlos van dié ou natuur in ons deur die wedergeboorte. (einde van aangehaalde brief)
 
Wynand
2011-12-08
Gert
1) Oor jou definisie van “Fundamentalisme”: Sien asb die teksverwysings aan Albert hieronder. Wie jy Fundamentaliste noem is bloot mense wat Christus se opdrag oor dwalleraars uitvoer.
2) Jou stelling “Fundamentalistiese Christene sal bv. bely dat die Bybel letterlik deur God geïnspireer en dus onfeilbaar is, maar sal nie Ou Testamentiese voorskrifte i.v.m. dieet, offerandes of steniging ens. gehoorsaam nie.” Getuit van ’n diepgaande gebrek aan kennis van die aard van verbodsteologie. Die dieet en offerhandes is in Christus vervul. Ek word nie gestenig wanneer ek owerspel pleeg nie omdat Christus daardie straf ook vir my aan die kruis gedra het. Goeie aarde, hoe kan iemand met so min insig ’n gemeente lei?
3) Jou stelling oor die agressiewe aard van die stryd teen leerdwaling getuig dat jy nie Christus en die Bybel se opdrag om teen leerdwaling te stry verstaan of wil glo nie.
Dit getuig ook van die feit dat jy nie liefde verstaan nie. Liefde is nie liefde as dit destruktiewe sonde bemagtig deur dit nie aan die kaak te stel nie. Jesus het vir die Fariseers gesê “Addergeslag! Hoe sal julle die hel vryspring?”
Dit getuig ook van totale onbegrip van die feit dat Christene Christene is omdat hulle sondaars is, en besef dat hulle genade nodig het. Aan hierdie kant van die graf sal hulle dus altyd foute maak, en sal die sonde alles wat hulle doen tot ’n mate bevlek. Dus kan dit gebeur dat hulle soms regtig sonder die nodige liefde optree. Dit is interessant dat emergents ongelooflik tolerant is teenoor vals lering en die ergste seksuele perversie maar laat ’n Christen net in liefde hulle eie sonde uitwys word die Christen verdoem as ’n fundamentalistiese, liefdelose Bybleboelie (Met apologie aan Albert die Nie-Teïs.)
4) In jou punt (2) ontken jy dat daar so iets soos objektiewe kennis, en dus ook objektiewe waarheid, is. Dit is in wese ’n stelling dat God nie by magte is om mense te skep met die vermoê om Hom te ken nie. As jy enigsins in God glo, glo jy in ’n patetiese klein agtersak godjie.
My God het my geskep SODAT ek Hom kan ken en in verhouding met Hom kan leef.
5) Jou ontkenning van die bestaan van die hel: Die Bybel beskryf die hel as verwydering van God. Mense kies om nie by God te wees nie. Waarom moet God hulle dwing om in sy teenwoordigheid te wees? Sou dit nie tirannie wees nie?
6) Die Jode het nie vir God gekies nie. God het die Jode gekies. Weereens getuig jy van ’n ernstige onkunde oor wat die Bybel leer,of bloot net ’n uit-die-hand verwerping van die Bybel.
7) Uit bostaande is dit duidelik dat jy nie regtig die “Gereformeerde identiteit “ verstaan nie. Dit is dus onverstaanbaar hoe jy kan beweer dat daar ’n aanpassing gemaak moet word.
8) Jy sê: “Die poging om Ou Testament (onverdraagsaanheid,moord en doodslag,God se volk,wette) en Nuwe Testament (liefde, deernis, verdraagsaamheid, kruis, Christus, Drie-Eenheid) te konstrueer en aanmekaar te skakel en dit nog altyd onfeilbaar te noem, slaag nie nou meer goed nie, want die kennis en omstandighede het evolusie ondergaan. Dit bring die begrensing teen dwaling (belydenisse/dogmas/so sê die God van Israel) ook onder onhoubare druk. “
Weereens toon jy ’n totale onvermoë om die persoon van God te verstaan. Ek het hieronder gepos oor die verband tussen genade en heiligheid as die twee noodsaaklike bestandele van liefde. Liefde kan nie sonder enigeen van die 2 bestaan nie.
Verwys asb na ’n artikel wat ek geskryf het hier: http://hierstaanek.com/2011/09/27/hoe-kan-n-god-van-liefde/
9) Jy sê: “Mense hou daarvan om vir hulleself ’n fiktiewe wêreld te skep deur aannames te maak, drome te konkretiseer en utopias te verletterlik, en om dan rustig binne hul selfgeskepte gemaksone te “eksisteer”.
Net kinders en postmoderniste doen dit. Postmodernisme is ’n regressiewe psigose (Die definisie van psigose is ’n ontkoppeling tussen kognisie en die werklikheid.)
10) Dit is jammer dat jy soos Albert skynbaar die Christelike leer verwerp omdat jy skynbaar nog nooit ’n persoonike ontmoeting met Christus gehad het nie. Jou woorde “n Wakkerword proses is pynlik en kan eers volg na n slagveld van teenstribbel. Die slagveld was/is egter nie sonder waarde nie. n Mens leer baie en al meer deur te luister en te oorweeg, want niemand het n hele waarheid in pag nie. “ impliseer die “fundamentaliste” op hierdie forum nog die “Stryd sal moet voer om wakker te word”.
Gert, ek het Christus persoonlik ontmoet, en ek leef daagliks in die realiteit van Sy teenwoordigheid. Ek sien hoe Hy die wêreld om my bestuur.
Emergents beweer ons is self god en dat ons “wakker word” proses behels dat ons ontdek ons is self god. Abel Pienaar noem dit die “Reis van Homo Sapiens na Homo Christos” . Dit is die oudste leuen van die duiwel: “Jy sal soos God wees.” Dit is ongelooflik aantreklik vir die mensdom wat as gevolg van hulle gevalle natuur in outomatiese rebellie teen God is. Gaan lees bietjie wat sê God aan die koning van Tirus van mense wat hulle self verhef tot God.
Christelike dogma sonder die Lewende Christus is verstrengelend en droog. Dit maak dood. Die oplossing is egter nie om jouself te verhef tot god, en deur mistisisme te probeer om homo christos te word nie.
Die oplossing is sondebelydenis, bekering, en om Jesus toe te laat om Homself aan jou te openbaar.
Gert, ek bid regtig dat jy die guts sal hê om die stap in die geloof te gee. Jy kan op die water loop, maar jy sal in geloof uit die boot moet klim.
As ek jou brief verkeerd interpreteer, stel my asb reg.
 
Johann Perkins
2011-12-08
Ek sal graag die andersdenkendes wil vra. Hoe belangrik is die “menswaardigheid” van die fundamentaliste vir hulle? Gaan die andersdenkendes die moed he om hulle manier van “glo” reguit en duidelik te stel aan die gemeentes waar hulle dien. Sal hulle die menswaardigheid van hulle gemeentlede op die hart dra, deur hierdie gemeentelede die geleentheid te gun om self te kies tussen wat reg en wat verkeerd is? Of gaan hulle die menswaardiheid van hierdie mense aantas deur hulle in ’n nuwe rigting in te boelie?
 
Liza
2011-12-08
“Fundamentalism, of all varieties, will be ‘one of the big enemies of the 21st century.”-aldus Rick Warren van EC-faam.
Die evangelie van Jesus Christus was in elk geval nooit bestem om ons vir die wereld aanvaarbaar te maak nie, maar dien eerder as voorbereiding om verwerp, gehaat en vervolg te word… (Joh. 15:18-20).
‘So sue me’ as ek as ‘fundamentele’ christen my lewe op die fondament, Jesus Christus, skoei en as my geloofssekerheid in Hom en sy onveranderlike Woord vir die ‘andersdenkendes’ op hierdie forum ’n doring in die vlees is.
 
Stefaan de Jager
2011-12-08
#Gerhard
Ek besef opnuut dat as ons nie `n grens aan diversiteit gaan stel nie sal die debat rondom Skrifgesag hier voortgaan. Die grens is nie om te sê dat ons bv net oor menswaardigheid gaan gesels nie. Nou kom Gert Brynard met dwalinge wat hoegenaamd nie die amptelike standpunt van die NG Kerk is nie. Onthou, dis `n NG Kerk forum hierdie. As jy as webmeester nie mense soos Gert reghelp nie, moet jy ons nie vekwalik dat ons dit self doen twv die waarheid nie. Dan moet jy maar die gesprek vrye teuels gee.
 
Wynand
2011-12-08
Stefaan
Daar is ’n duidelike aksie aan die gang om emergent die amptelike standput van die NG Kerk te maak. Hoekom dink jy is Ben du Toit in die sleutelpost van kommunikasie beampte? Jy besef dat Ben die grootbaas van hierdei webwerf is?
Ongelukkig het hulle ’n klein probleempie: Die NG Kerk is gekonstitueer om die belydenisskrifte. Die sinode kan nie besluite neem wat die belydenisskrifte weerspreek nie. Daarom die salami slicer strategie: Elke sindodesitting word net ’n klein slice afgeslice, oor ’n dekade of twee is die salami weg.
Dit was duidelik die doel met die besluit om dwaalleer in die kerk toe te laat. (Die bestaan van die duiwel) Dit is ook hoekom die besluit aan die besluit van diebediening van bevryding aangelas is: Spodat dit onder die radar kan deurglip.
(Mens, maar ek laaik conspiracy theories. Die probleem is net hierdie een is waar.)
 
Philip du Toit
2011-12-08
MENSWAARDIGHEID
@ Johann Perkins (o.a.)
Menswaardigheid is om na die mensdom te kyk vanuit ’n posisie in Christus: In Christus is daar nie meer Jood/Griek/Slaaf/Vryman/Man/Vrou nie (Gal 3:28). Christus gee waarde, Hy is die gelykmaker. Dit is waar enige aansprake op menswaardigheid in ’n Christelike forum soos hierdie moet begin. Ons kan slegs iemand anders se waarde as mens deur ’n posisie in Christus raaksien. Menswaardigheid vanuit ’n Christelike perspektief kan dus nie begin by ’n sekulêre agenda soos bv. “politieke korrektheid” nie, maar moet ontspring vanuit ’n wedergebore, nuwe identiteit in Christus.
Juis hierom, moet enige aanspraak op menswaardigheid altyd die evangeliese einddoel hê om alle mense in te trek “in Christus.”
 
Johann Perkins
2011-12-08
@ Philip Du Toit, maar hoe bepaal ’n mens of dit werklik Christus is by wie die mense ingetrek word? Is die Christus wat ek dan leer ken het die verkeerde Christus? Is daar meer as een Christus?
Dit is tog duidelik dat die Christus wat ek aanbid en in glo as fundamentalis nie dieselfde is as die “Christus” wat die andersdenkendes aanbid nie. Staan ek dus buite Christus en hulle binne Christus? Is daar meer as een Evangelie, maar beide is korrek?
Matt 18:6 “Elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, van My afvallig maak, vir hom is dit beter as hy met ’n groot meulsteen aan sy nek in die diep see verdrink.
2 KORINTIËRS 6:14
Moenie met ongelowiges in dieselfde juk trek nie. Hoe kan daar vennootskap wees tussen reg en onreg? Hoe kan daar gemeenskap wees tussen lig en duisternis?
 
Philip du Toit
2011-12-08
@ Johann P.
Nee, daar is net een evangelie en een Christus. Ek probeer juis menswaardigheid toelig vanuit die evangelie wat ek verstaan in terme daarvan dat Christus die enigste Weg, Waarheid en Lewe is, en dat niemand na die Vader kom behalwe deur geloof en wedergeboorte in en deur Hom nie. – In teenstelling daarmee om menswaardigheid toe te lig vanuit politieke korrektheid, of ’n sg. “social gospel”.
 
Henrietta Klaasing
2011-12-08
MENSWAARDIGHEID
Ek stem van harte saam met Philip oor menswaardigheid. Om by menswaardigheid uit te kom wat pas by hierdie forum (op die Tuisblad van die NG Kerk) moet mens kyk na wat die Bybel sê oor die mens: Die mens is die kroon van die skepping en geskape na God se Beeld. Alle mense is betrokke by Adam se sonde en het ook na die sondeval sy sondige natuur, en die skuld en oordeel wat aan sy sonde kleef, deelagtig geword (Alle mense het gesondig en is ver van God – Jesaja 53:6; Romeine 3:23). Soos Philip gesê het is die mens van waarde vir God ten spyte van sy sondigheid omdat God die mens liefhet en ’n weg tot verlossing in Christus berei het.
 
Stefaan de Jager
2011-12-08
#Wynand
Ek moet sê dat die sinode besluite oor homoseksualiteit bietjie “ge-backfire” het, noudat die lesbiese student nie gelegitimeer is nie.
Ons sal maar sien wat die aanslag tot met die volgende sinode gaan wees. Ek sien juis Jean Oosthuizen is kliphard in die Kerkbode besig om die boek van dr Ralph Barnard “Gays en God – `n onmoontlike vriendskap” te propageer. Nogal onder die opskrif: “Boek oor gays en God is verpligte leesstof”. Ons eie webmeester is die resensent en dit klink nogal nie of hy dink dat homoseksualiteit so `n sleg gedagte is nie!
 
Johann Perkins
2011-12-08
@ Philip, ek stem 100% saam met jou laaste skrywe. Die “probleem” volgens my lê egter nie by die persone wat ’n konserwatiewe verstaan van die Bybel het nie, maar die hele “proses” kan vir hierdie persone groot probleme tot gevolg hê.
Dit bring my terug na een van my vorige skrywes, ek gaan dit egter hierdie keer anders verwoord en die vraag dan maar retories stel. Vir die “fundamentalis” om werklik menswaardig op te tree word daar van hom verwag om kern beginsels van sy geloof prys te gee sodat “ander” by sy geloof in getrek kan word!? Wat eintlik dus hier gebeur het is dat die “fundamentalis” God vir Mens verruil het!
Kom ek stel dit anders. As ek eendag vir die All Blacks wil gaan rugby speel en ek is talentvol en goed genoeg om dit te kan doen. Ek word uitgenooi vir proewe en ek haal die All Black span. Ek stel egter aan hulle die volgende voorwaarde, ek sal slegs vir die All Black span speel as, hulle nie meer die Haka doen nie, as hulle die Silwer Varing vervang met ’n Springbok en as hulle die swart truie vervang met groen truie.
So hardloop die “span” op die veld in hulle groen truie met ’n Springbok op die bors. Die volksliedere word gespeel en geen Haka word gedoen nie. Kan ’n mens dan nog steeds se dat dit ’n All Black span is wat op die veld gedraf het?
 
Hennie Mouton
2011-12-08
Stefaan, ek kan jou amper waarborg dat almal wat hier feitlik onbegrensde diversiteit voorstaan, nie glo dat homoseksualiteit sonde is nie.
 
Albert Cruywagen
2011-12-08
Daar is inderdaad vandag twee briewe in Beeld met uiteenlopende uitgangspunte. Daar is plek vir albei. Net jammer ’n paar ondergenoemdes dink net hulle gaan hemeltoe!!!
 
Wynand
2011-12-08
Albert, gaan jy hemel toe?
GLO JY DAT DAAR ’n HEMEL IS?
 
Wynand
2011-12-08
Albert
Die feit dat jy nie my pos beantwoord het nie maar net kerm omdat sommiges dink net hulle gaan hemel toe laat my geen ander gevolgtrekking as dat my afleidiings reg was nie.
Het jy Jesus as jou persoonlike Verlosser en Saligmaker aangeneem?
As jy nou sou sterf, weer jy verseker dat jy eendag sal opstaan tot die ewige lewe by God?
Op grond waarvan hoop jy om aan die hel te ontkom?
Het jy al jou gemeente laat weet jy glo nie in hulle God nie?
 
Philip du Toit
2011-12-08
@Johann P.
Dankie vir jou verduideliking. Ek verstaan nou beter.
 
Stefaan de Jager
2011-12-08
#Albert
Aan die begin, daar in die tuin van Eden, was daar ook twee uiteenlopende uitgangspunte. Die een was die waarheid dat God alleen bepaal wat goed en reg was. Die ander een was die mens wat probeer het om God te speel en self te bepaal wat goed en reg is. As ek so na die Satan se strategie kyk, besef ek dat postmodernisme maar net `n ander vorm van opstand teen God se gesag is.
 
Johann Perkins
2011-12-08
@ Philip, ek dink ons was die hele tyd op dieselfde golflengte…. 😉 Ek kry net die gevoel dat die andersdenkendes ’n term soos menswaardigheid gebruik om hulle eie agenda te bevorder.
 
Johann Basson
2011-12-08
DIVERSITEIT, ARBEID (werk), EIENDOMSREG EN WAARDESTELSELS
Die kernvraag is steeds: “Wat moet gedoen word om mense tot NUWE KREATIEWE DENKE oor menswees te beweeg wat sal lei tot ’n regverdige, volhoubare en insluitende groei vir ALLE Suid-Afrikaners, EIESOORTIG EN ANDERSSOORTIG, sonder om hul nageslagte se reg op volhoubare ontwikkeling te benadeel?”
Ter bereiking van bogenoemde doelwitte, wat behoort die diverse mensdom se siening te wees oor arbeid en die verdien van bates, eiendomsreg en vererwing? Het die mens ’n reg op ’n werkbetrekking en indien wel, teenoor wie is die reg afdwingbaar?
Behoort die stelsel van erflatings nie afgeskaf te word om te verseker dat elke kind ’n gelyke en regverdige kans tot prestasie en selfaktualisering in die lewe het nie?
 
Albert Cruywagen
2011-12-08
Interessante vraag: Is dit “sonde” of teen die Bybel om al hoe meer te neig na ’n nie-teistiese godsdbegrip?
 
Hennie Mouton
2011-12-08
Beslis Albert, dis sommer lynreg teen Jesus se voorbeeldgebed wat God aanspreek as “Ons Vader”.
 
Wynand
2011-12-08
Albert faal verseker die Turing toets.
Albert, ek hoop nie jy speel die selfde speletjies met jou gemeente as wat jy hier speel nie.
Hier is dit dalk vir jou snaaks. In jou gemeente het jy die potensiaal om ongelooflike vernietiging te veroorsaak.
 
Wynand
2011-12-08
Johan Basson
Jy begin ook al meer na ’n robot klink. Genugtig, kan niemand meer soos ’n rasionele mens kommunikeer nie?
Gaan sluit by die ANC aan. JY klink soos ’n Marxis in opleiding.
 
Stefaan de Jager
2011-12-08
#Om te weet dat ons onwaardig in onsself is
`n Vriend het Japan so `n paar jaar gelede besoek. Hy vertel my hoe hoogs beindruk hy met die tegnologiese ontwikkeling in Japan was. Nadat hy sopas `n treinrit teen 250 km/u agter die rug het, stap hy uit die stasiegebou op `n plein uit. Daar sit toe `n priester van een of ander heiden godsdiens. By hom is twee pale met sulke rooi godjies bo-op. Blykbaar vrugbaarheidsgode. Die mense betaal die priester en dan sal hulle vrugbaar wees in alles wat hulle doen. Wat vir hom vreemd was, is die feit dat die twee godjies daar bo op die paal toegemaak is met `n houtbedekking bo hul koppe met ogiesdraad rondom. Op die vraag van my vriend oor wat die rede daarvoor sou wees, kom die antwoord: “ Om te keer dat die duiwe nie op die gode se koppe moet mis nie!”
Die priester vra my vriend waarin hy glo waarop hy antwoord: “ Ek aanbid die lewende God wat die duiwe gemaak het wat op jou god se kop mis!”
Lyk my dat die “gode” van teisme, panenteisme en watter ander heidense skeppings uit verduisterde verstande ookal, maar alles sulke selfuitgedinkte godjies is.
Menswaardigheid word mensverheerliking as Christus nie die hoogste waarde in jou lewe het nie. Paulus skryf: “…ek beskou alles as waardeloos, want om Christus Jesus, my Here, te ken, oortref alles in waarde. (Fil 3)”.
 
Henrietta Klaasing
2011-12-09
Die afdraende pad van permissiwiteit?
 
Henrietta Klaasing
2011-12-09
@ Johann Basson:
Daar is niks nuuts onder die son nie …. het die Prediker gesê. Bybelse beginsels geld by die dinge wat jy noem onder andere oor arbeid: Wie nie werk nie, sal nie eet nie; en die arbeider is sy loon werd .
Oor eiendom : die aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan en oor erflating: Ons is op hierdie aarde maar vreemdelinge en bywoners.
 
Yorkie Klara Basson
2011-12-09
DIVERSITEIT, ‘N KULTUUR VAN SPAARSAMIGHEID EN WAARDESTELSELS
Om die geheue te verfris – die kernvraag is nog steeds: “Wat moet gedoen word om mense tot NUWE KREATIEWE DENKE oor menswees te beweeg wat sal lei tot ’n regverdige, volhoubare en insluitende groei vir ALLE Suid-Afrikaners, EIESOORTIG EN ANDERSSOORTIG, sonder om hul nageslagte se reg op volhoubare ontwikkeling te benadeel?”
Sonder om die kreatiwiteit en wil tot prestasie en self-aktualisering te onderdruk, wat behoort elke mens se billike lewensverwagtinge ten opsigte van aardse besittings te wees vir ’n regverdige, volhoubare en insluitende groei vir alle Suid-Afrikaners, eiesoortig en anderssoortig, sonder om hul nageslagte se reg op volhoubare ontwikkeling te benadeel?”
Inaggenome die wêreldwye ekonomiese onsekerhede, skuldlaste en grootskaalse energieverbruik en bogenoemde strewe vir volhoubaarheid, welke rol kan en gaan die Reformerende Kerk speel ter bevordering van ’n kultuur van spaarsamigheid?
Ek, Yorkie Heidi en Yorkie Bussie is spaarsamige soogdiere. Is daar in Suid-Afrika ’n kultuur van spaarsamigheid vir volhoubare ontwikkeling?
 
Wynand
2011-12-09
Johann B
Jesus het gesê: “My koninkryk is nie van hierdie wêreld nie…”
1) Verkondig die Evangelie met woord en daad.
2) Maak die mense Sy dissipels.
3) Herhaal
Die kerk se roeping is nie die sosiale transformasie van die wêreld nie. Die kerk se roeping is die evagelisering en dissipilering van die wêreld.
As die man reg is sal die wereld ook reg wees.
En let asb op dat ek sê: “Verkondig met woord en DAAD” Die sosiale “evangelie” is ’n vals evangelie. Dit is vals om te beweer dat evangelisering sosiale betrokkenheid en barmhartigeid uitsluit. Emergents is lief om dié VALS antitese te verkondig.
 
Hennie Mouton
2011-12-09
Johann Basson, jy blaf so op een deuntjie dat ek vermoed jy is deel van die diversiteitsforumbestuur. Hoe gaan dit met die ander JB – Jan Botha? En ek sien jy probeer nou al ’n 2de maal die Reformerende gay-kerk se hulp hier inroep. Nav Henrietta se plasing hier[bo], hoe voel jy oor die VSA se “dierversiteit”?
 
Ds Steven Sass
2011-12-09
hallou stefaan
 
Stefaan de Jager
2011-12-09
Hallo my goeie vriendjie. Welkom hier!
 
Albert Cruywagen
2011-12-09
Net een van Koos du Plessis se songs maak my siel sommer vry!
 
Stefaan de Jager
2011-12-09
Dit moet `n sieldodende ervaring wees om te preek en nie meer te glo dat die Bybel die Woord van God is nie maar slegs die woorde van mense oor God. Ek vra op `n dag vir `n kollega oor wat Maria dan sou bedoel het as sy vir die mense moes vertel dat die Heilige Gees die swangerskap in haar verwek het? Sy antwoord: “Maria kon gelieg het.”
Of jy preek oor Lasarus wat uit die dood opgestaan het en jy glo nie dat dit histories so gebeur het nie, maar slegs `n metafoor is. Dis seker soos om `n fiksieverhaal te lees en te gaan verkondig asof dit die waarheid is, terwyl jy voor jou siel weet dat jy dit nie self glo nie.
Ek is oortuig dat depressiwiteit en innerlike doodsheid by baie predikante hiermee verband hou. Hulle moet iets voorhou wat hulle self nie meer glo nie.
Dit moet hel wees om te preek wat jy nie glo nie. Dis nou te sê vir die wat nog glo dat die hel `n werklikheid is.
 
Johann Basson
2011-12-09
DIVERSITEIT EN VERDRAAGSAAMHEID
Jesus ben Josef van Nasaret het tydens sy handel en wandel op aarde SELF die Evangelie verkondig en SELF wonderwerke gedoen ten aanhore en aansien van vele mense. Waarom het hulle nie ALMAL die Evangelie aanvaar nie?”
Gestel Jesus ben Josef van Nasaret sou, met respek gestel, onder ’n skuilnaam deelneem aan die besprekings op hierdie diversiteitsforum. Ek sou dan graag wou lees wat die kommentare op sy standpunte sou gewees het. Sou daar verdraagsaamheid gewees het teenoor sy interpretasie van die Bybel?
 
Liza
2011-12-09
Is daar in Suid-Afrika ’n kultuur van spaarsamigheid vir volhoubare ontwikkeling?
Ja in Orania.
Neem die brakke op ’n naweekuitstappie soontoe toe as jy selfwerksaamheid, ekologies volhoubare ontwikkeling, eie ekonomie en selfstandigheid in aksie wil sien…neem net ‘n‘scooper’ en hondesakkies saam – daar moet jy self optel. Of nog beter leer hulle om dit self te doen.
 
Albert Cruywagen
2011-12-09
As ’n prediker net die godsdienstige basis van ’n teks in ag neem, raak dit nie aan diue lewe nie. Daarom is en bly dit vir my die hoogte punt van my week elke keer as ek die teks se geestelike en spirituele waarde en basis ontgin.
 
Wynand
2011-12-09
Stefaan
Ek stem heeltemal met jou saam. Iemand wat op ’n NG Kerk preekstoel staan sonder om te glo dat Jesus uit ’n maagd gebore is, dat HY die straf vir ons sonde geneem het aan die Kruis om ons van die ewige hel te red, en toe liggaamlik uit die dood opgestaan het, moet die leegste van alle mense wees.
Hy lieg elke keer as hy die doop of die nagmaal bedien. Hy vervang die Lewende Water en die Brood van die Lewe met goedkoop “spiritualiteit”, towerwoordjies “centering prayers” en mantras wat hom en sy gemeente laat glo hulle is self god.
Nie-Teïsme? Waarom nie a-teïsme nie? Die antwoord is dat God nie persoonlik is nie. Ek het boedisme altyd as ateïstiese hinduïsme beskou. Nou hoor ek die nuwe woord, “nie-teïsme” en ek besef dit is ’n perfekte beskrywing vir die boedistiese godsbeskouing. “Daar is nie ’n god nie, maar daar is ’n god want ek is god.”
Abeltjie Ashram noem dit “Die reis van Homo Sapiens na Homo Christos” Hy het dit skynbaar by sy zen guru geleer.
Ek praat nou die dag met ’n afrikaner-boedis. Hy vou sy hande same en buig vir my en sê: “Ek aanbid die godheid in jou”.
Ek sê vir hom “Weet jy hoekom so min mense enlightenment bereik?”
Hy antwoord: “Dit vat jare van spirituele dissipline!”
Ek sê, “Nee. Dit is omdat elke mens instinktief weet hy is nie god nie. Daar is min mense wat so oortuigend vir hulle self kan lieg dat hulle op die punt kom om te glo hulle is god. En ek glo selfs hulle glo dit nie regtig nie, hulle lieg maar net oortuigend vir die mense wat hulle aanbid. Daar is baie geld in guruskap.”
Kyk maar net die Deli Llama: Hy is ’n biljoener van niksdoen. En onse Biskop Tutu noem hom “Die Mees Heilige Mens Op Aarde.”
Ek weet nie of die Self-HoogHeilige-Biskop weet nie, maar Llama-isme het vir eeue prostituut tempels bedryf waar meisies as slawe (soortgelyk aan devadasis. google dit.) aangehou is. Daar is nou nog ’n groot handel in prepuber meisies in Indie, ten spyte van die regering se sanksies daarteen. My vriend die boedis weet ook nie daarvan nie. Hy wil nie.
Tutu self het ’n redelike aanbidders gevolg opgebou as guru. Dit is hoekom hy en Mnr Llama sulke dik pelle is.
 
Wynand
2011-12-09
Een van die mees bevrydendste gedagtes wat mens kan ervaar is:
“Wow, ek hoef nie meer god te wees nie. Ek kan ontspan en oorgee aan God!”
Ongelooflik. Die vreugde borrel op in my net by die gedagte! EK IS VRY!

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui