Bybel is gewildste boek in Noorweë (en Facebook gesprek)

Bybel is gewildste boek in Noorweë
2012-01-09 21:50

(Van Beeld gekopieer.)

Leopold Scholtz

Den Haag. – In Noorweë is dit nie Harry Potter of Lord of the Rings wat boaan die trefferlys van boeke staan nie. Dit is die Bybel.

In dié land het ’n nuwe Bybelvertaling in Oktober verlede jaar die lig gesien.

Sedertdien is 80 000 eksemplare daarvan verkoop en dit staan week ná week eerste in die lys van topverkopers, berig The Guardian.

Luidens ’n berig in dié koerant het lang toue mense by die boekwinkels gestaan en wag dat die vertaling op die rakke beland.

In feitlik alle boekwinkels is die voorraad op die eerste dag uitverkoop en bykomende eksemplare moes gedruk word.

Volgens mnr. Stine Smemo Strachan, wat vir die Noorse Bybelgenootskap aan die projek gewerk het, is aanvanklik 25 000 eksemplare gedruk.

Maar teen die einde van die jaar is 79 000 reeds verkoop.

“Mense het selfs buite die winkels geslaap die dag voordat die verkope begin het omdat dit onder embargo was – dis ’n bietjie ironies aangesien die inhoud nou al darem ’n tyd lank beskikbaar was.”

Blykbaar is die Bybelvertaling sedert sy verskyning slegs één keer van nommer een weggehou, deur ’n boek van die bekende Noorse skrywer Karl Ove Knausgård.

Strachan meen baie mense het die Bybel nie soseer weens godsdienstige redes gekoop nie, maar omdat die vertaling in moderne literêre Noors gedoen is.

Kommentaar:

‘n Skakel na bogenoemde is ook op www.facebook.com/kerkbode geplaas. Dit het gelei tot allerlei kommentare:

Kerkbode shared a link.

Bybel is gewildste boek in Noorweë

www.beeld.com

In Noorweë is dit nie Harry Potter of Lord of the Rings wat boaan die trefferlys van boeke staan nie. Dit is die Bybel.

Albert Cruywagen

Die rede vir die gewildheid is blykbaar die literêre waarde, skryfstyl en Noorse taalgebruik. Ons Afrikaansspekendes kan dalk by hulle ’n les leer!

[Let daarop dat Albert ’n NGK predikant is. Dit is lyk my die grootste waarde wat die Bybel vir hom het. Dit word in ander gesprekke bevestig – kyk Albert Cruywagen.]

Willie Du Plessis

Albert: Eina !

Henrietta Klaasing

Wonderlike nuus! Mens wonder watter rol ’n vrees vir skielike dood gespeel het, veral n.a.v. die Utøya moorde in Julie 2011 deur Anders Brehing Breivik.

Kobus van der Walt ‎

@Albert – Wie of wat was jou bron vir jou opmerking? Ek sou dit graag wou lees, veral gesien in die lig van die heel nuutste Afrikaanse vertaling wat in wording is en waaroor daar reeds baie vrae bestaan

Jean Oosthuizen

Albert se bron is die berig self: “Strachan meen baie mense het die Bybel nie soseer weens godsdienstige redes gekoop nie, maar omdat die vertaling in moderne literêre Noors gedoen is.”

[Jean Oosthuizen was op hierdie stadium nog nuusredakteur van die Kerkbode. Sy skrifbeskouing is ook baie kontroversieel.]

Willie Du Plessis

Wonderlik. As die Noorweërs die Bybel gaan lees slegs vanweë die literêre aantrekkingskrag daarvan, gaan die boodskap wat die Bybel bring miskien ook vir baie van hulle oopgaan. Die werk van die Heilige Gees moet nooit onderskat word nie. Nog ’n saak op ons lysies vir wie ons MOET bid.

Stefan Coetzer

In Noorweë behoort 82.9% van die bevolking aan die “Evangelical Lutheran Church”. Dit word soos ’n staatsdepartement deur die regering bestuur en alle Noorweërs word by geboorte outomaties as lede geregistreer.

Volgens navorsing wat in 2006 gedoen is:

* 3% van die bevolking woon weekliks ’n kerkdiens by

* 10% woon maandeliks ’n diens by

* 29% glo in ’n god van een of ander aard

* 23% glo in ’n “hoër krag” sonder om te weet wat dit beteken

* 26% glo glad nie in god of enige bonatuurlike “mag” nie.

* Afhangende van die definisie wat gebruik word is daar tussen 26 – 71% ateïste in die land.

* Die ‘Norwegian Humanist Association’ is die grootste humanistiese organisasie per kapita in die wêreld

Aanhaling: “And what has secularism done to Norway? The Global Peace Index rates Norway the most peaceful country in the world. The Human Development Index, a comparative measure of life expectancy, literacy, education and standard of living, has ranked Norway No. 1 every year for the last five years.

Norway has the second highest GDP per capita in the world, an unemployment rate below 2 percent, and average hourly wages among the world’s highest.”

Ons hoop maar al daardie Bybels lei nie tot ’n grootskaalse agteruitgang nie. 😉

Henrietta Klaasing

Terwyl ons so van nuwe vertalings praat, hier is inligting oor die 2011 NIV: http://www.christianpost.com/news/latest-niv-bible-translation-clearer-on-homosexual-sins-says-theologian-66393/

Latest NIV Bible Translation Clearer on Homosexual Sins, Says Theologian

www.christianpost.com

The latest version of the popular NIV Bible translation has had its verses on homosexuality reworded, making them clearer in denouncing the practice, a theologian who helped with the translation says.

Willie Du Plessis

Ons moet die Here daarvoor dank dat die ” is daar tussen 26 – 71% ateïste in die land” …. ook nou met die Bybel bekend mag raak omrede….”die gewildheid is blykbaar die literêre waarde, skryfstyl en Noorse taalgebruik. ”

Jean Oosthuizen

Interessant. Ek dink egter nie dit gaan enige wesenlike invloed hê op die debat rakende homoseksualiteit wat tans hier gevoer word nie aanesien die teks in Tim 1:10 reeds so in Afrikaans vertaal is.

Ek dink wel dat dit die debat opnuut op die tafel sal plaas wat ’n goeie ding is. Die kerke sal vir ’n slag duideliker standpunt hieroor moet inneem. Inkonmsekwente besluite soos die van die NG Kerk se 2007 sinode skep net groter verwarring hoe goed bedoel daardie kompromisvoorstel ook al mag gewees het.

Lulanie Vermeulen se geval het die saak weer op die agenda geplaas en die gesprek daaroor sal nou opnuut gefvoer moet word.

Henrietta Klaasing

Snaaks dat statistieke so kan verskil!! Operation World van Patrick Johnstone et al, teken ’n gans en al ander prentjie. “Norway’s large contribution to World evangelisation continues. It is one of the top sending nations in the world”

En verder: “The influence of Pietism, prayer and revival movements within the State Church over the past 200 years are still strong” (p.497, jaar 2000 uitgawe) – lyk my Stefan wil hê dat ateïsme die eer kry vir eeue se Christelike grondslae.

Jean Oosthuizen

Kan jy dalk ’n skakel -plaas na die statestiek wat verskil Henrietta? Die statestiek wat ek op Wikpedia kry stem min of meer ooreeen met die wat Stefan geplaas het. In die stuk wat jy geplaas het is geen statistiek of verwysings waar ek die verskille kan gaan soek nie. Ek sou dit graag wou gaan lees.

Christianity is the largest religion in Norway. Norway has historically been called a Christian country, but according to the most recent Eurobarometer Poll 2005,[1] only 32% of the Norwegian population say they believe there is a God. A majority of the population are members of the Church of Norway. Many Norwegians are secular; while 70% of the population say they have a faith, only 32% practice their respective faith. One need not go further back than the beginning of the 1900s to find a much more religious atmosphere. At numerous times in history, Norway sent more missionaries per capita than any other country. This changed considerably from the 1960s. Today, only 12% of the population attend church services each month.[2] Citizens born in Norway to one or two Norwegian parents are automatically added to the list of Protestant Christians in Norway, and are required to “sign out” of the church. There are two categories kept in the church’s books, “medlemmer” (members) and “tilhørige” (belonging to [the State church]). Members technically have to be baptised, whereas “tilhørige” are to be taken out of the books if not baptised by the age of 18. Norwegian citizens’ tax funds are given to the Protestant Church until one registers as a member of another religious group, or as a member of the Humanist association.[3]

In 1993, there were 4,981 churches and chapels in Norway.[4] Bron: Wikpedia http://en.wikipedia.org/wiki/Christianity_in_Norway

Expand Preview

Jean Oosthuizen

Nog iets oor Noorweë: Church attendance: Norway has one of the lowest church attendance in the world. In contrast to 250,000 in whole Norway, 43,500 attend just one church in the United States every week (Lakewood Church) and 23,000 attend just one church in Australia (Hillsong Church).

The U.S state of Alabama has a population around the same size as Norway’s population, but church attendance in Alabama is as high as 11 times higher than in Norway.

Stefan Coetzer

Henrietta, niks wat ek geskryf het is ’n aanval van enige aard op ’n “opeis van eer” vir enigiets nie. Ek verskaf bloot die kille, harde statistiek – syfers soos verskaf en gerapporteer deur betroubare bronne wat gekontroleer kan word.

Onthou jy ons gesprekkie oor “konsekwentheid”? Wel jy is darem konsekwent inkonsekwent, dit moet ek toegee. Soos dat jy teksverse gebruik wanneer hulle jou pas en dié wat nie pas nie verswyg of wegverduidelik. Verder vra jy almal moet bid vir die “bose magte” wat vaardig is onder die plaaslike ANC-Christene maar jubel uitbundig oor die derduisende wat hulle elders in Afrika tot die Christendom “bekeer” het – voovadergeeste en al. Nou is dit weer Noorweë se statistiek wat verdag is omdat dit nie sê wat jy wil hoor nie. (Ek is egter heeltemal gereed om na jou bron en die syfers daar te kyk.)

Henrietta Klaasing

Jean, hier is ’n skakel – ek sien dis heelwat korter as die informasie in die boek wat ek het (met meer as 750 bladsye).

http://www.operationworld.org/country/norw/owtext.html

Norway | Operation World

www.operationworld.org

A long, mountainous fjordindented land. One of the four Scandinavian countries. Also included are the Arctic dependencies of Jan Mayen and Svalbard (Spitzbergen) Islands 62,000 sq km.

Jean Oosthuizen

Soos dit vir my lyk bevestig die skakel presies Stefan se statistiek: “About 90% of Norwegians are church members, but it can no longer be taken for granted that they are believers. Less than 10% of young people are committed Christians, and only 4% of the nation attend church on any given Sunday.”

Henrietta Klaasing

Nou kom ons praat dan verder oor “konsekwentheid” Stefan. Neem strominge in ons eie land as ’n voorbeeld. Ek dink nie ek is verkeerd as ek sê die oorgrote meerderheid van die mense wat deel is van die NHN van Sakkie Spangenberg en Abel Pienaar se SES het in van die drie/vier susterskerk grootgeword (Abel en Sakkie self in die NGK spesifiek). Die meeste van die ouer garde was deel van die ou “Christelike Nasionale” – skoolstelsel, waar daar gereeld uit die Bybel gelees en gebid is. Hulle hele lewensuitkyk tot op die oomblik wat hulle hul ou denominasies verlaat het, was dus hierdeur gevorm – EN tot ’n groot mate, nog steeds daarna! Ek reken dit is wat Johnstone probeer sê met die uitdrukking oor 200 jaar se invloed van bepaalde strominge. So wonderlik as wat die wetenskap vandag ook al mag wees, is daar nog geen instrument uitgedink om hierdie begronding, hierdie invloed, te meet nie.

Henrietta Klaasing

Wat ek dus probeer sê is dat ek jou aanhaling hierbo met ’n gróót knippie sout neem: “And what has secularism done to Norway? The Global Peace Index rates Norway the most peaceful country in the world. The Human Development Index, a comparative measure of life expectancy, literacy, education and standard of living, has ranked Norway No. 1 every year for the last five years.

Albert Cruywagen

Ek lees in die Noorse gebeurtenis dat hulle oor jare heen geleidelik ’n persoonlike religie laat vaar het. DIe beskawing, hulle lewenstyl, ens. het die plek daarvan gevul. Om nou te bid (skoot in die donker?) dat die Gees die nuwe Bybellaes sal “gebruik” om hulle tot redding te bring, is totaal misplaas. As jy wil, Willie gaan dan daarheen, of stuur iemand ten minste om te gaan preek. Sulke gebede maak Xtene “lui”!

Stefan Coetzer

Henrietta, ek het nie ’n woord gerep oor hoe “wonderlik die wetenskap” is nie. Net by implikasie na die “vreemde” verskynsel verwys dat daar in Noorweë ’n negatiewe korrelasie is tussen gelowigheid/godsdienstigheid en maatskaplike welstand. Soos die geval is bykans orals elders in die wêreld. Dit kan sowaar nie alles te danke wees aan ’n eeu gelede se bid en Bybellees nie? (Terloops, moet ons nou deesdae bid dat die tradisies behoue bly of moet ons bid dat God “kragtig sal ingryp”?)

Hier is enkele aanhalings uit ’n gerespekteerde studie – ek verskaf die skakel onder. Kyk veral ook na die grafieke.

“A few hundred years ago rates of homicide were astronomical in Christian Europe and the American colonies (Beeghley; R. Lane). In all secular developed democracies a centuries long-term trend has seen homicide rates drop to historical lows…The United States exhibits typical rates of youth suicide (WHO), which show little if any correlation with theistic factors in the prosperous democracies (Figure 3). The positive correlation between pro-theistic factors and juvenile mortality is remarkable, especially regarding absolute belief, and even prayer (Figure 4). Life spans tend to decrease as rates of religiosity rise (Figure 5), especially as a function of absolute belief.”

The U.S. also suffers from uniquely high adolescent and adult syphilis infection rates, which are starting to rise again as the microbe’s resistance increases (Figure 7). The two main curable STDs have been nearly eliminated in strongly secular Scandinavia. Increasing adolescent abortion rates show positive correlation with increasing belief and worship of a creator, and negative correlation with increasing non-theism and acceptance of evolution; again rates are uniquely high in the U.S. (Figure 8). Claims that secular cultures aggravate abortion rates (John Paul II) are therefore contradicted by the quantitative data. Early adolescent pregnancy and birth have dropped in the developed democracies (Abma et al.; Singh and Darroch), but rates are two to dozens of times higher in the U.S. where the decline has been more modest .”

http://moses.creighton.edu/JRS/2005/2005-11.html

Henrietta Klaasing ‎

@ Stefan: Hier is ’n stuk uit ’n onderhoud van Kirby van der Merwe met Sakkie Spangenberg, wat mooi illustreer wat ek probeer sê (gedoen in Maart 2011) – lees die hele stuk hier: http://www.beeld.com/By/Nuus/Hoe-slaap-dominee-dan-20110326 [Kyk ook Hoe slaap dominee dan?]

En? waag ek (Kirby). Glo hý (Sakkie) nog?

“Nie meer tradisioneel nie,” sê hy met ’n laggie. “Ek beaam nie meer die tradisionele dogmas nie.”

Maar stuur hy nog soms ’n skietgebedjie op?

Hy lag lekker, geamuseerd. “Ja, dis ’n snaakse ding. Ek was vyftig jaar lank deel van die kerk.

Hoe haal jy vyftig jaar se teologie uit jou lyf uit sonder dat jou verlede outomaties inskop?

My vrou, Dina, praat dikwels van jou parental voice. Jy hoor jou ouers in jou kop praat, en hulle praat tot die dag van jou dood.”

In sy oomblik van nood, hoop hy, sal dit egter eerder sy vriende en familie wees wat sal “nader staan” om hom te help.

“Dis vreemd,” sê dié pa van twee volwasse seuns, albei ingenieurs en kerklidmate, ingedagte.

“Ek doen nog ’n tradisionele tafelgebed wanneer ons as gesin saam aan tafel is. Om kos op die tafel te hê en by jou gesin teenwoordig te mag wees, is vir my amper ’n religieuse oomblik. En daardie oomblik wil ek op ’n bepaalde manier vier.”

Henrietta Klaasing ‎

“Hoe haal jy vyftig jaar se teologie uit jou lyf uit sonder dat jou verlede outomaties inskop?” sê Sakkie hierbo. Inderdaad, ja, inderdaad.

Stefan Coetzer

Henrietta, met groot respek, nou skraap jy op die bodem van die balie. Gebruik jy ooit die woord “binne die korrekte konteks”? Ek hoef tog seker nie te sê dat Sakkie ’n teoloog van beroep is nie. En dat daardie stelling absoluut niks sê oor die maatskaplike welvaart in gesekulariseerde lande soos Noorweë nie. Of die maatskaplike ellendes waar die massas daagliks STEEDS die hemele aanroep om verligting nie.

Henrietta Klaasing

Soos twee treine, op naasliggende spore, in verskillende rigtings …. so beweeg ons by mekaar verby Stefan

Stefan Coetzer

Willie du Plessis skryf: “Die werk van die Heilige Gees moet nooit onderskat word nie. Nog ’n saak op ons lysies vir wie ons MOET bid.”

Waarom sou God (of die Heilige Gees) nou skielik op gebed reageer in Noorweë? Is Hy dan nie alwetend nie? En waarom die situasie eers laat agteruitgaan en dán, na gebede, “ingryp”? Beteken dit dat Hy van plan verander het? Of dat Noorweë “teen Sy wil” versekulariseer geraak het? En indien daar wel ’n groot godsdienstige “oplewing” in Noorweë plaasvind danksy al die gebede, wat van die Noorweërs se “vrye wil”? Word dit opgeskort? En gaan die huidige maatskaplike welstand van die Noorweërs dan weer in ooreenstemming gebring met al die biddende, gelowige lande elders waar dit so ellendig gaan?

Dit is die soort vrae wat by enige denkende mens opkom as hy lees wat oral hier en elders deur andersins heel intelligente, goeie mense kwytgeraak word. Hulle buikspreek eenvoudig leë gesegdes en slagspreuke wat van kleinsaf aan húlle verkondig is. (En word dan briesend kwaad as iemand soos ek die verbode vrae stel.)

Alwyn Van Schoor

Ek dink dit was Josh Billings wat gese het dat die beste manier om ’n dwaas te oortuig dat hy verkeerd is, is om hom sy gang te laat gaan. Dis nogal goeie raad.

Stefan Coetzer

Veral as ’n mens nie oor enige sinvolle antwoorde beskik om die dwaas te kan antwoord nie, nè Alwyn? Dan “antwoord” jy hom maar met ’n aangeleerde slagspreukie en hou duim vas dit klink oortuigend.

Ek wonder waar dit so ’n persoon sou plaas op die skaal van dwaasheid? Maar toemaar, sulke non-antwoorde sê eintlik op ’n baie ironiese manier tog baie. Ek sluit hiermee die gesprek (van my kant) af.

Alwyn Van Schoor

Yip, as die skoen pas.

Albert Cruywagen

Henrietta: Ek kom dit al meer agter by die behoudendes dat hulle (jy inkluis) nie waffers is met feitelike, logiese, op-die-punt-af redenasies nie. Daarom vorder niemand met jou nie.

Jan Buter

Kan iemand vir ons statistiese gegewens gee van ateistiese lande soos Noord Korea.Hulle doen seker darem nog beter as Noorwee?

Jean Oosthuizen

Christene word inderdaad in Noord Korea vervolg. Maar dit is juis hulle “bisarre kwqasi-godsdiens” wat dit so gevaarlik maak. Vir die tiende agtereenvolgende jaar word Noord-Korea in Geopende deure se jongste verslag geïdentifiseer as die land waar Christene die meeste onder vervolging ly.

Luidens die verslag het dié land ’n “bisarre kwasi-godsdiens” rondom die stigter van die land, wyle Kim il-Soeng, tot stand gebring. Enigiemand wat ’n “ander god” aanbid, word outomaties vervolg.

Hennie Mouton

Twee eeue van Viking-plundertogte uit Noorweë het tot ’n einde begin kom met die aanneming van die Christelike geloof in 994 n.C. deur koning Olav Tryggvason.

Teen die einde van die 11 de eeu n.C. is die hele Noorweë gechristianiseer.

Met ’n bevolking van 4.8 miljoen in 2010 is dit die 2de mins bevolkte land in Europa en het dit ’n gemiddelde bevolkingsgroei van 0.7% per jaar gehandhaaf sedert 1500 n.C.

Die huidige godsdiensstatistieke (in ’n land waar godsdiensvryheid sekerlik geld), is soos volg:

Christelike godsdiens 83.6% (79.4% Lutheraans)

Nie-christelike godsdienste 2.7%

Ongelowig en onbekend 13.7%

Alhoewel die hoë persentasie skynbare Christene net so min sal dui op die werklike gelowige Christene as in Suid-Afrika, kan die effek van die Christelike geloof in Noorweë se eeue oue geskiedenis sekerlik nie ontken word nie.

Alwyn Van Schoor

Daai effek is vandag steeds sigbaar:

“The people

A people’s church without people is not a church. Per capita, Norway is among the countries in the world with the most active Christian population. Every summer, around 70 organizations stage their get-togethers, general assemblies, conferences, summer camps and council meetings. In the warmest months, thousands participate and take home inspiration to their everyday Christian life.

A survey which was recently publicised shows that there are 918 Norwegian missionaries in 69 different countries all around the globe. Behind these 918 are several thousand Norwegian supporters in 12 different organizations under the umbrella of the state church.

Domestically, the voluntary Christian organizations also do a colossal job: 18 organizations and institutions doing care work, 21 home mission organizations, countless groups carrying out child and youth work, 28 linking organizations in the cultural and media sector, six ecumenical organizations and 33 educational institutions.

In addition are the considerable efforts from the members of Norway’s 12 “dissenter” societies – members of churches outside the Church of Norway: Pentecostalists, Seventh Day Adventists, Baptists, Methodists, free churchists, Roman Catholics, and the rest. When we add that all this comes in addition to the work carried out by 1,359 congregations of the Norwegian Church, we can assert that the Christian activities represent Norway’s biggest folk movement.

The fact that we have a large chapter of the International Humanist and Ethical Union -an organization which attracts people to a religious belief in absolutely nothing- simply demonstrates what a strong position Christianity has in Norway. ”

(‘Excerpt from Christianity in Norway: Erling Bø (born in 1957), is a sub-editor at the daily newspaper Verdens Gang. He has studied philosophy and Sociology at the University of Oslo. For 11 years, he was a journalist and editor at the newspaper Vårt Land.)

http://www.reisenett.no/norway/facts/history/christianity.html

Henrietta Klaasing

Dankie Hennie en Alwyn, julle bydraes beklemtoon wat ek probeer sê het.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui