Wie is Flip Schutte?

Kyk ook:

Flip Schutte is ’n liberale teoloog.

Hy was vir 17 jaar predikant van die Hervormde Kerk voordat hy in 2003 as predikant bedank het.

Hy het Teologie aan die Universiteit van Pretoria gestudeer en grade BA en BD behaal. Hy het ’n Honneurs in Semitiese Tale gedoen. Hy het ’n D Th in Praktiese Teologie aan UNISA behaal en sy derde doktoraal, ’n Ph D in Nuwe Testament aan die Universiteit van Pretoria.

Sy eerste boek, Diaspora van die nuwe Christene het in 2010 verskyn en Spiritualiteit, modewoord van ons tyd is sy tweede boek. Hy is ’n spirituele begeleier by die Renaissance-gemeente in Pretoria. Hy gee ook deeltyds klas by Damelin Business College waar hy Projekbestuur en Besigheidsleierskap doseer. Hy is getroud met Carina Schutte en het vier kinders.

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui