Kyk ook:
- Lys van NG gemeentes wat doleer
- RSG: NG Kerk-twis draai dalk in hof (RSG, Johann Ernst, 5 Mrt 2024)
- Skokkende geskiedenis van die NG Kerk sedert 2000
- ’n Saak vir kerkskeuring
Inhoud:
Verband opgeskort
Die volgende gemeentes het hulle verband met die algemene sinode opgeskort:
- Tafelberg (Kaapstad, Wes-Kaapland) – 22 Jun 2023
- Leeuwberg (Vrystaat) – 14 Aug 2023
- Vanstadensrus (Vrystaat) – 16 Nov 2023
- Kestell (Vrystaat) – 3 Des 2023
- Kempton Krag (Kemptonpark) – 5 Des 2023
- Mooifontein (Kemptonpark) – 17 Des 2023
- Die Strand (Wes-Kaapland) – 18 Jan 2024
- Eendracht (Hoëveld) – 20 Feb 2024
- Goedehoop (Hoëveld) – 26 Feb 2024
- Karatara en Sedgefield (Wes-Kaapland) – 11 Mrt 2024
- Goedgegun (Swaziland) – 5 Apr 2024
- Charl Cilliers (Hoëveld) – 14 Apr 2024
- Heilbron (Vrystaat) – 26 Mei 2024
Hluhluwe in Natal het op 6 Feb 2024 opgeskort, maar is weer terug by die NG Kerk.
Artikel 37
Die hele streeksinode van Namibië het ook op 8 November 2023 hulle verband opgeskort en op 20 Maart 2025 artikel 37 uitgeoefen. Dit is 42 gemeentes. Kyk:
Gedisassosieer
Die volgende gemeentes het gedisassosieer met die NG kerkverband:
- Tafelberg (Kaapstad, Wes-Kaap)
- Leeuwberg (Vrystaat)
- Kestell (Vrystaat)
- Sasol Tuine (Sasolburg, Vrystaat)
- Fakkel (Sasolburg, Vrystaat)
- Vanderbijlpark-Sentraal (Goudland, 11 Mei 2025)
- Ermelo-Oos (Oostelike sinode)
- Heilbron-Suid (Vrystaat)
- Charl Cilliers (Hoëveld)
Hulle is nie meer lidmate in die NG kerk nie en die predikante van hierdie gemeentes is nie meer NG predikante nie. Dit kom dus neer op skeuring.
Dit bly my pla dat die een gemeente na die ander in die NGK van dolering na vrymaking gaan deur die weg van opskorting van verband, sonder enige poging om na ‘n Ring in Streeksinode Suidwes-Afrika te skuif, en eers dan gesamentlik (eerder as independendisties) en ordelik (in grootste moontlike hoeveelheid) tot afstigting (eerder as opskorting) oor te gaan. Nou sien ek Streeksinode Suidwes-Afrika het reeds 8 November verlede jaar ook verband opgeskort, met die gevolg dat met die uitsondering van die eerste twee gemeentelike opskortings (Tafelberg-Kaapstad en Leeuberg-Bloemfontein) al die ander vrymakings nie die opsie van aansoek vir skuif na ‘n Ring in Streeksinode Suidwes-Afrika gehad het nie. My vermoede is dat die Koinonia Kategoriale Sinode dit duidelik gestel het na Tafelberg-Kaapstad se vrymaking, dat gemeentelike opskorting van verband die beste medisyne is. Die beredenering lyk steeds erg independentisties (elke gemeente op sy eie) enersyds, en andersyds halfhartig (opskorting eerder as afstigting) wat die proses van uiteindelike afstigting in breedste moontlike beweging ten beste vertraag en ten slegste kortwiek.
Die verwarrende is dat terwyl die Koinonia Sinode op hul netwerf die Streeksinode Suidwes-Afrika aandui as dat die verband opgeskort het (https://koinoniasinode.org.za/opskort-2/), die bewysdokument daarvoor eintlik nie dié afleiding rugsteun nie (https://koinoniasinode.org.za/wp-content/uploads/2023/11/NGK-Namibie-se-uittrede-uit-Algemene-Sinodale-verband-2023-11-08.pdf).
Ek waardeer Josef du Toit se bekommernis dat gemeentes bande opskort met die kerkverband. Hy doen dan aan die hand dat hulle liewer by ‘n Ring in Namibiê moet aansluit.
Ons gemeente het ook sedert 2018 doleer, en verlede jaar bande opgeskort met die Kerkverband. Om by ‘n Ring in Namibië an te sluit is buite die kwessie: die AS het in 2023 besluit dat dit ‘n moontlikheid is, maar as jy die vereistes wat hulle taakspan daarvoor in plek gestel het, nagaan, is dit gou duidelik dat so ‘n uitgerekte proses vereis word, dat dit prakties onmoontlik is.
Josef se vermoede dat die Koinonia Sinode (KS) dit as die beste oplossing aangebied het, is ook nie korrek nie. KS het geen besluit daaroor geneem nie, en ook vir gemeentes duidelik attend gemaak op die probleme wat gaan opduik as daardie pad gevolg sou word.
KS se bestuurslede het herhaaldelik daarop gewys dat elke gemeente se kerkeraad die enigste liggaam is wat daaroor kan besluit. want die outonome gemeente is volledig Kerk.
Die Kerkverband se taak is om die samestellende gemeentes by te staan om hul roeping uit te lewe. En die feite is dat die AS hulleself as ‘n Pous sien en die gemeentes weg wil lei van die Woord van God en die Belydenis af.
Ons poog om in gesprek te bly met die Ring, maar dis ook nie maklik nie. Ons gevoel is dat die Ringsgemeentes besef verskeie besluite van die AS (soos ons duidelik uiteengesit het) deurstaan nie die toets van die Skrif en die Belydenis nie; maar hulle volk liewer die weg van die minste inspanning. ignoreer dit en gaan voort soos altyd,
Ons Kerkraad voel dis nie eerlik nie. Ons taak is tog om vir die Waarheid te getuig. Vir ons is die opskort van bande nie verbreking nie – dis ‘n getuienis om te sê: Ons wil graag deel wees van die Kerk en die kerkverband wat bly by die Woord, die drie formuliere van eenheid.en die legitimasie-eed van predikante. Keer asseblief terug daarheen, sodat ons één kan wees.