Laaste woorde van mense

Kyk ook:

In 2 Korintiërs 12:2-3 word genoem van iemand wat na die derde hemel gegaan en teruggekom het: “(2) Ek ken ’n man wat aan Christus behoort. Veertien jaar gelede is hy weggeruk tot in die derde hemel. Of dit met die liggaam was of sonder die liggaam, weet ek nie, net God weet dit. (3) Ek weet ook dat hierdie man weggeruk is na die paradys toe. Of dit met die liggaam was of sonder die liggaam, weet ek nie, net God weet dit. Daar het hy woorde gehoor wat ’n mens nie kan of mag uitspreek nie.”

Is dit nie dalk die eerste nabydoodse ondervinding wat vir ons opgeskryf het nie?

Aldous Huxley skryf in sy boek A Beautiful New World dat ’n mens alle dinge so moet beoordeel asof jy dit vanaf jou sterfbed sien. “Leer ons om ons
dae so te tel dat ons ’n wyse hart mag bekom”. Ps. 90:12

Voltaire, die beroemde spotter, het ’n ontsettende einde gehad. Sy verpleegster het gesê: “Vir al die geld in Europa wil ek nooit weer ’n ongelowige sien sterf nie!” Hy het die hele nag om vergifnis uitgeroep.

David Hume, die ateïs, het geskreeu: “Ek is in die vlamme!” Sy wanhoop was skrikwekkend om te aanskou.

Cesare Borge, die staatsman: “Ek het in my lewe vir alles voorsorg getref, net nie vir die dood nie. Nou moet ek volkome onvoorbereid sterf”!

Karel IX (Frankryk): “Ek is verlore! Ek besef dit duidelik!”

Mazarin: “My siel, wat word van jou?”

Hobbes, die filosoof: “Ek staan voor ’n verskriklike sprong in die duisternis!”

Thomas Scott, die voormalige voorsitter van die Britse Hoërhuis: “Tot op hierdie oomblik het ek gemeen dat daar geen God en geen hel is nie. Nou weet ek en ek voel dat al twee bestaan. Ek is aan die verderf oorgelewer deur die regverdige oordeel van die Almagtige!”

Lenin was kranksinnig toe hy oorlede is. Hy het tafels en stoele om vergifnis gevra vir sy sondes.

Jagoda, hoof van die Russiese geheime polisie: “Daar moet ’n GOD wees. Hy straf my weens my sonde!”

Jaroslawski, president van die Internasionale Ateïstiese Beweging: “Verbrand al my boeke! Aanskou die Heilige! Hy wag al lank vir my – Hy is hier!”

Boeddha het net voor hy gesterf het gesê “Ek het nie my doel bereik nie!”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui