Asteroïed los merk so groot soos see op Jupiter

Kyk ook:

Op 23 Julie 09 was daar ’n artikel in die Beeld met die titel Asteroïed los merk so groot soos see op Jupiter (sien heel onder vir die hele artikel). Ek het twee kommentare op hierdie berig:

1. Jupiter is nie toevallig daar nie

In in DVD “The Privileged Planet” word dit duidelik gesê dat die posisie van aarde baie spesiaal is onder andere omdat dit beskerm word teen asteroïdes deur groot gasplanete soos Jupiter en Saturnus. Dus het God hulle daar geplaas vir ’n doel.

2. Elsabé Brits (die joernalis) sê: “Die asteroïed wat 65 miljoen jaar gelede die dinosourusse en 75% van alle lewe op aarde vernietig het, was 10 km in deursnee.”, so asof dit ’n omonwonde feit is.

Hierdie is glad nie ’n feit nie. Inteendeel, selfs sommige evolusioniste besef dat hierdie teorie ’n hele paar probleme het. Hieronder is ’n paar aanhalings uit die artikel, Book review: The Great Dinosaur Extinction Controversy:

These seemed full of enthusiasm for impact-extinction, and the authors maintain that they failed to properly inform their readership of the many refutations in specialist publications. A run through the relevant headlines in Science would make it hard to believe that any more than a small minority of scientists had any doubts about the impact-extinction hypothesis, yet two separate surveys among various relevant specialities show that only a small minority ever accepted it! However, the momentum became irresistible. Some scientists claimed that anyone who didn’t support it was likely to experience negative effects on their careers or funding.

Kyk ook die volgende voorbeeld van onderdrukking van vryheid van denke in die “wetenskaps”-wêreld:

…at least one scientist deliberately suppressed his personal uneasiness with the scientific validity of the impact hypothesis in order not to undermine a clearly worthwhile cause, namely scientists’ opposition to nuclear war.

Kyk ook die volgende artikels vir nog meer inligting:

Ek wil egter nie sê dat die joernalis doelbewus mense probeer mislei nie, maar omdat sy oningelig is, mislei sy wel ’n klomp mense.

*********************

Asteroïed los merk so groot soos see op Jupiter

23 Julie 2009

Elsabé Brits

Kaapstad. – Die voorwerp wat vandeesweek teen Jupiter gebots het was moontlik ’n reuse-asteroïed, het sterrekundiges aangekondig.

Die aankondiging is gister deur navorsers aan die Universiteit van Berkeley in Kalifornië gedoen nadat aanvanklik gesê is die voorwerp wat Jupiter getref het, was so groot soos die aarde.

Sommige kenners sê nou die merk wat die asteroïed op Jupiter gelaat het, is so groot soos die aarde, terwyl navorsers van Berkeley, wat met die Keck II-teleskoop in Hawaii waarnemings gedoen het, anders glo.

Dr. Mike Wong van Berkeley het bereken die merk wat die impak gelaat het, is sowat 190 miljoen km2 groot. Dit is so groot soos die Stille Oseaan. Die asteroïed wat 65 miljoen jaar gelede die dinosourusse en 75% van alle lewe op aarde vernietig het, was 10 km in deursnee.

Dit is moontlik dat die asteroïed gefragmenteer het voordat dit die planeet getref het. Die infrarooi naby-beelde wys ’n helder kol op die Suidelike Halfrond – ’n teken van reflekterende deeltjies wat hoog in Jupiter se relatief suiwer stratosfeer lê.

Later vandeesweek sal sterrekundiges oor die wêreld met behulp van die Hubble-ruimteteleskoop se nuwe kamera beelde kry en ultraviolet waarnemings van die botsingsplek doen.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui