Marius Nel (AGS)

Marius Nel is die afgelope 40 jaar ’n AGS-pastoor en vir 23 jaar ook dosent in Kerkgeskiedenis aan die Auckland Park Teologiese Seminarium. Hy promoveer in praktiese teologie, kerkgeskiedenis, en Ou en Nuwe Testament. Hy is vanaf 2017 in die navorsingstoel: Ekumene – Pentekostaliste en Neopentekostaliste by die Eenheid vir Reformatoriese Studies van die Fakulteit Teologie van Noordwes-Universiteit aangestel en verantwoordelik vir nagraadse studente.

Hy is medewerker aan Die BoodskapMultivertalingbybel en Nuwe Lewende Vertaling asook die Bybelgenootskap se Bybel: Direkte vertaling en mederedakteur van die Eenvolumekommentaar.

Hy is ook medeskrywer van die boek Homoseksualiteit en die Bybel (Jan du Rand, Marius Nel)

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui