Agitofel

Kyk ook:

Agitofel se naam kom 17 verse in die Bybel voor: 2 Samuel 15,16,17,23 en 1 Kronieke 27:33.

Hy was hoogs waarskynlik Batseba se oupa: sy seun was Eliam en Eliam se dogter was Batseba (2 Sam 11:3 en 2 Sam 23:34).

Hy was ook een van Dawid se uitstaande raadgewers (2 Sam 16:23 en 1 Kron 27:33). Hy het egter teen Dawid gedraai en homself by Absalom aangesluit. Dit was waarskynlik uit weerwraak omdat Dawid vir Batseba se eerste man, Urija, laat vermoor het.

God het egter sy goeie raad verydel (2 Sam 17:14) en gemaak dat Absalom vir Gusai, wat ‘n spioen van Dawid was, se raad gevolg het. Toe Agitofel besef het dat Absalom nie na hom geluister het nie, het hy selfmoord gepleeg.

In die Bybel

2 Sam 23: (34)Elifelet seun van Agasbai, seun van iemand uit Maäka, Eliam seun van Agitofel uit Gilo,

2 Sam 11: (3)Dawid het oor haar laat navraag doen, en iemand het gesê: “Dit is Batseba dogter van Eliam, die vrou van Urija die Hetiet.”

2 Sam 15: (12)Absalom het ook Dawid se adviseur Agitofel die Giloniet laat kom uit die stad Gilo waar hy besig was om offers te bring. … (31)Toe aan Dawid gesê is: “Agitofel is tussen die samesweerders by Absalom,” het hy gebid: “Here, laat daar tog niks kom van Agitofel se raad nie.” … (34)Maar as jy teruggaan stad toe en vir Absalom sê: ‘U Majesteit, ek is u onderdaan; ek was in u vader se diens, maar van hierdie oomblik af is ek u onderdaan,’ kan jy vir my Agitofel se raad tot niet maak.

2 Sam 16: (23)In daardie tyd was Agitofel se raad asof hy dit van God gekry het. So was sy raad altyd, of dit nou al vir Dawid of vir Absalom was.

2 Sam 17: (23)Toe Agitofel sien sy raad word nie gevolg nie, het hy sy donkie opgesaal en na sy huis toe in sy tuisdorp gery. Daar het hy sy sake gereël en homself opgehang en gesterf. Hy is in die familiegraf begrawe.

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui