Gesprek in die moederskoot

Kyk ook:

Die volgende gelykenis kom blykbaar uit Your Sacred Self: Making the Decision to Be Free, deur Dr Wayne Dyer.

Dit is in Afrikaans vertaal deur Daniel Louw.

*********

Gesprek in die moederskoot – ’n gelykenis oor lewe na geboorte

In die moederskoot was twee babatjies. Die een vra die ander: “Glo jy in lewe na geboorte?”

Die ander antwoord: “Hoekom, natuurlik. Daar moet iets wees na geboorte. Miskien is ons hier om onsself voor te berei vir dit wat ons later sal wees.”

“Onsin” sê die eerste. “Daar is geen lewe na geboorte nie. Watter soort lewe sal dit wees?”

Die tweede sê: “Ek weet nie, maar daar gaan meer lig wees as hier. Miskien sal ons met ons bene loop en met ons monde eet. Miskien sal ons ander sintuie gebruik waarvan ons nie nou weet nie.”

Die eerste antwoord: “Dit is absurd. Om te loop is onmoontlik. En om te eet met ons monde? Belaglik! Die naelstring verskaf voeding en al die ander dinge wat ons nodig het. Maar die naelstring is baie kort, dus is lewe na geboorte logies uitgesluit. “

Die tweede dring daarop aan: “Wel, ek dink daar is iets en miskien is dit anders as wat dit hier is. Miskien sal ons nie hierdie fisiese koord nodig hê nie.”

Die eerste antwoord: “Nonsens. En boonop, as daar lewe is, dan hoekom het niemand nog ooit daarvan terug gekom nie? Geboorte is die einde van die lewe, en in die na-geboorte is daar niks, behalwe duisternis en stilte en vergetelheid. Dit neem ons nêrens.”

“Wel, ek weet nie,” sê die tweede. “Ek glo egter dat ons Moeder sal ontmoet en sy sal vir ons sorg.”

Die eerste antwoord: “Moeder? Glo jy werklik in Moeder? Dit is lagwekkend. As Moeder bestaan waar is sy dan nou?”

Die tweede sê: “Sy is oral om ons. Ons is omring deur haar. Ons is van haar. Dit is in haar dat ons lewe. Sonder haar sou hierdie wêreld nie kon bestaan nie.”

Weer die eerste: “Wel, ek sien haar nie, so dit is net logies dat Sy nie bestaan nie.”

Waaraan die tweede antwoord: “Soms, wanneer jy in stilte sit en jy fokus en jy luister regtig, kan jy haar teenwoordigheid sien, en jy kan haar liefdevolle stem van bo af hoor roep.”

**********

Conversation in the Womb – A Parable of Life After Delivery

In a mother’s womb were two babies.One asked the other: “Do you believe in life after delivery?”The other replied, “Why, of course. There has to be something after delivery. Maybe we are here to prepare ourselves for what we will be later.”

“Nonsense” said the first. “There is no life after delivery. What kind of life would that be?”

The second said, “I don’t know, but there will be more light than here. Maybe we will walk with our legs and eat from our mouths. Maybe we will have other senses that we can’t understand now.”

The first replied, “That is absurd. Walking is impossible. And eating with our mouths? Ridiculous! The umbilical cord supplies nutrition and everything we need. But the umbilical cord is so short. Life after delivery is to be logically excluded.”

The second insisted, “Well I think there is something and maybe it’s different than it is here. Maybe we won’t need this physical cord anymore.”

The first replied, “Nonsense. And moreover if there is life, then why has no one has ever come back from there? Delivery is the end of life, and in the after-delivery there is nothing but darkness and silence and oblivion. It takes us nowhere.”

“Well, I don’t know,” said the second, “but certainly we will meet Mother and she will take care of us.”

The first replied “Mother? You actually believe in Mother? That’s laughable. If Mother exists then where is She now?”

The second said, “She is all around us. We are surrounded by her. We are of Her. It is in Her that we live. Without Her this world would not and could not exist.”

Said the first: “Well I don’t see Her, so it is only logical that She doesn’t exist.”

To which the second replied, “Sometimes, when you’re in silence and you focus and you really listen, you can perceive Her presence, and you can hear Her loving voice, calling down from above.”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui