Herderlike brief Noordelike Sinode

Liewe broer en suster,

Ons het as die verteenwoordigers van meer as honderd gemeentes van Noordelike Sinode vanaf 16 Oktober tot 20 Oktober by Modimolle byeengekom om te fokus op wat ons dink die Here van ons in hierdie tyd vra. Ons het dit gedoen onder die tema “Wysheid in ’n tyd soos hierdie.” Wat ’n ervaring was dit nie! Ons is ’n uiteenlopende klomp mense wat oor baie dinge verskil, maar ons het ’n diep verbondenheid aan mekaar ervaar. Daar is veel meer waarin ons dit met mekaar eens is as dit waaroor ons verskil. Ons het regIg ’n behoeJe om iets daarvan met die gemeentes wat ons verteenwoordig, te deel. Ons glo dat elke gemeente in eie konteks kerk is en moet wees, maar ons moet met julle die inspirerende wyehoeklens-ervaring deel. Ons het geluister na stemme in die Bybel en ook stemme uit die samelewing. Ons wou mekaar inspireer om die lied van die Here in hierdie land te sing. Dit is onmoontlik om selfs net ’n kort opsomming van die ryke geskakeerdheid van ons gesprekke hier weer te gee. Vanuit hierdie vergadering is daar blywende indrukke wat ons optrede vorentoe gaan bepaal. Ons saam dink, bid en praat het ons gehelp om die belangrikheid van eIese leierskap in die samelewing en die kerk se unieke rol daarin opnuut te verstaan.

Die politieke en ekonomiese landskap is uitdagend en in baie opsigte ’n bedreiging vir die mense van die land. Ons gaan ons nie daardeur laat verlam nie. Hier is talle verhale vertel van gemeentes wat met eenvoudige projekte op plaaslike vlak leOerlik ’n wêreldse verskil maak. Daar is steeds tekens van hoop en die kerk moet die draer daarvan bly. Die kerk se kriIese stem teen onreg is nie altyd duidelik hoorbaar nie en ons moet leer hoe om beter te kommunikeer oor wat die kerk daaraan doen.

In verskeie gesprekke is ons gekonfronteer met die swak beeld van die NG kerk. Aan die eenkant neem ons kennis van die enorme werk wat die kerk in die samelewing doen, maar aan die ander kant is dit duidelik dat die spanning in die kerk oor selfdegeslagverhoudings ’n baie negaIewe beeld skep wat dikwels die goeie werk oorskadu. Ons het besluit om mekaar in hierdie tyd van diepgaande verskille vas te hou en te help. Ons verbintenis aan mekaar is heg en ons gaan met woord en daad mekaar help om op te staan na die krisis waarin die Covid-pandemie ons gedompel het.

Ons word in al ons planne en keuses gerig deur ’n verantwoordelike omgang met die Bybel. Dit het ons baie gehelp om net weer terug te loop op ons spoor om raak te sien hoe die NG Kerk telkens in moeilike tye sy koers vanuit die Bybel gevind het.

Die Sinode se vergadering is verby en daar lê werk en wag. Baie van die planne vir die volgende vier jaar moet gemaak en gestuur word deur die Sinodale Diensraad. Ons maak staat daarop dat hulle ons bymekaar gaan hou en dat ons saam in gehoorsaamheid aan die Here ’n verskil sal maak en hoop in ons gemeenskappe sal kan bring.

Ons het ook met mekaar ooreengekom dat ons al die besluite wat implikasies vir gemeentes het, sal deurgee en uitvoer. Ons gaan huis toe na verskillende kontekste, uitdagings en geleenthede. Ons maak nie daarop staat dat ons antwoorde vir al die probleme het nie. Ons troos lê daarin dat ons nie aan onsself behoort nie, maar aan Jesus Christus, die Here. Dit maak ons vasberade om met wysheid te gaan lewe in ’n tyd soos hierdie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui