Is dié afwykings ‘gawes van God’?

Kyk ook:

Is dié afwykings ‘gawes van God’?

Willie Gauche, Somerset-Wes skryf:

5 November 2018

Ek verwys na Piet Pyl van Parow se brief oor die artikel van ds. Nelis Janse van Rensburg.

Oor die afgelope jaar of wat het daar verskeie eienaardige stellings uit die geledere van die NG Kerk gekom wat onverstaanbaar is.

Janse van Rensburg skryf in Kerkbode dat homoseksuele seksdrange ” ’n gawe van God is”. Hoe nou? Is ander onnatuurlike afwykings soos bulimie, anoreksie en kannibalisme ook gawes van God? Van wanneer af is seks ’n noodsaaklikheid?

Ek glo die Gaum-groep se selfsugtige eise is totaal op seksuele gedrag geskoei. Hoekom moet ons in die kerk voorsiening daarvoor maak? As lede van die kerk hoef jy mos nie jou privaat sake aan die groot klok te hang nie. Baie lede het ander “geite” wat nie maklik sosiaal aanvaarbaar is nie, maar hou dit waar dit hoort – in jou slaapkamer.

Dit blyk hieruit dat die leierskap van die kerk self wil besluit hoe God dink – of self God wil speel.

Dit bring my by Piet Pyl en Janse van Rensburg en “Bybelversies”. Wat moet anders as die Bybel as verwysing gebruik word? Van Rensburg skryf verlede week ’n ellelange brag-artikel oor wat die kerk als doen in die gemeenskap.

Wat staan geskrywe? “ …. moet jou linkerhand nie weet wat jou regterhand doen nie … ” (Matt. 6:1-4, as Nelis en Piet dalk nie meer die Bybel lees nie).

En dit alles om ’n afbreker soos Jean Oosthuizen te antwoord. Dink die mens regtig dit is nodig om God se kerk te verdedig? En dan nog uit ’n hoogte wat laat blyk dat jy self God wil speel.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui