Nee vir gay mense se verhouding en saambly

Kyk ook:

Van Beeld gekopieer.

**************

Nee vir gay mense se verhouding en saambly

2010-10-01 21:45

Neels Jackson
Die Hervormde Kerk se algemene kerkvergadering het gister nee gesê vir gay- en saamblyverhoudings.

Die kerk beskou die huwelik steeds as die enigste manier waarop man en vrou in gehoorsaamheid aan die Woord van God kan saamleef.

Die besluite is ná ’n lang debat oor veral gay-verhoudings geneem. Tydens die bespreking het mnr. Mark le Roux, gay teologiestudent in sy vyfde jaar, aan die kerkvergadering gesê hy het lank met sy eie seksualiteit geworstel. Hy verwag nie dat ander mense dit sal verstaan nie.

Hy het hulle verseker hy is nie pervers, promisku of ’n pedofiel nie. Hy wil die geleentheid hê om iemand lief te hê net soos ander mense dit in die huwelik het.
Daarby het hy gesê hy voel geroep om predikant te word en hy’s lief is vir die kerk.

Van die ouderlinge het gesê soos hulle die Bybel verstaan, is gay-verhoudings nie aanvaarbaar nie. ’n Voorstel wat inhou dat die kerk ruimte vir gay-verhoudings sou maak, is uiteindelik met 188 (of 57,7%) teen 138 stemme verwerp.

Daar is wel besluit dat die saak vir studie verwys en weer oor drie jaar voorgelê word.

Die besluit raak Le Roux se onmiddellike toekoms omdat hy nie hy saam met sy klasmaats gelegitimeer kan word nie.

Hy dink hy sal met doktorale studie in pastorale teologie, moontlik oor alternatiewe verhoudings, voortgaan.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui