Aksie Buig en Leef

Kyk ook:

Liewe Mede-Suid-Afrikaner

Tans bevind ons ons in ’n baie opwindende tyd in die geskiedenis van die Skepping! Evangeliese mense wat die profesieë van die Bybel bestudeer, is dit eens dat die Wederkoms van die Here Jesus nie meer ver kan wees nie. As ons kyk na die uitsprake van die Here Jesus Self, oor die Tekens wat sal plaasvind kort voor Sy Koms, (Matteus 24; Markus 13 en Lukas 21:5-36), sal mens baie naief en moedswillig blind moet wees, om dit nie raak te sien nie.

In die lig hiervan (Jesus se Koms wat naby is) asook die onstabiele situasie waarin Suid-Afrika hom tans op alle vlakke bevind, het die Here besluit om Goddellik in te gryp. Hierdie Ingryping het gekom omdat baie weergebore kinders van die Here (blank, swart en anderskleuriges) vir jare lank tot die Here geroep het om uitkoms vir ons Land en sy mense. Die Here het in Sy genade besluit dat die tyd aangebreek het om hierdie gebede te verhoor!

Hoekom sê ek so? Oral in die Land hoor jy van geestelike aksies en positiewe dinge wat beplan word en oral is daar oproepe vir gebed vir inisiatiewe vir geestelike aksies. So ook het die Here in die vroeë oggend-ure (nag) van 6 Mei 2015 in my hart die opdrag gelê om die “Aksie : Buig en Leef” te begin. Die “Aksie” is die begin van ’n proses wat verder opgevolg sal word deur Godgewerkte gebeurtenisse. Hierdie is God se gedagte en daarom moet al die eer aan Hom gegee word en moet Hy alleen gedank en geloof word omdat Hy ag geslaan op Sy kinders, wat dag en nag tot Hom om uitkoms geroep het (Lukas 18:7-8).

Sou Hy ’n mens roep om deel te wees van Sy plan, dan is dit ons plig om onder Sy Hand te buig en aan Hom die Lof en Aanbidding te bring! Deur die geskiedenis van die Bybel en die mens, het die Here altyd ’n man/vrou opgewek om die uitvoerende persoon van Sy voorneme in ’n bepaalde tyd en situasie te wees – iemand om die segsman te wees of om die inisiatief vir ’n bepaalde handeling, te neem. So ’n mens is gewoonlik iemand wat nie ‘normaalweg’ as die gewenste persoon vir God se saak, beskou word nie. God is egter God en Hy maak soos Hy wil! (Sien Jeremia 32:27 OAV).

Hierdie “Aksie” beteken dat ek DV, vanaf die Noorde van Suid-Afrika (Beitbrug) tot die Suide (Kaapstad) voor die aangesig van God, deur die land sal stap. Hierdie “stap” sal geskied in die gees en gesindheid van 2 Kronieke 7:14 – in verootmoediging, gebed, berou, en belydenis van sonde. Die beplanning is as volg:

  • Die stap begin 31 Augustus 2015 by die Limpoporivier (Beitbrug) en sal 9 Oktober 2015 in Kaappunt afsluit.
  • Daar sal daagliks ’n aantal kilometers gestap word terwyl die ondersteuning van ’n bakkie beskikbaar sal wees.
  • By elke bestemming en vertrekpunt, sal ’n Shofar geblaas word.
  • Daar word be-oog om by ondersteuners op die pad te oornag.
  • Soos gestap word, sal mense die geleentheid kry, om hulle met die Lewende God van die Bybel en met die “Aksie” te identifiseer deur ’n entjie saam te stap. (Daar is selfs groepe fietsryers wat beplan om die ‘stapper’ langs die pad te ondersteun met hul teenwoordigheid).
  • Soos dit gereël kan word, sal ek graag die “Aksie” se visie met Bybelstudie/Biduur-groepe, Kerkgroepe ens. wil deel soos die Here deure daarvoor oopmaak – dit sal hoofsaaklik op ’n Sondag geskied maar weeksdae kan ook gereël word.

Dink hieroor en bid hiervoor asseblief want God se tyd vir Suid-Afrika het gekom. Gee u skouer vir hierdie las sodat u agterna dankbaar sal wees dat u ’n skakel in God se ketting kon wees.

Mag die Here jou seën met die Hoëpriesterlike seën van Numeri 6:24-26!

Arend du Preez

058 653 1421 / 083 461 1650

Datum Dag Bestemming Oornag
    Beitbrug  
31 Aug 15 Ma Messina Kobus & Elmari Roos 082 890 5747
1 Sep 15 Di Louis Trichardt Philip de Jager 071 585 8448
2 Sep 15 Wo Pietersburg Oswald & Susan 015 295 3735 / 082 859 1339
3 Sep 15 Do Potgietersrus Gabriël & Nikki Pretorius 083 518 1654
4 Sep 15 Vr Naboomspruit Hannes & Stephnie Kasselman 082 705 9424
5 Sep 15 Sa Warmbad Braam & Lynette van Wyk 083 638 2208 / 014 736 4985
6 Sep 15 So Rusdag  
7 Sep 15 Ma Pretoria Rina Snyman 082 772 0347
8 Sep 15 Di Carletonville JC le Roux 082 776 0517
9 Sep 15 Wo Carletonville
10 Sep 15 Do Potchefstroom Conrad & Sanlie Middelberg 018 290 7696 / 079 872 2407
11 Sep 15 Vr Parys Thomas & Lottie Conradie 082 325 6109 / 082 325 6109
12 Sep 15 Sa Kroonstad Dirk & Lindie van Niekerk 073 959 7478 / 056 213 2420
13 Sep 15 So Rusdag Landswye Saamtrek in Bloemfontein: Verootmoediging en Versoening
14 Sep 15 Ma Ventersburg Oom Fred Short 079 522 3649
15 Sep 15 Di Winburg Karlien du Toit (my dogter) 082 811 3929
16 Sep 15 Wo Winburg
17 Sep 15 Do Bloemfontein Paul & Elize Lambrechts 051 436 1411
18 Sep 15 Vr Bloemfontein
19 Sep 15 Sa Colesberg Japie & Lizette Taljaard 051 753 0034 / 081 045 8465
20 Sep 15 So Rusdag
21 Sep 15 Ma Hanover Kosie Middleton 072 300 3963
22 Sep 15 Di Richmond  
23 Sep 15 Wo Drie Susters Gastehuis (skenking)
24 Sep 15 Do Beaufort-Wes Japie van Straaten 023 414 3797
25 Sep 15 Vr Leeu Gamka Jaques Grobler 023 521 2017 / Danie 083 444 3869
26 Sep 15 Sa Laingsburg Hennie & Susan Muller 023 551 1914
27 Sep 15 So Rusdag Jeremia & Johanna Crafford 023 551 1746 / 076 416 8846
28 Sep 15 Ma Sutherland Eldrie & Judith van Zyl 023 571 2764 / 023 004 0244
29 Sep 15 Di Sutherland
30 Sep 15 Wo De Doorns Brahm Reyneke 073 421 9770 / 023 356 3636/3867
1 Okt 15 Do De Doorns
2 Okt 15 Vr Worcester Wynand & Amanda le Roux 082 819 1405
3 Okt 15 Sa Villiersdorp Andre Kritzinger 082 746 3691 / 028 841 4860
4 Okt 15 So Rusdag
5 Okt 15 Ma Grabouw Werner & Ronel Venter 083 461 8336
6 Okt 15 Di Somerset-Strand Eldrie & Judith van Zyl 023 004 0244
7 Okt 15 Wo Kuilsrivier Hennie & Ellison Mouton 021 903 7349 / 083 554 0143
8 Okt 15 Do Kuilsrivier
9 Okt 15 Vr Kaappunt  
11 Okt 15 So Paarl Sluit af met diens in Paarl.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui