2007 NGK homoseksuele besluit

Kyk ook:

Die volgende is die NG Kerk se amptelike besluit oor homoseksualiteit geneem in 2007. Hierdie is ’n duplikaat van 2007 NGK homoseksuele besluit, wat ook kommentaar insluit oor die besluit.

***************

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2126563,00.html

8 Jun 2007 06:22:42:807AM

NG Sindode: Homoseksualiteit: Voorstel van taakspan van moderators.

MOSIE / AMENDEMENT / VOORSTEL 19
VERSLAG / NOMMER: Homoseksualiteit Voorstel van Taakspan Moderators
PARAGRAAFNOMMER: 5.1 op bladsy 19 tot 5.13.2
VOORSTELLER: CJP Niemandt
TAFELNOMMER: ___ SINODE: Hoëveld
SELNOMMER: ___HANDTEKENING: ______
SEKONDANT: PJ Strauss
TAFELNOMMER: ___ SINODE: Vrystaat
SELNOMMER: ___ HANDTEKENING: ______

Verslag Homoseksualiteit Voorstel van Taakspan Moderators

Hierdie aanvebelings vervang alle aanbevelings vanaf 5.1 op bladsy 19 tot 5.13.2 op bladsy 21.

Die Algemene Sinode besluit soos volg:

1. Die Bybel is ons uitgangspunt en in ons nadenke oor homoseksualiteit soek ons eerlik na maniere om die Bybelse waardes betenisvol binne die konteks te interpreteer.

2. Ons aanvaar die liefde van Christus as die enigste geldige grondhouding waarop verhoudinge binne die geloofsgemeenskap gebaseer word. Alle mense is geskep na die beeld van God; die verlossing in Christus is vir alle mense en die Gees is uitgestort op alle gelowiges. Daarom aanvaar ons die menswaardigheid van alle mense.

3. Alle mense, ongeag hulle seksuele oriëntasie, is ingesluit in God se liefde en hulle word op grond van hulle doop en geloof as lidmate van die kerk van Christus aanvaar. Onder lidmaatskap word verstaan toegang tot die sakramente, toegang tot die ampte en onderworpenheid aan die kerklike tug.

4. Die Algemene Sinode herbevestig die besluit van 2004 dat, volgens ons verstaan van die Bybel, slegs die verbintenis tussen een man en een vrou as ’n huwelik beskou kan word.

5. Die Algemene Sinode bevestig ook die besluit van 2004 dat sowel heteroseksuele as homoseksuele promiskuïteit ten sterkste veroordeel word.

6. Die Algemene Sinode besluit dat, in die lig wat ons tans het, homoseksuele verbintenisse en huwelike nie as ’n alternatief vir die huwelik aanvaar kan word nie.

7. Die verlening van predikantsbevoegdheid is ’n funksie van die Algemene Sinode. Die sinode besluit dat homoseksuele gelegitimeerdes wat ’n selibate lewenstyl beoefen tot die predikantsamp toegelaat word.

8. Die AS erken die diskresie van Kerkrade om die verskille oor homoseksualiteit in gemeentes in die gees van Christelike liefde te hanteer.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui