Moslem Imam open stadsraadsvergadering in Florida

Op Maandag 16 November 2026 is, Imam Sajid R Bhuiya, ‘n Moslem Imam gevra om die stadsraadsvergadering in Florida, Amerika te open. Heelwat van die mense wat bygewoon het, het dit probeer ontwrig deur die Onse Vader gebed hardop te sê. Hulle het vir amper 10 minute moedig probeer om dit te keer (0:40 tot 10:08) maar op die ou einde het die Imam sy gebed gesê.

Florida city council meeting erupts over Muslim prayer

Let op dat daar waarskynlik nie een Moslem was wat die vergadering bygewoon het nie, of hulle was baie ver in die minderheid.

Dit is tragies dat sulke dinge toegelaat word in ‘n Christenland. Of ten minste in ‘n Christelike land – ‘n land wat gegrond is op Christelike waardes.

Dit sal NOOIT toegelaat word in ‘n Moslemland nie. Geen amptelike vergadering sal ooit deur ‘n Christen geopen word in ‘n Moslem land nie.

Dit word alles onder die naam van inklusiwiteit gedoen. Let wel, dit het niks met godsdiensvryheid te doen nie. Moslems het nog altyd die vryheid gehad om hulle geloof in Amerika te beoefen.

Op die ou einde gaan alle gebed tydens stadsraadsvergaderings waarskynlik verdwyn, want “as julle nie wil hê dat ‘n Moslem moet bid nie, dan kan Christene ook nie bid nie”.

Dit is wat gebeur het in Oklahoma: In November 2012 is ’n granietmonument van die 10 gebooie langs die statehuis opgerig. In reaksie daarop het sataniste daarop aangedring om ook ’n standbeeld op te rig. Die Hooggeregshof van Oklahoma het egter in Junie 2015 beveel dat die monument verwyder moet word omdat die staatsgrondwet die gebruik van staatseiendom tot voordeel van enige godsdiens verbied.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui