NG gemeente Secunda-Oos se standpunt oor SGV

Kyk ook:

Hier volg die Gemeenteraadsbesluit van 16 November 2015 rakende dieselfdegeslagverbintenisse:

NGK SECUNDA-OOS – Gemeenteraadsbesluit 16/11/2015

  1. Ons is verbind aan die Woord van God, en die God van die Woord, en glo dat die Bybel as riglyn vir ons lewens en besluite geld.
  2. Ons is oortuig dat die Skrif ons leer dat ’n huwelik die lewenslange verbintenis tussen een man en een vrou is, hierdie verbintenis weerspieël iets van die verbintenis tussen Jesus Christus en die kerk. (Efesiërs 5: 31-33).
  3. Ons glo dat die Skrif daaroor duidelik is dat alle seksuele verhoudinge buite die huwelik teen God se wil en plan is.
  4. Ons erken die kompleksiteit van seksuele oriëntasie en aanvaar dat mense ook homoseksueel georiënteerd kan wees. Ons wil ’n Christelike pastorale pad met hierdie lidmate stap.
  5. Die gemeente se deure staan met die liefde en deernis van Christus oop vir alle mense.
  6. Wanneer ’n persoon in enige sonde volhard kan hy/sy nie in ’n leiersposisie (leraar, personeel, bestuurslid, bedieningsleier of aanbieder) in ons gemeente dien nie.
  7. Ons wil alle lede van die gemeente help om te groei in hul liefde vir God, mekaar en die wêreld, deur geloof in Jesus Christus en met die Skrif as lewensriglyn.
  8. Die NG Kerk Secunda-Oos aanvaar nie die besluit wat die Algemene Sinode geneem het oor selfdegeslagverbintenisse nie, aangesien die vertrekpunt te humanisties is en nie die Skrifgronde sentraal stel nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui