Afrikaners bou hul godsdiens op sand

*******

BRIEF | Afrikaners bou hul godsdiens op sand | Netwerk24

Rapport, Sondag 30 Oktober 2022

Dawie de Wet, Willowmore, skryf:

Met sy onlangse skuldbelydenis teenoor die Morawiese Kerk het ds. Nelis Janse van Rensburg as moderator van die Algemene Sinode weer die sonde van apartheid erken. Hy het bely dat die NG Kerk ’n ideologie in stede van die Bybel gevolg het.

Sonder opregte skuldbelydenis is daar geen vergiffenis en versoening moontlik nie. Saam met aanvaarding van Christus se verlossingswerk is dit die hart van die Evangelie. Daarom is daar net van versoening sprake as almal, ongeag taal- en kultuuragtergrond, mekaar as verloste sondaars in Jesus Christus vind.

Afrikaners moet hulself afvra: Het “Christelik-Nasionaal” waarmee ons geslag grootgeword het nie ook in ons denke Christenskap en kultuur met ’n koppelteken verbind nie? Het ons nie daaroor ons godsdiens eerder op ons kulturele sand as op die Rots gebou nie?

Verskeie nuusberigte vertel van “voorvaders” en okkultiese skrikbeelde wat skole in die Wes-Kaap ontwrig. Ek het dekades in Afrika gewerk en soortgelyke manifestasies het dikwels in gesprekke met plaaslike kerkleiers opgeduik. Ek het meermale gehoor: “Sendelinge het die Evangelie na Afrika gebring, maar ons nooit geleer om die geesteswêreld te hanteer nie.”

Ek kon dan my eie kerk as voorbeeld gebruik van ’n kerk met suiwer teologie wat op een punt ’n kultuur-ideologie eerder as die Woord nagevolg het. Die reaksie was gewoonlik: “Ons sit almal ook met sulke onbybelse kultuurgebruike, veral om begrafnisse, waaraan ons vasklou.” Wanneer dit besef en bely is, was daar bevryding en groei.

Dis noodsaaklik dat ons as Christene vanuit verskillende kulture mekaar in Christus moet vind. Die kerk moet ’n “ruim huis” wees waarin mense uit enige kultuuragtergrond welkom is. Maar almal moet besef hulle was verlore sondaars wat in Christus nuut gebore is.

Paulus moes leer dat al die dinge wat van hom ’n uitgelese Jood gemaak het in Christus net ’n stinkende hoop mis geword het (Fil. 3:8 OV). In Jesus Christus is ons almal geregverdig deur geloof alleen. Bevry van sonde. Bevry van ideologie – wat die kerk se ware Hoof vervang – of dit nou voorvader-verering, apartheid of sosiale geregtigheid is.

1 thought on “Afrikaners bou hul godsdiens op sand”

  1. Daar is nie veel fout met blanke Afrikaner kultuur nie.Die Waarheid kan alle kulture akkomodeer,solank die kultuur -bewustes en beheptes wegdoen met onaanvaarbare praktydte soos spiritism ens.

    Die N.G kerk het nog nooit God se guns geniet nie,a.g.v hulle valse leerstellings en praktydte naamlik

    Die drie eenheidsleer

    Hemel Hel Leerstellings

    Onsterflikheid van die siel

    Baba Doop

    Die N.G kerk is deel van die wêreld en sy lede is wêrelds.

    Die N.G kerk se interpretasie van die Bybel is so grof onwaar,dat daardie onware interpretasie as primatief beskou kan word.
    Die N.G kerk het nog altyd die taktiek beoefen ,waar ledemate nooit aangemoedig is om die Bybel te analiseer nie.
    Dit is omdat die dominee met sy graad die enigste gesag wil wees.

    Die Hebreeuse Geskrifte en Griekse Geskrifte bevat duidelike profesieë oor die restorasie van ware aanbidding wat verwys na n wêreldwye geestelike onderrigtings program en nie N.G kerk preke wat ontwerp is om die ore te kielie nie.

    Daar was nog nooit n liefde en waardering vir geestelike waaragtigheid in die N.G kerk nie.
    Ware Christenne weet ook dat diegene wat die leiding neem in ware gemeente ,nie uit universiteite kom nie.Die universiteit is die plek wat predikers bymekaar maak vir mense,wat sal aandring dat hulle ore gekielie word.
    Die goeie ou dae,wat in effek nog altyd goddelose dae was is verby vir die N.G kerk.
    Ons is bykans by die einde van hierdie wêreld en die N.G kerk debateer steeds nog oor Homos en Lesbians.Dit is hoe desperaat hulle is om na ou joppie vir elke predikant te verseker.Die N.G kerk is n baie lui kerk.Hulle idee van die verkondigingswerk behels die lui van klokke.
    Die Here se ware organisasie het onder die neuse van alle wêreldse kerke die sterkste organisasie geword.

    Praktiserende homos,lesbians,QUEERS,transvestiet weet hulle kan nie daar gedoop word nie,en geen niemand sal hulle trou nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui